Jou siel is koud, jou siel is leeg
'n siel in pyn, 'n siel in leed
Jy is 'n rots wat stewig staan
Maar in jou siel tas als jou aanJou mure hoog, geisoleer
Weg van die koud en bang vir seer
Want mense stel jou net teleur
Laat niemand in, maak toe die deurTotaal alleen was nie die doel
Verlate in 'n donker poel
Wil nie gaan stilstaan om te dink
Wanneer het jy jouself verdrinkIn jou drome jy gewaar
Die lewe wat jy wou lei daar
Waar alles uitwerk soos dit moet
Die lewe, o so bittersoetMaar in die oggendure vroeg
Staan jy op en sweet en swoeg
Om weer die masker reg te trek
Die lewe is tog nie so sleg...
YOU ARE READING
Brandende Bos
PoetryAl my afrikaanse gedigte wat deur die jare geskryf is. Ek hoop hierdie woorde kan wees soos 'n Brandende bos 'n bos wat nooi uitbrand "n vuur wat ander inspireer 'n vlam wat ander vure aansteek Geniet!