Ek rol oor jou wang
Neem vorm aan
Oor sproete en haartjies
Gly ek verby
My naam is hartseer
My naam is blydskap
My naam is onverstaanbaar
Noem my net traan
Ek kom van die diepte
Word soms onderdruk
Weet tog ek is nodig
Breek altyd uit
Een of ander tyd
So deel ek jou vreugde
So deel ek die seer
So sien ek elke dag
Die verspilde melk
Die kurwes van jou gesig
Ken niemand beter as ek
Elke sproet elke haar
Want ek is jou traan
YOU ARE READING
Brandende Bos
PoetryAl my afrikaanse gedigte wat deur die jare geskryf is. Ek hoop hierdie woorde kan wees soos 'n Brandende bos 'n bos wat nooi uitbrand "n vuur wat ander inspireer 'n vlam wat ander vure aansteek Geniet!