Hoofstuk 2:

129 2 1
                                    

Salomay:

Die mall was gepak met mense. Dank die hemel Emma het my oorreed om vroeg die kaartjies te bespreek, anders het ons 'n klein probleempie gehad. Ons het die eerste deel van die middag spandeer deur rond te loop en roomys te eet, en uiteindelik was dit tyd vir die fliek.

Tydens die voorprente dwing ek myself om nie al my popcorn op te eet nie, maar dit was moeilik.

Toe die fliek self verby was en ons gewag het vir post-credit scene, het die paartjie voor ons konstant gesit en vry. 

Wat maak jy in die fliekteater as jy nog nie een keer na die skerm gekyk het nie?

Emma wip haarself, and trek my daar uit. Sy het ook genoeg gehad. Ons moet maar net die scene later op Youtube gaan kyk.

Dis nou eers kwart oor agt. Haar ma kom haal ons eers so half nege. Ons het beplan om te gaan ysskaats. Dis ysig daar binne, maar ons word vinnig warm deur 'n paar keer om die baan te skaats. Gelukkig is ek al lankal verby die val-stadium van ysskaats.

Soos ek en Emma van die ysskaatsbaan af kom om koeldrank te gaan koop, stamp 'n stunning blonde kop ou nogals ongeskik verby my. Voordat ek kans het om om te draai, is hy al skoonveld.

"Hemel, Salomay," sê Emma toe sy omdraai en my koeldrank vir my gee. "Mens kon sweer die mansmens het jou nie eers raakgesien soos wat hy sommer bo oor jou geloop het."

"Ek weet," stem ek saam en loop saam haar na ons sakke toe. Ek kyk hoe laat dit is op my foon. Daar's sommer 'n boodskap van my ma ook.

Em se ma gaan bietjie laat wees. Haar foon is pap en sy sit in die verkeer vas. Bly net by mekaar, en gaan wag vir haar so half nege kant by die ingang.

Ek wys vir Emma die boodskap, en sy tel haar skouers op. "Ag wel."
Reg so, stuur ek vir my ma. Sien vannaand.

Tyd gaan stadigaan verby, en meer mense stroom by die deure uit, totdat daar net 'n paar mense oor is. Ek en Emma is een van die laastes wat oorbly. Agtuur loop ons daar uit en gaan wag by die ingang.

Emma begin stilletjies so heen en weer hop.

"En nou?" vra ek met 'n wenkbrou gelig.

"Ek moet badkamer toe gaan."

Ek beduie na die deure wat oorkant by die resturant is. "Die badkamer wag net daar vir jou."

Sy rol haar oë vir my.

"Ek is bang my ma kom en dan sien sy ons nie."

"Ek sal hier wag vir haar." 

"Maar ek hou nie daarvan om alleen badkamer toe te loop."

"Dis soos net daar, Emma. Ek sal jou van hier af kan sien." 

"Oukei," gee sy in en loop weg van my. "Jy bly net hier."

"Ek sal nie een voetjie beweeg nie."

My foon vibreer en ekk haal my dit uit. Daar's nog 'n boodskap van my ma.

Die tannie sit nogsteeds in die verkeer vas. Ek sal ry en julle kom haal. Hou net aan. Oor so vyftien minute daar.

Die vloer ruk skielik onder my voete, en ek laat amper my foon val. Ek hou my foon stywer vas, en frons na die ingang. Die paar mense wat nog daar binne is begin skree en my hart begin vinniger klop. Die vloer ruk weer en 'n verdowende klank volg.

Aardbewing?

Rook begin in die lug vorm en ek struikel agtertoe. Nog 'n ontploffing kom van die rigting van die ysskaatsbaan af. Die presiese plek waar ons vyf minute vroeër nog lekker geskaats het.

Wat nou?Where stories live. Discover now