Liewe lesers
Hier is die opvolg van my Afrikaanse MC boek 1. Soos altyd slang, taboe onderwerpe, tieners wat taboe goed doen. Dan daai ding waaroor almal wil stuipe kry maar in die stilligheid nie kon wag om te kyk nie-Fifty Shades of Grey- die "BDSM"-ding. As jy nie daarvan hou nie, stop sommer net hier en moenie verder lees nie, laai dan liewers vir jou iets anders af om te lees. Onthou tog asb. dit is net fiktiewe karakters met gebeure uit my verbeelding uit. Plekke bestaan wel, maar dit is blote fiksie en sommige goed werk nie in die regte lewe soos dit in die boek gestel word nie. Hierdie is nie 'n feite boek nie, net 'n lekker lees iets om jou tyd mee te verwyl.
Blessed be
Mamba44
"As hy nog eenkeer sê ek moet gou maak met sy bike, draai ek hierdie einste spanner om sy nek en knoop hom. Hy sal nie leef om van die pyn te vertel nie. Flippen asshole."
Hunt kom die werkswinkel binne en hy hoor hoe Jade baklei, maar hy sien niemand nie. Selfs Renaldo is nie daar nie, hy is seker met ete. "Jade my liefie met wie op aarde baklei jy so?" Jade kom regop agter die Harley waaraan sy werk. Sy glimlag en hy sien vir Gypsy maar ook nie heeltemal nie. Dis Gypsy se lyf en lang swart hare maar dis definitief Hunt oë daai, want Luzaan van Carly en Bandit en Robin van Robert en Priscilla het daaiselfde groenoë. "Ai Pappa daai dom le Roux advokaatjie het mos weer sy bike ingebring, daar is nou kastig weer iets fout, die bike maak snaaks. Ek het nou maar die plug en hele plugdraad vervang. Nou wil hy my aanjaag want hy moet die bike vir die naweek hê. Verdomde naweek bikers is 'n menice. Plaas die dom doring by 'n properse club aansluit, maar nee ons is mos 'n klomp low life's, maar die low life's kan darem die naweek bikers se bikes fix. Stupid goed." Hunt skud soos hy lag. "Ai Jade almal het nie tyd om aan 'n club te behoort nie, onthou jy moet jaarliks darem 'n paar breakfast runs en rally's saam met die club doen. Ouens soos le Roux het dalk sake waaraan hulle werk en dan meng die club in met dit. Is jy nou klaar met sy bike, dan kan ons hom was en uitstoot?" Sy knik. "Ja ek maak hom nou juis skoon, dan sal ek hom om ry en voor stop onder die afdak en die sleutel by Bear los." Hunt draai om en sien Renaldo al kouend inkom van ete af. "Hello Renaldo, jy is vinnig terug, jou ete is nog nie verby nie." Renaldo lag en beduie na Jade. "Nee ek weet Hunt maar ek wil die Firecracker kom aflos, dalk voel sy beter as sy iets geëet het. Net-nou eet sy daai advokaat le Roux vir lunch. Ek dink daar is juis 'n ander rede dat hy sy bike so baie inbring." Hunt begin smile en die volgende oomblik tref 'n olielap vir Renaldo in die gesig. "Jy beter nie weer met daai strooi far fetched storie van jou begin nie. Vandag kry jy 'n spanner teen die oor." Sy start die bike en ry die groot 1200 Harley uit die werkswinkel en om die gebou tot onder die afdak. Soos die duiwel dit wil hê klim advokaat le Roux en duidelik een van sy kollegas uit 'n kar in die parkering. Sy kollega gee 'n wolwefluit soos hulle nader stap. Jade gewaar hulle en stap Dream Harleys binne asof sy hulle nie sien nie. Sy is geklee in 'n swart oorpakbroek, groen Dream Harleys t-hemp en swart werksboots en die lang dik swart vlegsel hang oor die een skouer. Hunt stap van agter af deur en sien Bear is by die toonbank so hy leun teen die kosyn van sy kantoor aan met gevoude arms. Hyself is vandag in 'n swart jean en wit oopknoophemp geklee met sy cut bo-oor. Hy wil nou graag sien hoe hanteer Jade hierdie moeilike kliënt en of Renaldo se waarneming omtrent die kliënt waar kan wees. Jade praat met Bear en ignoreer le Roux heeltemal. "Bear kan jy my die invoice vir hierdie een gee asb. Dis vir die lelike geel 1200 waaraan ek nou gewerk het. Jy weet daai eiergeel een. Ek het sy plug en plugdraad vervang en alles getoets. Hy ry 100% reg, geen weird geluide nie, as daar nou nog geluide is, is dit seker in die eienaar se kop." Sy sit die sleutel op die toonbank neer en vat die invoice voor sy omdraai en die invoice na le Roux toe uithou wat duidelik wys sy het geweet hy staan daar terwyl sy van hom praat. "Dié is jou invoice, ek het nie vir pyn en leiding gecharge nie, net gewone arbeid, 'n nuwe plug en plugdraad...wag..."Sy grou in haar broeksak en haal 'n plug en ou plugdraad wat relatief nuut lyk uit en sit dit op die toonbank by die sleutel neer. "...hierdie is die oues wat jy maar kan kry as aandenkings of in die drom daar by die deur gooi as jy nie bang is dit maak jou hande vuil nie. Bear hier sal jou betaling gou afhandel. Goeiedag Advokaat le Roux ek hoop regtig nie ek sien jou gou weer nie." Sy draai om en stap fluit-fluit uit voor sy terugdraai en met Hunt praat. "Ek is op lunch as iemand my soek." Sy stap fluit-fluit met haar hande in haar sakke na Verona se diner toe. Binne-in groet sy almal en gaan sit in die booth agter in die hoek soos altyd met 'n menu voor sy opkyk en vir Terra sien inkom. "Hello vat jy nou ook 'n breek?" Terra glip in die booth in en lag. "Renaldo het my gebel en gesê jy het nou lunch. Ek moet jou iets vertel, ek weet net nie hoe jy dit gaan vat nie." Jade kyk na Terra en begin glimlag. "Mmm...ek dink ek weet wat dit is, 'n sekere Mnr. Rosco Hunt het mos vanoggend sy hare by julle salon gesny het hy nie?" Terra begin bloos. "Jip en soos die duiwel dit wou hê, sê Cindy hy is my kliënt. Ek was bang ek knip 'n gat in sy oor so het ek gebewe. Eers moet ek sy hare toe was en jy weet met ons nuwe wasbakke staan ek agter die wasbak en hy sit-lê voor die wasbak so as ek afkyk is sy kop reg onder my gesig. Ander mense maak hulle oë toe as mens hulle hare was, maar o nee nie hy nie. Ek sê toe jy moet dalk jou oë toemaak en hy lag sowaar en kyk my reguit in die oë en sê vir wat sal ek dit wil doen as die uitsig van hier af so pragtig is. Ek dog ek sluk die bottel sjampoo in. Ek trek toe maar my skouers op en sê wel ek hoop nie ek laat seep in jou oë spat nie. Weet jy wat sê die duiwel toe vir my. Hy lag dat jy net dimpels sien en sê, nee wat Terratjie ek weet jy sal spesiaal mooi met my werk ek trust jou. Ek dink ek was bloedrooi want hierdie dekselse rooihare lyk my weerkaats gedurig op my gesig veral as jou liewe broer in die omgewing is. Jade my liewe vriendin ek moet vandag bieg ek het die hots vir jou broer." Terra lyk vreeslik skuldig en Jade begin lag. "So wat is die probleem, hy lyk soos my Pa en my Pa was nog altyd 'n aantreklike duiwel, so ek sal maar erken dat ek 'n vrek aantreklike broer ook het en dat ek glad nie mind as jy my skoonsuster moet word nie." Terra se mond hang oop, sy het gedog Jade gaan vies wees. Alle vriendinne like nie altyd as jy vir hulle broers ogies maak nie. "Genade en ek dog jy gaan my dalk kruisig. Ek het nie daarvoor gevra nie Jade, maar vet weet hy maak my knieë lam." Jade lag en begin eet toe Verona haar kos voor haar neersit. Hulle weet al presies wat sy eet so sy gebruik nie eers die menu nie. Die volgende oomblik gaan die deur oop en die simpel Advokaat le Roux en sy pel stap in en gaan sit in die booth reg langs Jade en Terra. Jade rol haar oë en Terra weet al dis die asshole kliënt aan wie se bike Jade kronies moet werk. Sy dink nogal Renaldo is reg, die advokaatjie like vir Jade. Sy vriend groet hulle en stel hulle voor. "Hi ek is Johan en dié is my vriend en kollega Dave." Terra groet, maar Jade eet net. "Hi ek is Terra en dit is Jade." Jade ignoreer hulle maar Terra gesels met hulle terwyl sy koffie drink en 'n stuk koek eet wat Bea haar gebring het. Jade kyk by die venster uit en sien haar broer en sy beste vriend Ethan aangestap kom. Rosco is 'n ingeneur en Ethan 'n argitek by dieselfde firma wat 'n paar kantore by haar Pa huur hier in die Biker's Oasis mall. Ethan met sy pikswarthare en potblou oë is die bain van haar existance, maar niemand weet dit nie, nie eers Terra nie. Hulle is altwee ook in die club want Ethan is Verona en Bear se oudste kind. Sy kleinsus Abigayle is nou twaalf en ry al klaar bike daar op hulle plot naby Jade se Pa-hulle se plot. Sy besluit hier moet sy uit en staan vinnig op. "Skuus Terra ek moet nou gaan my lunch is feitlik klaar en ek wil nog gou by die gallery 'n draai maak." Sy begin wegloop toe Dave haar aan die pols vang. "Hey jy kan regtig met ons gesels hoor, dalk kan jy my tips gee met my bike se probleme." Sy draai terug en kyk na sy hand op haar arm maar hy los haar nie. "Die enigste tip wat ek jou gaan gee is haal jou hand van my af of ek breek elke been in jou hand." Sy voel skielik die hitte van iemand anders agter haar, maar voor sy kan wegstaan gaan 'n sterk mansarm om haar lyf en word sy teen 'n breë bors vasgetrek en glip Dave se hand van haar arm af. Sy besef dis nie Rosco nie, want Rosco het sy arm om Terra geslaan. Dus moet dit Ethan wees en sy verstil. "Ek dink jy moet na haar tip luister anders gaan jy seerkry en ek sal nie net jou hand breek nie, maar sommer 'n paar ander bene ook." Ethan trek haar saam met hom weg na die ingang toe en net buite die deur om die hoek laat hy haar stadig gaan, maar sy tree vinnig weg. "Dankie maar dit was onnodig. Ek sou hom gehandle het." Ethan glimlag geamuseerd. "Bedaar klein Firecracker, ek ken hom hy is 'n sleezball ek het jou net uit 'n volatile situasie gevat. Hy is een van daai wat dit nie like as 'n girl vir hom nee sê nie." Sy trek haar skouers op en draai weg terwyl sy oor haar skouer met hom praat. "Ek worry nie, ek fight my eie battles Ethan Ross, ek het nie 'n hoeder nodig nie." Rosco en Terra wat by die deur uitgekom het hoor die laaste deel van Jade se woorde en Rosco kyk na Ethan se peinsende kyk na Jade. O oh, hier kom 'n ding. Jade en Ethan is al die jare al haaks, maar die laaste vierjaar is hulle soos olie en vuur. "Sjoe my sussie is kwaai vandag. Ek maak net seker Terra kom veilig by die salon, bestel jy solank vir ons ek is nou daar." Ethan knik en stap die diner binne en verby die twee regsgeleerdes reguit na sy Ma by die agterste booth waar sy reeds vir hulle koffie neergesit het. "Hey Mams, julle is stil vandag nê?" Verona kyk peinsend na haar oudste. "Ja ons is stil maar lunch gaan nou wees vir die res van die mall se mense en dan moet ons wikkel. Hoekom los jy nie maar die draaie gooiery om Jade en gaan vir haar en kry klaar nie? Jy mors kosbare tyd. Vra vir Robert en Priscilla hulle sal vir jou sê as jy iemand wil hê gaan eenvoudig vir daai persoon moenie tyd mors met stories van beter leerken nie. Jy ken Jade al vir jare, twintig om presies te wees, jy ken al haar giere en grille." Hy skud sy kop en lag. "Ma was ongelukkig nie nou buite by om te hoor hoe ek kort gevat is nie. Sy het my mooitjies bedank vir die hulp maar in dieselfde asem gesê sy kan haar eie battles fight sy het nie 'n hoeder nodig nie. Buitendien het ek 'n ander girl wat nie gedurig my kop wil afbyt nie." Verona lag. "Ja haar bynaam is nogal gepas. Sy is 'n regte firecracker. Haar Ma was altyd so bedeesde dingetjie maar vandat sy haar ex jare terug goed gevoeter het nadat hy haar aangerand het in Anita se ander gallery het sy ook nogal so geword. Sy kan nou haar battles behoorlik fight alhoewel Hunt haar nie 'n kans gee nie. Hy sal moor as iemand net verkeerd vir Gypsy kyk." Ethan knik. "Ek weet Hunt is 'n goeie mens, maar sy familie wat sekerlik ons bikers insluit is sy swakpunt wat sy fuse vinnig laat blaas. Rosco is ook nogal so. Het Ma gesien op wie het hy sy oog." Verona lag en knik. "Ja die klein rooikop Terra het al lank net oë vir Rosco hy was nog net altyd te blind om dit te sien." Rosco kom in en groet Verona met 'n soen op die wang voor hy sit. Sy lag net vir sy stuitigheid en loop om hulle kos te gaan kry. "En...dink jy Terra sal jou eventually date?" Rosco kyk na Ethan en lag. "Natuurlik, dink jy hierdie Hunt gaan haar deur sy vingers laat glip. My Pa het my nie verniet geleer as jy iets wil hê kan jy dit kry as jy werk daarvoor nie. Ek gaan alles in my vermoë doen om haar guns te wen." Ethan lyk geamuseerd en dan lag hy. "Ek dink nie jy gaan baie hard hoef te werk nie. Terra is al jare been-af op jou, vra maar vir Renaldo." Rosco glimlag ingenome maar hy kyk nou skielik na Ethan en hy sweer hy het iets anders gesien net-nou op sy gesig toe hy na Jade gekyk het. "Wat het tussen jou en Jade gebeur, het sy haar alweer gewip vir jou?" Ethan trek sy neus op 'n plooi en maak 'n suur gesig. "Jip my basies vertel om my neus uit haar sake te hou, sy kan haar eie battles fight. Sy het geen hoeder nodig nie. Blerrie rissie, sy moes eintlik rooihare gehad het." Rosco glimlag. Arme Ethan kan net nie 'n vriendelike woord uit Jade kry nie en dit het alles begin toe hy in graad 10 was en sy in graad 8 en hy haar in 'n dare voor hulle hele 0/16 rugbyspan gesoen het. Sy en hy het van kleinsaf vasgesit oor omtrent alles, maar na daai soen wat nie jou average skoolseun soen was nie, is die gort behoorlik gaar. Agterna toe hy Ethan vra wat vir 'n soen was dit het Ethan weggekyk en gesê hy het homself net 'n oomblik vergeet. Daai was 'n soen soos wat sy Pa sy Ma soms gee. Die soort waar jy moet wegkyk want jy kry ampertjies skaam vir die intimiteit daarvan. Jade was omgekrap en hy het gehoor toe sy die middag vir haar ma daarvan vertel en vra vir wat moes hy my eerste soen vir my gee en in so publieke plek en so regte damm movie soen. Hy het sy Ma hoor lag en sy het gesê ag Jade dit kon erger gewees het hy kon jou so regte ou slobbersoen gegee het, wees bly dit was iemand wat jy darem redelik ken. Jade sou ook seker nooit bike gery het as Ethan nie gelag het en sy hom hoor sê het dat hy nie dink Jade sal ooit kan bike ry nie. Sy was net twaalf en het besluit sy sal hom 'n punt wys. Hulle het een middag van die hoërskoolbus afgeklim op die grondpad by die plotte toe sy soos die duiwel vanself met die bike verby hulle gejaag het. Sy het natuurlik 'n afranseling gekry toe haar Pa uitvind sy was buite die plot op die grondpad uit na Terra-hulle toe in die dorp. Sy mag vir twee weke nie gery het nie, daarna het sy net eenvoudig groter en groter bikes begin ry en toe sy agtien word het sy haar lisensie gekry en Ethan uit die hoogte aangekyk. Sy het ook geweier om te gaan swot. Sy het vir mechanic gaan leer en spesifiek bike mechanic. Sy het reeds bikes gewerk vir haar Pa van sy twaalf was en hy moet bieg sy sussie is vrek goed met 'n bike enjin. Hyself wou liewers ingeneur word, alhoewel hy ook vir die club ry. Gelukkig het Oupa Marnus besluit om 'n tweede besigheid in Cullinan te begin, aangesien hy 'n goeie kontrak by die myn gekry het en toe hy klaar gestudeer het laasjaar het hy by sy Oupa ingestap en begin werk. Ethan is 'n argitek en hy doen goed vir homself in die Cullinan, Rayton en Bronkhorstspruit areas, maar toe Oupa 'n permanente argitek soek vir die besigheid het hy met kliënte en al ingestap. Hy geniet dit om saam met Ethan te werk en as hulle nie werk nie dan ry hulle bike of jol saam. Vandat hulle nou laas maand kantore in sy Pa se mall akkomodeer sien hy Terra meer gereeld en kan hy werk aan sy plan om haar te vra om hom te date. Sy is 'n haarkapper en hulle Salon is ook hier in die Mall, hy hoop nou net daai advokaat en sy prokureursvriendjie kom beduiwel nie nou sy kans met Terra nie. Hy wonder hoekom Ethan hom so vererg het toe die advokaat Jade so aan die arm gevat het. Dit is die vinnigste wat hy Ethan nog ooit sien beweeg het, dis nou behalwe op die rugbyveld. Rosco sit agter sy lessenaar en werk toe sy Pa instap. "Hey dis nou 'n verrassing, wat maak Pa hier?" Hunt lag en gaan sit voor die tafel. "Ag ek het vandag nie baie om te doen nie en aangesien Jade en daai advokaatjie 'n rellietjie geloop het waag ek dit nie in die werkswinkel nie, maar toe vertel Verona my 'n ander storie van Jade en Ethan. Kan jy my dalk inlig wat gebeur het?" Rosco lag en vertel sy Pa van die hele onderonsie soos dit ontvou het en hoe sy amper Ethan se kop afgebyt het oor hy haar beskerm het. Hunt frons en skud sy kop. "Ek wens ek kan weet hoekom Jade en Ethan soos olie en vuur is. Hulle is altyd nog in mekaar se hare en lately lyk dit my is Jade eers op die oorlogspad." Rosco het 'n idee maar hy dink nie hy moet dit noem nie. "Ag Pa hulle is altwee baie mededingend en dit kom al vandat sy kon loop, maar ek dink die cherry op die koek was die dag toe hy haar gesoen het." Hunt kyk verbaas na Rosco tot Rosco met die hele sak patats vorendag kom. Dit bring 'n glimlag op Hunt se gesig wat Rosco verbaas na hom laat kyk. "Pa lyk amper bly en nie juis vies vir Ethan nie." Sy Pa glimlag breed. "Man Rosco hy het haar ten minste voor almal gesoen en nie agteraf haar warm gevry nie, so ek sal niks daaroor sê nie, dis in elk geval jare terug se ding. Ek dink ook so daaraan dat ek dink enige Pa sal nie mind dat Ethan na sy dogter loer nie. Hy is 'n ordentlike jongman. Clive en Verona het 'n goeie job gedoen met hom en ek sien Abigayle is ook darem nog nie 'n moeilike kind nie." Rosco knik. "Ja dit is seker so Pa. Ek dink net nie Ethan loer regtig na Jade nie, sy is te veel van 'n rissie. Hy het 'n ander girl met wie hy so nou en dan gaan fliek of uiteet. Ek is nie mal oor haar nie, dis daai Dr. Steenkamp en Pa se ou fling tannie Sally se dogter, Elandra. Sy is 'n high maintenance bratty vroumens. Ma sê sy is haar Ma uitgeknip." Hunt glimlag. "Ja jou Ma het nie tyd vir Sally nie en ek is net dankbaar Dr. Steenkamp het haar daai tyd by my afgevry. Genade sy sou my 'n lewe gely het. Ek hoop net Ethan loop hom nie vas met daai meisie nie. Ek kan my amper nie indink dat sy van die club scene sal hou nie. Solank sy hom net nie by die club wegvat nie, ek dink nie Clive of Verona gaan happy wees nie. Haar Ma het my laat verstaan ek moet kies tussen haar en die club wat ek nooit gedoen het nie en dis dalk hoekom sy toe gaan rondloop het. Sally het nie met die club se old ladies oor die weggekom nie en sy like Verona niks nie, so dit sê vir my haar dogtertjie sal ook nie hier inpas nie." Rosco is nou amper bekommerd. "Pa weet hy wil haar saamvat op Saterdag se breakfast run Harties toe. Ek hoop nie sy maak moeilikheid nie." Hunt knik en staan op. "Laat ek weg wees en gou 'n paar dinge doen, ek en jy sal maar net ons oog op die situasie moet hou Rosco, hy is jou vriend en jy moet uitkyk vir hom." Hunt loop ingedagte terug Dream Harleys toe en gaan gesels dadelik met sy second in command Clive of liewers Bear. Bear kyk geskok na Hunt. "Jy is nie verdomp ernstig nie. Verona kry 'n oorval. Hy het juis gesê hy wil ons voorstel aan 'n girl die naweek. Ek sou nooit kon droom dis sy nie. Ek weet die Dr. Steenkamp werk mos nou vir jou ma in haar nuwe Praktyk op Bronkhorstspruit en ek het nie vergeet Sally is met hom getroud nie. Goeie genade lyk my ons kan nie ontslae raak van die Sally's in ons lewens nie. Ek is net bly dis nie jou Rosco wat met haar deurmekaar is nie, Gypsy sal sy anatomie vir hom verander as hy met daai brat by julle huis aangekom het. Ek is nie seker of ek Verona moet sê wie die girl is nie." Hunt lag beterwetend. "O ek is seker jy moet vir Verona waarsku, anders verander sy dalk dele van jou anatomie. Jy weet sy like nie sulke tipe surprises nie." Bear besluit om dit dan maar ook dadelik te doen en gaan soek sy vrou by haar diner op. Verona ontplof amper toe sy hoor wie Ethan date. "Ag liewe Vader, kan hy nie net sy oë oopmaak en vir Jade vat nie. Ek wil regtig nie vir Sally as skoonsuster hê nie." Bear gee haar 'n drukkie. "Bedaar my vrou. Ek is seker sy sal nie lank vat om haar streke te wys nie en jy ken vir Ethan, hy is 'n duiwel as hy hom vererg al is hy Mr. Cool." Verona weet sy gaan moet ernstig bid oor hierdie saak.
YOU ARE READING
Kinkels en Kronkels boek 2 The Caretakers' MC
General FictionBikers en club stories. Michael Hunt en Hazel of te wel Gypsy het 'n seun Rosco en dogter Jade of te wel Firecracker wat dinge in The Caretaker's MC aan die gang en interressant hou.