Hoofstuk 7

10 1 0
                                    

By nege-uur die volgende oggend bring le Roux sy bike en sy laat hom agterom ry en daar inbring tot op die mat in die workshop. "Dis hier waar ek hom gaan strip en die panels afskuur, dan as dit klaar is, maak ek dit skoon dat daar geen stof op is nie en kom dit op staanders in die spray booth. As ek spray is die deure toe so geen stof kan daar ingaan en op die natverf plak nie. Ek sal jou bel sodra jy hom kan kom haal." Le Roux praat nie veel nie en sy sug verlig toe hy loop nadat hy die deposito betaal het. Ivana kom haal later by haar pamflette en belowe sy sal in elke shop 'n klomp neersit ook by die siviele ingeneurs en argitekte, laasgenoemde sê sy tong in die kies en Jade wys vir haar vinger en lag. Sy gaan gou deur haar emails en sien sy is gekeur vir die tweedae workshop in Lynnwood vir die airbrushing en dit is sommer oor twee-weke. Sy wonder of sy dalk haar Pa moet vra om die shop vir haar oop te hou en of sy maar net alles moet sluit vir daai twee dae. Tydens middagete stap sy Diner toe, groet Verona en gaan sit in haar gewone booth. Sy sit nie lank nie toe sien sy vir Ethan aangestap kom en sy glimlag. Verona sien die glimlag en kyk na die parkering se kant toe. Sy sien hoekom Jade so glimlag en sy stuur vir Gypsy 'n boodskap. "Hallo, ek laat weet net dinge lyk belowend jy was reg. Jade is ene smiles toe sy vir Ethan sien aangestap kom." Ethan kom in en groet sy Ma voor hy oor Jade buk en haar op die wang soen. Jade bloos maar sê niks oor die soen nie. "Ek is goedgekeur vir daai tweedag workshop in Lynnwood. Ek sal dus nie Dinsdag en Woensdag oor twee-weke hier wees nie." Hy haal sy skouers op. "Ag ek sal dit sekerlik oorleef, maar jy gaan seker inry elke oggend?" Sy knik. "Ja wat dis 20 na 25 minute tot daar met die motorfiets." Hy skud sy kop. "Wil jy nie liewers met my Hummer ry nie, ek sal meer gerus voel en dit is reeds kouer in die oggende vroeg en as jy eers vyfuur daar uitkom begin dit reeds donker word en kouer?" Sy kyk geskok na hom. "Is jy laf, ek kan nie met daai helse grand en duur Hummer ry nie, wat van jou versekering?" Hy sit agteroor terwyl hulle kos vir hulle gebring word. "Jade luister dit is net 'n vervoermiddel nie 'n goudstaaf nie. Ek bel net die versekering en sit jou op as secondary driver. Die seat kan opjack en jy kan jou kussing insit. Ek is doodseker jy sal hom kan ry." Sy skud haar kop heftig. "Nee ek sal te op my senuwees wees, want sê nou ek stamp daai nuwe wiele van jou. Nee my bike is goedgenoeg en hy is vinnig." Ethan kou langsamerhand aan sy kos voor hy weer praat. "Moet ek nou jou Pa inroep dat hy sense in jou kop kan inpraat of gaan jy na my luister?" Jade eet net en antwoord hom nie tot hy haar vurk uit haar hand vat. "Jade-bokkie asb?" Sy gryp haar vurk by hom. "Nee Ethan en niks wat jy sê gaan my oorreed om jou Hummer te bestuur nie. Dis 'n te duur voertuig om vir iemand te leen om mee te ry." Hy sug. "Okay ek sal niks verder sê nie, maar my aanbod staan steeds." Hy besluit om met Hunt te gaan praat, dalk kan hulle 'n ander plan maak. Na lunch stap hulle uit, maar sy gaan eers na haar Ma toe by die gallery en Ethan sê hy wil gou sy Pa gaan sien. Hy stap egter reguit na Hunt toe en vertel hom van Jade se halstarrigheid. "Ek weet nie of sy net weer lus het vir oorlog met my nie, maar sy is vol strooi oor my aanbod om met die Hummer te ry." Hunt lag, maar versober vinnig ook weer. "Sy kan partykeer so obtuse wees, sy verjaar Saterdag oor twee-weke so ons wou haar nuwe wiele vir haar dan gegee het, dalk moet ons die kar maar nou vir haar gee. Sy dryf my soms teen die mure uit." Jade vorder fluks met die advokaatjie se bike en sy kom net uit die spray booth toe die deur se buzzer afgaan. Sy sien vir Abi staan en sy maak vinnig vir haar oop. Abi se mond hang oop toe sy na alles kyk. "Geez, dis die coolste winkel wat ek nog gesien het Jade. Jy moet seker ongelooflik lekker werk hier." Jade lag en vat haar deur die hele plek behalwe die spray booth. "Ek wil nie nou weer die booth oopmaak nie, ek kom nou daar uit en die temperatuur mag nie nou weer drop nie, maar daai gedeelte wat jy sien is die spraybooth. Kom ek wys jou die snazzy program waarmee ek werk. Sy wys vir Abi en laat haar self ook probeer. Hulle geniet hulle gate uit en Jade sien dat Abi nogal 'n ding het om die regte kleure bymekaar te pas. "Wow, ek gaan definitief iets in design doen eendag. Die program is awesome." Hulle gesels nog 'n bietjie toe Abi uitkom met 'n versoek. "Kan ek jou 'n baie groot guns vra?" Jade knik. "Vra solank ek nie vir jou Ouers oor iets moet jok nie." Abi glimlag verleë. "Um Leo de Bruno het my gevra vir die skoolsokkie aan die einde van die kwartaal, maar ek weet nie wat om aan te trek nie. Trek ek 'n rokkie aan of eerder 'n langbroek?" Jade kan net dink hoe geworry Abi moet wees. Sy is in daai pre-teen fase en onseker van haarself. "O dis maklik. Het jy 'n jean wat nice sit? Dan dra jy hom met 'n mooi bloesie in plaas van 'n t-hemp met 'n mooi belt en of pumps of boots. Dis mos nou al koud en teen die einde van die kwartaal is dit nog kouer." Abi trek 'n suurgesig. "Ek wil nie my Ma alweer vra vir nuwe klere nie. Ek het 'n mooi jean met so patroon op die gatsakke met bling. Ek het egter nie 'n mooi bloesie of boots nie, so wat maak ek nou?" Jade dink so bietjie voor sy 'n idee kry. "Wat se size skoen dra jy nou Abi?" Abi glimlag effens. "'n Nr. 3 skoen hoekom?" Dit laat Jade se glimlag verbreed. "Jy is lucky want dan het ek die perfekte paar boots wat jy by my kan leen. Dit het nie 'n mal hoë stiletto hak nie, maar dit is stiletto's met 'n medium hak. Jy sal heelaand daarop kan dans en ook nie oor Leo troon nie. Hy is gelukkig lank en 'n bloesie het ek ook. Laatweet jou Ma om jou by my op te tel na werk, dan stap jy saam my huistoe en gaan kyk of jy dit like." Abi reël sommer vinnig met haar Ma en vyfuur sluit hulle die shop en stap oor die pad na Jade se huis toe. Abi is in vervoering oor die boots wat tot oor haar knieë toe kom en die bloesies waaruit sy kan kies is almal ewe mooi. Die een wat sy vat op Jade se aandrang is die jersystof een so blou soos haar oë met langmoue en kamma wit skaapwol om die cuffs. Jade haal ook 'n swart baadjie uit wat sy kan aantrek tot binne in die saal omdat dit dan baie kouer gaan wees as selfs nou. Abi is in vervoering en toe hulle hoor is daar 'n kar in die driveway. Die volgende oomblik stap Ethan die huis binne. Hy glimlag toe hy Abi daar sien, maar loop reg op Jade af en soen haar voor Abi. Sy maak keëlskoon en tik hom op die rug. "uhmmm ... hier is minors in die geselskap Mr. Cool." Hy lag en los 'n blosende Jade net toe sy Ma klop. Jade nooi Verona in vir koffie maar Verona is haastig want sy het kos op die stoof. Abi bedank haar weer vir die leen van die klere en boots voor sy met spoed daar uit is agter haar Ma aan. Ethan trek Jade dadelik nader en soen haar weer. "Jy bederf my sussie gans en al te veel." Dit laat haar net lag. "Ek bederf haar nie, ek help haar net." Jade maak vir haar en Ethan pasta vir aandete waarna hulle vir 'n uur in haar groot slipper bath ontspan voor hulle vroeg in die bed klim. Hy bly egter nie heelnag nie, maar ry by halfeen na sy woonstel toe. Jade is baie besig met die bike wat sy spray vir die advokaatjie en Ethan raak besig met sy eie werk. Vrydagmiddag net voor vyf sit Jade alles af en begin haar goed skoonmaak. Toe haar foon lui antwoord sy sonder om te kyk na die caller ID en is baie verras om Wanda se stem te hoor. Hallo ... haai Wanda wat 'n verrassing ... nee wat jy pla nie, ek maak spray gun skoon en pak op. My rug is morsaf en ek is so pas klaar met 'n custom spray job ...hoe gaan dit daar by julle ...o ja ek gaan ook vir daai workshop ...man dit sal gaaf wees ... nee hy is welkom om by my oor te slaap ... ek bedoel nou in een van my gastekamers ... Ja dan sal Ethan ook ophou om my te harrass om met sy nuwe wiele te ry ... ja daai Hummer is nog so nuut hy stink eintlik ... is reg bel my. Dankie Wanda, bye." Die deur buzzer gaan af en sy kom uit die workshop en sien dis Ethan. Sy maak vir hom oop en loop terug agtertoe terwyl sy oor haar skouer met hom praat. "Ek is nog nie klaar nie ek maak nog spray gun skoon, jy kan maar hier agter kom sit as jy wil." Ethan stap agter haar aan en voor sy die spray gun kan optel trek hy haar in sy arms in. "Ek het jou gemis en elke aand moes ek 'n verdomde kliënt gaan sien." Hy soen haar ordentlik voor hy haar laatgaan om klaar te werk. "Mmm ek het jou ook gemis ... ek is doodmoeg en my rug breek behoorlik af maar ek is darem klaar met die bike. Maandag moet hy net sy clear coat kry. Jy sal nie glo wie bel my nou-nou nie. Wanda ... blykbaar gaan Danie en John ook dieselfde workshop as ek bywoon en hulle wil by my kom oorbly dan ry ons drie sommer elke dag van hier af saam. Dis nader vir hulle as om elke dag van Jo'burg af deur te ry." Ethan glimlag en gaan sit op een van die stoele langs die werksblad. "Dit klink vir my heelwat beter en dan sal ek meer gerus wees oor jou. Wat wil jy vanaand eet, ek stick jou?" Sy trek haar skouers op. "Ek weet nie, ek is te moeg om te eet, maar ek weet ek moet iets eet, ek het nou-nou al effens begin bewe. Ek dink my suiker is laag. Eintlik wil ek net bad en in die bed neerval en vergeet van hierdie pestelike geel gedrog wat nou 'n oranje en pers gedrog is." Ethan kan sien sy is moeg en sy lyk bleek daarom kom hy met 'n voorstel. "Ek sê jou wat doen ons. Ons sluit jou shop, dan gaan ons na jou huistoe, ek tap vir jou water en terwyl jy in die bad ontspan, maak ek vir ons iets ligs om te eet." Sy glimlag en pak die spray gun at last weg. "Dit klink vir my of ek heeltemal te veel bederf gaan word vanaand." Hulle stap hand aan hand die pad oor na haar huis toe, waar hy haar opdrag gee om haar nagklere uit te haal terwyl hy die krane oopdraai. Hy gooi badsout vir haar in en toe sy die badkamer inloop, help hy haar uittrek en haar hare opsteek, maar hy doen niks anders voor hy haar in die bad help nie. "So ja nou ontspan jy, ek sal jou kom roep as die kos amper reg is." Hy soen haar op die voorkop en loop uit. Ethan se Ma het hom gelukkig goed onderrig in haar gunsteling tydverdryf naamlik kosmaak. Hy maak vir hulle elkeen 'n frittata met ertjies, roomkaas, mint en pietersielie en dek die tafel voor hy haar gaan roep. Sy kom regop en hy kan sien sy het geslaap in die bad, daarom vat hy die handdoek en tel haar uit voor hy haar droogmaak en haar sexy nagrokkie vir haar aantrek. Hy trek tot haar Japon aan en sit haar pantoffels by haar voete neer. Dit laat haar glimlag en toe hy regop kom vat sy hom om die nek en soen hom. "Dankie Ethan jy bly die beste." Hy glimlag net en trek haar aan haar hand eetkamer toe waar hulle eet en gesels oor die week se werk. Na ete vat hy haar en trek haar kamer toe. "Ethan wag ek kan nie die skottelgoed so los nie ..." Hy skud sy kop. "Jy kan want ek gaan dit vir jou skoonmaak want ek het dit vuilgemaak. Klim jy in die bed en ontspan ek sal jou nou-nou kom pla." Hy ruim gou alles op voor hy gaan stort en langs haar inklim. Sy is vas aan die slaap en toe hy haar teen hom vastrek voel hy sy het nie 'n draadklere aan nie, maar die feit dat sy nie eers wakker word nie sê vir hom hoe moeg sy is en daarom los hy haar dat sy slaap. Ethan vergeet om sy wekker te stel dat hy nie die hele nag bly nie en hulle is altwee so moeg dat hulle eers wakkerskrik toe daar 'n gehamer aan haar voordeur is. Hy spring op en pluk net 'n bokserbroek aan en loop voordeur toe. Hunt staan reg voor Ethan en kyk na sy kaalbolyf en dan na sy kaalvoete en as hy opkyk sien hy die verskrikte oë en hy hoor Ethan se woorde. "O shit, ek is morsdood ..." Ethan vryf deur sy hare en Hunt kan nie help om te lag nie. Hy gee Ethan 'n goeie vuishou op die kakebeen wat hom laat steier. Dan lag hy en stap in die huis in verby 'n verbaasde Ethan. "Jy is darem nie heeltemal dood nie, jy moes daai een kon voel. Dit was vir die feit dat ek seker is jy klim uit my dogter se bed en beslis nie uit 'n gastekamer se bed nie." Ethan het vinnig sy Mr. Cool houding terug en gee 'n verleë laggie. "Ek het nie eenkeer gesê ek slaap nie by haar nie. Ek het dit net nie pertinent genoem dat ek wel by haar slaap nie." Hunt kyk verby Ethan se skouer en hy kyk dan ook oor sy skouer en sien vir Jade in een van sy t-hemde in die gang aangeloop kom. Sy bloos toe sy haar Pa sien en sy kyk vinnig vir Ethan, maar hy glimlag gerusstellend vir haar. "Okay nou dat formalities uit die weg geruim is. Goeie môre, kry mens nie koffie in die huis nie?" Jade loop ketel toe maar haar Pa keer haar. "Nope nee jy gaan nie net hier in sy hemp staan en vir my koffie maak nie, gaan trek maar eers aan dankie." Sy rol haar oë en loop uit die kombuis uit maar hoor haar Pa se woorde. "Ek het daai eye roll gesien Jade jy is nog lank nie te groot vir 'n pakslae nie." Ethan gooi water in die ketel en sit hom aan, dan haal hy drie bekers uit en gooi koffie en suiker in. As hy omdraai en met sy rug teen die kas staan kyk hy reguit na Hunt. "Wanneer is julle van plan om nou maar net saam in te trek soos al die ander?" Ethan skud sy kop. "Ons is nie, of ons was nog nie van plan nie, ons het nog nie eers oor so iets gepraat nie." Hunt beduie tussen hom en Jade wat die kombuis inkom in 'n sweetpak. "So hierdie ding is 'n nuwe ding en kom nie al van die Rally af toe Elandra jou beskuldig het jy verneuk haar nie?" Ethan skud weer sy kop. "Nee dis taamlik nuut, ek het Elandra nie verneuk met Jade nie. Ek is miskien 'n scoundrel in jou oë oor ek saam met Jade geslaap het, maar ek is nie die cheating tipe nie." Hunt wil lag toe hy sien Jade neem stelling voor Ethan in. "Pappa jy kan sê wat jy wil, maar ek is nie meer 'n kind nie. Ek kan my eie keuses maak en met die gevolge saamleef, dit is nie net Ethan se besluit gewees nie, ek het 'n keuse gehad." Hunt knik. "Ek weet Jade, ek hoop wragtig waar net dat julle veilige seks beoefen, want dit klink my Renaldo is net so diep in die sop soos Rosco, ek het gehoor Sting en Bandit praat vanoggend oor die twee en hulle is bekommerde Pa's." Jade bloos maar sy druk deur. "Wel ons is nie stupid nie, as Pa dan moet weet ek is op die inspuiting en Ethan sorg dat ons veilig is. Pa kan maar vir Bandit sê Luzaan is miskien net twintig maar nie dom nie en tannie Carly het haar maande terug al by die kliniek gehad. Van Terra weet ek egter nie, sy praat nie meer so baie met my nie." Hunt vat sy koffie by Ethan en gaan sit sommer by die kombuis toonbank. "Julle weet ek gaan nie preek nie, ek het eintlik lankal al gedink julle slaap oor en weer, maar ek moet julle sê op geen Rally sal ek dit toelaat nie, weet dit maar byvoorbaat. As julle nie ten minste verloof is nie is dit taboe. Daar is jonger kinders in ons club en ek gaan nie dat julle 'n slegte voorbeeld vir hulle stel nie. Moet dit nie eers waag om skelm te sluip na mekaar toe op 'n Rally nie. Iemand gaan julle sien of soos vanoggend gaan iemand op julle inloop, alhoewel ek net bly is ek het nie die eye-full gehad wat Sting met Rosco en Terra gekry het nie. Verstaan ons mekaar omtrent die Rallies baie duidelik?" Jade en Ethan knik maar dis Ethan wat hom antwoord. "Hunt ons sal nie die reëls oortree op die Rallies nie, maar ek wil jou mooi vra om asb. nie vanoggend se openbaring vir iemand anders te vertel behalwe natuurlik vir Gypsy as jy wil nie. Ek en Jade date eintlik al van daai tweede naweek wat sy in Johannesburg was en dis nie asof ons orals om die hoekies verdwyn nie. Ek het ook nie my Hummer try wegsteek nie, almal kan sien ek kuier by Jade. Ek het nog nie een aand hier oorgebly nie gisteraand was ons net altwee vrek moeg na 'n lang week en ek het vergeet om my wekker te stel anders was ek by 1uur al hier uit en sou jy steeds niks wyser gewees het nie. So dis eintlik my skuld dat jy my hier gevang het. Ek is jammer dit moes so wees maar ek is nie jammer ek is by Jade nie." Hunt knik. "Ek hoor jou Ethan, en niemand sal niks van vanoggend uit my of Gypsy se monde hoor nie. Jy moet dalk net klere aan kry voor hier iemand stop en een en een bymekaar sit en wel twee kry." Ethan lag en loop dadelik die kombuis uit. Jade kyk na haar Pa en glimlag verleë. "Ek is jammer Paps dat jy so moes uitvind, dis net ons probeer om dit nie aan die groot klok te hang nie. Ons sal ook nie by die Rallies aanjaag nie, ons weet mos daar is Maddy, Robin, Abigayle, Ivanka, Niko en Niel. Ek wil net vir Pa sê dat Maddy, Robin en Lorie glad nie so onskuldig is as wat hulle ouers dink nie. Rico het Lorie al na sy woonstel naby die kampus gevat vir 'n naweek wat sy kastig by Luzaan sou kuier. En Armando het vir Maddy na die einste woonstel van sy broer toe gevat een middag na skool terwyl Rico gewerk het by die hospitaal. Robin verdwyn weer saam Niel van Candice so dalk moet julle al die club se dogters by die kliniek kry. Lyk my dis net Abigayle en Leo wat nie aanjaag nie en seker Ivanka en Niko. Alhoewel Niko saam met sy pel Armand aanjaag by die skool en mens nooit weet wat hulle presies doen nie. Sjoe ja ek weet van baie van hulle se nonsens maar ek hardloop nie en vertel hulle ouers nie, so hoekom is hulle so op my case en maak altyd innuendo oor my en Ethan. Hel selfs toe ek en hy nog so vreeslik gefight het was daar altyd stories." Hunt lag saggies. "Wel julle twee is vreeslik entertaining as julle so verbale oorloggie voer. Ek hoor egter wat jy sê en ek dink dis oor jy die President se dogter is wat almal se oë op jou is. Vir Rosco kan ek nie regtig kwalik neem nie, ek was net so scoundrel op skool. Ek het met Sally uitgegaan maar jou Ma warmgevry in die biblioteek omtrent die hele laaste jaar van skool. In daardie opsig aard Rosco dalk na my. Eintlik het ek nie vanoggend gekom om oor jou en Ethan te praat nie, maar toe hy die deur net in sy bokser oopmaak en hy lyk so deur die slaap toe vergeet ek hoekom ek eintlik hier is." Dit laat haar en Ethan wat net by die deur inkom lag. "Ek wou weet of jy iets groot vir jou verjaardag wil hou, miskien met al jou nuwe spray painter vriende by? Noudat ek egter weet jy en Ethan date moet ek seker vra of julle nie dalk eerder alleen wil uitgaan die aand nie?" Jade kyk vir Ethan en hy glimlag en knik. "Nee Paps, ek dink ons maak dit maar 'n groot affêre vir al ons familie en vriende. Ek en Ethan sal nog baie alleen dates hê in die toekoms." Hunt kyk vraend na Ethan maar hy lag net en knik. "Dis haar verjaardag Hunt en wat sy ookal besluit is reg met my. Mens word net eenmaal een-en-twintig nê." Hiermee is Hunt tevrede. "Okay ek sal nou uit julle hare wees. Mams sal dan sekerlik nog met jou praat oor uitnodigings en oor waar. Die wanneer is defintief die 21ste Junie." Jade knik. "Dit is reg ek sal sommer klaar 'n lysie opstel met hulle name en nommers, ek dink ons doen sommer net 'n digitale uitnodiging, die posdiens is te treurig om dit betyds by almal te hê." Nadat Hunt daar weg is kyk hulle vir mekaar en begin lag. "Sjoe jou Pa moker 'n helse harde hou hoor, maar ek het dit seker maar verdien." Jade kyk geskok na Ethan. "Het hy jou geslaan? Wanneer?" Ethan glimlag en vryf sy ken. "Ek het die deur oopgemaak hy het my op en af gekyk, geglimlag en toe hy instap gee hy my 'n vuishou op my ken dat ek steier en sê dit was vir die feit dat ek seker is jy klim uit my dogter se bed en beslis nie uit 'n gastekamer se bed nie." Jade kan nie glo Ethan is so ontspanne daaroor nie. "en toe is Mr. Cool sy ou cool self, maar nou weet my Ma-hulle at least." Ethan trek haar in sy arms in en sit sy arms om haar. "Ek is net so verlig, nou kan ek jou at least soen as ek jou groet. Ek het vrede wat die ander dink, die belangrikste is dat jou Pa ons verhouding goedkeur. En net so by the way ek was glad nie Mr. Cool toe ek oopmaak en op my nugtermaag in jou Pa se gesig vaskyk nie. My woorde was iets soos shit ek is morsdood, toe klap die vuishou en hy sê jy is seker darem nie morsdood nie, want daai een moes jy gevoel het." Jade begin giggel. "Ek wens ek kon julle altwee se gesigte sien. Ten minste het hy ons nie kaal binne die bed gevang soos Rosco en Terra nie. Dan het hy jou beslis harder gevoeter. Dis een ding om dit te dink of te weet maar ek dink dis 'n ander ding om jou dogter kaal in die bed saam met haar boyfriend te sien." Daarmee is Ethan dit eens. "Ja en dis nie net humiliating vir die twee in die bed nie, maar vir die arme Pa wat hulle so gesien het. As jou Pa moet weet wat ek met jou doen en jou leer, draai hy definitief my nek om." Hulle maak vir hulle ontbyt en toe hulle amper klaar geëet is, is daar 'n klop aan die deur. Ethan staan op en maak oop en Rosco en Terra se gesigte is priceless. "Môre wil julle julle monde toemaak en inkom, my breakfast word koud." Hy draai om en loop terug kombuis toe, gaan sit en eet verder asof dit niks snaaks is om in Jade se huis te wees nie. Rosco kom in en skud sy kop. "In my lewe het ek nie gedink ek sal so iets sien nie. My beste vriend en my suster se grootste vyand sit saam met die einste suster en ontbyt eet. Is daar fout dat ons net nie daarvan weet nie?" Jade lag en beduie na die stoof. "Kry borde en skep vir julle in, Ethan het genoeg vir 'n army gemaak." Hulle vat kos en kom sit oorkant Ethan en Jade en Rosco skud weer sy kop en beduie tussen hulle twee. "Wat gaan hier aan, of moet ons raai?" Ethan lag en trek sy skouers op maar sê niks nie en Jade doen dieselfde. "Niks gaan aan nie, ons eet saam ontbyt." Terra lag vir Rosco se gesig en die ander twee se nonsjalante houding. "Slaap julle saam of wat?" Ethan sit sy vurk neer en kyk na Jade voor hy antwoord. "Ja en wat daarvan? Jy behoort dit te weet al van daardie 2de naweek af wat sy in Jo'burg was. Is dit nie waarvan jy ons al 'n paar keer beskuldig het nie?" Rosco het darem nog die skaamte om te verkleur. "Man ek is steeds jammer oor ek julle onder die bus gegooi het, maar julle lyk in anyway nooit asof julle saam slaap nie, julle het nie daai lovey dovey houding nie en julle maak nog oorlog van tyd tot tyd of is dit vir die eyeblind? Sê my net weet Pa-hulle of is dit 'n geheim?" Jade sug. "Ja ou nuuskierig Pa weet en ja hy het Ethan 'n helse hou op die kakebeen gegee en gesê ons moet net nie dink ons gaan op Rallies saamslaap of rondsluip om skelm saam te slaap nie tensy ons verloof is nie, want wat se voorbeeld is ons vir die ander jonges. Jy weet die jonges soos Maddy wat reeds saam met Armando slaap en Lorie wat saam met Rico slaap en Renaldo en Luzaan en Robin en Neil. Dis net die President se dogter wie se skandes bo aan die vlagpaal gehang sal word. So hardloop en vertel vir almal ek en Ethan slaap saam. Ek voel vere wat wie sê. En as ons soms nog oorlog maak is dit omdat ons nie altyd kan saamstem oor goed nie en geen ander rede nie." Rosco glimlag vir Jade se opvlieënde houding. "Toemaar ek en Terra sal niks sê nie. Goed dat jy my inlig oor die Rally se reëls. Asof Pa nie saam met Ma geslaap het voor hulle getroud was nie, ek het gehoor Bear sê sy het op elke Rally saam met Pa in 'n tent of chalet geslaap omdat hy haar wou beskerm het teen ouens van ander clubs." Jade waai met haar hand. "Ag daai is ou nuus en ek het niks met dit uit te waai nie. Ek sal my by sy reëls hou op die Rallies, maar wat ek in my privaatlewe doen en met wie het niks met niemand uit te waai nie."

Kinkels en Kronkels boek 2 The Caretakers' MCTempat cerita menjadi hidup. Temukan sekarang