Ethan het plek bespreek by 'n vriend van hom se bitter eksklusiewe oord Paradise vir die naweek van die 15de Julie. Daar is twee gedeeltes van die oord, maar slegs die paar wat aan sy bekende BDSM-Club in Pretoria behoort, weet van die tweede gedeelte van die oord wat Little Piece of Paradise genoem word. Ander mense dink dit is 'n deel van die reservaat wat slegs vir personeel gereserveer is. Ethan gaan nooit meer na die club toe nie, maar toe hy Ron bel is Ron baie bly om van hom te hoor en toe hy verduidelik hy wil sy girl soontoe bring vir 'n baie privaat en romantiese naweek en wat die rede is, reserveer Ron vir hulle een van sy bruidsuites. Ethan sê vir Hunt hulle gaan na Paradise resort toe en Hunt weet dis 'n baie eksklusiewe en romantiese wegbreek resort, maar hy weet nie hoe eksklusief nie. "So waarheen gaan ons vir ons wegbreek naweek?" Ethan glimlag geheimsinnig en lag. "Jade dit is 'n verrassing so hou op vra. Dit is warmer daar want dis meer noorde toe so kortbroeke en t-hemde sal doen maar jy kan al die klere ook los, want ons gaan meestal in elk geval sonder klere wees. Jy kan swemklere pak as jy wil maar ons het 'n baie privaat suite met 'n eie swembad en jacussi so ons kan net sowel skinny dip. Ons boek Vrydagaand in, hulle sal vir ons wag. Ons ry direk na werk tensy jy vroeër jou shop wil toemaak. Ons kan enige tyd van Vrydagoggend sewe-uur al inboek en ook dwarsdeur die nag. Ron is 'n baie goeie vriend van my en ons kry natuurlik VIP behandeling. Ons het menu's in die suite, ons besluit net met elke ete wat ons wil hê soos in enige restaurant en ons kos word afgelewer. Elke oggend word vir ons skoon handdoeke, sepies en daai tipe goed saam met ontbyt voor ons deur gelaat. Ons kan ons menu keuses voor die tyd ook gee en sê hoe laat ons elke ete wil hê. Hulle kombuis bly 24/7 oop so ons bepaal wanneer en wat ons wil eet. Ons kan op 'n wildbesigtingsrit gaan, daar is drie tye per dag wat hulle met besoekers ry. As ons 'n nagrit beplan moet ons langklere en baadjies spesifiek vat want dit kan koud word snags. Verder is dit net ek en jy en niemand wat ons gaan pla nie. Ons kan Maandagoggend ook eers uitboek as ons sou wou. Ron het gesê whatever ek wil hê is tot my beskikking." Jade kyk na Ethan oorkant haar by haar lessenaar." Wat kos hierdie bitter bitter eksklusiewe naweek jou of wil ek liewers nie weet nie?" Ethan glimlag en sit agteroor. "Dit kos my nie 'n enkele sent nie. Dit is ons verlowingsgeskenk van Ron af. Op universiteit so in my derdejaar was Ron in 'n helse knyp. Ek sal eerlik wees en vir jou sê hy het ook die BDSM-club in Pretoria met die naam Ron's adult Paradise. Ek, soos jy kan agterkom, is of eerder was 'n lid van die club vandat ek agtien geword het. Ron is 'n paar jaar ouer as ek en ek het hom een aand ontmoet toe ek sonder Rosco club hopping gedoen het. Ons twee het begin gesels en hy het my bekendgestel aan BDSM. Daar is subs in die club wat nie 'n kontrak met 'n spesifieke Dom het nie, dus het jy altyd toegang tot een van die subs as jy nie 'n permanente sub het nie. Ek het dus meer gereeld soontoe gegaan en Rosco het sy eie ding gedoen. Wel Ron het een aand iemand dringend nodig gehad om soos 'n bouncer by die deur op te tree, maar in 'n suit en dit moes iemand wees wat die BDSM scene ken. Ek het niks te doen gehad nie en gevolunteer. Daar was probleme vroeër die dag met 'n sub se ex-kêrel en hy het verwag die aand gaan die persoon terugkom om moeilikheid te maak. Die ou het toe teruggekom maar ek het sy vuurwapen gesien uitsteek by sy broek agter en hom gevra om in een van die ontvangskamers wat leeg was te wag, ek het die polisie laat kom en toe hulle hom deursoek het hy meer as net die een vuurwapen aan hom gehad, goed soos vier messe, nog 'n klein pistool in sy boot, 'n rewolwer in sy baadjie se binnesak en drugs. So Ron voel steeds hy skuld my iets, al het ek al baie gesê hy skuld my niks. Toe ek hom skakel was hy vreeslik opgewonde en wel toe ek sê hoekom het hy nie gehuiwer om my te akkomodeer nie." Jade skud haar kop. "As jy my so jaar terug vertel het jy is lid van 'n BDSM-club sou ek dit of nie geglo het nie of jou vermy het oor ek nie seker is wat dit behels nie, want mens sien flieks en jy hoor stories oor dit. Toe jy daai eerste naweek alleen by my kom kuier het en jy my bietjie meer vertel het, moet ek bieg was ek nog meer nuuskierig. Vandag voel ek heeltemal anders daaroor en wel ..." Hy sit vorentoe in sy stoel en kyk direk in haar oë. "En wel ... wees nou eerlik Jade is dit omdat jy meer weet of is dit omdat jy daarvan hou? Doen jy dit net oor dit my voorkeur is of wil jy dit regtig doen oor dit iets is waarvan jy hou?" Sy glimlag stout en bloos effens. "Ek e ... ek sê mos ek was nog altyd nuuskierig daaroor maar ek dink nie ek sou enige ou so kon trust met myself as vir jou nie. Noudat ek meer weet hou ek daarvan en is dit iets wat ek as een van my persoonlike voorkeure beskou. Ek sal niks doen net omdat jy dit wil doen nie, so nee dit is nie net oor jou nie, dit is ook vir my plesier." Dit laat hom verlig voel en hy glimlag. Jade besluit om haar shop toe te maak vir die Vrydag van hulle weggaan naweek. Sy het vier bikes wat sy in twee-weke gefix het so sy dink sy het genoeg gewerk om 'n vroeë naweek te kan regverdig. Ethan en Jade ry Vrydagoggend net na nege-uur noorde toe met sy Hummer en natuurlik het hy haar verloofring in sy sak. Jade kyk na die naambord van Paradise en toe hulle verby ry kyk sy vraend na Ethan. "En nou?" Ethan glimlag en toe hulle by 'n ander hek kom en sy sien die naambord Little Piece of Paradise is sy behoorlik nuuskierig. "Ethan regtig praat met my, wat gaan aan?" Hy kyk na haar en grinnik. "Genade maar jy is nuuskierig. Okay kom ek vertel jou meer van hierdie plek. Ron het die oord by sy Pa geërf as net 'n gewone oord met die naam Paradise. Dit was maar 'n so-so oord en hy het hard gewerk om die plek aan die gang te hou saam met die club in Pretoria. Iemand by die club het 'n aanmerking gemaak oor 'n plek waar hulle kan gaan vakansie hou en waar daar privaatheid is en wel hy het begin dink rondom dit. Ek en hy het gesit en gesels en ek het vir hom die planne opgetrek vir die eksklusiewe BDSM privaat vakansie-oord. Dit is slegs toegangbaar as jy lid van die club is, want dit is werklik baie privaat jy sal sien. Die suites is eintlik klein huisies wat omhein is met alles wat ons wil hê binne die heining. Die gaste wat Paradise besoek waar ons verbygery het dink hulle is in die eksklusiefste oord in die noorde, want hulle dink dié deel is slegs vir personeel. As jy sou wou kan ons, ons etes in die restaurant gaan eet wat hier by hierdie ontvangs is." Jade lyk verbaas en toe hy voor ontvangs stop verkyk sy haar aan die pragtige plek. Hy en sy stap in en word soos Royalty ontvang. Dan kom 'n groot man uit die kantoor gestap en hy en Ethan groet mekaar soos familie. "Wow Ethan Ross, dit is tweejaar laas wat ek jou gesien het en jy het beslis 'n paar ekstra spiere bygekry. Kom stel my voor aan die brawe girl wat jou kon hokslaan." Ethan lag en vat Jade aan die hand en trek haar nader. Jy kan die verbasing op Ron se gesig duidelik sien. "Jy is nie ernstig nie Ethan, hierdie petit dingetjie ry self bike, want ek het verstaan dis jou Pres. se dogter aan wie jy verloof gaan raak." Jade glimlag en steek haar hand uit. "Hallo ja ek is Jade Hunt, bly om jou te ontmoet Ron." Hy vat haar hand en glimlag. "Aangenaam Jade, ek hoop jy gaan jou tyd hierby ons terdeë geniet. As daar enige iets is wat julle kort moet jy asb. dadelik skakel. Ethan my personeel is diskreet en sal julle geensins pla nie, tensy julle iets benodig. Julle is my VIP gaste vir die naweek nê. As julle die wildrit wil doen skakel net vir ontvangs." Ethan teken die register en dan ry hulle om die ontvangs, hy wys vir haar die restaurant en dan ry hulle deur teerpaadjies wat lyk soos dorpstrate met huise wat maklik 2 kilometer ver uitmekaar is. Jy sien net die dakke van die huise so hoog is die houtheinings. Ethan stop voor nr.7 en maak die hekke met 'n remote oop. Daar is 'n paadjie aan die buitekant van die heining wat agter tot by hulle kombuis se eenmuur loop. Daar is 'n luik waardeur die kos en handdoeke, seep ensovoorts ingesit word. Jade dink dit is alles goed beplan en die huis self is modern, maar huislik. Die slaapkamer het groot glasdeure wat uitloop op 'n dek waar 'n jacussi is met gerieflike stoele en 'n tafel en as jy met die trappies afloop is daar 'n swembad met twee loungers en nog 'n lae tafeltjie. Jade stap die huis binne deur die sitkamer en loop die kort gang af na die slaapkamer toe waar Ethan hulle tasse neergesit het. Sy maak haar tas oop en pak haar goed uit terwyl Ethan dieselfde doen. Dan kyk sy op en sien die hake teen die muur en allerhande goed wat haar interresseer. Ethan sien haar rondkyk en hy weet dat sy nou enige oomblik gaan besef waarom die huise so privaat is. Sy kyk skielik na hom en dan lag sy kliphard. "Hel ek is stupid. Dit is hoekom alles so baie baie privaat is nê? Dit is baie soos die club se privaatkamers maar net in 'n mini-huis." Hy knik en trek haar in sy arms in. "Is jy kwaad oor ek niks gesê het nie?" Sy skud haar kop ontkennend. "Nee glad nie, ek dink net ek was bietjie dom om dit nie te realise nie." Daar is 'n geskenkboks in die kombuis deur die lyk gesit en nou gaan haal Ethan dit. "Ethan and Jade. Hope you enjoy your stay with us. This is with compliments from Ron and Staff." Hy maak die boks oop en Jade begin giggel. Daar is allerhande toys in elkeen afsonderlik toegemaak in plastiek met 'n verpakkings datum en als op, tot liquid body chocolate en room en ook heuning. Ethan glimlag en kyk na Jade. "Lyk my ons gaan baie bad of shower die naweek." Saterdagaand sit Jade buite langs die swembad want Ethan wil nie hê sy moet in die huis inkom voor hy nie so sê nie. Toe hy uitkom en haar roep kan sy net tot in die kamer kom. "Ek het vir jou klere op die bed gesit, trek dit aan en kom uit tot in die eetkamer." Hyself het 'n swart bokserbroekie aan. Sy bevraagteken hom nie en besluit sy gaan hom vertrou. Sy trek die sexy swartkant onderklere aan en begin lag as sy haar silwergroen stiletto's sien langs die bed. Sy trek dit aan en stap uit. Die ligte is als af en die tafel is gedek met 'n spierwit tafeldoek, rooi rose en kerse en al. Hy kom nader en vat haar hand en trek haar tafel toe waar hy haar laat sit voor hy op sy een knie afsak en haar hand vat. "Jade Hunt sal jy met my trou ... asb?" Sy glimlag en knik. "Ja Ethan Ross ek sal baie graag met jou trou?" Hy steek die ring aan haar vinger en dan staan hy op en soen haar voor hy sy stoel naby hare trek en gaan sit. Langs hom staan 'n warm trollie wat hy nader trek en hulle kos op die tafel sit. Na ete stoot hy alles deur die luik terwyl hy Jade stuur om te ontspan op die dek en toe hy uitkom op die dek speel daar sagte musiek en Jade staan op waar sy langs die swembad gesit het. Sy het net die stiletto's aan en sy waai met haar linkerhand. "Dit is mos waarvoor jy gevra het as ek reg onthou nê?' Dit maak hom lag en ontslae raak van sy bokser. "Ek het nie gedink jy gaan onthou wat ek gesê het nie." Sondagoggend pak hulle traag op en besluit om middagete vir oulaas in die restaurant te gaan eet. Jade trek 'n groen sonrokkie aan en netjiese haksoene en Ethan het 'n suitbroek aan en 'n wit knopieshemp. Altwee lyk netjies en mens sal nooit sê hulle is meestal in jeans en leerbaadjies met cuts aan nie. Hulle bestel kos en Jade kyk na die ander mense wat daar is. "As jy nie weet in wat se tipe plek ons is nie, sal jy nie kan raai into wat hierdie mense is nie. Almal lyk so normaal, ek wens ek kon dit vir Rosco laat verstaan het. Hy is so bevooroordeeld, was hy al ooit saam met jou in die club?" Ethan knik. "Ja hy was twee maal daar, maar hy het die eerstekeer na 'n scene gaan kyk soos hulle dit noem wat 'n Dom en sy Sub vir 'n gehoor doen. Wel dis baie eksplisiet en nie vir almal nie. Ek dink nie eers ek sal jou na so iets toe vat nie. Ongelukkig moet jy verby die scene areas of klein verhogies loop om by die trappe na die privaatkamers te kan gaan, anders sou ek jou na een van die privaatkamers toe gevat het vir 'n change of scenery." Sy sit haar hand oor syne. "En as ek graag wil gaan, ek bedoel na 'n scene gaan kyk, sal jy my vat?" Hy kyk nadenkend na haar. "Is jy nou ernstig?" Sy knik. "Ja ek is, ek wil alles sien van BDSM, ek wil sien hoe ander dit ervaar. Ek kan nie sê ek weet wat dit is as ek net 'n gedeelte van dit ervaar nie, verstaan jy wat ek sê?" Hy knik, maar hy is baie ernstig toe hy met haar praat. "Ek sal jou vat as jy wil gaan, maar dit is nie iets wat jy vir die clubmense kan sê nie, meeste van hulle is maar baie bevooroordeeld daaroor. My Pa en Ma weet ek het na die club toe gegaan en my Pa weet ek het 'n darkerside wat seks aanbetref, so hy sal dalk vermoed dis wat ons doen maar hy sal niks daaroor sê nie. Hy het nog nooit my veroordeel daaroor nie en ek dink nie eers my Ma sal iets daaroor sê nie. Jou Pa is deur iemand ingelig wat my try swartsmeer het, maar jou Pa het gesê my en jou sekslewe het niks met enige iemand uit te waai nie, maar ek is nie seker van jou Ma nie. Jy weet dat haar eersteman haar so mishandel het. Ek het eendag gehoor jou Pa sê vir my Pa Peter Williams het gehou van rowwe seks, maar soos in regtig met haat en woede toegepas, jou Ma sal dalk dink dis hoe ek jou behandel." Sy knik. "Ek weet en ek sal niks vir enige een sê nie. Dis iets tussen my en jou, dit het niks met enige een uit te waai nie, alhoewel Rosco my 'n tyd terug teen jou gewaarsku het, juis daaroor. Wat my so absoluut die duiwel in gemaak het met my twenty-first was die feit dat hy my daarteen waarsku dan gee hy vir my voor almal seks-toys. Wie het my Pa vertel van jou? Was dit Rosco?" Ethan kyk lank na haar voor hy haar die storie vertel. "Maar Bokkie ek wil nie hê jy moet enige iets daaroor sê nie, ek was nooit veronderstel om jou te vertel nie, jou Pa maak my dood. Ek kan egter nie verwag jy moet my ten alle tye trust as ek met geheime soos dit rondloop nie. Daai blou-oog en kakebeen, was ek. Ons het mekaar by die gym raakgeloop en hy het gesê ons moet dit nou maar uitfight en klaar kry. Toe tart hy my in die kryt en toe voeter ek hom goed. Hy het eintlik nog gekneusde ribbes en tussenribspiere ook gehad. Sy lyf was redelik blou-pers toe Ivan na hom gekyk het." Jade lag saggies. "Ek sal nie 'n woord sê nie, dankie dat jy eerlik was. Ek is so bly hy het op sy moer gekry." Ethan glimlag. "Dis die ander rede hoekom hy so gegil het met jou twenty-first toe jy so op sy rug gespring en hom so geman-handle het. Hy wou dit net nie sê nie." Ethan en Jade vertrek met nog 'n boks vol toys en Jade kan nie sê wanneer laas sy 'n naweek so geniet het nie. Hulle stop by haar huis en hy laai net haar tas af. "En nou waar is jou tas?" Hy skud sy kop. "Ek gaan nou-nou na die flat toe, ek wil my wasgoed was en my goed begin pak vir trek na die nuwe huis. Ek het 'n week om my goed te trek. Môre oggend reël ek vir 'n treklorrie om my goed Dinsdag te laai, dan is jou huis Woensdag aan die beurt. So van Woensdag af slaap ons in een bed, in een huis en die hele wêreld kan dit weet want môre gaan almal uitvind ons is verloof." Jade is tevrede met Ethan se planne en toe hy ry na 'n baie lang groetery haal sy die bokse bo uit die garage dak en begin haar eie goed pak. As al die losgoed gepak is, is dit net laai en oor trek plothuis toe. Jade het skaars haar winkel oop toe Ethan binnestap. Hy groet haar ordentlik en toe hy omdraai deur toe staan Hunt in die deur met 'n glimlag. "So kan ek maar sê baie geluk?" Jade lag en wys hom haar ring net toe haar Ma, Verona en Bear instap. "Wow, dit is stunning en ek is seker dis julle eie ontwerp?" Sy glimlag en knik vir haar Ma maar Ethan skud sy kop. "Moenie vir hulle jok nie, dit is jou ontwerp. Ek het net met my en haar troupante so bietjie aandeel in die ontwerp gehad." Hulle word gelukgewens en Hunt kyk na die twee wat so ontspanne daaruit sien. "Gaan julle omgee as ons almal nooi vir sjampanje in die diner vir lunch?" Ethan kyk vraend na Jade en sy rol haar oë. "Natuurlik Paps asb. nooi almal dan het hulle iets om oor te praat tot hulle hoor ons trek môre en Woensdag in die plothuis in, dan het hulle iets nuuts tot die naweek toe. Hopelik doen een van die ander dan iets wat weer nuuswaardig is sodat hulle ons in vrede kan los." Dit laat hulle Ouers lag en uitloop. Hunt sê niks nie, maar vra al die clublede om as hulle dit moontlik kan maak om so 12-uur by die diner te wees. Meeste nie club-lede kom gewoonlik eers van een tot twee lunch. Almal kom lunch dus vandag by Verona's bymekaar en sy is super besig maar sy gee nie om nie. Toe Gypsy ook daar aankom weet hulle hier is iets aan die gang. Hunt staan teen die toonbank en toe hy by die venster uitkyk en glimlag toe kyk almal waarna hy kyk. Jy kan duidelik sien hoe Ethan vir Jade in haar deur stop en dan buk en haar soen, voor hy haar hand vat en oor die parkering begin stap. Hulle gesels en hulle sien hoe hy lag vir iets wat Jade sê. Rosco kyk die twee so en hy is amper seker waaroor dit gaan. Ethan maak die deur oop en toe Jade instap stop sy by die deur en kyk na die clublede. Sy glimlag en groet almal en Ethan groet almal terwyl hy haar hand vat en tot by hulle gewone booth agtertoe stap. "Nou goed aangesien Jade en Ethan dit darem at last kon maak..." Almal lag want hulle weet hoekom is hulle laat, daai soen op die stoep het tyd gevat. "Ek weet dis ongehoord om in werkstyd te drink, dankie Verona vir jou Diner en die reël van die Sjampanje. Almal kry vir julle, Ethan en Jade het die naweek verloofgeraak ..." Hy kry nie kans om iets te sê nie want die cheers is oorverdowend. Bandit lag en klap Ethan op die rug en druk Jade amper dood. "At last, hemel ek was al lus en sluit julle in die workshop toe vir 'n hele naweek." Ethan lag. "Dit sou ook gewerk het, want dan kon ons ononderbroke gesels het en tot 'n ooreenkoms gekom het." Rosco steek sy hand na Ethan uit en Ethan wag vir die snotty comment maar Rosco glimlag en trek hom nader vir 'n bro'hug. "Jy beter na my suster kyk anders..." Ethan glimlag. "Daaroor hoef jy nie te worry nie." Rosco trek Jade in sy arms in en fluister in haar oor. "Geluk, as hy net skeef vir jou kyk, poke jy sy oog uit anders sal ek dit kom doen." Sy lag en dan het Terra haar en druk haar. Almal drink hulle sjampanje, eet lunch en verdwyn. Ethan en Jade se gewone kos word neergesit en hulle eet so tussendeur die ander se praatjies en vrae oor wanneer die grootdag is. Ethan het haar gesê, as hulle vra sê hulle en kry dit oor. So toe Terra en Luzaan vra antwoord sy terwyl sy net terloops van haar bord af opkyk. "24 Desember. So die wat weg is met verlof gaan dit mis, want almal is genooi soos altyd. Die venue is nog nie op besluit nie, maar ons sal dit nog doen." Luzaan sug verlig. "Dankie tog dan is ons al vergete terug van honeymoon af en Rosco en Terra ook. Ek sou gehuil het as ek jou troue gemis het, maar hoekom het julle die naweek alleen verloofgeraak en waar was julle heen?" Ethan glimlag geheimsinnig maar hy antwoord wel. "Jade het nie eers geweet waarheen ons gaan nie, maar 'n vriend van my het die naweek vir ons as verlowingsgeskenk gegee en wel ons kon nie julle almal vat nie. Ons was by Paradise anderkant Warmbad." Haar oë rek. "Vrek dis 'n baie baie duur en eksklusiewe oord. Jou vriend moet jou baie like." Ethan grinnik. "Ek dink hy like Jade meer, maar ek het hom jare terug 'n guns gedoen en sy besigheid uitgehelp en hy voel hy skuld my, so toe besluit ek, ek gaan hom nie in die gesig vat nie. So 'n naweek is nie te versmaai nie." Terra lag guitig en kyk na Jade. "En ek wed jou jy het net langs die swembad gelê as ek na daai tan kyk. Was daar baie mense?" Dit is Jade se beurt om te lag as sy haar kop skud en haar skouers optrek. "Ek het geen idee nie, ons het 'n privaat swembad en jacussi gehad. Sondagmiddag toe ons in die restaurant geëet het was daar nie so baie mense nie." Hulle is verstom. "En die ander dae, ek bedoel waar het julle geëet mens kan darem nie van liefde en koue water alleen leef nie?" Jade is geamuseerd en Ethan wonder wat gaan sy sê. "Ag as jy wil kan jy seker, maar ons etes is almal gedeliver deur 'n luik in die kombuismuur. Handdoeke en sepies en chocolates en als is ook elke oggend daar gedeliver. Daai personeel is flippen flink en diskreet. Jy sien hulle nie en jy hoor hulle nie. Jy sê watter tye jy jou etes wil hê, jy laat weet die kombuis wat jy wil eet en siedaar, alles gebeur net. Dit is werklikwaar 'n eksklusiewe plek. Ons was op twee wildsritte ook een oggend baie vroeg wat ek amper verkluim het in 'n dik baadjie en langbroek met 'n kombers om my en een vroeë aand wanneer die diere almal by die pan is vir water. Hulle tel jou voor jou deur op en laai jou weer daar af ook." Die ander is gewow en baie jaloers oor die wegbreek naweek. Nadat almal omtrent verdwyn het sit net Rosco en Terra nog by Ethan en Jade. "Wanneer trou julle twee nou, ek neem aan julle het 'n datum as Luzaan sê julle is terug teen ons troue?" Rosco knik en Terra grinnik. "Wel ons het gedink as Luzaan en Renaldo die 10de op my haar en Renaldo se verjaardae kan trou, kan ons maar op Rosco se verjaardag trou die 14de Oktober. Rico en Lorie praat van verloofraak in Januarie of Februarie volgende jaar. Sy gaan egter eers klaar studeer voor hulle trou, dit gee Rico kans om sy hospitaaljaar nou klaar te maak en te besluit of hy gaan spesialiseer of gewone GP gaan bly. Sy wil mos fisioterapie doen." Jade knik want dit maak sin en ten minste gaan sy studeer of iets doen met haar lewe en nie net Mevrou dokter de Bruno word nie. Ethan verskoon homself want hy moet nog gou 'n paar dinge doen as hy more in sy nuwe plek wil intrek. Rosco kyk verbaas na hom toe hy Jade soen en uitstap. "Waarheen trek hy?" Jade kyk Ethan agterna voor sy reguit na Rosco kyk. "Hy het Ma se plot mos gekoop. Hy trek môre soontoe, ek trek myself oormôre soontoe en Danie en Wanda trek die naweek na volgende naweek in my plek in die 31ste Julie. Hy kom vir my werk van die 1ste af. Hy oorweeg dit om vir hom ook 'n bike te kry en aan te sluit by die club. Hy kan ry, maar hy het nie 'n lisensie nie so hy wil nog gaan vir sy lisensie ook." Rosco gaap haar behoorlik aan. "Regtig, sjoe baie het gebeur in so kort tydjie. Gaan julle saam vir die Rally die 21ste Augustus en die Youth Empowerment Rally die 30ste September na Sun City?" Jade trek haar skouers op. "Ek weet nie ons het nog nie regtig daaroor gepraat nie. Dinge gebeur nou soos jy sê bietjie vinnig. Ons sal nie sommer Ma se Youth Empowerment Rally mis nie. Jy weet dit is vir haar baie belangrik, maar die H.O.G Rally is 'n ander storie. Sê my Terra het jy al op 'n kleur vir julle troue besluit, jy weet en die ander dingetjies?" Terra knik. "Ja terwyl ek sulke rooihare het is rooi of pienk uit vir my. Ek het gedink mintgroen en peach is dalk beter. Die kaartjies sal ek nog bietjie aan werk en my rok moet ek gaan soek. Luzaan het sommer klaar 'n rok en hulle kaartjies gaan dié week uit. Ek moet ons s'n ten minste volgende week uitkry. Gaan jy kom dat ek jou hare doen vir jou troue?" Jade lag asof Terra stupid is. "Duhh, is dit nie wat ons nog altyd gesê het nie?" Jade kyk op haar horlosie en spring op. "Vrek ek het 'n kliënt in vyf minute. Sien julle later." Sy waai 'n soentjie na Verona voor sy uithardloop en 'n lyn sny oor die parkering. Sy het haar deur oop en is net na binne toe 'n bike voor haar deur stop. Dit was 'n tight run. Die trekkery gaan vinnig en Woensdagaand is alles in en toe Jade by die deur van die garage af instap in die kombuis in, ruik sy pasta. Ethan staan net in 'n drafbroekie voor die stoof besig om iets te roer. "Hel is ek in die Hemel of wat? 'n Half kaalman in my kombuis besig om iets sondigs en vetmakend te kook vir my." Hy lag en vang haar om die lyf toe sy wil verbystap. "Mmm eers 'n soen dan kan jy alles neersit." Die soen laat hom amper die sous verbrand en hy los haar vinnig. Sy lag en loop deur na hulle kamer toe. Sy stop in die deur en kyk na die groot bed opgemaak in die nuwe beddegoed die maanlamp op 'n hoë tafeltjie in die hoek en die string maanliggies oor die bed se boonste dwars sport gedrapeer. Arms gaan om haar en hy soen haar in die nek. "Ek het dit alles uitgespoel so moenie daaroor worry nie. Hoe hou jy van jou nuwe kamer?" Sy draai om in sy arms en sit haar arms om sy nek. "Ek love dit, maar waar het jy tyd gekry om dit alles te doen?" Hy lag af in haar mooi groenoë. "Wel ek het twee fairies gehad wat my kom help het vanmiddag met lunchtyd. Hulle het die beddegoed en gordyne van die draad afgehaal en die bed oorgetrek terwyl ek die meeste van ons ander goed gemix en match het. Al wat jy moet doen is om vir my te sê of jy enige iets geskuif wil hê en waar presies. Ek het ons studio sommer ook klaar alles in gesit, jy kan nou skuif soos jy lekkerkry." Jade kan nie glo sy het so 'n fantstiese mansmens amper gemis nie. "Ethan Ross jy is en bly die beste boyfriend en nou verloofde wat daar is en ek kan nie glo ek het so baie met jou baklei nie." Hy kyk ernstig na haar. "Ek dink dit is omdat ons altwee so oorbewus was van mekaar vandat ek sestien geword het. Ek was altyd bewus van jou in die agtergrond selfs al het ek 'n ander girl gehad. Dalk omdat ek gedink het ek kan jou nie kry nie, het ek so bietjie rebelleer en ander girls gedate. Jy het my altyd vermy, maar as jy nie kon nie, het die hare tussen ons gewaai, so dit is seker normaal dat ons eventually na mekaar toe gegravitate het. Jy weet wat sê my Pa vir my die aand met jou twenty-first? Hy en ek het eenkant gestaan en ek het na jou gekyk toe jy met jou tannies en ooms gesels. My Pa sê toe dat hy al gedink het ons gaan dalk date toe ek so negentien was. Onthou jy die keer wat ons by ons huis geswem het, al die jonges saam en ek het weer daai naweek 'n girl saamgebring. Ek en jy het baklei oor die bal en in die water geland nog voor ons swemklere aangehad het en my Ma het ons die huis ingeboender en my beveel om vir jou droë klere te gee. Weet jy wat onthou ek die beste van daai dag. Toe jy uit my kamer geloop gekom het in my t-hemp en 'n drafbroekie en ek jou teen die muur vasgedruk en gesoen of eerder warmgevry het. Dit was seker die wowste oomblik in daai jare tussen ons, behalwe die dag wat ek jou op die rugbyveld voor die hele hokkie en rugbyspan gesoen het en jy my geklap het dat ek stêrre sien. My Pa het ons daai dag in die gang gesien en net nooit iets gesê nie, maar hy sê hy het gehoop dinge verander tussen ons, maar tot sy spyt en nou myne ook het ons mekaar daarna meer verpes as ooit tevore, want jy het gesê ek is 'n cheat oor my girl net buite langs die swembad was terwyl ek jou warmgevry het in die huis." Jade giggel. "As ek nou regtig bitter eerlik moet wees, was daai dag die hoogtepunt van my skoolloopbaan vandat jy my op die rugbyveld gesoen het. Ek was toe eers smitten en sommer vies vir myself dat ek so simpel en head over heels was oor jou en jy steeds ander girls huistoe bly bring het. Daai tyd kon ek nie verstaan hoekom jy so deur die girls gaan nie, nou dink ek, verstaan ek. Hulle het nie van jou slaapkamervoorkeure gehou nie nê." Ethan knik en glimlag stout. "Dink net as ons daaityd al saam in die bed beland het, het jy dalk ook gedink ek is mal of 'n pervert." Sy skud haar kop. "Ek dink nie so nie, ek was jonk en bereid om baie dinge te leer, ek was nuuskierig, maar daar was nie een ou wat my ooit so opgewonde gehad het om my in die bed te kry nie. Dit is hoekom jy die eerste was ..." Ethan trek haar die badkamer in. "Kom ons het tyd vir 'n stort voor ete..." Dit is amper nie eers 'n vreeslike aanpassing om saam in een huis te bly nie. Die een wat eerste by die huis is, begin met kos of soms is hulle gelyk daar en maak saam kos. Hunt en Gypsy kom kuier en eet 'n paar keer by hulle en Bear, Verona en Abi kom ook 'n paar maal. Dan bel Rosco en Terra en vra of hulle klomp jonges nie by Ethan en Jade kan kom rugby kyk die Saterdagmiddag nie. Hulle bring al die eetgoed en bier en Rosco sal sekermaak dat Danie en Wanda wat net die vorige dag ingetrek het ook kom. Ethan en Jade besluit dit is okay, maar as hulle mors maak hulle skoon. Hulle sitkamer het baie sitplek met al Jade en Ethan se sitkamermeubels en vir 'n verandering gedra Rosco en Terra hulle. Danie en Wanda geniet hulle gate uit en Danie praat net bike, want hy en Ethan gaan Maandag sy bike haal. Hy het klaar met Hunt gepraat en die papiere ingevul om aan te sluit. Die club moet nou net stem en besluit of hy en Wanda kan aansluit. Hy gaan volgende Vrydag vir sy lisensie en as Hunt sê dis reg, dan ry hy en Wanda hulle eerste Rally die 21ste Augustus. Dis ver vir 'n newby maar hy sien kans daarvoor alhoewel die ander dink hy is lekker mal.
YOU ARE READING
Kinkels en Kronkels boek 2 The Caretakers' MC
General FictionBikers en club stories. Michael Hunt en Hazel of te wel Gypsy het 'n seun Rosco en dogter Jade of te wel Firecracker wat dinge in The Caretaker's MC aan die gang en interressant hou.