Hunt en Bear besluit 'n goeie breakfast run is wat almal kort en begin reël vir die volgende Sondag. Danie en John bly twee dae by Jade in haar huis terwyl hulle vir die workshop gaan. Ethan maak vir hulle kos en toe hulle die Dinsdagaand moeg by haar huis aankom is die tafel gedek en alles staan reg. Jade loop reg op hom af en soen hom voor die ander twee. "Het ek jou al gesê jy is die bakste ou in die hele wêreld?" Hy lag en loop met haar tafel toe. "Jy het maar nog nooit voor getuies nie, so jy kan dit heelaand vir my vertel ek mind nie." Die ander twee lag en hulle geniet die fettucine Alfredo wat Ethan gemaak het terdeë. John besluit hy wil vir Jade ruil vir Deana. "Jade kom nou man sy kan by Ethan se Ma leer kook want lyk my Verona het hom mooi geleer. Dan kan ons weer terugruil wanneer sy kan kook soos Ethan." Jade skud haar kop. "Nooit ek verruil hom vir niemand nie. Ek en hy kan kook, maar as ek moeg is bederf hy my graag met 'n ete hier in my eie kombuis." Ethan glimlag net vir die spottery. Hulle is almal vinnig deur die stort toe Ethan wil ry. "Maar bly jy dan nie hier nie?" Hy lag toe hy John se verbasing sien. "Nee John ek bly so tweeblokke van hier af in my woonstel of soos Jade dit noem soos 'n voëltjie in 'n kou. Haar Pa sal my wurg as ek by haar intrek en ek piepie nie sommer my Pres af as dit nie nodig is nie. Kyk in die yskas daar is gepakte kosblikke vir môre. Die groene is Jade s'n, moet hom tog asb net nie vat nie, dis 'n heilige kosblik." Jade stap saam deur toe. "Jy weet jy kon gebly het nê." Hy glimlag en trek haar nader. "Ek weet maar jou mure is nie klankdig nie en wel jy en ek weet albei ons kan dalk vergeet van hulle en dan slaap hulle en jy niks nie. Môre gaan 'n lang dag wees. Ek sal jou môre aand sien, daar is vergadering by die clubhuis, glo iets oor 'n breakfast run." Hy soen haar lank en stadig voor hy haar laatgaan. "Nag Bokkie." Sy glimlag en waai vir hom. "Nag Mr. Cool." Na 'n lang dag kom Jade, Danie en John by haar huis aan en sy maak verskoning dat sy hulle vir 'n ruk alleen moet los maar clubvergaderings word nie gemis tensy jy jou doodsertifikaat kan inhandig nie. Dit laat hulle lag maar Danie stel haar gerus. "Ons is anyway flou so ons gaan bad en slaap aangesien ons laat eers middagete gehad het. Sien jou môre oggend voor ons twee verkas Jo'burg toe." Jade is laat vir die vergadering maar Ethan sou verskoning vir haar gemaak het. Sy stap die raadsaal in en glip langs Ethan in die stoel waar hy vir haar plek gehou het. Sy kyk dadelik vir Ethan en glimlag effens en hy glimlag so mooi terug sy voel amper bewerig en toe sy opkyk kyk almal vir hulle. Haar Pa lag geamuseerd. "As julle twee nou klaar ogies gemaak het vir mekaar kan ons seker aangaan. Jade ons het net solank ander basiese goed bespreek, klein probleempies met die besighede en so aan. Was die workshop toe die moeite werd of het jy hulle ore aangesit?" Sy is steeds blosend maar sy antwoord haar Pa. "Dit was darem die moeite werd ek het klein goedjies en airbrushing bygeleer wat my werk en besigheid makliker kan maak en die eindproduk soveel beter." Hy glimlag en hy sien hoe Ethan sy arm agter haar op die stoel sit en met sy hand in haar hare vroetel. Die twee is definitief verlief. "Nou goed in verband met die breakfast run. Ek en Bear dink ons kort 'n goeie een want ons is almal die laaste tyd baie besig en gestress. Dis hoogtyd dat ons die spinnerakke bietjie wegwaai op die pad. Julle het twee dae om voorstelle in te gee van plekke waarheen ons kan ry, dat ons Vrydagaand vir almal kan sê waarheen ry ons Sondag en dat ons kan besluit hoe vroeg ons gaan ry. Besluit maar wie ry met karre vir die kinders wat nog nie self ry nie se vervoer en praat met my of Bear. As daar vra is kom vra of ander probleme kom praat met ons asb? Nou goed ek sien Jade is nie die enigste een wat lang gape gaap nie, laat ons weg wees." Jade en Ethan stap eerste saam uit en staan by haar bike en gesels. Hy staan met sy arms oor sy bors gevou en sy sit half en half op haar seat. "Is jy baie moeg?" Sy lag saggies. "Nie te moeg vir 'n koppie koffie by jou woonstel nie." Hy lag en klim op sy bike. "Nou kom ons het darem bietjie tyd vir koffie." Hulle ry na sy woonstel toe en sy en hy stap hand aan hand saam op na sy woonstel toe. Hulle is skaars binne toe waai die klere en hulle vergeet heeltemal van koffie. Rondom tienuur trek sy traag aan. "Ek het nog gaste in my huis ek kan nie net wegbly nie. Gelukkig was hulle poegaai en wou net bad en slaap vanaand want ons het laat eers gebreek vir lunch, wat so by the way vrek lekker was dankie. Ek het lekker gelag toe ek jou briefie in die plastieksakkie bo-op kry. Niemand het nog ooit vir my so romantiese briefie in my kosblik gesit nie." Hy lag en soen haar vinnig voor hulle by die deur uitloop. "Ek moes iets doen om jou dag te maak, moes ek nie?" Jade is verbaas toe hy ook op sy bike klim. "Waarheen gaan jy?" Hy beduie met sy hand. "Jy het nie gedink ek gaan jou die tyd van die aand alleen laat ry nie, het jy? Kom ek sal nie eers afklim by die huis nie ek wil net sien jy is veilig binne dan ry ek." Jade stry nie verder nie want sy weet dit is nutteloos om hom te oortuig sy sal fine wees. By haar drive way stop hy en sy gooi vir hom 'n soentjie toe sy in die motorhuis intrek en die deur agter haar toemaak. Hy draai om en ry woonstel toe met 'n simpel glimlag op sy bakkies. Hy is egter nie tien minute in sy woonstel nie toe klop iemand. Natuurlik is dit Rosco. "Waar is Jade?" Ethan wil lag. "Seker in haar stort of dalk al klaar in haar bed hoekom?" Rosco rol sy oë. "Ek is seker ek het haar bike hier gesien staan langs joune en ek wou gou met haar gepraat het." Ethan skud net sy kop. "Dan moet jy maar môre met haar praat want sy was moeg en het gesê vandag was 'n lang dag." Rosco draai terug deur toe. "Ek kan nie glo sy het nie hier geslaap nie. Wat is fout met julle twee?" Nou lag Ethan kliphard vir Rosco se disgusted gesig. "Rosco my vriend mens noem dit ons adult. Ons werk altwee môre oggend en sy het nog twee gaste tot môre oggend toe in haar huis. Ons sal mekaar môre weer iewers sien deur die dag." Hy gee Ethan 'n ongelowige kyk en trek die deur agter hom toe. Intussen lê Jade op haar bed met die lunchbox briefie in haar hand. Sy glimlag as sy dit weer lees en na die rooi hartjies daarop kyk. "Bokkie ek mis jou en ons lunch dates. Geniet jou dag. Ek kan nie wag om jou te sien vanaand nie. Xoxoxo Mr. Cool." Sy sit hom ook by die ander een in haar laai voor sy omdraai en slaap. Sy is vroeg op en maak gou ontbyt vir Danie en John toe Rosco daar aankom en kort na hom Ethan wat haar bekommerd na hulle laat kyk toe sy die deur oopmaak. Rosco lag egter net en stap deur kombuis toe waar hy vir Danie en John groet. Ethan kom in en sit sy arm om Jade voor hy haar vol op die mond soen en nie omgee dat Rosco met 'n oopmond na hulle kyk nie. "Môre Bokkie, ek wou net die twee manne groet voor hulle ry." Sy lag en loop saam met hom die kombuis in. "As julle wil saam eet is julle welkom." Hulle bedank dit egter hartlik en Ethan maak net vir hom en Rosco koffie. Na ontbyt vertrek die ander twee vinnig maar Rosco bly sit en kyk na Jade en Ethan. "Kyk nê ek weet julle date en ek weet julle slaap saam maar dit was weird om julle te sien soen. Dis of my brein nog nie mooi die informasie wil verwerk van Ethan en Jade in een asem nie. Dit gaan sekerlik nog lank vat om gewoond te raak. Waaroor ek eintlik hier is Jade is oor my en Terra. Sy word die 10de September een-en-twintig en ons wil op haar verjaardag verloof geraak het maar ek verstaan Renaldo en Luzaan trou die 10de op haar twenty first want Renaldo, Terra en Luzaan verjaar mos saam. So ons wil nie hulle grootdag spoil nie. As ek Sting se arm kan draai wil ek vir Terra vra om te trou hierdie naweek tydens die breakfast run. Daar kan nie 'n beter verlowingspartytjie as dit wees nie. Wat dink jy?" Jade kyk glimlaggend na Rosco. "Ek dink jy is mal, want sê nou net sy like nie die surprise nie en sy sê nee voor almal." Rosco skud sy kop. "Sy sal nie nee sê nie ek is seker daarvan. Ek het egter jou en Ethan se hulp nodig. Ek wil hê julle moet voor ons ry en dan 'n banner met Trou met my asb. Terra tussen julle ophou as ek die teken gee." Ethan lag. "Okay ek is game, komaan Jade dit sal fun wees. Gaan sy saam met jou ry op die run?" Rosco knik bevestigend. "Ja sy het my belowe sy sal dié keer saam met my ry." Rosco is baie bly nou moet hy net vir Sting oorreed dat hulle sal wag tot Desember of selfs volgende jaar voor hulle trou. Na hy gery het skud Jade haar kop. "Is hier troukoors onder die clublede? Eers is dit Renaldo en Luzaan en nou hierdie twee." Ethan trek haar op sy skoot neer op die naaste stoel. "Dit klink my nogal so. Ons sal moet inentings kry daarteen." Dit laat haar lag maar hulle vergeet gou van alles om hulle toe hy haar soen. So by so dat hulle altwee laat is vir werk. Gelukkig werk Jade alleen maar Ethan kry 'n teregwysing van Rosco toe hy verby sy kantoor stap. "Ek het gesien jy is laat Mnr. Ross en ek weet ook presies hoekom." Ethan lag net. "Ja-ja, ek is sorry ek was 'n bietjie distracted en het vergeet om die horlosie dop te hou." Jade het twee nuwe bikes waaraan sy werk en teen lunch is sy moeg en honger. Sy stap by haar deur uit en loop reg in Ethan vas, maar hy vang haar om die lyf en hulle staan vir 'n oomblik doodstil na mekaar en kyk voor hy haar laat gaan. Hulle begin aanstap na die Diner toe, maar nie een sê 'n woord nie. Binne in die diner groet hulle en gaan sit in hulle booth. "Vertel my van jou twee nuwe designs?" Sy en hy gesels oor die bikes en wat die mense wil hê en hy vertel op sy beurt van die groot kontrak by die myn en die bogrondse geboue wat moet beplan en gebou word. Hulle eet tussendeur en toe hulle uitstap vat hy ingedagte haar hand in syne. Hulle sien nie die kyke en glimlagte op die gesigte rondom hulle nie, want hulle is in 'n wêreld van hulle eie. By haar winkel deur soen hy haar vinnig voor hy fluit-fluit wegstap. Vrydagaand kom almal bymekaar by Bear en Verona se huis en soos almal stop kom hulle geselsend aangestap in groepies. Ethan en Jade stop gelyk en toe hy afklim kyk sy Ma-hulle na hom en Jade. Hy wag dat sy afklim voor hy haar op die wang soen en sy arm sorgeloos oor haar skouer gooi en aanstap na waar die vure al hoog brand. Bandit kyk die twee so soos hulle aangestap kom en stamp aan Hunt. "Dit lyk my mos of die twee heeltmal te goed oor die weg kom." Hunt lag. "Dis nou een skoonseun wie ek nie sal mind om te hê nie hoor." Dit laat die ander manne lag en hulle sien hoe gemaklik hulle twee met mekaar is en hoe lekker hulle met almal gesels. Abi kom uit die huis en gryp eers vir Jade om die lyf. Ethan staan terug en sit sy hande in sy sye. "En is ek nou nie meer goed genoeg nie, is dit nou skielik net Jade?" Jade lag vir hom. "Ag komaan Ethan jy het haar al twaalf jaar aan jou voete, kan sy nie net een aand bly wees om my te sien nie?' Hy gluur kastig na hulle en Abi lag. "Ag hy is net bang ek vry jou af en hy moet soos 'n ou fossiel hier alleen tussen die grootmense sit. Asb. Ethan leen haar net vinnig vir my?" Hy knik plegtig terwyl hy op sy horlosie kyk. "Okay ek is die baas in die onderhandelinge en julle het tien minute dan kom haal ek julle uit die huis uit." Abi knik instemmend en trek vir Jade aan haar hand die huis in terwyl Ethan by die ander mans aansluit. Abi maak haar kamerdeur toe en spring op en af terwyl sy vir Jade van die voorval by die skool vertel. "Jy was toe reg Leo is nie 'n twat nie en hy het toe vir Ivanka en Niko uitgesort en het ek nie lekker gekry nie. Sy praat steeds nie eintlik met my nie, maar ek voel vere vir haar en volgende Saterdagaand is die sokkie. Ek kan nie meer wag nie." Hulle gesels so lank en toe Ethan op sy horlosie kyk en huistoe stap begin Bear lag. "Ethan sy gaan jou nooit vergewe nie." Hy waai net vir sy Pa. Jy kan vir Jade en Abi hoor gil tot buite toe en almal wag om te sien wat Ethan gedoen het. Soos hulle naderkom hoor jy net Jade se dreigemente. "Ethan sit my neer verdomp ek is nie 'n sak aartappels nie. Jy gaan ons laat val en as ek op my kop val en daarna verstandelik gestrem is sal jy vir die res van my lewe na my moet kyk." Almal hoor hoe hy lag en toe hy egter met Abi oor die een skouer en Jade oor die ander skouer uitkom toe skud almal van die lag. Hunt vou eintlik dubbeld soos hy lag. Jade se hand kan net-net by sy boude bykom en sy knyp hom een goeie knyp wat hom laat skree. "Ouch dit was onnodig. Ek het gesê tien minute en ek het julle vyftien gegee voor ek ingegaan het." Hy sit hulle twee op hulle voete neer en Abi skop hom op die been. "Dis vir die feit dat jy my agterent aan die hele wêreld gewys het." Hy lag. "Jis Abi jy kan vergroot dis darem nie die hele wêreld nie, dis net die clublede." Jade staan hande in die sye en gee 'n tree na hom toe, hy gee 'n tree terug tot groot genot van die ander mense. "Lekker bangbroek nê Mr. Cool." Hy glimlag tergend. "Nee skattebol net versigtig, want jy het skoene aan met vicious hakke, jy sal my velle afskop as jy Abi se voorbeeld volg, alhoewel ek dink jy gaan eerder een of ander vuil truuk op my trek." Nou glimlag sy breed. "Aha en daar gee jy my nou net 'n plan." Sy draai doodluiters om en kyk vir Abi dan beduie sy iets en hulle gaan sit tussen die ander en gesels. Na ete sit almal rustig om die vuur terwyl Hunt sê waarheen hulle ry die Sondag en hoe laat hulle mekaar by die mall se parking kry. Ethan en Rosco staan eenkant langs mekaar en gesels en toe Hunt klaar gepraat het storm Jade en Abi op Ethan af en duik hom dat hy rol. Hulle is bo-op hom en Jade het sy hande agter sy rug in 'n greep terwyl sy met haar knie in sy rug druk en draai 'n tou behendig en vinnig om sy hande in een of ander snaakse knoop, dan rol sy hom op sy rug om en staan op. Sy kyk vir Abi en knik en dan kielie hulle hom. Hy gil soos 'n meisiekind en hulle twee hou aan om hom te kielie. Dan vra Jade:" So wie is die baas in die onderhandelinge nou mmm ..." Ethan is lam van die lag en skud sy kop. "Nee asb. dis genoeg julle moet nou ophou, maar ek is steeds die baas ..." Dit lyk of hulle hom weer wil kielie toe keer hy. "Nee wag ek trek my woorde terug Jade jy en Abi is baas." Hulle los hom en hy sukkel regop maar dan tree Jade en Abi vinnig terug en Jade trek haar baadjie met spoed aan. "Jade jy beter nie hol nie, kom maak my hande los." Sy skud haar kop en lag. "Ek is nie so dom nie Ethan. As jou hande los is sal jy retaliate." Abi gee Jade 'n drukkie en skree "Bye almal!" en verdwyn die huis in. Jade ritereer stadig maar seker na waar haar bike staan. "Jade moenie dit waag om te hardloop nie. Maak my hande los en ek sal niks doen nie, as jy hardloop en ek vang jou is alle bets af." Sy lag en druk haar valhelm op haar kop en start haar bike. "Ek glo jou nie Ethan ek ken jou nie van gister af nie. Erken dit maar Mr. Cool is nie meer so cool nie, veral nie na twee vroumense jou ore aangesit het nie." Hy staan stil dat Rosco sy hande losmaak, maar hy sukkel om dit los te kry. "Jade ek weet waar jy bly, ek gaan jou kry en dan... dan sal ons sien wie die laaste lag." Sy waai en gooi vir hom 'n soentjie voor sy wegry met spoed. Hunt help vir Rosco, maar hy lag so hy kan amper nie die tou loskry nie. "Ethan ou seun, jy moes haar nie onderstebo uit die huis gedra het nie. Jy kan egter nie stry nie sy en Abi maak 'n team duisend. Jy weet sy gaan nie na haar huistoe gaan nie, sy weet jy gaan haar daar soek?" Ethan glimlag baie breed. "O ek weet dit, daar is net 'n paar plekke waar sy sal try wegkruip en let wel ek sê try." Abi kom uit die huis en val hom om die lyf terwyl sy smekend na hom kyk. "Moet groot groot groot asb. nie kwaad wees vir Jade nie, dit was net 'n grappie." Hy buk by haar en kyk haar ernstig in die gesig voor hy fluister. "Ek weet en ek is nie regtig kwaad nie, maar ek gaan haar 'n les leer vanaand. Moet egter nie worry nie ek sal haar nie seermaak nie dalk net so bietjie kielie." Abi knik en hy gee haar 'n drukkie voor hy na sy bike toe loop met 'n vaste tred, sy baadjie aantrek en sy valhelm opsit voor hy waai en ry. Rosco begin kliphard skater van die lag. "Ek het lanklaas so gelag, julle kan nie stry nie sy maak 'n mean knoop en as hy haar vanaand vang gaan sy dalk nie kan sit teen Sondag as ons moet ry nie." Almal lag en Verona fluister vir Bear. "Ek dink daar gaan ander dinge gebeur vanaand, dalk iets wat met 'n flogger en hand cuffs te doen het." Hy lag saggies en knik. "Ek dink ook so ek wonder net waar gaan sy wegkruip?" Jade het haar bike gebêre, haar rugsak met ektra klere gevat en gehardloop tot sy seker was niemand sal haar kan sien nie, toe stap sy drieblokke om en uiteindelik in die gebou in. Gelukkig het sy 'n sleutel vir dié woonstel. Sy glip na binne en gaan stort vinnig voor sy met een van Ethan se t-hemde in die bed klim. Omtrent 'n halfuur later hoor sy die deur en dan die voetstappe. Hy sit die lig aan en kyk na die bondel in sy bed en begin lag. " Ek glo dit nie, die laaste plek waar ek sou dink om jou te soek is in my bed en jy het nie eers gouelokkies nie." Hy pluk die komberse af en sien net die gedeelte van haar boud en heup wat uitsteek en sy veglus is heeltemal weg. "Jy het geweet as ek jou so in my bed kry sal ek vergeet van ons klein oorloggie nê. Wel ek gaan jou steeds 'n les leer." Trek haar hemp uit en dan haal hy die hand cuffs uit en klim wydsbeen oor haar op die bed voor hy haar een arm gryp en die boeie om hom sit. Dan die ander een en dan haar voete. Nou glimlag hy en dan soen hy haar orals oor haar lyf voor hy wegloop om te gaan stort. "Ethan jy is gemeen!" Hy lag kliphard en stort rustig klaar voor hy kaal in die kamer inloop. "Mmm en wat 'n lieflike gesig is dit nie in my bed nie." Ethan vat die flogger en laat hom liggies oor haar gly en glimlag by homself as hy sien hoe sy hoendervleis kry. "Jy weet Jade dat daar altyd een of ander punishment is vir wederstrewigheid. In BDSM gaan dit meer oor onderdanigheid en trust. Jy het vyf-en-veertig minute terug my nie genoeg getrust om jou nie te straf vir jou en Abi se bose planne nie. Jade as ons van plan is om 'n langpad saam te stap sal jy moet leer om my te trust om die regte besluite te neem, om nie iets te doen om jou te humiliate voor almal nie. Ek voel sleg om te weet jy trust my nie genoeg om dit te glo as ek sê ek sal niks doen nie. As jy my losgemaak het toe ek gevra het sal ek jou nie nou vasgebind het nie." Jade het nooit besef hoe passievolle man Ethan regtig is nie. Selfs die flogging was eroties en nie werklik bestraffend nie. Sy voel skaam om te sê sy het haar straf werklik geniet en toe Ethan haar hande losmaak en haar gewrigte vryf kyk sy na sy gebuigde hoof en voel 'n vreemde ander gevoel wat haar bang maak. Dis wanneer hy opkyk en sy blou-blou oë kyk dat sy besef sy is nie net verlief nie, sy het die dekselse man liefgekry. Hoe die duiwel gebeur dit so vinnig? Sy kyk af en hy lig haar ken dadelik. "Moenie wegkyk nie Jade. Ek wil jou oë sien en ek wil weet presies wat ek jou maak voel. Kyk na my en sien wie ek is en wat jy aan my het. Leer om my te trust met jouself. Ek sal nooit iets doen waarvan jy nie hou nie. Dit is hoekom ons 'n safe word het dat alles wat ons doen iets is wat ons altwee geniet. Jou plesier kom altyd bo my plesier en as ek dit vergeet is ek nie die man wat ek sê ek is nie. Sê my Jade hoekom het jy hier kom wegkruip terwyl jy geweet het ek moet eventually terugkeer woonstel toe?" Sy glimlag nou geamuseerd. "Want ek het geweet jy sal nie verwag ek is hier nie en ek het gehoop as jy my hier kry sal jy my vergewe dat ek jou vasgebind het." Hy glimlag en klim by haar in die bed. "Ek was nooit kwaad nie Jade, maar die vet weet dit was 'n huge turn-on toe jy my vasgebind het en ek moes hard konsentreer om nie voor almal vir jou te wys hoe ek daaroor voel nie." Sy kruip teen sy bors aan en hy sit die lug af voor hy haar styf teen hom vastrek. "Jade my Bokkie ek dink nie ek kan meer voor almal maak of ons nie so ernstig is nie. Ek voel baie ernstig oor jou en ek wil hê almal moet dit weet." Sy kyk op na hom in die donker en sy glimlag. "Ek voel ook ernstig oor jou Ethan." Saterdagoggend lui Ethan se foon by agtuur en hy vat die foon van die bedkassie af maar hou Jade in sy arm. "Hallo ... um ja ek het haar gekry Hunt ...nee sy is in eenstuk ... e ... ek ook dankie vir die belangstelling ... okay ... wou jy met haar gepraat het ... jip sy is ..." Hy lag en sit die foon neer, "Jou Pa sê môre maar hy wil nie met jou praat terwyl hy weet jy lê kaal in my bed nie." Jade begin giggel. "Hel dis darem stupid om te dink niemand sal raai waar ek laasnag was nie. Teen die tyd weet almal dit seker." Ethan skud soos hy lag. "Nee jy is verkeerd, hulle dink almal jy hol steeds draaie om my vanoggend. Niemand sal raai jy is so braaf of dalk dom om in my bed te kom wegkruip nie. Het jy werk by die winkel vandag?" Sy skud haar kop en rol bo-oor Ethan en sit regop bo-op hom. Hy kyk na haar en grinnik. "Weet jy wat se awesome picture maak dit om jou so van dié kant af te sien, maar aangesien jy nie haastig is nie ..." Jade word wakker en hoor water wat loop, maar sy kan nie mooi dink waar sal die water dan nou loop nie tot sy besef sy is steeds in Ethan se bed. Sy lê op haar maag dwars oor die bed en sy kyk oor haar skouer na die horlosie teen die muur en rol amper van die bed af. Hel dit is twaalfuur en sy is steeds in die bed en daarby kaal in Ethan se bed. Hy kom uit die shower geloop en lag vir die gesig wat sy trek toe sy hom sien. "Vir wat maak jy my nie wakker nie? Eintlik wil ek jou nie vanoggend sien nie, gaan liewers weg." Nou lag hy eers. "Is jy styf op plekke wat jy nie geweet het styf kan wees nie hmmm?" Sy gooi hom met 'n kussing en hy koes maar lag steeds terwyl hy onbeskaamd die handdoek laat val en klere uit die kas haal. "Ethan regtig ek wil jou nie so sien vanoggend nie. Jy is die duiwel homself. Ek het laasnag en vanoggend dinge gedoen wat my nou nog laat bloos. Almal gaan dit op my gesig sien vandag." Hy tel sy handdoek op en piets haar met die punt op haar kaalboud. "Jy moet opstaan en gaan stort ons gaan vir 'n road trippie net ek en jy, so niemand gaan jou vandag sien nie, behalwe ek want ek is 'n selfsugtige man. Ons gaan net jou baadjie en valhelm kry ons ry met my bike." Sy staan op en loop heupswaaiend badkamer toe terwyl sy oor haar skouer kyk. "Gmf ... bossy en demanding vanoggend nê." Hy lag kliphard maar sy stemtoon is waarskuwend. "Moet liewers nie met my parmantig wees terwyl jy nie klere aan het nie en ook nie daai agterstewe so swaai nie, dan kry ek gedagtes om heeldag in hierdie flat met jou te bly." Sy maak die badkamerdeur vinnig toe en hy hoor hoe sy hom sluit wat hom vreeslik amuseer. Asof 'n deur hom van haar af sal weghou. 'n Rukkie later kom sy uit en hy hou haar rugsak na haar uit. "Dalk opsoek na dié?" Sy wil hom vat maar hy laat hom op die bed val en vou sy arms. Sy weet hy wil kyk of sy gaan naderkom net in haar handdoek, maar sy voel braaf vandag. "Jy moet dalk iets met 'n hoë hals dra vandag en vir die volgende week." Sy kyk in die spieël en sien die merk net bo haar sleutelbeen, op haar skouer en op haar bors, gelukkig dra sy nooit hemde wat daar oop is nie. Sy weet nie of sy die handdoek moet laat sak of wag dat hy loop nie, maar hy bly staan en trek sy winkbroue op daarom laat val sy die handdoek ekstra stadig en hy begin glimlag want hy weet sy is aspris. Sy het tot haar skok ontdek dat sy al hoe meer van hierdie tipe verhouding begin hou. Ethan is bossy maar net tot 'n sekere mate of eerder meer in die bed. Hy is definitief 'n dominante bedmaat, maar sy hou daarvan. Sy trek net so stadig aan en hy vat haar skielik aan haar arms en draai haar rugkant na die spieël toe. "Kyk oor jou skouer." Sy kyk na agter toe en sien die love bites op altwee haar boude en bloos. "Hel jy het seker gemaak ek is gemerk." Dit laat hom trots glimlag as hy met sy hand oor nog 'n merk op haar heup vee. "Mmm ek het seker gemaak jy weet wie se girl is jy en wie is die baas na gisteraand se vuilspel van jou en Abi." Dit laat haar grinnik terwyl sy klaar aantrek. "Pla dit jou Jade?" Sy kyk vraend na hom. "Ek bedoel pla dit jou dat ek so dominant in die bed is of moet ek eerder sê overall dominant is wanneer ons sex het of dit in of buite die bed is." Sy trek haar hemp oor haar kop en draai direk na hom toe voor sy antwoord dat hy elke uitdrukking op haar gesig mooi kan sien. "Nee dit pla my glad nie. Ek is eerlik ek het nog net gelees van BDSM en dalk in flieks gesien, maar nie gedink ek sal ooit daarvan hou of iemand leerken wat daarvan hou nie. Ek moet bieg en sê dat ek elke oomblik saam met jou geniet het, maar dan dink ek weer dat ek amper skaam kry as ek dink hoe sonder inhibisies ek by jou is. Ek dink nie ek sou met enige ander ou so ... so ... ag hel so vry gevoel het nie. Jy laat my vergeet van alles en almal." Hy trek haar teen hom vas en lig haar gesig op na hom toe. "Dit is presies wat moet gebeur. Jy moet vergeet van alle stress en werk en ander mense met hulle bevooroordeeldheid teenoor BDSM. Dis net ek en jy en dit wat ons voel wanneer ons bymekaar is. As ek dit regkry vir jou is ek bly, want jou plesier kom altyd eerste." Jade kyk na sy amper te mooi gesig vir 'n man en glimlag stout. "Ek sou hierdie sy van jou nooit met jou vereenselwig het nie, jy verras my amper elke dag met iets anders Ethan Ross en ek like dit baie." Hy soen haar lank en stadig voor hy haar laat gaan. "So much to learn so little time. Kom laat ons weg wees voor iemand ons voorkeer." Hy en sy ry met sy bike tot by haar huis waar sy net vinnig inhol en haar baadjie en eie valhelm en handskoene gryp voor sy uithol en agter op sy bike spring. Hulle is soos blits uit die dorp uit en hy ry 'n hele ent met haar voor hy afdraai op 'n klein grondpaadjie. Daar is 'n uitkykpunt en 'n restaurant met sitplekkies buite en dis waarheen hy haar vat. Hy koop vir hulle middagete wat hulle onder 'n kameeldoringboom naby die kant van die afgrond gaan sit en eet. Onder loop diere by die rivier en sy kan tot kameelperde sien. "Wow dis mooi hier ek neem aan jy was al hier." Hy kyk laggend na haar. "Ja ek was, baie saam met Abigayle. Elke nou en dan steel ek haar en bring haar hierheen seker vandat sy so drie was en my Ma nie stuipe gekry het as ek haar laat bike ry nie. Sy is mal oor die diere en die kos hier en gisteraand het sy my gevra of ek jou al hierheen gebring het." Jade glimlag as sy aan Abi dink. "Jou sussie is darem 'n gawe kind, so bedagsaam en altyd reg met 'n grappie. Maar hoekom moes jy my juis hierheen bring?" Hy vat Jade se hand in syne en kyk in haar mooi groenoë. "Want sy het gevra hoe spesiaal is jy vir my en toe ek sê baie spesiaal toe vra sy of was jy al hier. Toe ek sê nee, trap sy my uit en sê maar dan is sy mos nie spesiaal vir jou nie. So ek wou vir jou en haar wys hoe spesiaal jy vir my is. Jade ek weet ons het gelag vir almal se troukoors, maar ek begin insien hoekom hulle wil trou. As ek elke oggend so kan wakker word soos vanoggend ... met jou in my arms ... wel dan trou ek dadelik. Jy is die eerste girl vandat ek uit die skool is wat nie skrik vir my donkerkant nie. Jy het nie eenkeer nog gehuiwer om enige iets te beproef saam met my nie. Jy is nie 'n pushover nie en jy kan my goed op my tone hou sonder om my soos 'n pushover te laat voel, maar jy kan ook alles vat wat ek jou kant toe gooi sonder om pateties te wees. Dit is nie elke dag wat jy iemand kry wat perfek by jou pas nie. Daai ding wat hulle praat van soulmates, ek dink dis waar. Ek ... ek het jou gesê ek voel diep vir jou, maar ek dink nie jy besef hoe diep nie. Daai naweek van die Rhino toe Yster jou so vat en optel was ek op die punt om hom te moor en as my Pa nie op daai oomblik stip vir my gekyk het nie sou ek dalk kop verloor het en 'n scene gemaak het. Ek het na daai naweek en daai een soen tussen ons gevoel of ek saans rusteloos is so alleen in my flat. Ek het gehunker na iets en toe begin ek meer met jou praat en flirt en ek dink die oomblik van ek jou myne gemaak het in Jo'burg het ek besef wat of wie dit is na wie ek hunker en die feit dat jy nie experienced was nie maar my so ten volle vertrou het, het my omtrent op 'n high gesit. Jade ek weet ons is jonk en jy word eers Saterdag een-en-twintig, maar ek wil jou vra om te dink oor my en jou en 'n toekoms saam. Ek wil met jou trou al is dit eers 'n bietjie later as die ander se troukoors oor is. Ek weet ek sal nooit in my lewe weer so lief word vir iemand soos vir jou nie." Jade besef Ethan het so pas sy hart voor haar neergelê en sy dink hoe groot die oomblik vir hom moet wees so sy kan seker maar ook bieg. "Ek weet nie wat om te sê nie, dit was die laaste ding wat ek vandag verwag het. Ek moet egter ook vir jou iets vertel en ek wil hê jy moet klaar luister voor jy iets sê. Ek sien jou al jare saam met my broer en ek het my soms vreeslik vervies vir jou, maar nie oor wie jy is nie, maar oor die manier wat jy die girls getreat het. En omdat ek jou baie gelike het, was dit vir my erg om jou elke keer saam met 'n nuwe girl te sien daarom het ek jou deur die jare probeer vermy of op breakfast runs en Rallies jou uitgehaal het oor alles. Ek was behoorlik been-af op jou vandat ek seker so dertien was. Jy was altyd daai een ou met wie ek almal vergelyk het. Hoe ouer jy geword het hoe erger het dit geword en toe jy universiteit toe is wou ek dood toe jy net voortgaan met die baie girls. Daai breakfast run toe jy Elandra saamgevat het was ek lus en bail en bly by die huis, maar ek was bang iemand kom agter hoekom ek skielik wil bly. Met die Rhino wou ek amper ook nie gegaan het nie. Niemand, nie eers Terra het van hierdie mal gevoel van my geweet nie. Ek het niemand getrust om my geheim te hou nie. Ek wou tien dode sterf toe jy my vals beskuldig, maar toe jy my soen was ek lus en moor jou. Jy het net bevestig wat ek toe reeds geweet het ... geen ou sal ooit naby jou kan kom nie. Ek het begin dink ek moet werk kry iewers anders en weggaan, want ek sal nie kan kyk hoe jy eendag trou met iemand anders nie. Toe jy so skielik met my begin flirt en Elandra is uit die prentjie, het ek bang geraak vir wat ek voel, maar toe jy my help met die flat in Jo'burg en jy daag op en soen my senseless was dit eers tickets met my. Daarna het alles net gebeur en dit het vir my gevoel of die brieke losgekom het en ek is in hierdie rollende bal. Ek was vir 'n oomblik bang as hierdie rollende bal van emosies skielik stop gaan ek seerkry, maar terug hier by die huis het ek en jy net soortvan heeltemal gekliek en ek het geweet ek is nie net verlief nie, ek het jou lief en ek was so bang dis vir jou net 'n lekker flirtasie soos al die vorige girls. So toe jy nou vir my sê hoe jy voel was ek vir 'n oomblik uitgeboul en sprakeloos." Hy staan op en skuif langs haar in die bankie in voor hy haar liggies soen. " Ek moes jou liewers iewers anders heen gevat het waar ons meer privaat sou wees. Nou kan ek jou nie eers ordentlik soen soos ek so graag wil nie." Sy lag vir hom. "Dis dalk 'n goeie ding ons moet darem eet en vars lug ook kry nê." Hy lag voor hy sy bord van oorkant die tafel af nadertrek en verder eet. "Ag ons gaan môre genoeg vars lug kry met die breakfast run. Gaan jy self ry of gaan jy saam met my ry?" Sy skud haar kop. "Ek dink dis te gou, ek like dit om self te ry en alhoewel dit hemels is om so agter teen jou rug te sit is dit nie 'n goeie idee om ons so naby mekaar in publiek te hê nie, want ek gaan vergeet en my hande gaan hulle eie weg vind en jy gaan imbarrassed wees as jy moet afklim en ja ..." Hy knik en grinnik. "Ek dink nie jou Pa gaan dit like as ek vir hom en die wêreld wys wat jy aan my doen nie." Hulle bly nog 'n rukkie daar en kyk na die diere voor hulle huistoe ry. Hulle verwyl 'n hele ruk in die groot bad in haar huis voor hulle toebroodjies maak en voor die tv gaan sit om rugby te kyk. Ethan is net in sy jean sonder 'n hemp en sonder skoene waar hy op die bank lê met Jade half agter hom ingeval maar ook half oor sy bors. Jade het haar skull nagklere aan en sy is nog besig om die referee te skel toe daar 'n klop aan die deur is. Sy gly oor hom en hy kreun voor sy anderkant hom afklim. Sy loer by die deur en sien al die jonges daar staan. Sy loer om die muurtjie. "Dis al die jonges wat hier is wat nou?" Hy lag. "Maak oop ons is verby skaam wees oor ons verhouding ons doen mos niks verkeerd nie." Sy maak oop en glimlag. "Wow wat 'n verrassing, kom in. Is dit chips en popcorn en drinks wat ek sien?" Luzaan lag. " Ja ons het besluit ons kom jou groot TV gebruik vir die rugby dis seker nog net die skole se voor games nê?" Jade knik. "Ja dis net nog skole rugby." Hulle loop om die muur en Luzaan se oë rek. "Um ... is ons op die verkeerde tyd hier?" Ethan lag waar hy op die bank lê. "Nee kom in as julle kos en drinks het en wil rugby kyk anders moet julle weggaan. Aaa hel kyk nou weer daai klot. Jade dis daai fool van net-nou wat alweer opgefoes het." Renaldo en Luzaan sit sommer saam op van die groot stoele en Neil en Robin sit saam op een en Maddy en Armando en ook Lorie en Rico. Cleo en 'n neef van Rico, Joe sit saam op 'n ander bank en Rosco en Terra gooi kussings op die vloer en sitlê voor Cleo en Joe. "Is julle seker ons pla nie?" Jade lag vir Luzaan. "Nee man ons is besig om rugby te kyk." Sy deel glase uit en Luzaan gee biere aan vir die mans. Jade vat Ethan s'n en sit hom op sy maag neer wat hom laat gil. "Waaaat die hel Jade, dis freaken koud." Sy lag en trek sy toon. "Nou maar lig jou bene dat ek kan sit my magtig." Hy lig sy bene en toe sy met haar bene onder haar ingevou gaan sit gaan sy bene oor hare en hy sitlê steeds en kyk rygby. Rosco begin lag toe Ethan en Jade gelyk op die ref skree en Jade Ethan se bier vat en 'n sluk vat. "Ek gee my sommer aan drank oor. Die imbesiel vir wat sit hulle so moroon in 'n craven-weekspan?" Ethan is net so vies. "Hel en ons kon ander goed gedoen het in plaas van om ons tyd te mors om na die stupid kapokhane te kyk." Terra lag nou kliphard en die ander skree soos hulle lag tot Ethan en Jade vraend na hulle kyk. Renaldo antwoord die onuitgesproke vraag. "Weet julle hoe funny is dit om julle te sien saam stem oor iets en so gemaklik eintlik té gemaklik op een bank te sien sit of eerder lê." Ethan lag en kyk na Jade voor hy haar hare 'n plukkie gee en sy hom op die maag knyp. "Ag ou Crackertjie is nie te sleg geselskap nie en sy ken van rugby. As ons gemaklikheid julle pla kan julle loop of kom net eenvoudig daaroor en geniet die rugby." Daar is 'n advertensie op en Ethan kyk nou eers behoorlik na almal om hom. "So kinders weet julle Ouers waar julle is en saam met wie julle is?" Dit laat almal lag maar Maddy is vinnig om te antwoord en hom eintlik uit te lag. "Ons is die voorwaarde opgelê dat ons iewers kan gaan rugby kyk waar ons, ons moet gedra en toe dink ons Jade is die aangewese een en wel nou kry ons jou halfkaal hier en vir haar in haar pajamas so ek is nie seker of ons ouers gaan approve nie." Dit laat Ethan kliphard lag. "Wel soos ek gesê het kom oor my half kaallyf en ek is seker julle het haar al tonne kere in haar pajamas gesien en bly en kyk rugby of gaan en gaan vry êrens waar julle regtig in die moeilikheid kan kom. Ek en Jade is gemaklik en dis al wat tel." Die volgende game begin en Ethan skuif gemakliker en lig sy een been bo-oor Jade se kop en trek Jade met haar rug teen sy bors vas. Sy gee vir hom chips oor haar kop aan en hy hou sy bier vir haar om 'n sluk te vat. "Jy beter nie hierdie bier in my boobs ingooi nie Ethan dan gaan jy moet hol." Hy grinnik. "Ek kan dit natuurlik dadelik vir jou skoonmaak daarna." Luzaan proes soos sy lag. "Dit sal die dag wees Mr. Cool. Dream on." Dit laat hom net lag en dan begin hulle ernstig rugby kyk. Die ander lag meer vir Ethan en Jade wat die ref aanpraat en mekaar uithaal as wat hulle rugby kyk. Jade staan op om nog groot kussings bo uit 'n kas te haal en haar gil laat almal hop maar Ethan is oor almal op die mat en dan hoor hulle hom lag. Hy lag uit sy maag uit en Jade skel hom. "Moenie lag nie dammit trek die leer net regop. Ethan!" Hy lag steeds maar praat darem nou met haar. "Okay-okay hou vas ek het jou. Los nou jy sal nie val nie." Rosco staan in die gang en kyk na hulle maar hy lag ook en sy oë rek toe Ethan Jade op die boud klap. Die klomp in die sitkamer hoor net 'n ligte klapgeluid en Jade wat 'n kort gilletjie gee maar weet nie wat gebeur het nie. "Trust Jade ... wat het ek jou geleer van trust ...?" Ethan het Jade om haar bene en sit haar stadig voor hom neer en druk 'n paar kussings in haar arms in. "Wag ek sal die ander kussings afhaal." Jade kom uit met 'n paar kussings en Ethan gee nog 'n paar vir Rosco aan. Hy fluister egter vir Ethan. "Was dit een of ander kink praatjies of net my verbeelding?" Ethan grinnik. "Los dit Rosco dis privaatsake tussen my en Jade." In die sitkamer maak almal hulle gemaklik en Jade gaan sit weer op die bank. Ethan kom in en trek haar weer tot tussen sy bene in en sit sy arms om haar. Die volgende game begin en almal is dadelik besig om spanne te kies, hulle dink steeds Jade het net van die leer afgeval en aan die lig gegryp soos Rosco vinnig verduidelik het maar Rosco kyk stip na die twee en sien dat Ethan haar boud aan die anderkant vryf wat haar laat glimlag. Hy het nog altyd geweet Ethan like dinge rof en hy is into allerhande kinks, maar hy sou nie gedink het sy sussie sal daarvan hou nie. Dit is die één rede hoekom hy hulle nie werklik saam kon sien in 'n verhouding nie. Daar word geëet en gelag en na die games almal klaar is maak Rico hulle bymekaar en sê hy is die een om almal by die huise te besorg. Rosco en Terra het met hulle eie kar gekom. Rosco het die banner vir Ethan in sy saalsak gaan druk terwyl Terra badkamer toe was so hy gee Ethan 'n thumbs up voor hy uitloop. Terra is al in die bakkie en Jade staan op haar stoepie so Rosco leun nader en fluister vir haar. "Jade ek het daai klap gesien en ek moet jou waarsku Ethan hou van die donkerderkant van sex. Hy is rof en dis hoekom hy geen girl vir lank kan hou nie. Niemand like daai tipe ding nie." Jade giggel en stoot hom kar toe. "Gaan huistoe Rosco sommige girls wil net nie herken hulle like dit nie, vra maar vir Terra." Sy maak die deur toe en stap terug sitkamer toe maar sê niks van Rosco en sy waarskuwing nie. Ethan lê nog net soos hy gelê het toe sy eenvoudig net haar hemp oor haar kop trek. Sy oë verlaat die skerm dadelik terwyl hy breed glimlag. Haar slaapbroek is ook vinnig uit. Hy staan op sit die tv af en trek haar agter hom aan kamer toe. Hulle verslaap en maak met spoed en baie gelag klaar, maar toe haar foon lui glo sy dis haar Pa. Dis egter Rosco. "As jy nie wil hê Pa moet julle twee uit die bed kom haal nie beter julle roer om hier te kom." Jade en Ethan weet almal gaan hulle bikes hoor start by haar huis agter die mall, maar dit kan nou nie verhelp word nie. Hulle stoot hulle bikes uit die motorhuis en Ethan lag vir haar toe sy maak of sy sluip. Sy start haar bike en ry om die Mall. Hy is egter slimmer as wat sy gedink het, hy stoot sy bike 'n hele twee blokke af voor hy hom start reg by sy woonstelblok en terug gery kom van die anderkant af. Jade het reeds gestop en haar valhelm afgehaal toe hy by die ander ingang inkom en reg langs haar intrek. Rosco lag want hy weet Ethan moes die bike tweeblokke om gestoot het. Die ander jonges is nie seker of Ethan by Jade gebly het gisteraand nie, veral toe hy van sy bike afklim en haar so ewe môre sê. "Môre Firecracker, is jy reg vir die pad?" Sy lag toe hy oor haar bike se handles leun en haar sonbril oplig om haar oë te sien. "Moenie my pla nie ek slaap nog Mr. Cool." Ethan lag en sit haar bril terug op haar oë. "Nou wat het jy dan heelnag gedoen? Het jy nie geslaap nie?" Sy klap na hom toe hy haar bike se handles vat en haar effens skud. "Stop dit, ek het geslaap daar was net 'n pestelike muskiet wat my elke nou en dan gepla het met sy gezzzzzzzz." Rosco lag kliphard vir die twee en die ouer mense wat orals staan en gesels kyk na die kinders en sien Ethan en Jade is alweer aanmekaar. Jade skop na Ethan en Abi wat op Cindy se bakkie staan lag en por Jade aan. "Skop hom goed Jade, hy kort iemand om hom kort te vat." Jade waai vir Abi. "Nee Abi net-nou maak ek die arme ding seer en dan moet ek weer hoor wat se terror is ek." Renaldo kan dit nie help nie hy moet hulle 'n bietjie terg. "Jade jy moet hom maar liewers skop, het hy nie gisteraand vir jou gelag toe jy van die leer afgeval het en aan die lig geswaai het nie?" Jade knik. "Jip dankie Renaldo ek het al daarvan vergeet." Ethan skud sy kop. "O en wat van eers die koue bier op my maag en toe die knyp op my maag, of het jy daarvan ook vergeet?" Jade lag. "Dis nie my skuld jy het hom nie gevat toe ek hom uithou nie, jy kon nie eers jou oë van die skerm afhaal om jou bier te vat nie en jy het die hele bank vol gelê, toe gly die bottel so effens. Die knyp was noodsaaklik want jy het my hare getrek." Hy wys vir haar vinger. "Nope daai was moedswillig, maar ek gaan dit onthou. Jy sal jou straf nog kry vir daai goedjies." Sy trek haar skouers op en lag geamuseerd. "Dan is dit maar so, ek is nie bang nie, bring it on Mr. Cool." Rosco kan nie help om haar te terg nie. "Ooooo, Jade nou het jy die monster in Ethan wakker gemaak. Jy beter wyd kyk." Ethan grinnik en trek sy handskoene aan toe The Surgeons se bikes begin intrek. Die twee clubs ry vandag saam op 'n breakfast run. Soos almal twee-twee opline sorg Ethan dat hy en Jade langs mekaar is maar voor Rosco en Terra en Renaldo en Luzaan wat saamry. Hulle is redelik voor so almal agter gaan die banner sien. Rosco het dit met sy Pa uitgeklaar. Net Hunt en Gypsy en dan Bear en Verona is voor Jade en Ethan. Hy draai sy kop en maak soentjies vir haar met sy lippe wat haar laat lag. "Jy is simpel weet jy?" Hy knik. "Ek weet, maar jy like dit jy kan nie stry nie." Sy giggel en knik. "Jip ek like dit." Hulle het redelik ver gery en Ethan kyk in sy spieël sodra hulle bietjie stadiger ry naby Que Sera waarheen hulle oppad is en sien Rosco se duim wat opgaan. Hy kyk na Jade en sy knik, dan vat hy die banner wat hy in sy baadjie gedruk het en hou die een punt se lus oor sy regter hand en gee met sy linkerhand vir Jade die ander lang lus toe sy haar hand na hom uithou. Almal agter sien Ethan en Jade besig met iets en almal wonder wat doen die twee malkinders nou weer toe hy en sy hulle hande lug en die banner opgaan bo hulle koppe. Terra wat sit en kyk waarmee hulle besig is kyk op en dan kyk sy geskok na die woorde. "Terra trou met my asb!!!" Sy begin lag en sit haar kop teen Rosco se rug toe sy begin huil. Hy tik haar op die been en toe sy opkyk kyk hy vraend na haar in sy spieël en sy knik haar kop op en af en jy hoor die roar van almal se whooo whooo's. Ethan vat die banner en katrol hom in en in die proses moet Jade nader aan hom ry tot hy die anderpunt by haar kan vat. Hy bondel hom voor hom op die bike in en Jade ry stadiger en wag tot Rosco langs haar is voor sy 'n stokkie uithaal en met die flip van haar gewrig hom langer maak en 'n vlaggie uitspring. Sy druk hom in Rosco se bike en ry weer tot langs Ethan. Die vlaggie wapper en daarop staan "Terra het ja gesê!" Die res van die clubs se lede lag en skud kop en Hunt kyk in sy spieël en lag. Toe hulle parkeer help Jade eers vir Ethan die banner opvou maar hy draai die banner om haar en sy probeer uitkom maar eventually lê sy en die banner op 'n deurmekaar hoop. Sy lag so sy probeer nie eers uitkom nie tot Ethan die punt vat en haar oor die gras rol tot sy uit is. Hy lag net so hard soos sy en die res van die crew sit reeds by lang tafels en bestel drinkgoed toe hy haar sonder enige seremonie optel en oor sy skouer gooi en aanstap na die ander toe. "Ethan sit my neer, hel wat is dit met jou en my dra soos 'n sak aartappels. Ek kan loop." Ethan lag. "Ek weet maar ek like dit nogal om jou so rond te dra en ek gee groter tree so ons is vinniger by die ander." Hy sit haar stadig neer langs die tafel en sy vat 'n oomblik aan sy arm toe sy duiselig voel. Hy sien hoe bleek sy word en hy druk haar dadelik op die bankie neer. "Sit." Sy voel darem dadelik beter. "Sien jy hoekom moet jy my nie so onderste-bo gooi nie, amper soen ek die vloer." Hy grinnik. "Ek sou jou gevang het weet jy?" Sy skud haar kop. "Ek weet darem nie ..." Hy kyk na haar en vernou sy oë. "Trust Jade, net trust ..." Sy begin giggel en sit haar kop op die tafel terwyl sy skud soos sy lag. "Bestel vir my 'n koffie asb. voor ek geen trust in jou vermoëns het nie." Rosco en Terra staan op en hy glimlag af na haar toe. "Wel julle het almal gesien sy sê ja so ..." Hy steek die ring aan haar vinger en almal cheer voor hulle gelukgewens word. Ethan en Jade sê geluk en Rosco begin lag. "As ek nie gisteraand gesien het hoe ordentlik en gemaklik julle met mekaar kan wees nie, sou ek gedink het julle gaan mekaar vermoor met daai banner. Dankie vir julle hulp op die pad en Jade daai vlaggie was briljant, dankie." Almal awwwwwe toe Jade en Rosco mekaar vashou vir 'n oomblik. "Jy beter net nooit vir Terra ongelukkig maak nie, dan gaan ek jou doodry met my bike." Hy lag en Terra gee Jade ook 'n druk. Almal bestel kos en toe Jade wil bestel sê Ethan hy het klaar bestel. Sy frons en hy lag. "Dis iets wat jy sal eet, trust my." Sy gooi haar hande op en vat haar koffie en drink dit sonder 'n woord. Ethan en sy sit op die punt van die lang banke met Rico en Lorie voor hulle en Rosco en Terra skuins oorkant hulle. Luzaan en Renaldo sit langs Jade en hulle gesels almal oor en weer. Jade is egter stillerig en Ethan sit sy hand onder die tafel op haar been en sy draai haar kop na hom toe en kyk op na hom. "Jy okay Bokkie?" Sy glimlag en knik. "Ja ek is piekfyn dankie." Hulle praat saggies en Rosco loer na hulle en wonder wat daar broei. Hunt en Gypsy sit op die heel teenoorgestelde punt as hulle saam met Bear, Verona en Mario en Lucille de Bruno. Mario kyk na die onderpunt van die tafel en glimlag. "Jy weet ek kyk na my seuns en sien hulle sit met nie minder as drie van The Caretakers se dogters tussen hulle nie en ek is mightilly impress met hierdie meisiekinders. Selfs Leo het sy oog op jou dogter Bear." Bear lag en knik. "Ons hoop maar die kinders kan deur al die kindergrille kom en steeds bymekaar wees. Ek ys as ek dink aan ander jongmans wat ons nie ken nie wat die clubs betree. Ek was amper bang vir Hunt se part toe Yster vir Jade ogies gemaak het." Hunt gee 'n snork. "Hy kan maar probeer my Jade eet hom vir breakfast op en as sy hom nie kan handle nie glo ek sal Ethan hom regsien." Mario lag. "Ek het gesien daar is iets aan die kom met die Rhino. Hy het toe al net oë vir haar gehad." Jade sit haar hand onder die tafel op Ethan s'n op haar been en hy draai sy hand om en strengel sy vingers deur hare. Hulle kos kom en Jade skud haar kop en lag voor sy na Ethan kyk. "Was ek reg?" Sy knik. "Ja dankie jy ken my toe beter as wat ek gedink het." Hy grinnik tevrede en hulle twee eet en praat onderlangs tot Renaldo vir Jade op haar rug tik agter Luzaan verby. "Wat is julle twee so stil? Gisteraand was julle so vocal met daai rugby en vreeslik entertaining ook nog." Jade lag. "Ons het al ons entertaining gisteraand opgebruik met julle daar. Vandag is dit julle beurt om ons te entertain." Dit laat almal lag. Na ete sit almal orals in groepies rond en gesels en Ethan sê hy wil die plek deurstap en kyk na die geboue. Hy vat Jade se hand en trek haar agter hom aan. Hulle stap hand aan hand deur die tuin en dan met 'n paadjie op tot bo die gebou waar hulle oor die hele eiendom kan kyk. Sy staan teen die muur geleen en hy kom staan agter haar met sy arms op die muur. Hy kyk af na haar gesig en toe sy opkyk oor haar skouer soen hy haar. Hulle weet nie dat hulle gesien kan word van die onderste tuin af waar die ander op die gras rondsit nie. Bear beduie vir Verona en sy kyk op en glimlag toe sy die twee sien. Hunt en Gypsy sien waar hulle kyk en Hunt lag saggies. "Ek dink ons moet kyk na venues Gypsy." Sy glimlag. "Mmm ... ek dink hulle het dalk planne van hulle eie. Ek sal wag tot Jade met my praat oor die dinge, ek gaan nie interveer nie. Los hulle dit lyk of hulle regkom op hulle eie." Verona knik. "Ek stem met Gypsy, hierdie twee is soos twee wilde perde hulle moet hulle eie weg na mekaar toe vind. Hulle is nie soos enige van die ander kinders nie. Hulle wil hulle eie ding doen en as ek terug dink aan jou en Hunt was julle maar ook so." Hunt en Gypsy glimlag en knik. Ethan lig sy kop en kyk in haar mooi groen katoë. "Ek is lief vir jou Jade ..." Sy glimlag en sit haar hand teen sy wang. "Ek lief jou meer ..." Dit laat hom glimlag en dan praat Rosco reg agter hulle. "Aha en hier vang ek julle vry. Ek dink ek moet vir Pa sê hoe julle om die hoekies kom vry." Ethan lag en bly net so staan met Jade tussen hom en die muur. "So what, ons het nie weggekruip nie het ons en ons het net gesoen?" Rosco en Terra gaan staan langs hulle en Renaldo en Luzaan kom ook daar aan met Rico en Lorie kort agter hulle. Ethan sug in Jade se oor en sy lag saggies. As hulle nou loop gaan dit obvious wees dat hulle alleen wil wees. Hulle staan nog so rukkie voor almal begin afloop met die paadjie. Ethan en Jade loop heel agter, maar hy los nie haar hand nie en sy probeer ook nie haar hand uit syne trek nie. Hunt en Sting het vir almal poeding gekoop om Rosco en Terra se verlowing te vier en Ethan vat sy en Jade s'n en hulle gaan sit plat op die gras naby die ouer mense maar nie direk by hulle nie. Abi en Leo stap nader en sy kyk vraend na Ethan maar hy glimlag en tik op die gras. "Kom sit en eet julle poeding. Vertel my wat gaan aan by die skool?" Hulle gesels met die twee jonges asof hulle volwassenes is en Jade lê soos sy lag vir Leo en Abi se skooldrama. Mario kyk na hulle en glimlag. "As Jade so onbevange lag kry ek amper lus om saam te lag sonder dat ek weet waaroor sy lag. Haar lag is aansteeklik." Jade lag so sy val om en Ethan trek haar teen hom aan en sy bly so half oor sy skoot lê met haar hande onder haar ken en elmboë op sy bene. Natuurlik trek hulle die ander jonges nader. Luzaan en Renaldo, Rosco en Terra, Rico en Lorie, Maddy en Armando, Neil en Robin, Cleo en Joe en ook Niko en Ivanka kom sit almal daar. Almal vertel snaaksighede wat met hulle gebeur het en die kinders lag vir 'n slag sonder om aan enige stress en worries te dink. Hunt is amper spyt om die kinders bymekaar te maak. Sting en Bandit sê hulle dink hulle moet net hier op die gras slaap vanaand, want dis dan so lekker rustig. Almal is half traag om terug te gaan huistoe behalwe Ethan en Jade. Hy wil haar net vir 'n halfuur vir homself hê sonder iemand wat in chip. Hulle stap hand aan hand na die bikes toe en let nie eers op na die ander se onderlangse geamuseerde glimlagte nie. Hy klim op sy bike en sit en kyk na haar hier langs hom en hy wonder weereens hoekom het hy nie al jare terug agtergekom sy is dié een vir hom nie. Hulle trek almal twee-twee weg en hy beduie sy moet wag. Hulle val laaste in en voor hy wegtrek kyk hy weer na haar en toe sy opkyk glimlag sy mooi en maak 'n soentjie met haar lippe. Hy grinnik en knik vir haar oog. By die einde van die grondpaadjie toe hulle op die teerpad draai skree hy vir haar bo die bikes uit. "Lief jou Bokkie." Hy sien net haar lippe beweeg maar hy weet presies wat sy sê en dit laat hom amper kliphard sing.
CZYTASZ
Kinkels en Kronkels boek 2 The Caretakers' MC
General FictionBikers en club stories. Michael Hunt en Hazel of te wel Gypsy het 'n seun Rosco en dogter Jade of te wel Firecracker wat dinge in The Caretaker's MC aan die gang en interressant hou.