Danie en Wanda pas goed aan by die klomp bikers en Danie het sommer dadelik sy bike lisensie gekry en sy bike word elke dag gery. So toe dit tyd is vir die Breede River Rally is hulle reg om saam te ry. Dit is vrek vêr en hulle ry al die Woensdag dan slaap almal halfpad oor voor hulle ry tot op Klein Plaas Holiday Resort in Oudtshoorn waar die H.O.G Chapter die gashere vir die Rally is. Hulle ry eers weer Maandag terug, slaap oor halfpad en sal eers weer Woensdag by die huise wees. Alle besighede word gesluit en vir die kinders word reëlings by die skole getref vir hulle afwesigheid. Verona het vir elkeen van die verloofdes 'n eie chalet bespreek op aandrang van Hunt. Dis net Lorie, Cleo, Maddy, Robin, Ivanka en Abigayle en Nico wat saam met hulle Ouers in gesinschalets slaap. Mario het byvoorbaat met Armando, Rico en Leonardo gepraat en hulle weet om nie nonsens aan te jaag met Lorie, Maddy, Robin en Abi nie. Veral Leo het 'n goeie preek gekry oor hy en Abi nog heeltemal te jonk vir die dating ding is. "Pa regtig ek en Abi is goeie vriende, ons kan oor alles en nog wat gesels en sy is nie soos ander girls nie. Sy kan saam gesels oor bikes en sy maak nie heeltyd mooi en fladder haar oë vir al wat seun in die skool is nie. Volgende jaar gaan ek in elk geval hoërskool toe en dan sien ek haar net dalk by 'n breakfast run of Rallies of as ons dalk by die ander club 'n draai maak met iemand se birthday of verlowing of so iets nie. Ons date in elk geval nie soos Rico en Lorie en Armando en Maddy nie, ek vra haar net nou en dan na 'n skoolfunksie toe, sy loop dalk pouses saam met my want ek wil nie hê sy moet iewers so alleen sit nie. Vandat Ivanka met Nico uitgaan is sy mos nie meer vriende met Abi nie. Sy is mos nou te groot vir Abi. Kyk maar bietjie op die Rally Pa sal sien." Mario knik en kyk steeds nadenkend na Leo. "Leo ek sê nie jy doen iets verkeerd nie, ek sê net asb. gedra jou ten alle tye soos 'n gentleman teenoor Abi. Bear en selfs Ethan sal jou opskroef met haar." Leo glimlag geamuseerd en knik. "Is reg Pa." Verona sien Abi is besonders stil en sy begin wonder of is dit steeds die Ivanka en Nico storie. Nico gaan selfs saam met Ivanka en Beatrice met die kar ry met hierdie Rally. Abi het gevra of sy nie maar kan bly nie. Sy sal by Ivana bly want Ivana gaan nie dié keer saam nie. Hierdie Rally hou te veel memories vir haar en sy het gesê sy sal die besighede soos die haarsalon, Diner en Coffee and Cream run en oophou saam met die personeel. Verona wil egter niks daarvan geweet het nie so Abi gaan saam. Verona is twee dae voor hulle ry nog besluiteloos oor of sy met die kar gaan ry met Abi en of sy Abi saam met Cindy en Neil moet laat ry. Jade kom die Diner ingestap en Ethan is nog nie daar nie so sy gaan sit in hulle gewone booth, maar sy sien Verona is nie haarself nie. Toe sy dus haar kos voor haar neersit kyk Jade op en vat haar aan die pols. "Tannie Verona is daar iets fout?" Verona glimlag en sit vinnig oorkant Jade om haar van haar probleem te vertel. "Ek is regtig bekommerd oor Abi want Ivanka is mos nou groot en van sy met Nico uitgaan is Abi glad nie meer goed genoeg vir haar nie." Jade frons en toe sy by die venster uitkyk sien sy vir Ethan aangestap kom met Abi wat hy by die skool gaan haal het. "Ek dink ek en Ethan kan 'n plan maak tussen ons. Gee my net tot vanaand toe kans dan laat weet ek Tannie." Verona knik en staan op. Abi sien vir Jade en Jade nooi haar dadelik om by hulle te sit. Ethan soen natuurlik vir Jade tot Abi se groot vermaak. Sy giggel en wys vir hom vinger, maar sê niks nie. Na ete loop hulle twee en Verona vat gou vir Abi huistoe. "Ethan jy is nie kwaad oor ek met my eie bike gaan afry nie nê?" Hy kyk laggend na haar. "Natuurlik nie, ek like jou styf teen my rug, maar ek weet hoe mal is jy daaroor om self te ry. Ek like dit om die mense se kyke te sien as hulle jou sien ry." Jade knik ingedagte. "Ek het gewonder of ek nie vir Abi saam met my kan laat ry nie. Dink jy jou Ma-hulle sal dit toelaat? Ivanka begin my nou irriteer met haar te groot vir haar skoene houdinkie en jou Ma sê Abi is weer stiller die laaste paar weke, sy wil tot selfs by Ivana agtergebly het met hierdie Rally." Ethan word sommer vies as hy aan Ivanka en Nico dink wat sy sussie so uit hulle lewens geskakel het. "Ek dink jy het 'n puik idee. Ek glo my Ma-hulle trust jou genoeg en jy het al vele Rallies en breakfast runs self gery so ek sien nie fout daarmee nie, maar hoekom ry sy nie die eerste deel tot waar ons oorslaap saam met my en die tweede deel saam met jou nie en as ons terugkom maak ons weer so." Jade bel Verona toe sy by die huis kom en praat met haar en Verona dink dis 'n goeie plan, sy praat met Bear en bel vir Jade terug. Jade moet net self vir Abi kom vra of sy dit wil doen so sy en Ethan ry gou na ete na sy Ma-hulle toe. Verona maak koffie en Jade gaan soek vir Abi in haar kamer op. "Hey Abi, luister ek wou jou al gevra het maar ek moes eers met jou Ma-hulle gepraat het. Wil jy nie oormôre dit waag om die langtrip saam met my en Ethan te ry nie? Jy kan besluit dan ry jy saam met een van ons tot by ons oorslaapplek en dan die tweede deel van die trip saam die ander een. Ethan wou egter hê jy moet die eerste deel saam hom ry en die tweede deel saam my." Abi kyk eers bietjie verdwaas na haar voor sy opspring en Jade om die nek gryp. "Wow regtig! Sjoe ek kan nie wag nie, maar ek sal moet kyk of my leerbroek nog pas." Jade skud haar kop. "Nee jy gaan môre na skool gou saam my en Wanda shopping doen. Sy kort ook nog 'n leerbroek en ek sal joune vir jou koop ek het klaar met jou Ma gereël." Abi en Jade is die trappe af en Abi gryp eers haar Ma en Pa om die nek en toe vir Ethan. So Woensdagoggend is Jade en Ethan donker na Bear en Verona toe vanwaar hulle vyf sal saamry tot by haar Ouers en die clubhuis. Abi kom aangestap en Jade begin breed glimlag. Sy het vir haar 'n leerbroek, nuwe bike boots en handskoene gekoop. Die skoene het 'n effense hak en sy lyk sommer meer volwasse en net soos Jade is haar hare in 'n dik vlegsel oor haar skouer reg om opgerol te word in die valhelm. Ethan kyk na sy sussie en kry vir Leonardo jammer, want hy is seker sy gaan nog 'n regte biker babe word. Sy het nie make-up aan soos Ivanka nie, maar sy is hel mooi met haar blouoë en donkerhare. Hy en Abi het hulle Ma se oë maar hulle Pa se hare. Haar wimpers is van nature lank en baie dig so geen mascara sal haar oë eers mooier laat lyk nie. Hunt weet van die ryery en hy staan saam met Gypsy en kyk na die jonger clublede. Hy sien vir Ivanka en Nico wat teen die kar leen en na Abi kyk met verbasing en ook jaloesie. Daai tweetjies gaan vir hulself nog moeilikheid veroorsaak. Hy sal met Carly en Bandit moet praat oor Nico. Ethan trek Jade eers nader en soen haar voordat hy haar toelaat om haar valhelm op te sit en hy sekermaak haar saalsakke is toe en sy is reg om te ry. Dan klim hy op sy bike en wag vir Abi om op te klim. Sy klim op soos 'n pro en toe hy haar op die been tik en in sy spieël oor sy skouer kyk knik sy en gee hom 'n thumbs-up. Sy geniet die rit geweldig en as Jade langs hulle ry en na iets langs die pad beduie kyk sy met aandag. Die Woensdagaand is Jade verbaas toe daar 'n chalet vir haar, Ethan, Rosco, Danie, Wanda, Terra, Renaldo en Luzaan gegee word. Hunt lag en beduie vinnig. "Al die verloofde pare kan maar een chalet deel dan kan die single kinders een deel. Daar is ongelukkig nie ander chalets nie." Jade hoop net Rosco en Terra gee hulle nie 'n eye-full nie. Donderdagoggend sluit the Surgeons by hulle aan en Leonardo sluk amper sy tong in toe hy vir Abi agterop Jade se bike gewaar. Hyself ry saam met sy Pa omdat sy Ma met die kar ry dié keer. Hulle stop vir brandstof en eet gou iets en Leo gesels dadelik met Abi. Hulle twee sit op 'n muurtjie naby die bikes en hy beduie iets terwyl sy luister en toe lag. Jade kyk na Ethan en hy glimlag. "Ek dink tog daar broei iets al sê altwee van hulle, hulle is net vriende. Ek wed jou as hulle altwee op hoërskool is gaan hy haar vra om uit te gaan." Jade gee 'n laggie en kyk geamuseerd na die twee. "Ten minste sit hulle nie en handjies hou soos Ivanka en Nico nie. Daai Nefie van my kort 'n paar taai klappe dit is verseker." Toe hulle laat die middag op Oudshoorn stop kan almal nie wag om af te pak nie. Ethan en Jade hoor hulle kry 'n eie chalet asook Rosco en Terra en Renaldo en Luzaan. Hulle vra dié keer nie vra nie, vat net die chalet en pak af. Ethan vang Jade om die lyf toe sy verby hom stap en soen haar. "Mmm ek moes die hele dag hiervoor wag. Ek kan nie wag vir vanaand nie, net ek en jy alleen in hierdie chalet. Gisteraand het ek benoud geraak toe Rosco en Terra gaan stort het, want mens weet nooit hoe hulle, hulle gaan gedra nie." Jade giggel. "Vir 'n verandering het hulle nie tekere gegaan nie, dalk word hulle nou groot." 'n klop aan hulle deur laat hulle uit die kamer kom en Danie staan verskonend daar. "Um ... skuus ek pla julle, maar Pres sê almal moet oor vyfminute buite bymekaar kom, ons gaan glo deurloop en groet." Ethan lag en trek sy cut wat hy uitgetrek het net weer aan. "Nou wag vir ons, ons is oppad." Hulle volg hom vinnig en sien Wanda wat ook net voor hulle chalet staan. "Julle weet julle kon ingekom het nê?" Wanda bloos 'n lieflike pienk en Ethan kyk vinnig na Danie wat self verkleur het. "Nee ons het eenmaal daai fout gemaak. Rosco en Terra was so besig hulle het ons nie hoor klop nie en toe stap ons in en dadelik weer uit. Hulle het ons nie eers gesien nie. Die Pres kan my maar hang maar ek gaan hulle nie roep nie." Ethan vervies hom. "Wag net hier ek is nou terug. Hy hardloop terug en ruk Rosco en Terra se deur oop. "Kry klere aan, julle het drie-minute om by die vergaderpunt te kom." Hy los sommer die deur oop en Jade sien hy loop en kopskud. "Okay hulle is geroep as hul laat is kan hy vir sy Pa verduidelik. Kom ons loop." Hulle sien die meeste van die ander wag al en sluit aan by die groep. Hunt kyk na Danie en hy knik. "Almal is geroep Pres." Byna dadelik kom die res aangeloop en Rosco en Terra is laaste om aan te kom. Hunt kyk spekulerend na hulle en Jade weet dat haar Pa weet waarmee hulle besig was. Hulle loop deur die gronde en groet mense so ver hulle gaan en ontmoet hier en daar nuwe mense. Die Jaw Breakers het ook aangekom en Yster stap direk op Jade af, maar toe hy sien Ethan het sy arm oor haar skouer en amper om haar nek, stop hy in sy spore. Hy groet Ethan met die hand en knik net in Jade se rigting, voor hy met Rosco en Rico gesels. Dit laat Ethan onderlangs glimlag en Jade poke hom in die ribbes. "Moenie so ooglopend lekkerkry nie Mr. Cool, dit is nie nice nie." Hy lag en kyk af in haar vonkelende oë. " Hey ek kan dit nie help nie, ek mag nou oop en bloot my arms om jou sit en jou soen voor almal hier, solank ons nie 'n scene maak nie." Hulle braai almal saam en daar word gekuier. Die hele naweek is net een fees en Hunt het nie nodig om enige iemand van sy club in die bek te ruk nie. Maandagoggend is hulle vroeg op die pad terug Cullinan toe. Hulle slaap weer oor waar hulle Woensdagaand oorgeslaap het en dis hier waar Hunt sy humeur verloor. Hy loop 'n draai laataand en hoor by almal of hulle reg is om vyfuur die volgende oggend mekaar by die vulstasie net buite die oord te kry. Hy klop by Ethan en Jade en Ethan maak die deur oop en nooi hom binne. "Pres kom in, Jade is net in die stort gou." Hunt sien Ethan is besig met koffie. "Net 'n vinnige koffie voor ek by die ander moet draai. Ek sort net al die ry stories vir môre uit." Hunt en Ethan sit met hulle koffie by die klein tafeltjie in die kombuis van die chalet toe Jade in 'n sweetpak uitkom. "Ek sê julle hierdie is die laaste jaar wat ek 'n Rally in die winter doen. Dit is te damm koud om te stort en hierdie plekke het mos nie baddens nie. Dis sommer goor." Hunt en Ethan lag vir haar. "Toemaar ek voel ook nogal so dié jaar, dis of dit ekstra koud is. Ek wou eintlik net hoor of julle horlosies gestel is ons ry vyfuur vanaf die vulstasie hier buite die oord?" Ethan knik. "Ja ons pak nou al ons goed, ons sal betyds wees môre oggend." Op sy pad terug chalet toe, hoor hy iets in die tente se ablusieblok waar hy verbystap. Hunt weet nie hoekom hy wou kyk wat dit is nie, maar hy sit sy flits aan en klop aan die buitedeur. "Hallo ... iemand daar?" Hy hoor 'n geskuifel en hy besluit hy gaan ingaan en kyk, mens weet nooit wanneer is dit iemand wat 'n ander hier oorval het nie en môre lees hy van die persoon wat vermoor is en hy kon dit dalk verhoed. Hy gaan stadig in en sien die een toiletdeur is toe. Hy buk en sien vier kleinerige voete. "Julle beter uitkom of ek skop hierdie deur af ..." Die deur gaan stadig oop en Nico kom uit maar Hunt weet onmiddelik wie is agter die deur. "Ek weet jy is nie alleen nie Nico, Ivanka jy kan maar uitkom." Sy kom uit maar sy kyk Hunt nie in die oë nie. Hunt weet nie hoekom hy hulle uit die pad stoot en in die toilet kyk nie, maar hy voel hoe hy rooi sien. "Wat die donder het julle besiel om seks te hê in 'n publieke toilet? Julle is flippen veertien jaaroud. Since when is julle seksueel aktief?" Nico is bloedrooi maar hy weet sy Oom sal hom klap dat hy stêrre sien as hy nie die waarheid praat nie. "Um ...al 'n hele rukkie?" Hunt skud sy kop en kyk na Ivanka wat met haar kop gesak staan. "Ek het lus en gee julle elkeen 'n helse pakslae, maar ek sal dit vir julle Ouers los. Staan daar teen die muur en moenie beweeg nie." Hy loop by die deur uit en bel eers vir Bandit. "Hey, ja ek benodig jou en Carly hier by die tente se ablusieblok soos in gister." Dan bel hy vir Ivan en Beatrice. "Hey Ivan, ek benodig vir jou en Bea onmiddelik hierby die tente se ablusieblok." Hy staan teen die muur met sy arms oor sy bors gevou toe Carly en Bandit eerste om die hoek kom. "Dit beter donders belangrik wees dat jy my uit die bed gejaag het vir hierdie besoek, want ek verkluim." Carly se woorde laat hom glimlag. Sy suster kan so dramaties wees met tye. "Ek belowe jou my liewe suster jy gaan wens jy het eerder verkluim as jy weet hoekom jy hier is." Ivan en Bea kom om die hoek en kyk vraend na die ander. "Nou goed kom ek verduidelik gou vir julle hoekom julle hier is. Ek het van my rontes afgekom en geluide hier binne gehoor en by nadere ondersoek het ek vir Nico en Ivanka hier aangetref. Nou het hulle darem al klere aan, maar as julle in die toilet kyk sal julle die gebruikte kondoom kry, at least het hulle met hulle breins ook gedink nie net hulle tienerhormone nie. By navraag het Nico my gesê dit was nie die eerstemaal nie dat hulle al 'n hele ruk ... um ... aktief is. Carly moet asb. nie 'n scene maak om almal uit hulle chalets te jaag nie. So vêr is dit ek, Gypsy en julle wat hiervan weet. Hulle is hier binne. Ek het hulle amper elkeen 'n pakslae gegee maar besluit om dit liewers vir julle te los. Goeie nag en sterkte." Hunt loop vinnig weg en in sy chalet vertel hy vir Gypsy van die ding. Sy skud haar kop. "Dank Vader Rosco was op skool meer diskreet as dit. Ek weet dis steeds verkeerd maar ten minste het hulle 'n kondoom gebruik. En jy weet Verona vertel my Ivanka en Nico is so lelik met Abi. Sy is mos volgens hulle 'n ou baby en pissie. Hopelik hou Leonardo kop en kry Abi nie in so gemors nie." Die volgende oggend sien Hunt Nico en Ivanka sit reeds in Bea se kar en almal drink nog 'n laaste koffie by die vulstasie. Hy hoor egter 'n gesprek wat hy seker nie moes gehoor het nie. "Ek weet nie Leo, dalk moet ons net stilbly dit het niks met ons uit te waai nie, solank ons net nie so aanjaag nie. Ek weet nie of mens so mal oor 'n skool lighty kan wees dat jy hom sulke goed toelaat nie. Ek weet almal dink ek is dom, maar ek sien flieks en ek lees boeke en wel ek het 'n ouerbroer wat girls huistoe gebring het. Dis net met Jade wat Ethan nie so tekere gaan waar ander mense hulle kan sien nie. Hulle twee is altyd ordentlik as hulle bymekaar is, alhoewel ek seker is hulle bly nie net saam nie, hulle slaap ook saam, maar hulle is darem altwee bo een-en-twintig." Leonardo gee 'n droë laggie. "Jy weet Abi al is ek hoe mal oor jou is dit een ding wat ek wragtig nie nou al wil doen nie. My Pa het my gewaarsku en met my hieroor gepraat en ek het heeltemal te veel respek vir my Pa, vir myself en bowenal vir jou om so aan te jaag. Ek en jy is goeie vriende en ek hoop ons gaan nog jare vriende bly. Ja ek like dit om jou hand vas te hou en jou 'n skelm soentjie te gee, maar dit is dit. My Ma sê ons is heeltemal te jonk om die emosionele sy van seks te kan hanteer en ek dink sy is reg. Ek het met Nico gepraat en jy het met Ivanka gepraat en hulle voor die sokkie al afgeraai om dit te doen. Wat my siek maak en ek is nie veronderstel om dit eers met jou te bespreek nie, is die feit dat haar eerstekeer by die flippen skoolsokkie in die skool se siekekamer was. Nou die aand het ek hulle per ongeluk gesien by die ablusieblokke ingaan en ek het onder die venster gestaan wat ek seker nie moes gedoen het nie. Hulle het saam gestort en wel goed in die stort gedoen. Ek het later die aand met Nico gepraat en hy het gesê ek moet my neus uit sy sake hou. Toe ek vra of hy darem voorsorg tref het hy omgedraai en geloop. Vrydagaand het hulle uitgeslip en dit ook weer êrens anders gaan doen, maar ek het besluit dit is hulle probleem. Gisteraand toe ek hulle sien wegsluip ablusieblokke toe, het ek gedink om my Pa te sê dat hy dit gaan stop, maar toe sien ek vir Hunt soontoe loop. So ek weet nie of hy hulle dalk red handed gevang het nie." Hunt staan net om die hoek waar Leo en Abi teen die muur in die son staan met hulle koffie en loop stadig terug na die ander toe. Hy sien Mario en Lucille by sy bike staan en praat en hulle het dus 'n oog op Leo en Abi maar hulle kan nie hoor wat hulle praat nie en dalk ook maar goed so. Carly kom 'n rukkie later aangestap en kyk met misnoë na hom. "Ek was nou net aan die anderkant van die vulstasie by die kleedkamers en ek hoor toe 'n gesprek tussen Abi en Leo wat net onder my venster gesit het ..." Hunt hou sy hand op. " Ek weet ek was aan die anderkant oppad na Mario en Lucille toe, maar het net daar in my spore gestop. Ek weet wat jy gehoor het ..." Sy skud haar kop. "Flippen hel Hunt wat maak ons as hulle nie die eerstekeer of selfs ander kere voorsorg getref het nie? Ek is lus en vermoor hom en raak langs die pad van hom ontslae. Ek weet nie wat gaan met die klein wetter aan nie. Bandit het dit ampertjies verloor gisteraand. Hy het hom 'n helse pakslae gegee net daar in die kleedkamer, gelukkig was Ivanka al uit saam met Bea wat amper haar arms uit lit geruk het van boosaardigheid. Ivan het haar glo net so helse pakslae gegee terug in hulle chalet en wel ons het besluit ons vier sal môre met hulle gaan sit en die dinge bepraat. Ek dink in elk geval Bea moet haar vat vir 'n toets." Hunt sit sy arm om Carly. "Ek is jammer sus, regtig ek wens ek kon jou hierdie worries gespaar het. Rosco het ook maar op skool my en Hazel teen die mure uitgedryf en op universiteit het hy paar keer groot nonsens aangejaag wat ons eers nou later jare uitgevind het maar nou niks meer daaraan kan doen nie. Dank die Vader Jade het kopgehou tot nou toe." Carly glimlag geamuseerd. "Mmm ... en het sy nie uitgehou vir die coolste ou hier rond nie nê. Julle kry darem 'n vrek aantreklike, slim skoonseun wat sy common sence ook nog kan gebruik. As hy en Jade op skool al bymekaar uitgekom het, was jy en Hazel lankal grys. Hulle is seker die hotste couple wat ek lanklaas gesien het, dalk jy en Hazel toentertyd. Kyk daar na hulle, hy staan by haar waar sy op haar bike sit en jy kan die chemistry tussen hulle sien op 'n myl af sonder dat hulle aanmekaar raak." Hunt lag vir sy suster, maar hy sien darem ook waarvan sy praat en nou is hy dankbaar hulle het nou eers begin date. Abi gooi haar take-away koppie in die asblik en Leo sê iets wat haar laat terugkyk en lag maar sy waai net met die hand vir hom. Sy slenter doodluiters aan na Ethan en Jade toe, sit haar valhelm op en zip haar baadjie toe. Sy klim agter Jade op en toe Mario en Leo verby hulle ry, gee Leo haar 'n salute en skree. "Sien jou by die skool Abs!" Sy waai en knik haar kop. Met die Youth empowerment Rally vat Anita soos altyd al die skilderye af en Gypsy ry saam met haar club. Haar Ouers, Skoonouers broer Kevin en Alta asook hulle getroude seuns Anthony en Richard is ook die naweek by Sun City. Danie en Wanda se vriende Clark en Dawn, John en Deana, Alvin en Ann en ook Rikus en Ferdi ry ook deur vir die naweek saam met die club. Jade en Ethan word natuurlik soos lank vergete vriende gegroet en Hunt kan net glimlag vir die klomp spray painters wat dadelik die bikes se spray jobs bekyk en saam met wild vreemde bikers kuier asof hulle, hulle al jare lank ken. Ivan en Beatrice het nie dié keer saam gekom nie, want Ivanka is kastig besig met danseksamens. Nico is wel daar en lyk maar bra bek-af want Carly watch vir hom soos 'n valk. The Surgeons is die gasheer club en natuurlik is Leo ook daar saam met sy familie. Abi is net afgepak toe Leo haar by die chalet kom soek. Bear groet hom en nooi hom binne. "Dankie Bear, shucks eintlik moet ek vir jou Oom sê, maar Oom Bear klink heel weird. Dalk moet ek maar net sê Oom Clive." Bear lag kliphard. "Nee wat Leo noem my Bear soos al die ander. Abi trek net gemakliker aan dan is sy hier." Leo glimlag. "Ek wil eintlik by Oom hoor of ek haar kan leen vir so uur? Ek wil haar die skilderye gaan wys, want ek kan al ingaan in die saal omdat ons die gasheer club is. My Pa en Ma is ook daar binne." Bear weet hoekom hy vra en hy dink dis heel oulik en gemanierd. "Ja wat ek dink dis reg, julle moet net pasop vir die ander clubs. Loop by die restaurant langs op die stoepe en nie tussen die clubs deur nie." Leo knik en kyk na links toe Abi by die kamerdeur uitkom. "Is reg Bear ek het ook nou-net so langs gestap toe ek hierna toe gekom het. Hey Abs, wil jy solank die skilderye gaan kyk?" Sy kyk na haar Pa en hy knik. "Gaan dan sien jy solank Gypsy se nuwe skilderye." Ons sal seker oor 'n uur as hulle oopmaak ook soontoe kom." Leo en Abi stap uit en Verona glimlag toe sy deur die venster kyk en sien Leo vat Abi se hand toe 'n klomp ander jong kinders naby hulle verbyloop. "Ek is verbaas dat jou Pa my toegelaat het om jou te kom haal? Ek is seker Ivanka en Nico se nonsens het uitgekom dis hoekom sy nie op die Rally is nie. Ek was bang dit maak dat ons nou ook onder dieselfde kam geskeer word." Abi glimlag. "Mmm ...dit het, sy het na die naweek met my gepraat by die skool en gesê sy is gehok. Sy mag geen breakfast run of Rally of enige skoolsokkie of funksie na skool vir die res van die jaar bywoon nie. Sy het my tot omverskoning gevra vir haar mislike gedrag, maar ek het net gesê verskoning aanvaar en ek probeer uit haar pad bly. Sy sal regtig baie moet doen om ooit weer my vriendskap behoorlik te wen. Nico is glo net so gehok, maar Tannie Carly kon nie hierdie Rally mis nie en dus moes die swartskaap saamkom. Hy wou bly toe sê sy not a damm, nie terwyl Ivanka ook bly nie. Kan ek jou iets anders vertel, maar dit moet net tussen my en jou bly Leo anders is ek in vreeslike moeilikheid?" Hy gaan staan stil agter die saal voor hulle ingaan. "Abs, jy kan my trust, ek belowe alles wat jy my vertel bly tussen ons." Sy knik voor sy saggies met hom praat. "Ivanka sê sy is tot vir 'n swangerskap toets gevat want sy en Nico het een of tweemaal in die begin vergeet van ... um ... voorsorg tref en sy en Nico mag geensins êrens alleen in 'n vertrek wees nie. Soos by club braais kan hulle gesels en als solank dit in die teenwoordigheid van ander is. My Ma het gelukkig vir my gesê sy glo sy kan my trust so ek is darem nie op parool soos hulle nie." Leo lyk geskok oor wat sy hom vertel het en toe hy die deur vir haar oopmaak met sy kaart sê hy saggies. "My lippe is geseël Abs, en ek en jy sal liewers die straight en die narrow bewandel. Ek sal nie daarvan hou om op parool te wees en dopgehou te word nie. Kom ek wys jou Gypsy se nuutste paintings, daar is een wat Ethan definitief sal koop die oomblik as hy inkom. Gelukkig het julle club voorkeur om eerste in te kom." Mario sien hulle inkom en glimlag. Leonardo moet net sy breins gebruik met die girl. Sy is reeds 'n mooi meisie, hy kan net dink teen sy sestien of sewentien is wat 'n beauty sy gaan wees en sy is nog slim ook boonop. Abi groet sy Ma en Pa en dan vat hy haar tot voor die skildery van Jade. Sy sit op haar bike en sy gooi haar kop agteroor soos sy lag. "Wow dis stunning ek kan haar amper hoor lag en jy is reg Ethan sal veg vir hierdie een dis verseker. Sy kyk na die ander en dan gaan staan sy botstil en haar mond hang oop. Mario weet onmiddelik watter skildery sy gesien het toe hy na Leo se laggende gesig kyk. "Maar dis ... dis ek ... en jy ... en die ouers by die tafels. Wow Gypsy het ons geskets daai dag by die breakfast run op die swaais met die bikes so agter ons. Dit gee 'n ander indruk van ons bikers nê?" Hy grinnik en kyk oor sy skouer na sy Pa en knik. "Ja dit wys ons is ook net mense ... mense met kinders en ons eet en kan gemeensaam verkeer sonder om hooligans te wees." Abi lag en stap na die volgende skildery toe. Die groot deure gaan na 'n ruk oop en toe Abi oor haar skouer kyk sien sy haar Ma-hulle inkom. Sy hardloop tot by Ethan en Jade en gryp Ethan se hand. "Kom hier is een wat jy moet koop, al moet jy jou bike verkoop, maar hy moet joune wees." Ethan kom tot stilstand voor die skildery en glimlag breed voor hy na Abi kyk. "Jy is reg dié een is myne." Hy draai om en kyk na waar Anita staan en loop reg op haar af. "Ek soek 'n sold sticker en jou bankbesonderhede soos in nou asb. Anita." Sy begin kliphard lag. "Hier ek was reg vir jou, want ek het geweet jy gaan daai een koop." Hy loop op die skildery af en tot groot vermaak van die ander clublede plak hy die sold sticker op die raam en haal sy foon uit. Hy doen sommer dadelik 'n eft vir Anita terwyl Jade oopmond na die skildery kyk. "My Ma is goed, maar dié een is stunning al moet ek dit self sê. Waar gaan jy hom nogal sit? Net nie in ons kamer nie nê." Hy glimlag en trek haar nader. "In my kantoor natuurlik waar ek tienmaal op 'n dag na jou kan kyk." Sy skud net haar kop. Abi stap later weer deur nadat al die mense kan inkom en sy sien haar en Leo se skildery is ook verkoop. Nou wonder sy wie het hom gekoop.
YOU ARE READING
Kinkels en Kronkels boek 2 The Caretakers' MC
General FictionBikers en club stories. Michael Hunt en Hazel of te wel Gypsy het 'n seun Rosco en dogter Jade of te wel Firecracker wat dinge in The Caretaker's MC aan die gang en interressant hou.