Ethan is effens op sy senuwees en stap op en af agter die kerk. Hy en Leonardo is te vroeg, maar hy kon nie langer rondsit nie. Hy en Jade het besluit na Rosco en Terra se skielike regte biker troue nadat hulle gehoor het dis wat Ethan en Jade beplan, dat hulle nou maar iets heeltemal anders, maar baie tradisioneel gaan doen. Jade het haar so vervies dat sy besluit het om die hele club te straf met 'n baie grand black tie aandtroue. Hulle het besluit op 'n swart, wit, smaraggroen en silwer tema. Alle gaste is gevra dat die mans net swart tuxes met wit hemde en swart strikdasse dra en die vrouens slegs silwer of swart of swart en silwer rokke. So hy en Leonardo asook Bear en Hunt is geklee in swart tuxes met elkeen 'n silwerrige emerald groen strikdas en cumber belt. Verona en Gypsy het elkeen 'n pikswartrok gekies, maar Verona se bykomstighede is silwer met fyn silver glitter op haar rok en Gypsy s'n is vol groen glitter. Abi se rok is silwer met fyn smaraggroen glitternet bo-oor en Ethan weet sy gaan stunning lyk. Hy sien die karre stop voor die kerk en hy gaan staan met sy rug teen die muur weg van alle oë af. Hy wil nie regtig nou met iemand praat nie, gelukkig is Leo nie dom nie en staan net rustig saam met Ethan en luister na die kardeure wat klap en die mense wat in die kerk ingaan. Bear weet egter wat nou deur Ethan se kop moet gaan en hy sien sy Hummer agter die kerk staan so hy stap agterom. "Aha ek het gedink julle kruip hier weg. Wil jy daaroor praat?" Ethan kyk na sy Pa en skud sy kop. "Nou kom ons drie stap deur die konsistorie na binne. Niemand sal jou pla as jy klaar voor staan nie. Jade het mos gesê sy sal nie laat wees nie, sy haat dit." Leonardo stap eerste in met Bear op sy hakke en dan kom Ethan in. Hy sien sy ma in die kerk sit en hy glimlag effe voor hy na haar toe loop en haar 'n soen op die wang gee en dan sy Pa se hand 'n druk maar Bear trek hom nader en gee hom 'n druk voor hy omdraai en langs Leo gaan staan. Oomblikke later kom Hazel in en knik vir Verona en Bear voor sy in haar sitplek inskuif aan die ander punt van die bank. Sy kyk vir Ethan en knik vir hom met 'n glimlag. Hy kyk oor die mense en sien al hulle vriende en familie sit, daar brand orals kerse in die kerk en as hy na buite kyk deur die venster is dit skemerdonker. Dan begin die troumars speel en sy hart gaan amper staan. Sy suster stap eerste in en hy kyk vinnig na Leo. Leo se sagte bruinoë lyk of dit smelt as hy vir Abigayle kyk en sy glimlag is breed toe hy haar oë vang en sy bloos. Dan is alle oë op die deur en Hunt kom in met Jade aan sy arm en hy sien eers net die verskriklike mooi trourok en die wyl oor haar gesig en hy wens hy kon hom dadelik afruk om haar oë te sien. Dan is Hunt by hom en oorhandig Jade baie plegtig terwyl hy die wyl afhaal van oor haar gesig af. Ethan sien onmiddelik die twee pragtige vonkelende groenoë en dan sien hy die sagte glimlag op haar lippe. Hy vat haar hand en sit hom deur sy arm voordat hy voor die preekstoel gaan staan met die liefde van sy lewe. Alles gebeur vinnig en voor hulle mooi besef wat aangaan word hy aangesê om sy bruid te soen. Ethan glimlag en Jade het 'n lieflike blos op haar wange toe hy naderbuig. Hy soen haar en as hy die cheers hoor lig hy sy kop. "Mevrou Jade Ross, wow dit klink so goed." Sy lag. "So nou is ek seker Mrs Firecracker Cool." Sy vang Ethan met daai een en toe hy besef wat sy sê gooi hy sy kop agteroor en lag kliphard. Leo en Abi wat dit gehoor het lag net so hard en toe hulle later na al die foto's die onthaalsaal binne tree stel Leo hulle bekend as Mr and Mrs Ross maar hy stop hulle en vra omverskoning. "Ekskuus tog mense ek het 'n fout gemaak dit is Mr. Cool and Mrs Firecracker Cool." Die mense skree soos hulle lag. Dit is Oukersaand en Hunt het besluit dat hulle dit maar dié jaar 'n bietjie anders kan doen. Elke persoon kan steeds vir hulle eie gesinne geskenke koop wat hulle later by hulle huise kan oopmaak, maar elke persoon moes ook 'n geskenk van nie minder as R50 maar nie meer as R100 koop en saambring troue toe. Hulle besluit om musical chairs te speel en die geskenke om die tafels te stuur. Dit veroorsaak baie pret en na almal hulle geskenkies gekry het en rond kuier glip Leo met Abi uit die saal uit. "Net vinnig voor ons vermis word. Ek weet volgende jaar is ek hoërskool en jy graad 7, maar ek wil hê ons moet vriende bly. Abi ek like jou regtig baie en ek weet ons is te jonk vir enige iets anders, maar asb. gee my 'n kans om jou beste vriend te bly. Belowe my jy sal steeds met my chat op die foon en op die breakfast runs en Rallies my partner in crime bly en my date wees vir al my skoolfunksies." Abi lag en knik. "Leonardo de Bruno jy gaan nog siek raak vir my bakkies op die runs en rallies, maar ek belowe vriende sal ons definitief bly en as jy regtig 'n laerskool girl vir skoolfunksies as date wil vat is ek die laaste een om jou te stop, want ons verskil steeds net een jaar. Ek het net een probleem en dit is die kersgeskenk wat vanoggend vir my afgelewer is voor ontbyt nog. Vir wat het jy dit gedoen?" Leo lag en trek Abi nader aan haar skouers. " Bear staan nie ver van hulle af en rook nie en hy glimlag toe hy hulle hoor praat en hy hoop dat al date hulle, hulle net vriende sal bly tot heelwat later in hulle lewe soos Ethan en Jade, want sy hart sal dit nie hou as Abi en Leo soos Ivanka en Nico moet uitdraai nie. Hy loer om die hoek en sien toe Leo vir Abi op die voorkop soen. "Ek weet hoe mal was jy oor daai skildery daai dag toe jy hom vir die eerstekeer gesien het ek wou vir jou iets gee sodat jy my nie vergeet as skool tussen ons kom tot jy hoërskool toe kom nie. As jy na daai skildery kyk moet jy die goeie tye onthou wat ek en jy al gehad het as ons twee clubs saamkuier. Aanvaar nou maar net die geskenk." Abi staan op haar tone en soen hom op die wang. "Dankie Leo ek sal elke keer as ek na ons op daai skildery kyk onthou wat 'n goeie vriend jy vir my was toe Ivanka en Niko met hulle nonsens met my begin het." Leo glimlag breed en vat haar hand. "Kom ons gaan dans en wys daai mense 'n paar cool tiener moves." Abi se giggel verbly Bear se hart. Sy kind was vir 'n hele ruk maar bek-af en stil, dalk is Leo die regte een om haar kinkels en kronkels op haar pad vorentoe uit te stryk en haar op te cheer.
Liewe Lesers
Dankie dat julle lees en vote en wel my boeke lees. Ek het alweer 'n nuwe een begin so kyk maar uit vir hom.(Nogmaals liefde boek 3 as laaste boek van my Bad Boy reeks Liefde in Oorvloed.)
Blessed be
Mamba44
YOU ARE READING
Kinkels en Kronkels boek 2 The Caretakers' MC
General FictionBikers en club stories. Michael Hunt en Hazel of te wel Gypsy het 'n seun Rosco en dogter Jade of te wel Firecracker wat dinge in The Caretaker's MC aan die gang en interressant hou.