By halfvyf staan Ethan op en trek vinnig aan. Hy kry 'n stukkie papier in haar studeerkamer en skryf vir haar 'n briefie wat hy op die bedkassie onder haar foon neersit. Dan glip hy by haar agterdeur uit en draf die tweeblokke terug na sy woonstel toe, hy sien gelukkig vir Rosco en hy draf agterom die woonstelle en nog so tweeblokke af en kom van die anderkant as Jade se huis af aangedraf. Hy weet Rosco is oppad gym toe en het hom gesien en ook gesien hy kom van die anderkant af, maar hy groet hom nie, draf net voort en gaan die woonstelblok binne. Hy stort en was gou sy wasgoed en ruim alles op voor hy vir homself iets vat vir ontbyt en met sy foon in die sitkamer op die bank neerplof. Hy het tyd tot halftien toe voor hy kan aantrek en Jade gaan oplaai so hy kan ontspan. Jade rek haar behaaglik uit en voel Ethan is nie daar nie. Sy draai op haar sy en sien die papier onder haar foon. Dit is vol hartjies geteken in rooipen en sy kry groot lag. "My Bokkie ek moet vroeg draf anders is ons geheim uit. Ek maak jou nie wakker nie dat jy nog bietjie kan rus, want ek het jou amper heelnag uit die slaap gehou. Dankie vir 'n great tyd in jou bed. Liefde Ethan." Sy vat die briefie en sit hom in haar bedkassielaai voor sy opstaan en 'n lang warmbad vat. Sy eet ontbyt by haar kombuistoonbank terwyl sy nuus op haar foon lees. Sy sit nog so toe daar 'n kar voor haar huis stop. Sjoe dis vroeg vir kuiergaste. Sy loer en sien dis Terra en maak maar die voordeur oop. Terra staan huiwerig voor haar deur. "Môre Jade kan ek maar inkom? Of pla ek?" Jade weet wat sy eintlik vra so sy knik en hou die deur oop. "Kom in. Wil jy ontbyt eet?" Sy skud haar kop. "Nee dankie dalk net koffie asb." Jade sê niks maak net vir hulle koffie en gaan sit by die toonbank om haar ontbytkos klaar te eet. Sy sien hoe Terra rondkyk en sy weet sy soek na enige teken dat Ethan hier was. "Luister Jade dit help nie ek sit met 'n mond vol tande nie, ek het gekom om omverskoning te vra. Ek is jammer oor ek en Rosco sulke asses was en wel hy sal seker ook nog by jou uitkom, maar ons vriendskap beteken vir my baie. Ek dink na gisteraand sal Luzaan, Cleo, Maddy en Robin nie met my wil praat nie." Jade kyk eers net na haar en dan sug sy. "Terra ek kan jou nie verantwoordelik hou vir Rosco se simpelgeit nie. Ek is nie kwaad vir jou nie, net nie lus vir verdere stories nie. Ek sal eerlik wees met jou en sê dat ek tydens die Rhino na Ethan met ander oë begin kyk het, maar ek het so sleg gevoel omdat hy nog met Elandra uitgegaan het en toe soen hy my daai een aand. Ek het nooit niks gesê nie want ek wou my privaatheid beskerm, maar ek het altyd nog 'n effense crush op Ethan gehad. Ek en hy het 'n paar keer saam geëet terwyl hy my winkel se planne gedoen het en ons het begin gesels sonder om mekaar se koppe af te byt. Nou word dinge anders tussen ons en ek weet nog nie regtig wat hier aan die gebeur is nie. Hy het my uitgeboul toe hy eergisteraand opdaag met daai Hummer in 'n tux van alle goed. Hy het my decent behandel en my veilig laat voel. Vandag gaan ons die bikes haal en hy moet die Hummer teruggee en dan is ons genooi vir ete by Wanda en Danie. Ek vat elke dag nou net soos dit kom en ek gaan nie skuldig voel as hy my sou soen of my hand vashou nie. Ek gaan my customs doen van nou af en my lewe leef soos ek goed dink. Sou ek ooit saam met Ethan in die bed land gaan ek dit ook so approach, ek gaan elke dag en elke keer wat dit gebeur vat soos dit kom en nie 'n duit omgee wat wie sê nie. My privaatlewe is my eie." Terra knik en glimlag. "As ek en Rosco nie so dom was nie kon ons dit ook so go with the flow gevat het, maar nou ja. Ons beplan om geld weg te sit vir miskien 'n troue na ek een-en-twintig geword het. Hy en my Pa moet net eers vrede maak ook. Nou ja dankie vir die koffie en die verstaan. Ek moet aanstaltes maak, ons eet by my Ma-hulle en Luzaan en Renaldo is ook daar." Jade groet haar en begin regmaak vir hulle kuier. Vyf voor tien stop Ethan met die Hummer en sy dink weer hoe die groot voertuig hom pas. "Hallo Bokkie, is jy reg om te ry?" Sy glimlag toe hy haar eenvoudig net nadertrek en soen. "Ja ek is reg. Laat ek net sluit." Sy sluit en hy help haar in die Hummer in met sy hand onder haar boude voor hyself omloop en inklim. "Jy weet jy moet jou bakkie verkoop en so Hummer koop. Hy pas way beter by jou." Nou lag hy. "Dink jy dis omdat hy so groot en bulky is soos ek dat hy by my pas?" Jade grinnik en weet sy moet hom nie terg nie, maar sy kan dit nie help nie. "Wel jy is groot all over, bulky not so much, maar gespierd o hel op al die regte plekke waar dit saak maak vir enige girl." Ethan sluk amper sy tong in en moet konsentreer om die Hummer op die pad te hou. "Jade jy kan mos nou nie so iets vir my sê terwyl ek moet konsentreer op die pad nie, as ek nie bang was ons word gevang vir indecency in public nie het ek nou gestop en jou my muscles gewys." Sy giggel en vryf oor sy bo-been, maar sy hand stop hare. "Stop dit Jade jy is gemeen, want jy weet ek kan niks nou doen in hierdie Sondagoggend verkeer nie." Jade laat haar egter nie van stryk bring nie en sy vat sy hand en sit hom op die stuurwiel. "Nou hou jou hande daar op die stuur en konsentreer op die pad terwyl ek konsentreer op ander dinge. Ethan begin lag. "Jade regtig, gaan jy so iets hier in die kar in die verkeer doen?" Sy lag. "Natuurlik ... um ... gaan ek nie. Ek wil nie hê jy moet die Hummer rol en dan haal hulle jou uit die wrak met alles wat uithang nie." Ethan skud sy kop en lag kliphard. "Jy sal my 'n hartaanval gee Jade, nou gaan ek 'n paar maal om die blok moet ry dat ek kan ontspan en myself en vir jou nie embarras as ek moet uitklim nie." Jade lag steeds net vir hom en hy kan nie glo hulle maak sulke praatjies met mekaar nie. Baie dinge het in die laaste twee maande verander. Danie en Wanda het lekker kos op die stoof en hulle kuier eers buite op die stoep en drink koffie voor hulle aansit vir 'n koningsmaal. Jade geniet die geselskap en sy kan sien Ethan en Danie gesels lekker oor alles en nog wat. Sy en Wanda sê hulle sal die skottelgoed doen terwyl die mans kuier op die stoep en voor Jade haar kan kry confide sy in Wanda oor die vorige aand se debakel met haar broer by haar nuwe huis. Wanda is geskok. "Hel ek sal hom ook getakel het, daai was laag en gemeen. Wat besiel hom?" Jade trek haar skouers op. "Nee ek weet nie dalk jaloesie oor hy weet ek en Ethan het saamgeslaap, maar my Pa-hulle weet dit nie verseker nie, hulle raai ook seker maar net." Wanda skud haar kop. "Wel jy sê Terra het darem kom omverskoning vra maar dis eintlik nie haar job nie. Sy het darem niks uitgelaat oor julle nie." Jade lyk amper sad. "Nee sy het nie en ja sy moes nie namens hom omverskoning gevra het nie. Ek het haar effens op 'n afstand gehou en was bietjie koel met haar en dit was seker onnodig want ek en sy is letterlik van geboorte af maats net soos Ethan en Rosco. Ek weet egter ek kan nie enige iets vir haar sê nie want Rosco gaan dit dan definitief weet. Sy en hy het geen geheime vir mekaar nie." Hulle loop uit op die stoep en Jade kan sien die mans het ernstig gepraat terwyl hulle nie by was nie, maar sy maak net of sy nie weet nie. Hulle kuier nog so rukkie voor hulle baadjies aantrek, valhelms opsit en groet. Ethan glimlag by homself as hy sien hoe geniet Jade die rit. Net binne Pretoria beduie hy haar om by 'n vulstasie te stop. Sy dink hy wil petrol ingooi maar hy stop voor 'n Wimpy by die Engen-one-stop. "Nou gaan ek jou eers vat vir 'n milkshake." Sy stap saam met hom binne en sien hoe die mense hulle loer. Dis nie abnormaal vir hulle nie en Ethan is soos altyd Mr. Cool. Hulle gaan sit en bestel vir hulle elkeen 'n milkshake dan kyk Ethan na Jade en sy lig haar wenkbroue vraend. "Jade jy het jou karlisensie, hoekom het jy nog nie vir jou 'n kar gekoop nie?" Sy trek haar skouers op. "Ag ek weet nie, ek ry altyd met Dream Harleys se bakkies of my bike of daai Smartcar wrakkie van my Ma. My Pa wil piep kry en hy wil gedurg vir haar 'n nuwe kar koop en sy weier. Sy sê daai was haar eerste kar en haar eerste independence na daai fiasko van 'n huwelik met Peter Williams. Ek kan ook nie besluit wat se kar ek wil hê nie. Ek hou van my Ma se klein karretjie, maar ek hou ook van jou Ma se Ford Focus. Dit is nou vir my 'n mooi kar. As ek daai Focus kan kry in die pearly groen sal ek darem dink ek is die kat se snor hoor. Ek hoor egter daai groene is skaars." Ethan glimlag. "Ek kan nogal dink jy moet die groen een kry, hy sal mooi pas by jou katoë." Sy trek vir hom skewe gesig. "Begin jy alweer met my katoë? Hoekom ry jy die bland boring bakkie wat jy ry? Jy kort dan mos 'n electric blue kar om by jou oë te pas." Hy grinnik vir haar en knik. "Ek kyk vir 'n ander kar of bakkie, ek kan ook net nog nie besluit nie. Die Hummer het my nou laat dink die laaste twee dae en wel toe jy so mooitjies vir my vertel ek is so groot soos 'n Hummer ... wel ..." Jade sug. "Jy verdraai alweer my woorde en net dat jy weet ... ek like die Hummer. Dis groot maar hy ry lekker ..." Nou lag sy tong in die kies en hy weet waar haar gedagtes gaan. "Jade moet nou nie weer begin nie asb. Ons is in 'n restaurant en ek moet kan opstaan en uitloop en op my bike klim en dit gaan ongemaklik raak." Sy lag en hou haar hande op. "Okay-Okay sorry ek moet jou net bietjie terg vir al die jare wat jy my so gepes het." Hulle ry direk na haar huistoe maar Ethan klim nie af nie. "Ek gaan nie nou inkom nie Bokkie, ek sien daar is oë op ons, maar ek gaan jou soen, want ek gee nie om dat iemand dit sien nie." Sy haal haar valhelm af en loop tot by sy bike voor sy buk en hom soen. Hy trek haar tot teen die bike en soen haar met mening voor hy haar laat gaan. "Laat die klein pes nou gaan skinder dat ek hom kan donder. Bye Bokkie sien jou." Sy lag en kyk oor haar skouer. "Bye Mr. Cool. Sien jou as ek jou sien." Sy bêre haar bike en gaan die huis in. Sy kan nie glo Rosco spy op hulle nie. Van wanneer af doen hy sulke kinderagtige goed. Ethan het die aand vir sy Ma-hulle gaan kuier om te sien of Rosco hom volg en wragtig daar ry hy agter hom aan. "Hey Mams sjoe wat ruik so lekker. Pla ek op etenstyd?" Verona lag en glimlag toe hy oudergewoonte haar op die wang soen. "Nee jy is net betyds sou ek sê, maar waar is Jade?" Ethan kyk na sy Ma se vraende gesig en grinnik. "Seker by haar huis waar ek 'n uur terug seker gemaak het sy gaan die huis veilig in." Bear kom die kombuis in en klop Ethan op die blad. "Jou Ma vra want mens sal dink jy bring jou girl saam na jou Ouers toe of is dit nie appropriate nie?" Ethan lag sy Pa uit en gaan sit by die toonbank. "Wel as sy openlik jou girl is ja, dan kan jy haar seker na jou Ouers toe bring." Verona sug en dra die bakke tafel toe terwyl Bear help en Ethan opstaan en ook help. "Ai Ethan kom net by en vra haar en kry klaar, moenie maak soos Rosco nie." Ethan rol sy oë. "Ma moenie eers van daai deuche praat nie. Ek sal hom verongeluk. Hy spy nou wragtig op my en Jade, het tot vanaand agter my aangery om te sien waarheen ek gaan. Buitendien het ek nie gesê sy is nie my girl nie Ma, jy het verkeerd verstaan. Sy is definitief my girl maar ons gaan dit nie officially bekendmaak tot ons nie 'n bietjie in vrede gedate het sonder 'n gehoor nie. Nou dink niemand iets daarvan as ek haar lunch betaal of by haar winkel of huis draai nie. Julle het gesien gisteraand sy het amper my oog uitgehaal en my gepoke met haar baie fancy skerp naels, so ons hou maar ons klein oorloggies meer vir die eye-blind as iets anders, maar groot asb. moet niks vir niemand sê nie. Ek wil net nie vir julle jok nie dis hoekom ek julle sê." Bear skud soos hy lag en roep vir Abigayle. "Abi-baby kom eet." Sy kom die trappe af en by die eetkamer in en val Ethan om die hals. "Hallo ek dog dis jou bike wat ek hoor, maar waar is Jade?" Dit laat Ethan sy kop in sy hande sak en Bear en Verona lag luidkeëls vir hom. "Ek moet nou ook soos Jade sê heuwels val op my en berge bedek my ... Abi ek kan nie vir Jade orals saam met my sleep nie, sy het haar eie lewe en goed om te doen." Dis Abi se beurt om haar kop te skud. "Kan een mansmens so verdeksels stupid wees? Ethan jy like haar en sy like jou, sy is jou girl nou wat is die probleem?" Hy sug en kyk hulpsoekend na sy Ma en sy lag. "Abi wat Ethan bedoel is hulle moet mekaar eers beter leerken en dan kan hy haar dalk 'n paar maal uitneem en so aan." Abi is nie dom nie en sy bewys dit met haar volgende woorde. "Ag Ma hy en Jade vry reeds kliphard agter julle rûe. Hy stry verniet, hy date haar reeds, ek sê mos sy is klaar sy girl. Hy was net te eie met haar toe hy haar getroos het gisteraand en ook toe hy haar van Rosco af opgetel het. Dis ook nie asof hulle mekaar nie ken nie. Hy ken haar al van geboorte af. Hy ken haar beter en langer as wat hy vir my ken." Ethan lag en vryf Abi se hare deurmekaar. "Wat jy eintlik vir my sê is dat jy vir Niko van Bandit en Carly ook al net so goed ken." Hy sien hoe sy sussie se wange pienk verkleur en hy sien sy Ma se waarskuwende kyk om haar nie te terg oor Niko nie. "Ag Niko hy is 'n regte ass en te groot vir sy skoene. Maar ja ek ken hom en ek ken sy tipe. Lyk my hy en Rosco is nie verniet nefies nie." Ethan frons maar sy Ma skud haar kop. "Jy weet Abi as enige ou en ek bedoel enige ou, ook die wat soos familie is, met jou sukkel kom sê jy vir jou Ouboet ek sal hulle uitsort vir jou." Sy kyk op van haar bord af en glimlag. "Dankie Ethan ek sal jou sê maar ek sort hulle meestal self uit. Vra vir Ma." Verona lag. "Ja behalwe dat ek moes skooltoe gaan om my dogter uit die hoof se kantoor te gaan haal. Niko het maar oes gelyk, want sy het sy neus gebreek en sy hemp was geskeur. Bea se Ivanka het 'n skelm video gevat en my kom wys. Jou sussie het hom omtrent in die grond rondgerol, maar vir haar straf moes sy met haar sakgeld vir hom 'n nuwe hemp koop al het Carly gesê dis nonsens hy het mos gesoek vir moeilikheid. Hy is natuurlik lekker gestraf deur Bandit want hy mag vir 'n maand nie daai off-road eers uittrek om te was nie." Ethan skud sy kop. "Hoe mis ek dit alles en wat het Niko jou gedoen?" Abi begin lag en verstik in haar kos en toe sy beter voel kyk sy laggend na hom. "Dit is wat gebeur as mens muisneste het. Jy sien niks anders om jou raak nie." Sy versober effens en bloos weer. "Hy het aan my boud gevat en goed vir my gesê wat ek nie gaan herhaal nie, dit was erg genoeg om dit voor ou Mnr. Meyer te moet sê die ou perv." Ethan frons. "Hel hy is net twaalf en hy doen al sulke goed. Jy moes hom beter gevoeter het." Sy glimlag. "Ek sou as Leo de Bruno in Graad 7 my nie gekeer het nie. Jy onthou seker hy is ons Hoofseun die jaar." Die manier wat sy Leo se naam sê laat hom na sy Ma kyk en sy glimlag net effentjies en knik vir hom oog. So sy kleinsus like vir Leonardo de Bruno. Nie slegte smaak nie, glad nie sleg nie. "Dis eintlik dalk goed so anders moes ek nog die klein twat se hospitaalonkostes ook seker met my sakgeld moes afbetaal het want sy Oom Robert sou gesukkel het om sy stukke weer aanmekaar te werk en dit sou baie geld gekos het." Ethan kan dit nie help nie hy gooi sy kop agteroor en skree soos hy lag. "O genade jy praat al nes Jade van die twat. Ag nee Abi ek kan nie so baie lag op een slag nie. Jy is net te erg." Dit laat Abi glimlag en Bear is bly om te sien sy kinders het darem nog nie hulle sin vir humor verloor nie. "Ethan ek hoor jy sê vir jou Ma Rosco het 'n tor los, as Hunt hom vat maak hy mince van hom. Ek weet nie of dit verliefdheid is of sommer net simpelgeit wat hom getref het nie. Hel hy is nie soos Hunt of Gypsy nie. Hulle sou nie sulke goed aanvang nie." Ethan eet eers klaar voor hy sy Pa antwoord want net-nou verstik hy ook soos Abi. "Abi maak toe jou ore want ek gaan nou blunt wees en ek is nie seker of Ma wil hê jy moet hoor wat ek sê nie." Verona lag net en skud haar kop. "Abi is groot genoeg om te weet wat aangaan sy weet wat hier gesê word bly net hier Ethan en jy weet dit ook. Ons sal nie herhaal wat jy nou hier sê nie. Praat maar reguit seun." Hy knik. "Julle weet hy was nooit op skool so nie, hy het nie geklik nie. Ons het geleef met die rule snitches get stitches. Ook op universiteit het ons altwee baie girls gehad en nooit op mekaar geklik by die huise nie. Ons was twee wilde kêrels en nee Abi ek bragg nie, dis eintlik lelik en heel stupid om so op te tree. Wel die eerste naweek toe Jade intrek in die bachelors in Joburg is ek soontoe omdat ek alles vir haar gereël het met 'n ou kampus pel Conrad. Hy is 'n flirt en Rosco was bang dat hy met Jade mors. Ek stop toe daar net toe hy en Terra haar begin help om haar goed op te dra derdevloer toe. Needless to say Conrad was buite en omdat ek die arrangements gemaak het, het hy klaar aanvaar sy is my girl. Ek het haar toe net daar in die parkering redelik ordentlik gegroet." Abi begin giggel. "Jy bedoel goed gesoen soos in die movies, sê dit maar." Hy voel effens warm op die wange en hy weet hy bloos effens. "Ja Okay ek het vergeet waar ons is en haar behoorlik gesoen en ewe nonsjalant haar goed help opdra. Alles was heel aangenaam en rustig en terwyl Terra en Jade gestort het, het ek en Rosco die matrasse opgeblaas. Daar was net plek vir die enkelbed matras voor Jade se bed en die dubbelbedmatras moes ons agter die sitkamerstoele voor die deur gooi. Ons het gaan slaap en niks was fout nie. Halfvyf die oggend word ek wakker en wel Rosco en Terra het nie geslaap nie. Nadat ek hom mooi gevra het om sy sussie in ag te neem en hom intoom te hou die naweek. Toe ek half regop kom kon ek hulle duidelik sien wat beteken Jade wat hoër op haar bed was as ek moes dit ook kon sien. Ek kyk toe of sy nog slaap en daar lê sy met haar vingers in haar ore en opkyk na die dak. Ek het soos 'n ass gevoel en toe sy sien ek kyk vir haar was sy bloedrooi. Ek moes vinnig dink en het haar net beduie om my te volg. Sy het gewone kort pajamas aangehad en ek was net in my bokser toe gryp ek so as nagedagte die comforter van my bed af en boender haar by die balkondeur uit. Ek het die comforter oor my skouers gegooi en op die enigste stoel gaan sit en haar op my skoot neergetrek en die kante van die comforter bo-oor haar om ons toe gevou. Dit was koud op die balkon wat moes ek doen? Hulle twee in die middel van alles stop en oor die vingers tik en nog boonop 'n eye full van Terra ook kry? So ek het gedoen wat ek kon om Jade die meeste van die verleentheid te spaar. Ons het so twintig minute na 'n halfuur daar gesit en toe het ek ingeloer en die stort gehoor. Ek het Jade lanklaas so kwaad gesien. Sy het hulle actually weggejaag en gaan stort en die badkamerdeur amper uit die kosyn geklap." Bear skud sy kop. "Ek weet Jade is nie 'n kind nie, maar vet weet hy moes darem gedink het aan haar verleentheid." Ethan knik. "Ek het ook so gedink. Wel hulle het gaan ontbyt eet sonder ons want ek het gesê hulle moet maar alleen gaan tot my en Jade se bloeddruk gesak het. Ons twee het sommer broodjies met worsies en gesmelte kaas geëet wat sy gemaak het terwyl ek stort. Daarna het ek en sy haar week se kos gaan koop en toe kom hulle terug en grovel bietjie. Wat niemand anders weet nie en ook nie hoef te weet nie is dat ek die volgende naweek alleen by Jade gaan kuier het en vir Danie-hulle ontmoet het en saam met Jade die Saterdagaand by hulle gaan braai het. Daarna het ons besig geraak met haar huis en die workshop en ek het haar eers weer gesien toe ek haar met die Hummer gaan oplaai het in opdrag van Hunt." Hy haal sy foon uit en wys hulle die foto van Jade toe sy uitgekom het uit die woonstelblok en dié wat hy by die prysuitdeling van haar op die verhoog en saam met Wanda en ook saam met die ander studente in haar klas gevat het en sy Pa gee 'n wolwefluit. "Hel Ethan sy lyk stunning in 'n rok en sy is darem Gypsy se kind dit kan jy sien." Ethan lag vir Abi se gesig toe sy die foon by haar Ma aanvat. "Wow, dis 'n damm sexy rok daai en daai shoes, o my wêreld ek sal moor vir so paar stiletto's. En dis met dit wat sy jou gedreig het as jy op haar skoene trap?" "Ethan glimlag breed. "Die einste paar stiletto's." Sy Ma en Pa weet daar is meer aan daai skoene maar hulle weet ook hy sal hulle nooit daardie deel vertel nie. Ethan het as tienerseun 'n poster van 'n swartkop model net in 'n eina broekie en stilletto's binne in sy kas geplak gehad, sy het met haar rug na die kamera gestaan en oor haar skouer na die kamera gekyk en Bear moet bieg daai was 'n sexy poster. "So en dis nou waaroor Rosco dink hy weet presies wat ons gedoen het en ons onder die bus try ingooi het gisteraand. Nou try hy ons vang vry êrens dat hy seker foto's kan vat of sy Pa stuur om op ons af te kom in een of ander netelige posisie of so iets soos hy en Terra gevang is deur Sting en Hunt." Bear voel vies en hy dink hy gaan 'n ernstige gesprek met Hunt hê, sommer môre nog maar hy sê niks daarvan vir niemand nie. Abi kyk nadenkend na Ethan. "As ek jy is sal ek hom iets gee om sy tong oor in te sluk." Ethan voel sy is reg. "Ja ek kan seker so iets doen. Ek wil net nie in die proses om hom 'n punt te wys vir Jade kwaad of seermaak nie. Ek dink ek hou te veel van die Jade wat nie ertjies in my oog wil gooi of my wil verongeluk nie." Verona voel ook vies en sy kry vir Hunt en Gypsy jammer oor hulle seun skielik so ass is. "Wel bring Jade een aand vir ete. Ek voel vere wat wie daarvan dink. Sy is nie 'n vreemde girl vir ons nie so eintlik sal dit nie snaaks wees as sy hier aankom nie. Ons is al vir jare huisvriende. Of nog beter, ek nooi haar sommer self môre vir ete, sorg dus dat jy môre aand hier is sesuur." Ethan is bly hy het oopkaarte met sy Ma-hulle gespeel en hy knik. "Is reg Ma ek sal hier wees." Abi glimlag breed en stamp aan Ethan. "Ek dink nie jy is ooit te veel geworry or kwaai Jade nie. Dis juis wanneer sy in 'n Firecracker verander wat jy haar baie baie like. Buitendien 'n Jade sonder haar Firecracker kant sal nie Jade wees soos ons haar ken nie. Erken dit nou maar Ethan jy het die hots vir onse Jade en sy is nie bestand teen die Ross charms van Mr. Cool nie." Sy Ma en Pa lag te lekker en hy kan seker maar erken wat hulle reeds vermoed. "Okay Abi ek sal nie verder stry nie, ek het die hots vir Jade en al is ek dalk Mr. Cool is sy definitief dié een persoon op hierdie aarde wat my, my cool heeltemal kan laat verloor en my baie onderantwoordelik laat optree." Abi lag nou en gee a fist pump en kyk na haar Ma-hulle. "Sien julle ek het dit mos gesê al daar by die Rhino toe daai stupid brat Elandra nog aan sy arm gehang het soos 'n bangle, maar hy net oë vir Jade gehad het." Ethan kom agter sy sussie is heeltemal te slim vir haar twaalfjaar. "Abi, ek wil net vra dat jy niks van hierdie gesprek vir Jade oorvertel of aanmerkings oor ons maak môre aand nie. Jade kan 'n tergery en grappies vat jy weet dit, maar ek wil nie hê sy moet ongemaklik voel by ons nie. Sy like dit niks dat almal alles van haar besigheid af weet nie, jy het gisteraand gehoor wat sy sê. Ek wil haar nie date en almal weet elke oomblik wat ons doen nie. Dit is niks lekker om heeltyd onder 'n mikroskoop of vergrootglas te leef nie. Jy verstaan mos wat ek sê. As jy van iemand hou by die skool gaan jy dit nie like as almal weet van elke skelm briefie of sweetie wat hy vir jou gee nie. Selfs al is dit net 'n oogknik is dit lekker om dit te kry en niemand anders sien dit behalwe jy nie. " Abi glimlag en hy weet sy weet presies wat hy sê voor sy nog iets sê. "Ek hoor jou. En in die club is niks ooit 'n geheim nie. Selfs toe ek Niko gevoeter het, het almal dit geweet voor Pappa dit geweet het. Ek sal niks sê om Jade ontuis te laat voel nie, ek belowe. Ek like haar te veel en sy het vir my opgekom toe Elandra amper in haar broek gedinges het oor ek 'n chalet met hulle moet deel en sy het die bank gevat en my 'n bed saam Cleo gegee." Jade is vroeg eers by Dream Harleys en is nie seker of sy moet gaan werk in die werkswinkel en of sy haar eie plekkie moet oopmaak nie. "Môre Jade maak jy nie shop oop vanoggend nie my kind?" Sy glimlag en gaan sit in die stoel voor haar Pa se tafel. "Ek was nie seker of ek 'n maand kennis moet kom werk nie, daarom is ek hier. Loop ek net dan word daar gesê dis oor ek die Pres se dogter is." Hunt verstaan wat sy sê. "Ek weet maar jy gaan steeds ons custom sprays doen. So kom ons maak 'n deal, maar wag ek roep Bear in." Hy staan op en kom met Bear en Bandit terug. "Okay kom ons gesels gou." Bandit druk Jade se skouer en Bear gee haar arm 'n drukkie toe hy langs haar gaan sit. "Môre Jade jou nuwe overall en T is darem mooi jong." Sy lag en kyk na Bear. "Dankie Bear, Hannah het 'n goeie job met die borduurwerk gedoen en ek is mal daaroor." Hunt en Bandit kyk na Jade se kontrak en dan knik Bandit. Hy is darem haar direkte hoof. "Okay ons sal jou nie by jou kontrak hou nie, as ons die helfte van al die customs wat jy in die volgende maand doen se geld kan kry. So met elke Custom split ons die geld gelykop 50% vir Firecracker's customs en 50% vir Dream Harleys. Daarna is dit jou baby en jou inkomste. As jy wil kan jy pamflette laat druk en orals in ons shops sit by die kassiere. So kry jy goeie bemarking." Jade knik. "Nou goed ek is happy met die deal. Dankie ek waardeer dit. Ek het darem 'n advertensie in die Bike SA laat sit wat Vrydag behoort te wys en ek gaan vanoggend een in Junk Mail en Auto trader ook laat sit. Ouma Helenie het gesê as ek pamflette laat druk sal sy ook in haar praktyk van dit sit." Bandit klop haar goedig op die blad toe hy loop. "Break a leg Firecracker, dit was net 'n plesier om jou in my workshop te hê en ek is sad om jou te laat gaan, maar ek is bly jy het iets gekry wat jou ure se plesier gaan gee." Jade stap later en maak haar shop oop en kyk weer na alles en skud haar kop.
YOU ARE READING
Kinkels en Kronkels boek 2 The Caretakers' MC
General FictionBikers en club stories. Michael Hunt en Hazel of te wel Gypsy het 'n seun Rosco en dogter Jade of te wel Firecracker wat dinge in The Caretaker's MC aan die gang en interressant hou.