Jade stap Dream Harleys binne met 'n spesifieke doel voor oë sy weet net nie hoe haar Pa gaan voel oor haar voorstel nie. Hy sit met papierwerk wat hy gou afhandel vir hulle rekenmeester Sting. Mens kan nie glo Sting is so briljante rekenmeester as jy hom net op sy bike ken nie. Hannah sê altyd hy is super slim hy hou hom net soms dom. Hannah is 'n haarkapster en hulle dogter Terra volg reg in haar Ma se voetspore terwyl die bike mechanic ding vir Renaldo gebyt het en hy elke dag vertel hoe lekker werk hy vir Dream Harleys. Jade en hy het saam vir hulle motorwerktuigkundige kursusse gegaan en toe elkeen nog 'n kursus in motorfietse alleen gedoen. Hulle is die jongste van Hunt se crew. Die ander Ivan, Claud en Bandit is die oumanne in die workshop by Dream Harleys maar almal werk lekker saam. Jade wil egter nie vir ewig gestuck sit agter in die workshop nie daarom brave sy vandag haar Pa. "Hallo Paps is jy besig of kan ons gesels?" Hunt kyk op en dan weer op die papier voor hom. "As jy my vyfminute kan gee dat ek net die vir Sting scan en mail kan ons praat." Sy knik. "Is reg ek sal wag." Hunt maak klaar en dan sit hy agteroor en kyk na sy dogter wat elke dag meer na sy Gypsy lyk. "Nou goed uit daarmee, jy kom nooit sommer net gesels nie." Sy glimlag want sy weet haar Pa ken haar te goed. "Okay ek wil verder swot ..." Hunt glimlag. "Ek hou daarvan, vertel my meer." Jade gaan dit nou maar waag. "Wel daar is 'n maand kursus by die Ekurhuleni Artisans and Skills Training centre vir spray painting. Ek wil graag daai kursus doen, maar dan gaan ek vir 'n maand nie kan inkom werk toe nie. Dan is daar 'n 2 dag Hydrographics training class deur OHW PAINT Co. Dis net soos 'n mini workshop, Pa weet die dipping waarvan almal so praat wel ek wil dit leer doen en dan is daar 'n week kursus by Airvolutionin Lynnwood waar ek my airbrushing skills bietjie wil opkry. So Pa sien ek het nou genoeg gespaar vir hierdie drie kursusse en hier is genoeg mechanics dis nie asof ek Pa regtig in die steek laat nie ..." Hunt hou sy hand op en sy verwag die ergste. "Ek hoor alles wat jy sê maar ek sal nie dat jyself daarvoor betaal nie. Wat van ek betaal dit alles en jy gaan daarvoor en kom terug met meer kennis om Dream Harleys mee te wow." Sy skud haar kop spytig. "Ek kan nie dat jy dit betaal nie Paps want ek het 'n ander plan vir my toekoms." Hunt lyk bekommerd en sy begin verduidelik. "Paps sien ek wil een van die oop winkels in die mall by jou huur en vir my net 'n spray paint shop oopmaak. Ek wil in die toekoms net spray painting doen, ek wil afskaal met die mechanics gedeelte. Ek moet êrens begin om op my eie voete te staan. Een van hierdie winkels is groot genoeg om my custom spray booth te laat installeer en dan met my wenprys van die rally al my eie customs te doen. Ek het reeds 'n sake-plan opgetrek en ek sal van Sting gebruik maak as my rekenmeester." Hunt se gesig is onleesbaar en sy raak paniekerig. "Dis regtig nie dat ek Pa in die steek wil laat nie, ek bedoel ek kan steeds vir julle customs doen ook." Hy begin glimlag en sy sit verlig terug. "Jade ek verstaan alles wat jy sê en ek dink jy het 'n werkbare plan. Hoekom voel ek of jy twyfel?" Sy lag senuagtig. "Dit is nie dit nie, ek het getwyfel of Paps my plan gaan afskiet. Ek was bang jy voel ek laat julle in die steek." Hy skud sy kop. "Nee jy kan relax, ek dink dit is 'n puik idee, maar ek gaan steeds nie dat jy jou studies self betaal nie. Ek het jou broer se vierjaar betaal en ek gaan dus al jou kursusse betaal. Die winkel op die punt en regoor Dream Harleys is oop en ek dink dit is een van die groteres wat beter sal beter werk vir jou spray booth agter in. Ons kan as jy wil net 'n klein gedeelte voor vir 'n toonbank en kasregister en dalk 'n stoel of twee afskort dan het jy 'n veel groter booth en plek waar 'n bike of twee kan staan en rakke vir jou verf en goed." Sy knik nou. "Ja ek dink dit kan werk. Kan ons gou gaan kyk daarna?" Hunt staan op. "Kom ons kan dalk vir Ethan vra om die uitleg vir jou te doen dan kan ek alles in plek kry terwyl jy die maand kursus gaan doen." Hy sien nie haar benoude gesigsuidrukking nie maar hoor wel die huiwering in haar stem en hy het 'n goeie idee hoekom. "Um ja seker." Elke keer as Ethan by Rosco draai by die huis is sy êrens anders besig of oppad om na Terra toe te ry. Hulle kyk na die leë winkel en sy sien die klein kombuisie agter en die badkamertjie en sy voel heel gelukkig. Agter daardie gedeelte van die Mall staan 'n klein tuinwoonstel in sy eie erfie en sy weet haar Pa het jare terug daar gebly. "Wat van die woonstel? Kan ek nie maar daar intrek nie?" Hunt kyk spekulerend na haar. "Rosco is ouer as jy en hy het nog nie eers uitgetrek nie, dink jy nie dis beter as jy nog by ons bly nie?" Sy skud haar kop. "Nee want ek mind nie om my eie wasgoed te doen of my eie kos te maak nie en hy is 'n lui-alie, dit is hoekom hy nog by julle bly. Ek word tog oor tweemaande een-en-twintig." Hunt hou nie daarvan nie maar hy kan nie net nee sê sonder 'n goeie rede nie. "Ek sal met jou Ma gesels en dan sê ons jou wat ons oor die woonstel besluit het." Sy weet daarmee sal sy tevrede moet wees vir nou, so sy sê niks verder daaroor nie. Sy is later besig om 'n bike om te ry en voor die winkel te stop toe Ethan aangestap kom hande in die sakke. Sy is nie seker of hy net na sy Pa toe kom nie, maar dit lyk of hy reg op haar afloop daarom vat sy haar tyd om af te klim. "Wow is 'n mooi yster die een." Sy knik. "Ja dié een is nogal 'n stunning masjien." Hy kyk na haar en sien sy kyk na die motorfiets. "Jou Pa sê ek moet jou vra om my na jou nuwe werksplek toe te vat dat ek kan sien waarmee ons moet werk en dan moet jy my meer vertel oor jou plan." Sy verwens haar Pa, maar sy weet nou kan dit nie anders nie. "Laat ek net die sleutel ingee en die ander winkel se sleutel kry." Hy gesels met sy Pa terwyl sy die ander sleutel kry en aangestap kom. Hulle val woordeloos langs mekaar in en stap oor die parkering langs na die winkel op die punt. "Aha dis die groter een. Okay hiermee sal ons kan werk. Vertel my wat jy beoog?" Sy vertel hom wat sy wil doen en beduie hoe groot stuk sy vir die winkel se front sal gebruik. Hy vat mates en praat bouplanne met haar terwyl hy rofwerk 'n skets op die vloer vir haar trek met 'n stuk bordkryt. "Dit lyk nie sleg nie, so kry ek darem 'n idee van hoe groot my spray booth gaan wees. Jy moet asb. die plan dan maar optrek dan kan ek vandaar af aangaan. Ek sal die fooi vir jou eft sodra jy my die invoice mail." Hy skryf haar email en besonderhede asook die mates in 'n klein sakboekie by die klein kombuiskassie. Sy staan en leun teen die muur met haar hande agter haar rug en die son se strale val mooi bo-oor haar dat haar hare blouswart vertoon en haar oë 'n snaakse deurskynende groen lyk. Toe Ethan opkyk kyk hy reg in haar oë en vir 'n oomblik is altwee tjoepstil. Hy druk die boekie in sy sak en loop om die kassie terwyl hy stip na haar kyk. Hy sit sy hand teen die muur bo haar kop en hy is verbaas dat sy stilstaan. "Is jy steeds kwaad vir my oor ek jou gesoen het tydens die rally?" Sy skud haar kop en laat sak haar oë na die vloer voor haar. "Nee dis water onderdeur die brug." Hy lig haar ken met sy ander hand en glimlag. "Dis goed so dan sal jy seker nie te kwaad wees vir my as ek dit weer doen nie." Hy leun vorentoe en soen haar saggies dat sy snak en toe hy die kans kry word dit 'n volbloed soen. Sy is huiwerig, maar hy gee nie om nie, hy weet wat hy wou weet, hy het hom dit nie net verbeel nie, sy het regtig die sagste lippe ooit. Hy gee haar nie 'n kans om te dink of te reageer daarop nie, hy los haar vinnig en stap deur toe. "Sien jou Jade, ek sal jou plan optrek en jou kom wys." Jade is oorbluf en sy vat aan haar mond. Wow wat 'n soen. Elke keer word dit beter wat hy haar soen, hy beter nou ophou anders gaan sy verslaafraak daaraan. Sy loop stadig uit en sluit die winkel voor sy net so stadig terugstap Dream Harleys toe. Sy bêre die sleutel en besluit om te gaan lunch. In die diner gaan sit sy by haar gewone booth en Verona kyk na die droomverlore uitdrukking op Jade se gesig. Sy het gesien sy en Ethan is saam na die een oop winkel op die punt en sy het hom gesien terugloop sonder Jade, maar met 'n helse glimlag op sy gesig. Daar moes iets gebeur het om Jade so te laat lyk. "Die gewone vir jou Jade?" Sy kyk op en knip haar oë asof sy nie mooi by is nie. "Ja dankie Tannie Verona." Sy sit ingedagte en eet toe Ethan skielik in die booth oorkant haar neersak. Sy laat sak die vurk met die chip op halfpad van haar mond af en hy lag en steel hom van haar vurk af. "en nou as jy so lyk?" Sy ruk haarself reg. "Ek sit hier en droom oor hierdie heerlike chippies en dan kom steel jy sowaar my kos. Bestel jou eie." Sy keer toe hy nog wil steel en Verona sit 'n bord kos voor hom neer en raps hom met die vadoek oor sy hand. "Nee waar's jou maniere Ethan, mens steel nie kos nie." Sy loop vinnig weg en Jade gryp 'n chip uit sy bord. "Nou is ons even." Hy lag en begin eet. Hulle sê nie veel nie tot hy oor haar planne begin praat. "Wat het jou laat besluit om jou eie plek te begin?" Sy trek haar skouers op. "Ag ek weet nie juis nie, ek is dalk net moeg vir die mechanics van my werk. Dis eentonig en ek kry min kans om 'n custom spray te doen. Ek moet dit altyd tussen my ander werk indruk." Hy knik. "So jy gaan nie meer vir Dream Harleys in die workshop werk nie?" Sy knik. "Ja ek gaan kyk of ek vir die volgende maand se kursus by Ekurhuleni Artisans and Skills Training centre vir spray painting kwalifiseer. Dan gaan ek vir die maand die kursus doen, dan 'n 2 dag workshop oor Hydrographic dipping en dan 'n week kursus in airbrushing net om my skills so bietjie op datum te kry. Eers na dit sal ek aan my shop begin werk." Hy sit sy mes en vurk neer en kyk ernstig na haar. "Jy gaan seker nie elke dag inry Johannesburg toe vir 'n maand nie?" Sy trek weer haar skouers op. "Ek weet nie, dis dalk al manier wat ek dit kan doen. Gaan te duur wees om in 'n hotel of iets te gaan bly." Hy haal sy foon uit en begin deur sy contacts scroll. "Gee my net 'n oomblik kans." Hy wag en dan antwoord iemand want hy glimlag asof die persoon hom kan sien. "Hey Conrad, Ethan hier hoe gaan dit...nee wat ook geen klagtes nie...Sê my het jy nog daai flats wat jy aan studente verhuur? O ja ek het 'n vriendin wat vir 'n maand kursus moet gaan in daai omgewing. Mmm ... ja soortvan ... nee net save parking vir haar bike en 'n veilige slaapplek. Nee ek dink nie sy sal omgee nie. Bachelor is fine ... okay dankie ek kom terug na jou toe met die datums. Dankie Conrad jy is 'n pel duisend." Hy glimlag vir Jade se gesig. "Okay ek het 'n vriend wat saam met my geswot het. Hy het 'n woonstelblok geërf by sy Oupa, nou verhuur hy dit op 'n maandelikse basis aan studente. Dit is goed versorgde woonstelle en dit is veilig. Ek en Rosco het self 'n paar keer daar gehuur as ons groot praktiese gedeeltes van ons kursusse gehad het om te doen. Hy het 'n bachelor op die derdevloer soos jy weet is 'n bachelor klein. Daar is 'n bed en ander meubels in. Jy gaan lakens en komberse benodig en jou eie kos moet maak. Daar is 'n yskas, wasmasjien en droër. 'n Prepaid meter vir jou krag en hy vra net R50 'n nag. Dit gaan jou dus R1500 kos vir verblyf, sê so R500 se prepaid en jou kos. Daar is ook 'n motorhuis vir jou bike." Sy kyk verbaas na hom. "Is jy nou ernstig? Vir wat sal jy dit nou wil doen?" Hy lag weer vir haar voor hy baie ernstig in haar oë kyk. "Ja Jade ek is doodernstig en ek wil weet jy is veilig as jy in Johannesburg is. Dit is nie soos hier nie en as jy nie 'n goeie plan het nie gaan jou Pa dalk moeilik raak. Hy ken vir Conrad van die tyd wat ek en Rosco daar gebly het so hy en jou Ma sal meer gerus wees. Is dit so snaaks as ek jou try help?" Sy kyk af op haar bord en dan op na hom. "Ja eintlik is dit weird as jy my wil help en ons nie baklei oor iets nie." Ethan glimlag geheimsinnig. "Jy moet my net beter leerken Jade dan sal jy sien ek is nie so bad persoon nie. Ek en jy hoef nie altyd net te baklei nie. Ek hou baie meer van die sagte Jade wat my toelaat om haar te soen en daarna heel verdwaas en deur die weer lyk. Laat 'n man goed voel as hy 'n girl kan soen en sy lyk of sy nie weet waar sy aan of af nie. Sal jou Conrad se goed email, dankie vir 'n great lunch Jade." Hy staan op en loop tot by sy Ma. "Gooi Jade se ete op my rekening Mams." Sy Ma knik en glimlag geheimsinnig. Toe Jade wil betaal skud sy haar kop. "Ethan het dit klaar betaal Jade, stuur groete vir jou Ma." Jade glimlag effe verleë. "Um ... dankie Tannie Verona, ek sal my Ma sê." Verona kan nie wag om Clive te vertel nie. Hopelik het Ethan se oë nou oopgegaan. Jade weet nie eintlik hoe om oor Ethan se betaal van haar ete te voel nie en sy het lus en stuur hom die geld in 'n koevertjie. Vir wat sal hy dit nou doen en by 'n plek waar almal hulle ken en veral sy Ma dit gesien het? Jade loop skaars die huis in toe Rosco haar bydam. "So ... nou gaan jy at last jou eintlike droom bewaarheid." Sy lag en hang haar valhelm en baadjie op in haar kamer terwyl sy luister na sy gekekkel soos 'n vroumens. Aan tafel vra haar Pa of sy toe apply het vir die maand se kursus. "Ja Pa ek behoort binne twee-dae te weet. Um ... Ethan het na die winkel kom kyk en toe sê hy Rosco en hy het in 'n Conrad ou se flats gebly soms en ek het so tentatief 'n bachelors flat op die derdevloer met 'n garage vir my bike vir die volgende maand as ek aanvaar word." Hunt glimlag en Rosco gaap Jade aan. "Wat! Hoe het jy presies by Conrad uitgekom?" Sy kyk vraend na hom. "Wat maak dit nou saak. Ek het sy nommer by Ethan gekry." Rosco skud sy kop, hy gaan nou-nou vir Conrad bel en net sekermaak hy weet dit is sy sussie dat hy nie met haar flirt en tekere wil gaan nie. Conrad is lief vir enige ding wat rok dra en nie juis dating materiaal vir sy sussie nie. Na ete bel hy vir Conrad en toe Conrad vir hom sê Ethan het gesê dis vir sy girl toe smile hy baie breed. Dit sal darem beteken dat Conrad nie met haar sal lol nie, want hy is miskien 'n cassanova homself maar ander ouens se girls en getroude vrouens los hy uit. Die volgende oggend kry Ethan besoek in sy kantoor en hy wonder dadelik hoekom Rosco lyk soos 'n kat wat 'n pieringmelk gekry het. "Jou slim hel, dit was nou voorwaar slim om vir Conrad te sê die flat is vir jou girl, dan sal hy darem nie met Jade lol nie." Ethan besef verlig Rosco weet nie regtig wat in Ethan se binneste aangaan nie. "Ja man is al waaraan ek so vinnig kon dink dat hy weet om haar uit te los, jy ken hom. En ten minste is sy veilig in daai flat. Dis darem net vir 'n maand. Hopelik kom hy nie agter ek gaan kuier nie." Rosco frons nou. "Nee gaats jy sal moet daar gaan draai op 'n naweek anders kry hy snuf in die neus." Ethan knik maar binne-in wil hy skree en 'n fist pump gee. Hy sal baie versigtig moet wees as hy Rosco wil fnuik in die toekoms. Hy weet nie of Rosco daarvan sal hou as sy beste vriend sy suster date nie, maar hy moet eers vir Jade makmaak voor hy oor Rosco worry. Hunt hoor die gil vanuit die workshop en dan Renaldo en Jade se gelag. Hy neem aan sy is goedgekeur vir haar maand lange kursus en toe sy by sy kantoor instorm lag hy en staan op toe sy haar arms om sy nek gooi. "Ek aanvaar jy is goedgekeur." Sy lag. "Jip ek moet teen die volgende naweek in die flat intrek. Ek begin die 1ste Mei of dan eerder die 2de want die 1ste is mos 'n vakansiedag. Ek moet net vir my kos koop daar en ek moet my eie beddegoed en natuurlik my klere vat. Ek sal vir Rosco vra om dit vir my te gaan aflaai die naweek. Dan kan ek net met my bike deurry." Hunt sien hoe blink haar oë en hy is bly sy lyk beter as 'n paar weke terug. Hy kan net nog nie besluit of dit die idee van 'n nuwe werk is en of dit iets te doen het met Ethan se vele verskynings met die winkel se planne en 'n koppie koffie hier en daar of 'n dougnut van die diner af nie. "Ons sal kyk en besluit wie vat jou goed deur. Die ander kursusse gaan jy dan seker los vir die volgende maand." Syknik. "Ja ek sal dit so deur die loop van die volgende maand doen." Die aand aan tafel stem Rosco in om haar goed vir haar deur te vat. "Dis mos nou geen probleem nie. Ek en jy ry die Vrydagaand deur en ek slaap daar by jou oor dan kan ek vir jou gaan wys waar jy goedkoop inkopies kan doen en waar is dit die veiligste om te koop. Al die plekkies is nie te vertrou nie veral nie as jy vrou alleen daar is nie. Jy moet maar jou tazer en jou handgun saamvat en sommer nog pepperspray ook." Hunt kyk vir Gypsy en sy knik. "Jade liefie ek en Ma het bietjie gedink oor die ander woonstelstorie en besluit as jy die maand in die bachelors okay is en jy voel jy hou van jou privaatheid en alleen wees dan kan jy in die ander woonstel intrek." Sy weet wat dit haar Ouers moet kos om toestemming daarvoor te gee en sy spring op en gee hulle drukkies en soentjies. Rosco kyk vraend van die een na die ander tot Jade hom inlig. "Die woonstel agter die Mall waar Paps jare terug gebly het. Dis mos deel van die Mall wat hy gekoop het voor hy en Mams getroud is. My winkel is reg voor my woonstel dan." Hy knik en kyk na sy Ouers. "Wel dan gaan julle seker vies wees vir my want ek het 'n woonstel so tweeblokke van die Mall af gekry in dieselfde blok as Ethan en ek wil die begin van die maand daar intrek." Gypsy glimlag. "Hoekom sal ons vies wees Rosco. Een of ander tyd moet ons julle mos laatgaan om op julle eie voete te staan. Julle weet natuurlik hier is tonne ekstra meubels in die stoor waarvan julle kan kies om in julle woonstelle te sit as julle nie omgee vir tweedehandse meubels nie." Jade gee 'n gilletjie. "Wow, ek debs net die witbal en klou stel met die blomme eerste vir my woonstel." Gypsy lag toe Rosco verlig lyk. "Jy kan dit vat Sus ek soek daai groot sleeper stel. Ek sal hom net nuut laat oortrek, jy kan al daardie wit geverfde meubels vat. Sommer die eetkamerstel en die sidebord en alles." Hunt en Gypsy lag vir die kinders se opgewondenheid en later in hulle slaapkamer keer hy haar voor toe sy wil badkamer toe gaan. "Jy lyk nie juis baie hartseer oor die twee nou so gelyk die nes verlaat nie." Sy lag guitig en trek hom aan sy hemp die badkamer in. "Ek is dalk so bietjie hartseer, maar dan dink ek aan die tye voor ons kindes gehad het en ek het 'n paar idees in my agterkop." Hy begin lag en trek sy hemp uit voor hy haar in sy arms intrek. "Ek hou van waar jou gedagtes gaan Gypsy, sommer vrek baie ook." Die volgende dag praat Rosco en Ethan gou voor hulle na hulle onderskeie kantore toe stap. "Ek moet haar goed deurvat Joburg toe, maar ek wil hê jy moet ook daar pitch dat Conrad kan sien as hy vir haar die sleutel gee en die lease laat teken dat jy daar is. Ek sal vir ons die opblaasmatrasse saamvat dan slaap ons die naweek oor en kom Maandag huistoe. Dan kan ons haar wys waar om te koop en waar om weg te bly." Ethan knik. "Okay jy sê nie die naweek nie, maar die volgende een? Ek sal vir Conrad laatweet ons kom deur dat hy die sleutel en die kontrak Vrydagmiddag reg het vir ons." Deur die dag werk Ethan aan Jade se winkel interrior planne en hy voel regtig in sy skik met die uitleg toe hy met middagete na haar toe stap in die werkswinkel. Hy sien haar egter by die diner instap en hy glimlag toe hy haar agterna sit. In die diner sit sy in haar gewone booth agter in die hoek en met 'n notaboek en pen besig om iets te skryf toe Ethan oorkant haar inskuif. "Middag Jade, is jy besig of kan ons besigheid gesels oor middagete?" Sy kyk op toe hy in die booth inskuif en sien sy lieflike breë glimlag. "Wel jy sit klaar en jy het papiere in jou hand so gesels maar." Hy grinnik toe sy Ma vra of hulle die gewone gaan vat."Ja wat myne is selfde as altyd en jy Jade?" Sy kyk na Verona en glimlag."Selfde as altyd Tannie Verona, myne is net vir my eie rekening asb?" Ethan skud sy kop. "Nonsens moenie difficult wees vandag nie asb. Jade?" Sy wag dat Verona loop voor sy haar kop skud. "Ek gaan nie dat jy elke etenstyd my ete betaal nie Ethan. Ek is gewoond om my eie goed te betaal." Hy kyk ernstig na haar. "Moenie harekloof oor 'n ete nie Jade. Kyk liewers na die plan en sê my of jy daarvan hou en of jy iets verander wil hê." Sy vat die plan by hom en kyk daarna voor sy opkyk en glimlag. "Dit lyk heel goed, ek hou daarvan. Ek is nie seker hoe jy nog 'n kantoor ook vir my ingekry het nie, maar dankie dié sal vir my werk." Verona bring self hulle kos en Ethan knipoog vir sy Ma en sy lag. Jade gaan hom sekerlik verongeluk as hy vandag weer haar ete betaal, maar dis 'n sakie tussen hulle twee. "So ek hoor by Rosco jy is goedgekeur vir daai kursus en jy trek die 1ste Mei al in of eerder die aand van die 28ste April." Jade knik. "Ja dan het Rosco tyd om my te wys waar om te shop en waar om weg te bly. Hy gaan so tekere het my tot vertel ek moet my handgun, my tazer en pepperspray saamvat. Hy maak my amper bang." Ethan is ernstig wanneer hy met haar praat. "Dis nie dat dit 'n rowwe plek is waar jy gaan bly nie, ek sal nooit vir jou die plek laat kry het as dit 'n bad neighbourhood was nie. Die gedeeltes waar jy gaan deurry na die sentrum toe waar jy gaan klasloop is bietjie anders as wat jy gewoond is. Baie industriële plekke en jou klasse sal seker tot vyf saans aan wees. Dis klaar amper winter en dit raak vroeg donker saans. Die woonstelblok self het sekuriteit en niemand kan voor jou deur land as jy hom nie self op buzz nie, maar Rosco is nie verkeerd nie. Vat jou handgun en dra hom aan jou sy, jy is gelinsence om hom te dra, sorg net dat jy altyd jou lisensie by jou het. Daar sal plek wees waar julle, julle goed kan toesluit by die sentrum, want dis maar soos 'n college." Jade knik. "Is reg ek sal hom maar aan my sy dra. Ek hoor Rosco het 'n woonstel in jou blok gekry?" Ethan knik. "Ja ek dink hy en Terra raak dalk nou ernstig, ek weet net nie of Sting en Hannah daarvan gaan hou as hulle saam intrek nie. Almal in die club is dalk 'n klomp bikers maar ons almal se Ouers is nogal erg oor dié dinge. Alhoewel hulle seker nie sal kan keer dat enige van die kinders nie saamslaap nie. Ek is amper seker Renaldo en Luzaan het al saamgeslaap as ek hulle so kyk en jou liewe niggie Lorrie het die naweek van die rally uit Rico se chalet gesluip vroeg die een oggend." Jade bloos effens. "Oom Robert kry 'n fit as hy weet want sy moet nog matriek skryf aan die einde van die jaar. Ek weet Luzaan en Renaldo knyp die kat in die donker want sy het dit self gesê die naweek van die rally en hy lyk helfte van die tyd op 'n Maandagoggend hoogs tevrede met homself. Rosco speel met vuur, Sting hang hom aan die naaste boom op as hulle in die sopland. Ek is ook nie seker hy gaan Terra laat trek voor sy een-en-twintig word nie en dis eers in September. Gelukkig kon ek my Pa-hulle se arm draai en hulle oortuig ek sal heel veilig wees in my eie woonstel so ek trek in my woonstel in as ek terugkom van hierdie kursus af." Hy kyk vinnig na haar. "Waar het jy 'n woonstel gekry wat jou Ouers sal goedkeur, jy word dan eers een-en-twintig in Junie?" Sy glimlag vermakerig. "Jy weet die woonstel agter die Mall, daai tuinwoonstel wat saam met die Mall aan my Pa verkoop is? Dit staan al amper sesmaande leeg en my Pa kry nie huurders wat hy trust nie. Dis reg oorkant my nuwe shop, so my Ma en Pa voel dis okay en dit is steeds naby hulle en as Rosco trek is dit net tweeblokke van hom af." Ethan se kop draai behoorlik van al die inligting en hy dink aan al die moontlikhede om by haar te gaan kuier sonder dat die koppe draai en daar te veel fluisteringe is. Hy wil kans hê om haar mak te maak sonder te veel toeskouers rondom hulle. "Wow jy is gelukkig dat jou Pa-hulle jou gaan toelaat om op jou eie te bly. Dink jy nie jy gaan alleen wees nie?" Jade kyk verbaas na hom. "Nee wat ek hou van my stilte en as ek werk aan 'n custom dan wil ek nie gepla wees nie, maar in die huis nou, het ek nie 'n keuse nie, want met etes word verwag as ons by die huis is, moet ons aan tafel wees tensy ons dodelik siek is." Hy glimlag. "Ja my Ma was ook nog altyd so. Soms mis ek dit, maar in my woonstel kan ek doen wat ek wil en eet wat ek wil en inkom so laat ek wil. Ek pla niemand as ek laat inkom of vroeg wil gaan draf of gym toe gaan nie." Jade se oë gaan oor sy borskas en voorarms wat uitsteek by sy opgerolde moue van sy knopieshemp en sy wens sy kan die res sien. Sy het hom al baie in 'n swembroek gesien, maar in die laaste paar jaar vermy sy hom as hy en Rosco kom swem of selfs op rallies sien sy hom nooit meer sonder 'n hemp nie. "Ek hoop maar ek bly lekker daar, daar is darem 'n tuin waar ek kan uitloop nie soos julle soos voëls in 'n koutjie doer hoog bo nie." Hy lag en stoot sy bord terug om sy koffie te drink. "Dis nie so bad as wat jy dit laat klink nie. Ek hoef nie gras te sny nie en die uitsig is vrek mooi. Jy moet eendag kom kyk dan sal jy sien." Sy lag net en vat haar notaboek en pen en maak reg om op te staan. Ethan staan op en staan tussen haar en die toonbank waar sy Ma is. "Jy gaan nie dit betaal nie Ethan." Hy lag haar uit. "En wie gaan my keer Jade? Sekerlik nie jy nie." Hy gee sy kaart oor sy skouer vir sy Ma en Jade wil slange vang. "Moenie 'n scene maak nie Jade asb?" Hy vra so mooi met so pleitende uitdrukking op sy gesig dat sy haar kop skud omdraai en loop."Dankie Ethan maar ek gaan weier om weer saam met jou te eet as jy dit aanhou doen." Hy lag net vir haar toe sy uitloop. "Ai my kind julle twee moet altyd oor iets stry." Hy draai na sy Ma toe. "Is dit so verkeerd as ek haar ete wil betaal? Dis nie asof sy een of ander duur seekos of halwe bees of so iets eet nie, dis 'n simpel bedraggie tussen vriende." Sy Ma glimlag geamuseerd. "Vriende sê jy? Van wanneer af is jy en Jade vriende? Normaalweg wil julle mekaar teer en veer." Hy glimlag geheimsinnig. "Ek dink ons is darem soortvan vriende Ma. Miskien word ons net altwee groot ..." Veel later sit Verona en Gypsy en gesels oor 'n koppie koffie in Coffee en Cream. "Ek was vir 'n hele ruk bekommerd oor Ethan en die Elandra. Gelukkig het hy haar ware kleure gesien en haar gelos. Ek sien jou Rosco en Terra gaan nou ernstig uit." Gypsy knik. "Ja ek het vir jou part geworry oor Elandra, maar soos jy sê het hy haar ware kleure gesien. Ek wil eintlik Rosco se nek breek, want ek is seker hy en Terra knyp die kat in die donker. Ek het vir Hunt gesê hy beter hom die leviete voorlees en sorg dat Rosco hulle beskerm. Gelukkig hoef ek nog nie oor Jade so erg te worry nie. Sy vermy meestal die kêrels." Verona kyk na Gypsy en wonder hoe gaan sy oor Ethan voel as sy weet wat hy doen. "Ek sien haar en Ethan nogal gereeld. Hulle twee eet menige middag saam in die diner. Sy kom gewoonlik in van die workshop af in haar overall en dan is dit nie vyf minute nie dan loop hy in. Ek het al gedink hy hou haar dop." Gypsy begin glimlag. "Was dit nie nog altyd ons droom dat hulle twee trou nie?" Verona lag nou. "Ja ons het dit nog altyd so gesê nê. Jade wil hom egter steeds elke middag nek omdraai want hy betaal haar ete voor sy dit self kan betaal. Hulle het net-nou ook weer 'n stryery daaroor gehad. Ek het so idee Ethan begin in haar rigting kyk. Clive sê hy kom baie oggende nou daar aan by Dream Harleys en dan los hy 'n koppie koffie en 'n cinnamon doughnut vir haar by ontvangs. Ek weet hy werk aan haar winkel se planne vir Hunt, maar daar is te veel kere wat hy haar toevallig raakloop of iets vat om te eet." Gypsy lag nou saggies. "Laat my dink aan Hunt toe ek die muur by die ingang vir hom geverf het en ook daarna. Hy het altyd 'n cinnamonbun en cappachino saam Anita of Bea gestuur." Dit laat hulle altwee lag, maar dan word Verona ernstig. "Jy en Hunt gaan dus nie 'n probleem daarmee hê as Ethan dalk bykom en met Jade uitgaan nie nê?" Gypsy skud dadelik haar kop. "Nee genade ons ken hom ten minste en ek dink darem sy sal altyd veilig wees by hom. Ons twee moet maar dophou en dalk die twee meer in mekaar se geselskap stoot as ons so oor en weer kuier en almal is bymekaar." Dit is met groot gelag en baie planne wat Gypsy en Verona die coffee shop verlaat.
BINABASA MO ANG
Kinkels en Kronkels boek 2 The Caretakers' MC
General FictionBikers en club stories. Michael Hunt en Hazel of te wel Gypsy het 'n seun Rosco en dogter Jade of te wel Firecracker wat dinge in The Caretaker's MC aan die gang en interressant hou.