Jade is besig met 'n custom spray job en sy weet nie dat Advokaat le Roux alweer hier is maar dié keer sonder sy motorfiets nie. Ethan het hom gesien stop toe hy na ontbyt by sy Ma se diner uitkom en hy voel sommer dadelik onvergenoegd. Toe hy sien hy stap Dream Harleys toe besluit hy om gou oor te stap soontoe, dis mos niks snaaks as hy gou by sy Pa 'n draai maak nie. In Dream Harleys besluit Hunt om te sien wat die knaap met sy dogter soek. "Goeie môre kan ek help?" Le Roux weet nie hy is Jade se Pa nie, dus is hy heel gemaklik met die groot biker en hy glimlag breed. "Môre ja ek is eintlik opsoek na Jade." Hunt weet hy moenie vies word nie, maar die familêre manier wat hy Jade se naam sê krap hom dadelik om. Hy sien vir Ethan inkom en by Bear se kantoor inloop terwyl hy le Roux 'n vuilkyk gee. "Jade is my mechanic en sy is besig om te werk, kan ek vir haar 'n boodskap gee?" Le Roux glimlag steeds. "Ek weet ek wou net vinnig met haar gesels het." Hunt frons en gluur na le Roux. "Wel terwyl jy nou wil gesels, sê vir my waaroor presies wil jy met Jade gesels, dalk kan ek jou help?" Le Roux lyk selfvoldaan en dit maak Hunt nou regtig vies. "Ek dink nie jy kan my met dit help nie dankie ek is nie into mans nie en ek flirt dus nie met mans nie. Wat ek met haar wil bespreek is persoonlik." Ethan en Bear luister na die storie en Ethan begin stadig glimlag terwyl Bear saggies lag. "Nou luister hier Advokaat le Roux dat ek jou gou 'n dingetjie vertel. Alles omtrent Jade is my besigheid en ek voel vere of jy into mans of vrouens is of selfs beide en ek het definitief nie met jou geflirt nie, jy is nie my tipe nie. Eerstens is Jade my werknemer en haar tyd is my tyd en geld in die vorm van haar werksure, tweedens is Jade my dogter en niks wat jy dus met my twintigjarige dogter wil bespreek kan so persoonlik wees dat ek nie daarvan moet weet nie. Wat wil jy so graag met Jade maak?" Le Roux se glimlag is nou heeltemal weg en hy sluk swaar. "Um ... Eksuus ... um ek wou net geweet het of sy nie saam met my middagete wil gaan eet het nie." Hunt vou sy arms oor sy breëbors en hy lyk erg intimiderend. "Weet jy sy is regtig besig en sy gaan seker nie eers vandag vir lunch tyd hê nie. As sy besig is met 'n custom spray roer sy nie uit die spray booth uit nie. Skryf jou naam en nommer hier neer, ek sal vir haar gee." Hy skryf sy naam en nommer op die klein geel sticky note en Hunt plak hom langs haar naam op die bord waar daar klaar 'n paar ander name en nommers geplak is. Le Roux sê dankie, groet en loop terwyl Ethan by Bear se kantoor uitkom. Hy gee Ethan 'n kyk en herken hom van die diner, maar verstaan nie wat soek hy in die bike shop nie. Hy het 'n pakklere aan en hy is wel net so groot soos Jade se Pa maar hy lyk nie na 'n biker nie. Hy voel sommer vies dat hy Jade nie kon sien nie, hy dink hy moet lunch tyd hier kom rondhang en kyk of hy haar nie wel sien nie. Intussen lag Bear hom amper simpel. "Ai Hunt jy sal al Jade se kêrels wegjaag as jy so maak, hoe gaan die kind ooit behoorlik date as jy haar voornemende kêrels so die skrik op die lyf jaag?" Hunt gluur na Bear. "Enige ander ou as hierdie dipshit sal doen Bear en ek hoop regtig my kind het beter smaak as dit." Ethan lag en groet vir Bear en Hunt voordat hy fluit-fluit uitstap. Hy sal vir Rosco hierdie insident moet vertel. 'n halfuur later lê Rosco soos hy lag. "Daai klink na my Pa hoor. Ek wonder net wat lê le Roux so agter Jade, sy is nie sy tipe nie en ek hoop en bid hy is nie haar tipe nie want hy sal haar try verander soos my Ma se ex-man met haar gedoen het." Ethan kyk peinsend na Rosco. "So wat is Jade se tipe dan Rosco?" Rosco dink vir 'n oomblik. "Ek dink nie die suit draende mans is haar tipe nie, sy moet 'n ou kry wat met sy hande werk. Hierdie een is 'n softy." Ethan begin lag. "Rosco luister jy na jouself? Ek bedoel meeste van ons klub se mans lyk glad nie sleg in 'n goeie pakklere nie. Ek en jy dra pakke klere werk toe, ons werk in 'n kantoor, sê jy dan ons is ook twee softies?" Nou glimlag Rosco. "Nee man dis nie wat ek bedoel nie. Dis net hierdie ou lyk na 'n softy, ek en jy werk self aan ons bikes behalwe as tyd 'n issue is en Jade dit kan fix vir ons. Ek en jy gym en ons het spiere op elke denkbare plek. Jy kan dit even sien al het ons suits aan. Hierdie ou lyk na 'n regte lunsriem, so ou bleeksiel." Dit laat Ethan net nog meer lag maar hy besluit om liewers te gaan werk as om Rosco verder te laat afgaan oor die softy. Jade kom naderhand uit die spray booth en Renaldo glimlag. "Jy lyk happy, het dit goed gegaan daarbinne?" Sy glimlag tevrede. "Jip ek dink dit lyk sommer spiff, sal maar sien of Armando van dit hou, hy het nie 'n prentjie gegee nie, net verduidelik hoe dit so min of meer moet lyk. Ek gaan hom gou boodskap dat hy na skool kom kyk. As hy happy is kan hy hom dié naweek rally toe ry. Hy behoort teen Vrydag top coat te hê en droog te wees. Dit is darem eers vandag Maandag." Sy loop die shop binne en kyk na die bord om te kyk wat is haar volgende job toe sy die sticky note sien. Haar Pa kyk op en praat uit sy kantoor met haar. "Hy was hier om jou te vra vir lunch maar ek het op sy battery gep... jy weet wat ek bedoel. Hy was cocky en het gesê ek het nie nodig om te weet hoekom hy na jou soek nie dis persoonlik en ek het hom verduidelik jy is nie net my werknemer nie maar ook my dogter. Toe verander sy deuntjie vinnig." Jade lag. "Dankie Pa, hy kan vergeet van lunch ek stel nie in die twat belang nie." Sy vat die sticky note, frommel hom op en gooi hom met 'n boog in die asblik agter die toonbank voor sy rustig die foon vat en 'n kliënt bel wie na haar gesoek het. Sy gesels so rukkie voor sy aflui."Pa Mnr. Lubbe se bike staan. Hy kry hom nie aan die gang nie. Ek gaan gou uitry en kyk dalk kan ek dit sommer on site fix. Watter bakkie vat ek?" Hunt glimlag. "Hier vat sommer die swarte, hy het tools en alles in. Dit is gewas en gecheck vanoggend. Dalk moet jy 'n spaar plug en so aan vat vir ingeval." Sy gryp so paar spares en skryf dit in die boek voor sy uitloop en in die bakkie spring. Dan kom haar Pa uitgeloop met die kussing in sy hand en sy lag en spring uit. "Dankie Pa!" Sy sit altyd 'n ekstra kussinkie op die karre se sitplekke omdat sy so kort is. Selfs die nuwe karre se fancy opjack seats help nie eers nie. Gelukkig kan sy die bike vinnig aan die gang kry en omdat sy die kaartmasjien saamgevat het, kon Mnr. Lubbe sommer dadelik betaal. Terug by Dream Harley's het sy die bakkie net voor die winkel geparkeer toe Etahnbaangestap kom diner toe vir middagete en le Roux wragtig ook daar stop. Hy wil nog op haar afstap toe Ethan haar onderskep en haar van agteraf om die lyf vang reg voor die bakkie en in haar oor fluister. "Ontspan en speel net saam Firecracker die advokaatjie is alweer hier op jou spoor." Sy staan doodstil en vir enige een sal dit lyk of Ethan haar soen toe sy opkyk oor haar skouer na hom. Sy fluister egter smoorkwaad vir hom en haar oë blits. "Het ek nie vir jou gesê ek kan my eie battles fight nie?" Hy lag in haar gesig af en sy weet sy moenie dat daai smile haar van balans gooi nie. "Ek weet jy het dit gesê maar ek was vanoggend in die winkel toe hy jou kom soek het, ek weet hy gaan nie ophou voor iemand hom behoorlik op sy plek sit nie. Hierdie ou soek jou met 'n seer hart as hy jou Pa aandurf," Sy sluk en sien uit die hoek van haar oog hoe le Roux terugklim in sy kar en vinnig die parking verlaat. Daarom tree sy vinnig uit Ethan se arms en sit haar hande op haar heupe toe sy omdraai en na hom kyk. "En wat gee jou die idee dat ek nie dalk belangstel in sy middagete versoek nie?" Hy lag haar uit en sy vervies haar. "Want jy het self gesê hy is 'n regte twat, nou nie wat jou Pa hom genoem het nie, maar steeds. Het jy dan so vinnig van opinie verander?" Jade het lus en skop hom op die knie. "Wat my opinie is en wie ek wil date het gelukkig niks met jou uit te waai nie. Gaan skryf vir jou upstairs girl voor en los my uit." Sy draai om en stap weg sonder om hom 'n kans te gee om iets te sê. Sy sien haar Pa en Bear kyk vraend na haar toe sy inkom en sy hang die bakkie se sleutel op terwyl sy oor haar skouer praat. "Toemaar dis net weer Ethan wat dink ek kort 'n hoeder." Sy teken die parte af in die boek en dateer die rekenaar gou op voor sy deurloop agter na die workshop toe. Bear kyk vir Hunt en Hunt trek sy skouers op. "Nee moet my nie vra nie, ek verstaan net nie jou seun se beweegrede om haar te wil beskerm nie. Die twee sit dan altyd vas oor alles." Bear gee 'n geamuseerde laggie. "Hunt ek dink daar sit meer agter die vassittery as wat ek en jy van weet." Hunt skud sy kop. "Ek verstaan dit nie, hy het dan 'n girl Bear. As Elandra gesien het wat nou net gebeur het, sal sy Jade se oë uitkrap. Jy weet hoe Sally was nê. Wel ek dink Elandra is haar Ma uitgeknip. Ek het haar dopgehou 'n paar weke terug op die breakfast run. Sy hou nie daarvan dat Jade en Ethan met mekaar praat nie, al stry hulle net." Bear knik. "Ja hy het dalk nou 'n girl maar ek dink dis omdat hy nie vir Jade kan kry nie en ja ek het gesien hoe hatige kyk gee sy vir Jade." Woensdagmiddag is Jade in Dream Harley's toe Armando instap. Hy groet en Jade vat hom aan die hand en trek hom by die deur uit na waar sy, sy bike geparkvhet onder die afdakke. Le Roux is net besig om uit sy kar te klim en hy sienvdie seun in sy skoolklere saan met Jade. Dit kan seker darem nie 'n kêrel weesvnie. Hy stap nader en sien toe die seun vir Jade om die lyf gryp en in die rondte draai. "Wow, Jade jy is one in a million. Ek het nog nie so spray job gesien nie, dit lyk awesome. Duisend dankies. My Pa en Rico gaan vrek jaloers wees. Ek gaan definitief my Pa se arm draai dat ekself rally toe kan ry met my bike." Jade lag en toe hy haar neersit bekyk hy die bike van alle kante af. "Jy weet as die ouens op die rally weet wie het hierdie bike gespray gaan jy 'n hele klomp boyfriends optel nê." Sy skud haar kop. "Ag jy is laf Armando, ek soek geen boyfriend nie, moenie jy nou ook begin nie." Le Roux besluit om die bul by die horings te pak en stap nader. "Hallo Jade, wow is dit jou werk dié?" Jade kyk om en sug toe sy hom sien. "Hallo Advokaat le Roux, ja dit is my werk. Moet my net nie sê jy wil so iets op daai lelike geel Harley van jou hê nie." Hy lag en skud sy kop. "Nee, maar ek wil graag 'n lunch date met jou hê." Jade is lus en skree. "Luister en luister nou mooi Mnr. le Roux. Ek stel nie belang nie, ek en jy is nie op dieselfde golflengte nie en ons sal ook nooit wees nie. Ek leef in 'n ander tipe wêreld as jy. Jy mors jou en my tyd om hier te bly stop en my te pla. Totsiens ek hoop nie ek sien jou gou weer nie." Sy draai om saam met Armando en stap terug Dream Harleys toe. Binne kyk Armando na haar en begin lag. "Hel Jade my Ouboet was reg jy sal ouens soos die advokaatjie vir breakfast opeet in plaas van om met hom uit te gaan." Sy trek net haar neus op en lag oor sy woorde. "Man ek het nie tyd vir sy nonsens nie." Armando kyk vir'n oomblik spekulerend na haar. "Verskoon dat ek dit sê Jade en moet my nie verkeerd verstaan nie asb, maar jy is vrek mooi en die ou kan dit seker nie help dat hy mal is oor jou nie. Is daar enige ou wat 'n kans staan om jou hart te verower?" Jade staan nadenkend vir 'n oomblik voor sy haar kop skud en hom ernstig antwoord. "Daar was 'n paar jaar terug so 'n ou Armando, hy sou my dalk nog kon oorreed om met hom uit te gaan, maar nou ja hy het ook maar voete van klei en 'n twat vir 'n girlfriend. So nee ek dink nie daar is 'n man wat my sommer sal kan oorreed om hom te date nie." Donderdag is almal in rep en roer en al die biker winkels in Bikers' Oasis mall is toe. Almal is reg vir die groot Rhino Rally in Parys en dit is 'n vêr ent om te ry so hulle ry met sonsopkoms weg van die clubhuis af. Dit is koel en die vrouens se SUV's en Double caps is gepak en sleepwaens gehak. Dit is Jade se derde jaar wat syself ry, maar dié jaar is daar iets wat haper en Gypsy en Hunt het dit altwee gesien. Jade is reg om te ry, maar dis of haar gewone blymoedigheid nie vanoggend daar is nie. Rosco is egter opgewonde want hy en Terra maak nou ernstig ogies vir mekaar en hierdie wegbreek beteken hulle het nie een werk wat hulle gaan besighou nie. Hunt sorg dat daar genoeg spares en tools in die een bakkie is en Ivana en Cindy ry met hom af Parys toe. Ivana het haar arm gebreek en Cindy is half verkouerig en nie lus vir 'n groter snotneus op die bike in die wind nie. Half vyf is Jade aangetrek en is nog besig om haar koffie te drink toe die ander bikers intrek. Sy sit skuinsgedraai op haar bike en kyk na almal om haar maar vanoggend bring dit geen glimlag na haar gesig nie. Van sy Woensdagaand by Rosco gehoor het Ethan vat vir Elandra saam is haar geesdrif geblus en sy wonder nog die hele tyd of hulle twee 'n chalet gaan deel. Gewoonlik vat al die Ouers 'n familie chalet en hulle kinders deel dit sonder enige probleme met hulle Ouers. Dit is die eerste jaar wat een van die kinders in die club 'n girlfriend saamvat en sy is nie seker hoe dit gaan werk nie. Sy is net dankbaar sy sal oudergewoonte seker by haar ouers in 'n chalet slaap. Sy wil die twee nie eers saam sien nie. Hopelik is die Jaw Breakers se club daar en kan sy dalk saam met Spitfire en Shotgun se kinders kuier, want dié jaar sal Terra sekerlik saam met Rosco wil uithang en Rosco en Ethan is altyd saam. Sy gaan beslis nie vyfde wiel aan die wa speel nie. Sy gaan spoel haar koppie uit vat haar rugsak en maak reg om te ry toe haar Pa die huis sluit en almal op hulle bikes klim. Almal val soos gewoonlik twee-twee langs mekaar in, maar Jade hou haar vreeslik besig tot sy sien Ethan is klaar in die ry langs Rosco. Terra is voor Rosco maar Lorie is langs haar want dis haar eerste jaar wat syself ry.bAlmal is in die ry toe Jade langs die agtienjarige Cleo intrek wat ook haar eerste rally self ry. Net voor hulle is Cleo se Ma-hulle, Claud en Simoné en Claud knik vir Jade. Hy weet sy sal 'n oog oor Cleo hou. Dan agter hulle val al die bakkies en Suv's in. Dis 'n lekker genoeg rit maar Jade se hart is nie in dié rally nie. By hulle eerste stop om te breakfast sorg sy dat sy aan 'n ander tafel land saam met Cleo, Lorie, Luzaan, Renaldo, Robin, Maddy, Abigayle, Ivanka, Niel en Niko. Abigayle, Ivanka en Niko is twaalf en die jongstes en hulle ry elk saam met 'n Pa of Ma. Hulle weier om die jaar in die karre te ry soos babies. Luzaan sit langs Jade en stamp op 'n stadium aan haar. "Hey jy is awfully stil vanoggend. Ek sien jy ry nie saam Rosco en Terra-hulle nie. Het jy en Terra gefight?" Jade glimlag. "Nee ek gee haar en Rosco net 'n kansie om mekaar se geselskap te geniet. Ek is Cleo se babysitter op hierdie trip." Cleo hoor haar en maak laggend kapsie. "Hey jy kan nie so sê nie, ek ry goed genoeg, jy was net 'n slowpoke en moes toe agter by my inval." Jade lag. "Toemaar-toemaar ek spot net, en ek like dit om agter te ry dan kan ek almal voor my sien." Renaldo en Luzaan kyk vir mekaar en sy skud haar kop vir hom en gelukkig sê hy niks nie. Hy het in die week al vir haar gesê daar is fout met Jade. Sy is nie haarself nie. Sy het haarself tot 'n helse bloukol geslaan met 'n spanner wat gebly het, sy het 'n blaps gehad met 'n spray job en sy het nie eenkeer vir lunch die workshop verlaat nie. Sy het toebroodjies gebring en agter teen die muur in die son met 'n koppie koffie en haar broodjies gaan sit. Dit is nie hoe sy haar niggie ken nie, maar sy het Renaldo gesê om Jade liewers net uit te los. Na ontbyt val almal weer in die pad, maar voor hulle kan ry het Jade en 'n paar van die ander jonges gehoor hoe Elandra kerm oor sy koud kry en nie lekker sit nie. Ethan het haar 'n ekstra baadjie laat aantrek en sy het met 'n gemor agter hom opgeklim. Met middagete is hulle naby Parys en Hunt besluit hulle kan maar die laaste uur en 'n half uithou en by die oord gaan eet. Toe hulle intrek sien Jade 'n klomp clubs wat hulle ken en sy is dankbaar daar is ander mense met wie sy dalk sal kan uithang ook. Hulle staan in 'n bondel terwyl Bear en Verona die slaapplekke uitdeel. "Ons het die jaar ongelukkig nie al die groot gesinschalets gekry nie, dus gaan ons julle klomp jonges in die groot chalets sit en die Ouers in die kleiner 2 persoon chalets. Die een chalet is 'n vierslaapkamer waarvan die vierde kamer 'n derde bed in het vir Rosco, Ethan, Renaldo, Niko,Maddy, Lorie en Robin. Die tweede chalet is 'n drieslaapkamer Jade, Terra,Luzaan, Cleo, Abigayle en Elandra. Ek dink julle verstaan presies hoekom dit so ingedeel is en ons trust dat julle daarby sal hou. Die Ouers julle weet reeds watter chalets julle s'n is, so laat ons afpak." Natuurlik is Elandra moeilik en sy stel nie belang om met die ander te deel nie. Skaars in die chalet of sy gaan af daaroor. "Ek haat dit om 'n badkamer te deel met ander vrouens en ek gaan ook nie 'n kamer met een van julle deel nie. Die een wat met my moet deel kan maar op die bank slaap. Ek verstaan nie hoekom ek en Ethan nie ons eie chalet kon kry nie. En hoekom 'n blote kind soos Abigayle saam met ons groter vrouens moet slaap en nie saam met haar Ouers nie verstaan ek nog minder." Jade weet hier kom 'n cat fight as hulle nie keer nie, Terra en Luzaan sal haar aanvat. "Luister Elandra ons wil ook nie regtig met jou deel nie en om dit vir almal makliker te maak kan jy besluit watter kamer jy wil hê. Terra jy en Luzaan vat 'n kamer, Cleo en Abigayle vat julle 'n kamer en ek sal die bank in die sitkamer vat. Die badkamer sal jy ongelukkig met ons almal moet deel, daaraan kan ons nou niks doen nie. Ons is almal 'n klomp jong ongetroude meisies daarom maak dit nie saak dat Abigayle wat so te sê 'n tiener is by ons slaap nie. Ten minste is sy veilig hier." Jade vat haar sak en gooi hom anderkant die bank neer en loop sommer dadelik weer by die chalet uit. Sy het nie lus vir Elandra se nonsens nie. Sy sien haar Pa staan en gesels met Spitfire en Shotgun net toe haar Ma by hulle chalet uitkom en ook nader stap. Almal begin so een vir een aankom en staan in groepies en gesels toe Spitfire se een-en-twintigjarige seun Ruan of eerder Yster soos hy bekendstaan vir Jade gewaar. Hy is groot en stewig gebou en hy tel Jade sommer op en draai haar in die rondte. "Wow en Firecracker is nog mooier as wat ek haar laas gesien het toe ons nog op skool was. Sjoe Hunt jy het sekerlik 'n groot gun om die manne weg te hou van die enetjie af." Almal lag en toe hy Jade neersit slaan sy hom 'n hou in die ribbes dat hy krul van die pyn. "Yster jou skarmunkel jy kan my nie net rondswaai soos 'n semelpop nie." Hunt lag. "Jy sien Yster ek het geen gun nodig nie, my Jade sort hulle sommer self uit. Vra haar daar was juis 'n advokaatjie wat haar 'n ruk terug so gepes het, maar hy is nooit meer te sien naby die mall nie." Armando kom van The Surgeons se kant af aangestap saam met sy Pa Mario en broer Rico en dis hy wat lag en hulle vertel hoe sy die advokaatjie sy fortune vertel het. Die drie clubs besluit om almal saam te gaan eet en sit af na die naaste restaurant toe. Die arme personeel daar moet hulle storie ken en Jade maak seker sy sit nêrens naby Ethan en Elandra nie. Sy land dus weer tussen 'n klomp jonges maar dié keer sit Yster aan haar eenkant en Armando aan haar anderkant met Maddy langs hom. Rico en Lorie het saam met Rosco, Terra, Ethan, Elandra, Renaldo en Luzaan aan 'n tafel geland. Yster is darem goeie geselskap en hy vertel net vir Jade hoe fassinerend vind hy die universiteit. Hy swot vir Landskapargitek en Jade luister aandagtig na alles wat hy vertel. Vir 'n oomblik vergeet sy van Ethan en Elandra en lag sommer 'n paar keer hardop wat haar Ma en Pa en ook Luzaan en Renaldo na haar laat kyk. Luzaan vertel onderlangs vir Renaldo wat het in die chalet gebeur en hy is lus en vat Ethan aan oor sy girl se swak gedrag, maar Luzaan skud haar kop. "Nee los dit, ons sal haarself uitsort." Luzaan en Terra sit langs mekaar en Terra hoor wat Luzaan vertel en besluit om Rosco later in te lug. Na middagete loop almal rond, maar soos altyd weet die klomp jongmeisies om nie enige plek alleen te loop nie, hulle loop altyd in 'n groep. Hierdie keer laat Yster hom egter nie afskrik nie en stap hy en sy pelle saam met die jonges van The Caretakers en The Surgeons deur die stalletjies en kyk na ander se bikes. Jade is natuurlik vinnig in 'n geselsie met 'n professionele spray painter en Armando nooi hom om Jade se handewerk te besigtig. Hy is mightily impressed en hy deel van sy tips met Jade en gee raad en gee tot sy nommer as sy ooit iets wil weet. Hy lag ook en knik vir haar oog toe hy aanbied dat sy as sy intern kan kom werk vir hom. Sy lag egter net en bedank hom mooi voor sy en die ander aanbeweeg. Hulle besluit dat hulle die volgende dag almal gaan deelneem aan alles wat hulle moontlik kan. Daar is vrek baie games en dinge. Elandra kyk met afkeuring na alles en almal om haar en Hunt skud sy kop toe hy dit sien, maar dis Bear wat sy gedagtes verwoord. "Jy weet ek sien vir Sally asof dit gister is, sy het ook niks van ons bikers gehou nie." Hunt knik. "Vrek ja en ek het agterna baie keer dankie gesê dat ek daai huwelik met haar gespaar is. Ek voel eintlik jammer vir Ethan as sy hart by die een vashaak." Bear lag beterweterig. "My liewe President, ek weet sy hart is nie op die een nie, maar die kind is te vrek moedswillig om dit te herken en vir die real deal te gaan. Ek hoop nie hy vat te lank nie." Hunt weet nie presies van wie hy praat nie, maar hy sien Bear kyk na waar Jade en die ander staan en lag en gesels. Hy hou net nie van Yster se belangstelling in Jade nie en hy hoop nie sy moedig hom aan nie. Hy is nie mal oor hom nie en hy weet hy is bevooroordeeld, maar as hy sy Pa se kind is, het hy dalk 'n dwalende oog net soos Shotgun en as hy Jade se hart breek sal hy wat Hunt is hom opdonder. Sy is juis nie haarself die laaste week of so nie.Kort-kort vang hy haar dat sy etenstyd agter die workshop teen die muur sit en eet en net sit en voor haar uitstaar. Hy hoor die jonges gesels en hy vang net hier en daar 'n woord, maar hy besef die meisies het reeds 'n eerste onderonsie met Elandra gehad. Kort voor aandete gaan al die vroumense warm goed soek oor die wind effens koud is en hulle buite gaan vleisbraai en kuier om die bonfires. Rosco en Ethan staan elkeen met 'n bier in die hand eenkant onder 'n boom voor hulle chalet en wag vir die meisies. "Is jy vies oor jy en Elandra nie kan share die naweek nie?" Ethan gee 'n kort-af laggie. "Nee ons is nog nie op daai vlak nie Rosco so ek gee glad nie om nie. Ek weet nie maar ek het nie eers die urge om by haar te slaap of 'n skelm vry êrens in te kry nie." Rosco knik en toe die meisies een vir een uit die chalets begin aankom sien Rosco Jade loop 'n wye draai om hom en Ethan, maar hy glip vinnig deur die meisies en gooi sy arm om haar nek en trek haar teen hom aan. "Hey sus wat is jy so skaars? Jy het nie saam met ons klomp gery nie, jy kuier al heeldag saam met die tiener klomp en nog meer saam die ander clubs. Gaan jy my sê wat gaan aan of moet ek begin raai? Is jy nou 'n oorloper soos Lorie en Maddy?" Jade lag en sy weet nou moet sy mooi trap want Rosco ken haar te goed. "Nee man ek het jou en Terra net so bietjie 'n kans gegee om saam te ry en Cleo het iemand nodig gehad om by haar te bly, jy weet sy ry nog nie so lank nie. Ek kan ook mos nie ongeskik wees en die ander clubs se lede 'n koue skouer gee nie. Pa sal my nooit vergewe nie." Rosco druk haar ken met sy hand agteroor dat hy in haar gesig kan kyk. "Jy jok nie dalk vir jou Ouboet nie nê?" Sy lag en skud haar kop voor sy onder sy arm uitduik. "Nee hoekom sal ek dit wil doen?" Sy glip deur die ander en sluit weer by die ander jonges aan 'n ent van Rosco, Terra, Ethan en Elandra. Na ete keer almal laataand terug chalets toe en Jade hoor Ethan en Elandra praat langs hulle chalet. "Nee Elandra ek gaan nie deur die venster by jou inklim nie, is jy laf? Dis moeilkheid soek en ek gaan nie vir my vriende en familie begin lieg oor goed nie." Sy hoor die onvergenoegdheid in Elandra se stem. "Maar ek wou net 'n bietjie met jou gecuddle het en ek voel so alleen, want die ander praat nie met my nie, hulle is effens hoogmoedig. Ek het nie gedink ons gaan so goor naweek hê nie. Jou Ma kon ons mos maar ons eie chalet gegee het." Ethan sug. "Ek is jammer as jy dit nie geniet nie, maar ek het jou gesê ek dink nie hierdie is jou tipe scene nie. Jy het aangedring om saam te kom. Sien jou môre, goeie nag." Jade hoor Elandra allerhande geluide maak voordat sy giggel en ook nag sê, so sy kan net dink dat die nagsê soen iets out of this world moes gewees het. Almal begin nagklere uithaal en regmaak om te bad toe Elandra uit haar kamer kom en badkamer toe stap. Sy bly amper 'n uur daarbinne en Abigayle raak aan die slaap voordat sy kan bad. Die ander kla die water voel net lou maar hulle is almal vinnig deur die stort. Jade is laaste om te stort en die water is yskoud, sy was dus maar net vinnig en gooi haar slaapsak wat gelukkig altyd in haar een saalsak is as hulle op 'n rally is oop op die bank en kruip in. Die bank is knopperig en sy slaap nie lekker nie. Vyfuur is sy op en die hele oord is steeds doodstil. Sy sluip dus badkamer toe vir 'n warm stort en toe sy uitkom kom die ander een na die ander uit die kamers en volg haar voorbeeld. Sy maak vir haarself koffie en gaan sit op die stoeptrappie min wetende dat Ethan ook op is en op hulle chalet se stoepie sit en haar kan sien. Na sy koffie gedrink het is die ander al almal gestort en aangetrek toe Elandra uit haar kamer kom. "Julle is darem bitter ongeskik en selfsugtig, kyk hoe vroeg is dit nog en nou het julle my wakker geraas. Ek kan nie funksioneer sonder agture se slaap nie." Terra skud haar kop. "Elandra almal staan so vroeg op jy sal sien as jy uitkyk orals is daar roeringe onder die mense. Jy sal maar net moet aanpas of 'n uber kry huistoe." Elandra kyk haar amper dood. "Jy weet jy is nie eers mooi nie ek weet nie wat sien Rosco in jou nie. Jy is in elk geval te common om te weet van agt ure se slaap wat enige vrou nodig het om elke dag op haar beste te lyk." Jade vererg haar. "Elandra hou op om 'n bitch te wees. Jy is ongeskik om so met Terra te praat. Sy is glad nie lelik nie en Rosco weet sy het net so mooi binneste as haar uiterlike. Moet haar ook nie common noem nie, want dit is sy beslis nie. Gaan terug en gaan slaap tot jou bui gesak het." Jade begin die ander by die deur uitstoot en trek die deur vinnig agter haar toe. Hulle beweeg aan na die restaurant toe vir ontbyt en Terra kyk onderlangs na Jade. "Dankie Jade dat jy vir my opgekom het, ek waardeer dit." Jade skud haar kop. "Dis niks vergeet dit ek kan net nie dat sy so met enige een van julle praat nie." Ethan en Elandra kom laat vir ete daar aan en Bear gee hom sy bekende waar die donder was julle kyk wat Ethan laat sluk. Ethan kyk fronsend en kwaai na Jade maar sy kyk verby hom en ignoreer hom en Elandra. Terra fluister vertel vir Rosco van die oggend se onderonsie en hy is lus en vra Ethan om haar te vat en huistoe te ry. Deur die loop van die oggend neem die ander aan allerhande lawwighede deel en natuurlik maak Hazel sketse en geniet haar gate uit. Jade is net so kunstig soos haar Ma en sy haal ook later haar sketsboek uit en terwyl almal op die gras rondlê voor ete, skets sy tot Elandra smalend praat van die baie gypsyrige mense wat hier rondhang. Sy maak egter of sy niks hoor nie, maar maak haar boek toe en stap weg na waar haar Ma-hulle sit en kuier. Sy gaan sit plat op die gras by haar Ma en luister na wat hulle praat en ignoreer die ander jonges. Tydens ete sit sy weer saam met die ander toe Ethan en Elandra op die ander punt van die tafel gaan sit en sy sug verlig. Na ete kuier almal maar steeds saam orals oor die gronde en kyk na die bike shows en nuwe bike gear wat beskikbaar is. Dit is terwyl Jade eenkant teen 'n boom staan en kyk na ouens wat dougnuts trek met hulle bikes dat Ethan skielik langs haar verskyn. "Wat die hel is jou probleem Jade?" Jade kyk stadig na hom. "Ekskuus ek het geen probleem nie, of lyk dit vir jou of ek 'n probleem het?" Ethan is woedend en trek Jade agter die boom in aan haar arm. "Jy is ongeskik met Elandra, jy noem haar 'n bitch, julle lawaai dat sy nie eers 'n oog kan toemaak nie en dan trap jy haar uit en sê sy moet liewers huistoe gaan. So ek vra jou weer wat is jou probleem?" Jade gee 'n humorlose laggie en ruk haar arm uit sy greep. "Dalk moet jy seker maak van jou feite voor jy my kom aanvat oor 'n klomp stront en ophou om my en jou tyd te mors." Sy begin wegstap maar hy loop reg voor haar in. "Jy weet ek begin nou wonder of dit nie net jaloesie is wat jou soos 'n bitch laat optree teenoor Elandra nie." Jade lag in sy gesig vir hom. "Moet jouself nou nie vlei nie Ethan Ross. Al die vrouens val nie flou as jy verbyloop nie en ek veral nie. Dalk moet jy jou Ma gaan vra om jou inligtingsbron met Rosco om te ruil uit julle chalet uit en dan kan almal rus en vrede hê vir die res van die naweek." Sy loop weg en sorg dat sy tussen die ander klomp jonges bly dat Ethan haar nie weer kan voorkeur nie. Hunt het gesien Ethan en Jade staan eenkant en hy kon sien hulle het woorde gehad en hy besluit om Rosco te corner. "Rosco wat gaan aan met Jade en Ethan? Ek sien hulle het woorde gehad 'n oomblik terug. Kan jy uitvind wat gaan aan?" Rosco kyk bekommerd na Jade. "Pa moet weet Elandra is ongeskik met almal en Terra sê sy het gisteraand amper al die warmwater gebruik. Abigayle het nie gebad voor sy aan die slaap geraak het nie, want Elandra het meer as 'n uur in die badkamer deurgebring. Jade het laaste maar net gaan was so by eenuur se kant. Sy het vanoggend half vyf opgestaan en 'n warm stort gaan vat, so ook die ander dat hulle darem kan skoon kom. Toe het sy gesê Jade-hulle is ongeskik en gemeen om haar so vroeg wakker te maak want 'n vrou het agture se slaap nodig om op haar beste te lyk. Toe sê sy Terra is lelik en sy sien nie wat ek in Terra sien nie en sy is common. Ek het lus en loop haar by en klap haar dat sy stêrre sien." Hunt knik ingedagte en Rosco verdwyn stilletjies tussen die ander in. Hy kry Ethan waar hy en Elandra agter'n chalet staan met 'n koppie koffie. "Um Ethan kan ek 'n oomblik met jou gesels asb?" Ethan knik en Elandra stap weg terwyl hulle kyk dat sy veilig by die ander jonges aansluit. Sy staan egter net op die soom van die groep en lyk uiters verveeld. Ethan sien hoe sy Ma en Gypsy by haar aansluit en begin gesels. "Luister Ethan waaroor het jy en Jade baklei, my Pa is nie happy nie, hy intervere nooit met ons kinders se lewens nie, maar hy voel nie gelukkig met jou en Jade se klein oorloggie nie." Ethan sug en vryf deur sy hare. "Rosco ek verstaan nie die verdomde vroumense om ons nie. Wat is die probleem met al die vroumense in die ander chalet? Dit lyk my hulle is almal dikbek oor iets, selfs Terra en my kleinsus Abigayle gee my sulke kwaai kyke. Jade is openlik ongeskik en gemeen met Elandra en ek ken haar as 'n rissie maar nie so teenoor ander vroumense nie." Rosco maak keëlskoon. "Ethan jy weet ons kom al 'n langpad saamvnê en jy moet my asb. verskoon dat ek dit sê maar jou girl is 'n flippen brat. Sy maak dit onaangenaam vir die ander in die chalet want sy het hulle prontuit vertel sy wil nie met hulle deel nie. Sy bad vir meer as 'n uur, gebruik al die warmwater, kerm as hulle opstaan voor nege-uur want 'n vrou wat haar beste wil lyk moet agt-ure se slaap inkry. Volgens haar is Terra common en lelik en sy verstaan nie wat ek in Terra sien nie. Jade het haar gewip en reguit vir Elandra gesê om nie 'n bitch te wees nie en dat Terra net so mooi van buite as van binne is en sy moet ophou moeilikheid soek. Soos ek sê weier sy om 'm kamer te deel en hulle het die kleiner drieslaapkamer chalet, so Jade het vir haar, haar eie kamer gegee, Terra en Luzaan deel 'n kamer en Cleo en Abigayle deel die ander kamer. Sy het gekerm omdat Abigayle nie by julle Ouers in hulle chalet kan slaap nie, want dit is onodig om 'n blote kind in hulle volwasse vrouens se chalet te sit. Of jy dit wil weet of nie, sy is 'n brat en sy pas nie in ons club in nie. Sy maak dit onaangenaam vir almal jou suster inkluis. Ek gaan niks verder oor die situasie sê nie, behalwe dat as sy weer iets oor Terra sê kan jy haar maar op jou bike laai en sommer vroeër met haar verkas huistoe want anders versuip ek haar dalk in een van die swembaddens." Rosco draai om en stap weg voor Ethan iets kan sê. Hy skud sy kop en loop om die chalet want hy wil nie nou met Elandra praat nie. Hy sien Jade alleen loop na hulle chalet toe en hy volg haar vinnig. Hy stop in die deur toe hy sien Jade lê op die naat van haar rug op die bank. Sy gewaar hom en kom dadelik regop terwyl hy die hele situasie inneem. Hy sien haar slaapsak en haar tas langs die bank en hy weet sy slaap hier sodat Elandra privaatheid kan hê. "Kan ons praat?" Sy skud haar kop en begin uitloop. "Nee ek het niks vir jou te sê nie, jy is ook nie veronderstel om in ons chalet te wees nie." Hy gryp haar pols en trek haar terug toe sy wil uitloop, maak die deur toe en druk haar teen die deur vas. "Ons gaan praat of jy daarvan hou of nie. Hoekom het jy nie vroeër verduidelik wat hier in hierdie chalet aangaan nie? Hoekom moet ek van Rosco hoor dat Elandra dit vir julle onaangenaam maak en dat dit sy is wat ongeskik en gemeen is? Since when kan Jade Hunt Firecracker nie haar mond oopmaak en praat nie?" Sy kyk nie na hom nie maar kyk teen sy bors vas sodat hy haar ken vat en na hom toe oplig. "Antwoord my Jade?" Sy ruk haar ken uit sy hand."Since jy so verlief is dat jy in elk geval nie 'n woord sal glo van jou girlfriend se swak gedrag nie. Dit is useless om vir jou te sê dat sy 'n gemene brat is en ons hele rally net vir ons kom opfoes het. So los dit nou maar net, dis darem al vandag Vrydag. Dis net nog môre wat ons met haar moet uithou dan ry ons gelukkig huistoe en kan ons almal vrede vir ons siele hê tot die volgende breakfast run of rally, waarop baie van ons dan dalk nie eers sal belangstel om op te gaan nie." Ethan kyk af in haar blitsende oë en hy weet hy gaan dalk 'n blou-oog hê en spyt wees hieroor maar hy kan dit nie verhelp nie. Hy druk haar met sy lyf teen die deur vas en soen haar terwyl sy hande onder haar t-hemp ingaan en sy hande net bo haar broek se band rus. Sy verstil en staan soos 'n stok teen hom tot hy die soen verdiep, toe soen sy hom terug. Een oomblik is hy nog besig om haar te soen en die volgende oomblik stamp sy hom ruweg. "Jou bliksem, moet dit nooit weer doen nie. Jy het 'n girl, vir wat gaan staan en cheat jy op haar?" Sy ruk die deur oop en loop uit om hom net so in hulle chalet te los. Hy stap stadig uit en loop om die chalet en agter om sy chalet. Hy staan vir 'n oomblik stil daar en wag dat sy liggaam net na normaal kan terugkeer. Hel dit was intens en as iemand hom vra hoekom hy dit gedoen het, sal hy nie kan sê wat hom daartoe gedwing het nie. Sy was net daar voor hom en daai pragtige paar blitsende groenoë het hom uitgedaag om iets te sê oor wat sy kwytgeraak het. Shit sy is nou eers die duiwel in vir hom. Hy gaan moet omverskoning vra hy weet net nog nie hoe nie, want eintlik wil hy nie vir daai soen omverkoning vra nie. Dit was vir hom soortvan 'n openbaring, hy moet net nog 'n bietjie daaroor dink. Hy voel naderhand beter en stap terug na waar die ander bike goed praat en hy sien Rosco kyk van hom na Jade maar hy ignoreer hom. Sy staan met haar rug na hom toe en praat bike mechanics met 'n ander ou van 'n ander club. Rosco beweeg so stadig om die groep tot langs Ethan. "Wat die hel het in daai chalet gebeur, want ek het haar gesien ingaan en toe vir jou en na 'n ruk vlieg sy by die deur uit en jy kom uit en ek dink nie my oë het my bedrieg nie, maar jy was effe ongemaklik en sy was definitief goed gesoen en effe verbouereerd?" Ethan se wange verkleur effens en hy vryf deur syhare. "Moenie my vra nie, want ek weet self nie wat nou daarbinne gebeur het nie ... ek ... ek verstaan niks daarvan nie." Rosco sien Jade draai om en toe sy Ethan sien word haar wange pienk en sy stap dadelik in 'n ander rigting en gaan gesels met ander mense. Hy los Ethan net daar en soek vir Terra op. Hy sal haar moet vertel van wat hy gesien het. Met aandete merk Terra op dat Jade weer by die ander klomp sit en sy stamp aan Rosco toe Ethan en Elandra inkom en Jade dadelik effe verkleur en wegkyk. Gypsy sien dit ook en sy wil nog Hunt se aandag trek toe hy nader buig na haar toe en by haar oor fluister. "Ek het dit ook gesien, nou wonder ek kliphard." Gypsy lag saggies en fluister terug. "Ek kry daai gevoel van jare terug in 'n skoolbib met 'n regte Bad boy. Dink jy hulle vry kliphard agter Elandra se rug?" Hunt skud sy kop. "Nee nog nie, ek dink net iets het gebeur wat hulle twee super bewus maak van mekaar, want sy wange is ook maar skielik pienkerig toe hy na Jade gekyk het." Intussen sit Verona ook en kyk na Ethan se abnormale pienk wange en sy sien hy skuif ongemaklik rond in sy sitplek. Toe sy egter haar kop draai sien sy waar sy oë vir 'n oomblik vasgehaak het en sy sien Jade se blos en poging om 'n geselsie met die ander aan te knoop. Mmm ... dit lyk promising ... Net na aandete verdwyn die meisies en sê hulle gaan nie weer so laat gaan slaap nie, hulle wil op en wakker wees vir Saterdag se baie dinge om te doen. Jade het 'n spray paint kompetisie van sewe-uur die volgende oggend af, dan sal die beoordelaars gedurende etenstyd solank beraadslaag en die bikes sal na ete beskikbaar wees vir viewing, mense kan dan hulle votes in die boks gooi deur die loop van die middag. Laatmiddag of nader aan aandete sal die wenner aangekondig word. Die prys is die nuutste REXBETI Ultimate-750Paint Sprayer, High power HVLP Home Electric Spray gun, lightweight, 5 piecestrainers, 4 different Nozzles asook die Master Air Brush Cool Runner II, Dualfan Compressor Proffesional Airbrushing System kit met 3 airbrushes, Gravityand Siphon Feed-Holder, Color Mixing Wheel en Cleaning Brush set. Jade wou al die laaste paar maande haar Pa se arm probeer draai het vir die spray paint equipment, maar elke keer dink sy om nog 'n bietjie te wag. As sy die kan wen, gaan sy vir die spray paint kursus gaan en haar net toespits op custom spraying. Haar Pa het vir Bandit, Renaldo, Claud en Ivan wat enige bike never mind die Harleys in hulle slaap kan uitmekaar haal en weer aanmekaar sit dat die bike beter werk as voorheen. Dalk kan sy dan vir haar 'n eie plek kry om te werk en net miskien 'n eie blyplek. Eers moet sy egter net die kompetisie wen en sy het die ander ouens se werk gesien, sy het helse kompetisie. Gelukkig is die ou met wie sy vroeër gepraat het, ou Art nie in die kompetisie nie, hy beoordeel. Anders sou sy nooit 'n kans gestaan het om dalk te wen nie. Wat die meisies egter nie sê nie is dat hulle almal vroeg die stort wil gebruik dat hulle almal warmwater kan hê vanaand. Terra sê Abigayle moet eerste shower dan Jade aangesien hulle die vorige aand aan die kortste end getrek het. Almal is later gestort en in pajamas toe Elandra inkom. Sy gee hulle almal 'n vuil kyk."Daar is seker nou nie eers vir my warmwater oor nie. Julle is regtig 'n klomp selfsugtige mense. Ek sal maar by Ethan hulle gaan shower." Sy vat haar goed en stap uit maar binne tien minute gaan die deur oop en Ethan maak verskoning met Elandra se arm in sy hand. "Jammer meisies, ek belowe ek sal nie vir julle kyk nie, ek wil net seker maak hier is warmwater." Hy loop met haar die badkamer in en draai die stort oop. Dan hoor hulle hoe hy Elandra uittrap. "Hierdie water is meer as warm en ek neem aan hulle het almal gestort anders as gisteraand wat hulle net kouewater gehad het." Elandra se stem klink tranerig. "Maar ek haat stort ek wil bad en nie net in drie druppels water nie." Ethan kners op sy tande en stap na die badkamerdeur toe. "Wel dit is nou jammer nê, al die ander girls het sekerlik gestort al sou hulle dalk eerder wou gebad het. Hou op om jou soos 'n brat te gedra en gaan stort dat jy kan ophou raas, hulle wil almal graag 'n goeie nagrus hê." Hy draai om en kyk na Terra. "Watter kamer is hare?"Sy beduie en hy loop daar in met 'n vaste tred. Jy hoor 'n rumoerdery en die volgende oomblik kom hy uit met die een enkelbed, skuif die bank tot teen die muur en gaan haal dan die matras en beddegoed. Hy sê niks maak net die bed vinnig op terwyl die meisies hom geskok aanstaar. Jade staan teen die kombuiswasbak, maar sy sê ook niks nie. Toe hy klaar is maak hy eers die bed oop soos tipies in 'n fancy hotel dan draai hy om en sy oë soek tot hy Jade onder oë het. "Daar ... nou kan jy dalk ordentlik slaap voor jou groot kompetisie, dit is heeltemal onnodig dat jy op daai stupid bank slaap en moenie hardegat wees nie, ek sal wel uitvind of jy weer op die bank geslaap het." Hy draai om en klap die deur agter hom toe. Dit is tjoepstil tot Abigayle begin lag. "Ek het my broer lanklaas so omgetokkel gesien. Wow, en hy het haar sowaar op haar plek gesit." Sy stap hulle kamer in terwyl sy steeds kliphard lag. Cleo en Luzaan sê nag en verkas ook, maar Terra staan en kyk na Jade. "Wow dis die eerstekeer wat ek Ethan kwaad sien, daai blou oë het behoorlik geblits. Geniet jou bed vanaand, hy is tot deur die uwe Mr. Cool vir jou opgemaak en oopgemaak. Dis nou omtrent 'n voorreg nê." Sy stap laggend haar en Luzaan se kamer in. Jade sit die ligte af en loop na die bed toe en gaan sit op die netjies opgemaakte bed. Sy kan nie glo Ethan het sowaar hier ingekom en vir haar 'n bed georganise en opgemaak nie. Sjoe nou gaan sy seker moet dankie sê. Verdomde mansmens ... Jade is vroeg wakker en sy strek haar lyf gemaklik uit voor sy regop kom. Dit is nog vroeg maar sy moet roer as sy iets wil eet voor sy in haar spray booth moet wees. Sy het klaar 'n idee van wat sy wil doen sy hoop net die bikes wat hulle kry is nie van die sport bikes nie, want hulle het te veel covers en fairing. Dit vat ure om hulle te spray dat hulle na iets lyk. Daai tipe bikes doen sy net as sy regtig tyd het. Die borge van die kompetisie het tot gereël dat hulle om sesuur al ontbyt kan kry as hulle wil eet voor hulle begin. Sy trek dus die oorpak en t-hemp aan wat hulle gistermiddag saam met hulle inskrywings gekry het en ook die properse werkboots. Gelukkig het hulle 'n redelike klein oorpak en skoene in haar size gehad. Sy maak haar langhare vas voordat sy dit oprol en vassteekbo-op haar kop. Sy wil nie sukkel met hare wat in die verf kan kom nie. Hopelik het hulle vir haar een van daai mussie goed by die kombuis, sy gaan gou vra voor sy eet. Sy verlaat die chalet suutjies maar loop haar trompop in Ethan vas. Hy keer haar val met sy hande op haar arms. Dit is nog donker buite en hy trek haar weg onder die chalet se voorste lig. "Ek het nie nou tyd vir nonsens nie ..." Hy lê haar 'n vinger op die mond en vryf saggies oor haar mondhoek. "Ek sal vinnig wees. Ek is jammer ek het jou vals beskuldig en ek is jammer jy is kwaad oor daai soen, maar ek is definitief nie jammer ek het jou gesoen nie. Sterkte vir vandag ek hou vir jou duim vas." Hy soen haar vinnig voor hy haar laat gaan en terugstap na sy eie chalet toe. Jade staan eers doodstil en begin dan wegloop om net oor haar skouer te kyk op dieselfde oomblik wat hy omkyk. "Dankie vir die bed Ethan ..." Hy glimlag net en glip die chalet in en gaan lê tevrede op sy bed tot die ander begin roer. Intussen sluit Jade by die ander nege deelnemers aan en sy is verlig om te sien hulle is almal in 'n goeie bui en goeie sportmanne. Hulle terg haar oor sy die enigste vrou onder hulle is en toe hulle hoor hoe jonk sy is, is daar geen einde aan die geterg nie. Baby Firecracker soos hulle haar gedoop het, eet ontbyt saam met hulle terwyl hulle almal lag en gesels en wonder oor die bikes wat hulle gaan kry. Elkeen het klaar 'n halwe plan toe hulle sewe-uur die tien spray booths binne stap. Jade begin glimlag toe sy 'n bike soortgelyk aan haar eie een voor haar sien staan. Sy haal haar skets uit haar sak en kyk na die verwe wat netjies eenkant op 'n rak staan. Sy bekyk die spray equipment vinnig en sug verlig as sy besef sy ken hierdie equipment soos die palm van haar hand. Elkeen staan in sy spray booth maar hulle kan vinnig uitkom om 'n laaste draai te loop badkamers toe of om drinkgoed te organise. Jade wil uitloop maar haar Pa verskyn net voor die deur met 'n coolbox en die ander deelnemers glimlag as hulle sien wie is haar Pa."Hey my liefie, hier is drinkgoed in, hier is 'n koffie vir nou en daar is snacks wat Ma vir jou gepak het. Sterkte ek dink regtig jy kan wen." Sy omhels haar Pa en die ander awww en terg haar maar sy lag egter net. "Dankie Paps, sê vir Mamma ek waardeer dit. Gaan geniet julle nou die dag, ek sien julle na middagete seker eers weer. Sterkte vir Mamma met die uitstalling ook." Hy soen haar op die voorkop en stap weg. Sy kyk haar Pa agterna en glimlag voor sy die booth instap, haar werksoppervlakke skoon afvee, haar snacks en drinkgoed organise op die een tafel en wag dat die deure afgerol word en die extractor fans aangaan. Daar is 'n interkomstelsel en die organiseerder praat met hulle en sê hulle kan maar begin. Jade is dadelik in 'n ander wêreld en sy doen wat sy die beste doen, sy maak 'n master piece. Haar gedagtes is net besig met haar ontwerp en die spray gun in haar hand. Op hierdie oomblik vergeet sy geheel en al van Elandra en Ethan en elke liewe ding wat haar gepla het. Sy eet en drink tussen-in en is bly haar Ma het vir haar gesonde snacks ingesit. Sy kan nie dat haar suiker val en sy begin bewe nie. Hierdie is fyn werk as sy die regte effek van die prentjie wil hê. Gelukkig is dit net die klein tail piece en die tank wat sy doen en toe sy net voor middagete terugstaan en na haar handewerk kyk weet sy dit is nog haar beste ooit. Die ribbeskas met die twee kopbene binne-in lyk of dit regtig is en sy is bly sy het besluit op die ontwerp. Sy het geen idee wie se bike dié is nie, maar sy het die gevoel die tank en tail piece pas nou beter by die Harley met sy baie chrome as die vorige plein grys verf. 'n Valhelm wat daarby pas sal natuurlik eers great lyk. Sy maak die booth se deur oop en dadelik weer toe agter haar. Hy moet nog vir so halfuur droogword. Sy het die temperatuur gestel binne en nou is dit net 'n rukkie wag. Sy sien niemand van haar club naby nie, daarom loop sy ook nie te vêr van die booth af nie. Haar Pa kry stuipe as sy alleen rondloop. Sy strek haar arms en skouers toe 'n hand op haar skouer land en haar 'n druk gee. Sy skrik en kyk om, om vas in Ethan se blou-oë te kyk. "Ontspan ek het gedink jy kan doen met 'n koffie by nou." Hy hou die koffie na haar uit en sy vat dit. "Dankie, waar's die ander?" Hy lag vir haar. "Jy bedoel waar is Elandra? Ek het haar by die uitstalling gelos want dis meer haar tipe mense wat nou daar rondhang. Sy gesels met jou Ouma Helenie wat ook hier is vir die uitstalling." Jade knik maar sê niks nie."Is jy klaar?" Sy knik weer. "Ja hy moet nou droog word vir nog so vyf-en twintig minute na 'n halfuur. Dan kan die beoordelaars ingaan. Ek wou net kyk of iemand van ons club hier naby is. Ek wil my coolbox terugvat chalet toe, maar as ek alleen loop kry my Pa stuipe." Hy glimlag en knik. "Mmm ... die ou reël van die dames wat bymekaar moet bly. Wel ek is nou hier, gee die coolbox vir my dan gaan bêre ek hom en dan kom haal ek jou. Bly binne-in die booth tot ek terugkom." Jade sê niks nie gee net die coolbox vir hom. Terwyl hy wegstap kom een van die ander deelnemers uit sy spray booth en kyk van Ethan na Jade en glimlag stout. "Mmm en ek wed jou Pa weet nie van Mr. Cool nie nê?" Jade bloos maar lag. "My Pa ken hom en hy het 'n girl so moenie goed sien wat nie daar is nie." Hy lag steeds beterweterig. "Hy het dalk 'n girl maar hy het net oë vir Baby-Firecracker." Sy glip haar booth in onder sy gelag en gaan sit op die stoel langs die tafel. Tien minute later kondig die organiseerder aan dat die deelnemers maar kan oopmaak vir die beoordelaars. Jade is in booth drie en sy staan 'n rukkie in die deur rond voor die beoordelaars by haar is. Sy moet vir hulle iets van haar tegniek vertel, watter spesifieke verf sy gebruik het en hulle so iets van haarself vertel voor sy kan gaan. Buite die booth staan Ethan met sy hande in sy gatsakke en glimlag toe sy uitkom. "Reg om te loop. Jou Ma het weer fenominale verkope met haar biker skilderye behaal." Sy groet die ander deelnemers en onder lekker geterg stap sy en Ethan weg. "Wow, daai klomp is goeie sportmanne. So nou is jy sommer Baby-Firecracker, hoe het dit gebeur?"Sy lag en haar Pa wat hulle sien aankom glimlag by homself. "Ag dis net oor ek jongste onder die deelnemers is toe raak hulle laf en noem my so." Die oomblik toe hulle die kunsuitstalling se saal binnestap sien Jade haar Ouma Helenie en loop reg op haar af waar sy met Elandra en 'n paar ander mense gesels. Helenie sien haar en toe Jade haar om die lyf gryp en haar Ouma op die wang soen kyk Elandra haar vuil uit. "Jy hoef regtig nie die geselskap te probeer oorvat met so familêre houding teenoor Dr. Helenie nie. Genade het jy geen skaamte nie."Helenie kyk onthuts na Elandra en Ethan wat die geselskap betree het tik Elandra vinnig oor die vingers. "Elandra sy kan sekerlik maar familêr wees met haar Ouma. Gedra jy vir jou asb en los vir Jade uit." Helenie kyk na Jade en dan na haar oorpak en sy lag. "Jy het glo ingeskryf vir 'n kompetisie, ek kan nie wag om te gaan vote vir daai bike nie. Sjoe ek het jou gemis die tyd wat ek in die Kaap gehelp het. Dankie tog ek is nou terug en kan ek weer bietjie rustig verkeer met julle kleinkinders." Ethan het Elandra stilletjies uit die geselskap verwyder en staan nou met haar buite langs die saal. "Jy weet jy is darem maar bitterlik ongeskik met almal van my club. Ek dink nie ek en jy stel regtig in dieselfde goed belang nie. Dit sal nooit werk tussen ons nie ..." Sy val hom in die rede. "Maar jy hoef tog sekerlik nie in die club te bly nie, dit is mos nie asof dit jou werk is nie, dis net 'n fase in jou lewe. Jy is 'n argitek en daar is baie meer werksgeleenthede in Pretoria en Johannesburg en selfs in Bronkhorstspruit nader aan my Ma-hulle." Ethan begin lag. "Elandra jy is dalk 'n mooi meisie, maar jy is nie die tipe met wie ek sal trou nie. Ek dink nie ons datery gaan werk nie. Ek is lid van die bike club wat jy nie kan verdra nie. Ek gaan nie my lidmaatskap opgee vir enige vrou nie. As ons môre van hieraf terugry kan jy maar saam met Ivana en Cindy in die bakkie terugry. Ek is klaar met vure doodslaan orals waar jy my clubmense beledig en stront stories oor hulle aandra. Ek wil net vra dat jy jou vir die res van die middag en aand asb. gedra en nie verdere moeilikheid veroorsaak nie." Elandra kyk hom seergemaak aan en trek 'n langlip maar dit help niks nie. "Ek wil eerder nou huistoe gaan." Hy skud sy kop. "'n Uber gaan te veel kos, ek weier om dit te betaal as jy nog net een nag hier kan slaap. Ons ry sekerlik môre na ontbyt dit is so twee ure en vyftien minute se ry, so dit is nie die einde van die wêreld nie. Jy kan in die bakkie verder slaap ek sal reël dat Cindy jou by jou huis in Bronkies gaan aflaai. Almal gaan eers clubhuis toe om af te laai." Sy sien sy gaan nêrens verder kom met Ethan nie, so sy draai om en stap die saal weer binne. Rosco sien Ethan staan met sy hande in sy sakke en hy glip uit. "En nou as sy so lang lip het? Wat het wie haar nou weer gedoen?" Ethan glimlag. "Ag ek was net nou gatvol en ek het haar gesê dinge sal nooit werk tussen ons nie, ek sal nooit my club los vir enige vrou nie. Sy ry dus saam met Ivana en Cindy terug môre oggend en dan is dit finish tussen ons want ek is moeg vure geblus so vêr sy gaan." Rosco glimlag apologeties. "Sorry man, ek weet jy het gedink dit kan werk, maar ja liewers nou as na 'n verlowing of troue. Daar is darem nog baie ander visse in die see." Ethan lag en skud sy kop. "Ek dink ek sal die dating scene vir eers maar 'n bietjie los. Dalk maar net in die bondel vry en sien wat gebeur. Ek is darem nou eers twee-en-twintig, dit is nie asof ek 'n ou bachelor is nie." Hulle loop laggend saam in en Rosco sien Jade by hulle Ouers staan en hy sien hoe vinnig sy wegkyk van Ethan af. Dié twee is tog te vreemd en dis 'n halwe dag na Ethan haar vir seker warm gevry het wat hy vir Elandra soos 'n warmpatat los, baie vreemd die situasie. Almal maak 'n draai by die bikes wat nou uitgestoot is op die betonblad met nommers aan elkeen met wie die kunstenaar is en by dit is 'n box waarin die votes gesit kan word. 'n Groterige lang vrou loop op Jade af en sy vertoon nog kleiner. "Jy Firecracker?" Jade kyk na die lang intimiderende vrou. "Ja dis ek, kan ek iets vir jou doen?" Die vrou glimlag breed en steek haar hand uit. "Eliza Cook." Sy draai om en wys haar cut vir Jade. "Of eerder bekend as Hammer in die biker wêreld. Jy is damm goed met daai spray gun. Dit was my bike wat jy gespray het. Ek dink jy sal my valhelm ook moet doen." Jade lag en skud blad met die groot vrou. Sy sien van haar club se mense daar rond staan en wonder wat se tipe club hulle is. Hulle lyk nogal rof en intimiderend. "Dankie Hammer, dit was darem lekker om daai bike te spray, ek het so soortgelyke een so ek ken die hoekies en crannies van die tank en tail piece so dit was eintlik makliker as wat ek gedink het die kompetisie gaan wees. Ek sal die valhelm doen kontak my." Hammer lag en kyk oor Jade se kop wat Jade laat omkyk. Agter haar staan haar Pa, Rosco, Ethan en Bear. Hammer steek haar hand uit en groet haar Pa. "Klein wêreld Hunt, waar's daai mooi Gypsy van jou?" Hy lag en skud haar hand. "Hallo Hammer ja dat my dogter nou jou bike moes spray wow weird coincidence. Gypsy is nog by die kunsuitstalling." Hammer lag nou lekker. "Ai ek was nog nie eers daar nie, ek hoop sy het weer van daai biker skilderye, ek wil juis hê sy moet vir my een doen vir die Club. Jou dogter hier is definitief net so kunstig soos Gypsy. Ek dink ek het die mooiste bike in die Vrystaat en Gauteng nou." Hulle gesels nog so rukkie en Jade sien haar boks met votes is al so vol, hulle moet omtrent druk om dit in te kry. Sy gaan gesels by die ander deelnemers en teen laatmiddag is haar senuwees 'n bietjie rou geskaaf. Daar is baie mense wat kom kyk wie is die wenner en almal staan rond met 'n bier of koeldrank in die hand. Gypsy het Hammer raakgeloop en die twee gesels 'n hond uit 'n bos en die mense verkyk hulle aan die groot lang bikervrou saam met die klein petite Gypsy. Jade staan nog so toe Yster reg agter haar verskyn, maar sy sien ook vir Ethan skielik aan haar anderkant. "Sjoe maar jy is gewild en besig, ek kry nie eers'n kans om verder te gesels nie. Hoe lyk dit kan ek jou een aand kom haal vir 'n jol of bietjie club hopping?" Jade draai skuins na hom toe en wag vir Ethan om weer haar hoeder te speel maar hy kyk net met 'n geamuseerde laggie na haar. "Kyk Yster, ek is nie op die dating scene nie. Ek is te besig daarvoor, ek het kursusse wat ek wil doen in die volgende paar weke en die jolplekke en clubs is nie my tipe uithang plekke nie. So skuus jong maar nee dankie. Dankie dat jy my in elk geval gevra het, ek voel geëerd." Yster knik en loop weg, maar Ethan kyk steeds na haar en sy vererg haar. "Wat?" Hy lag. "Ek moet bieg ek is impressed, dis die beste let down wat ek nog uit 'n girl se mond gehoor het." Sy rol haar oë en draai weg terwyl sy mompel. "Seker oor jy nie gewoond is enige girl gee jou 'n let down nie. Daarom dat dit jou verbaas, jy het nog nooit so iets self gehoor nie, want jy is seker altyd die een wat die let down doen." Hy lag saggies agter haar en sy bloos want sy weet nou hy het haar gehoor. "Mmm ... ek hoop net nie ek kry ooit so let down uit jou mond uit nie, ek sal dit nie so goed vat soos Yster nie." Sy kry nie kans om hom op sy plek te sit nie, want Rosco en Terra sluit by hulle aan. "Sjoe Sus ek sien jou boks gaan pop van al die votes. Hulle begin tel." Dit vat 'n wyle om elkeen se votes te tel en kort voor aandete kondig hulle die wenner aan. Jade se hele club staan om haar en haar Ma hou haar hand styf vas. Toe haar naam geroep word is sy vir 'n oomblik nie seker of sy reg gehoor het nie, maar haar Pa tel haar op sy skouer en lig haar op die klein verhoog. Sy glimlag en stuur vir haar Pa 'n soentjie wat hom baie trots laat uitpof. Na die oorhandiging van haar voucher om haar wenprys self te gaan uitkies by die borg se winkel, word sy deur haar clublede gelukgewens en sy kry soene en drukkies by almal. Tot Ethan gee haar 'n soen op die wang en 'n drukkie voor hy wegstaan dat Rosco haar kan beetkry. Hulle besluit hulle sal dit moet vier met 'n helse braai die aand. Vanaand brand die vure hoog en die voggies vloei by al die clubs. The Caretakers is nie heeltemal so uit hul nate uit nie, hulle is eintlik 'n heel besadigde club. Jade kom agter Elandra is stil vir 'n verandering en sy sien Ethan steur hom nie regtig aan haar nie, nou wonder sy of het hulle gefight. Elandra verkas vroeg chalet toe en toe die ander meisies later instap is haar deur toe. Terra maak groot oë, maar toe Abigayle boos uit die badkamer kom kyk hulle verskrik na haar rooi wange. "Julle weet ek is dalk net 'n kind maar ek sal haar dood donder. Daar is nie 'n druppel warmwater in hierdie krane nie, ek gaan nou my Ma vra om daar te stort." Sy storm uit en na 'n rukkie is daar 'n klop aan die deur. Terra maak oop en sien vir Gypsy, Verona, Carly, haar Ma Hannah en Simoné daar staan. "Kom girls gryp julle goed, julle kom stort gou by ons." Elkeen loop gou saam met haar eie Ma na die Ouers se chalets toe en stort gou daar. Later in die bed lê Jade en dink aan Elandra se mislike houding en sy kan net dink hoe moes Elandra se Ma Tannie Sally met haar Ma op skool gewees het. Vroeg die volgende oggend is Jade wakker maar lê tot sy die ander hoor roer. Hulle pak hulle goed en Ivana kom jaag Elandra aan. "Kom doll daar is nie tyd vir stront nie. Jou goed moet in. As ons geëet het ry ons dadelik ons kom nie terug vir enige iets wat agtergebly het nie." Terra glimlag toe Elandra verby hulle skarrel met haar goed. "Ek hoor 'n voëltjie fluit dat sy die boot gekry het gistermiddag met ete al en dat sy nie eers toegelaat gaan word om agterop sy bike te ry terug huistoe nie." Abigayle begin dans en sing. "Happy days are here again..." Dit laat almal uit bars van die lag terwyl hulle uitloop met hulle bagasie en hulle bikes begin pak. Na ontbyt klim Elandra in Cindy en Ivana se bakkie en praat niks verder met niemand nie. Hulle groet die ander bikers en toe Hunt en Gypsy stop en wag dat almal inval wag Ethan tot almal in formasie is met Rosco en Terra voor hom. Jade is agter Terra en hy ry langs haar in kyk vir haar en glimlag. Sy kyk egter net vinnig weg, maar sien Rosco kyk in sy spieël na hulle. Wel sy kan nie help Ethan het daar kom ry nie so sy gaan net maak of sy niks sien nie. Hulle ry rustig en stop 'n keer of wat om gou koffie te drink langs die pad by 'n klein biker stop. Die terugrit is veel lekkerder en Jade lag vir die ander se manewalisse. Terug by die clubhuis sê Gypsy almal moet afpak en eers iets kom eet voor hulle huise toe gaan. Sy en Verona maak gou vir almal 'n helse klomp kos en almal eet hulle trommeldik. Ethan hou Jade kort-kort dop en as hy haar oog vang kyk sy weg met 'n effense blos op haar wange. Sy bloos so vandat hy haar so gesoen het binne daai chalet, en hy like dit skielik sommer baie.
ESTÁS LEYENDO
Kinkels en Kronkels boek 2 The Caretakers' MC
Ficción GeneralBikers en club stories. Michael Hunt en Hazel of te wel Gypsy het 'n seun Rosco en dogter Jade of te wel Firecracker wat dinge in The Caretaker's MC aan die gang en interressant hou.