Daniël en Craig is die volgende paar weke lekker besig met atletiek en Daniël word behoorlik in die werk gesteek by die perdestoetery. Hy versorg perde en maak stalle skoon, maar hy mag nie perdry nie. Hy het Cyanne by die skool leer vermy en hy sien haar so een of tweekeer by oom Karel se bootcamp toe hy die stalle vir hom moet gaan skoonmaak in opdrag van oom Riaan. Sy lyk maar oes en miserable en sy kyk vinnig weg toe sy hom gewaar, maar hy maak net of hy haar nie ken nie. Die ander girls maak aanmerkings oor die sexy outjie, maar hy ignoreer hulle net en doen sy werk. Karel glimlag toe hy die comments hoor en sien Daniël flirt nie eers met hulle nie. Daniël sien meeste middae Craig se les met Victoria en hy is verbaas om te sien hoe vinnig sy alles leer en hoeveel geduld Craig met Victoria het. Sy ken al meer van die stoetery en stalreëls as selfs hy. Sy het tot al Amalie se vul in die groot stoetnaamboek gaan opteken nadat sy haar naam kon kies. Klein Victoria Rose wat net Tori geword het draf al agter haar naamgenoot aan as sy nie by haar Ma is nie. Dis eintlik vreeslik oulik. As Tori vir Victoria iewers naby die stalle gewaar staan sy teen die heining en runnik tot Victoria vir haar 'n suikerklontjie gee, daarna is sy happy. Die eerste middag na die maand se straf verby is gee Arno Daniël se foon vir hom terug die aand aan tafel. "Ek hoop jy het iets geleer in hierdie maand en ek hoop nie ons hoef ooit weer oor so iets met een van julle te praat nie." Die tweeling knik en Shevon begin oor iets anders te praat en vergete is die onaangenaamheid van die afgelope maand. Callum kom nie huistoe vir die vakansie nie, maar Arno weet presies hoekom en hy sê maar net Callum doen nog 'n kursus. Herman en Helena raak bekommerd oor Madeline. Sy is gedurig by die skool in die moeilikheid en sy het self al twee of driemaal uitgeslip en dronk teruggekom. Hulle weet nie wie haar afgelaai het nie, maar Herman gaan daai nommerplaat check en dan uitvind saam met wie sy uithang. Dit is by 'n lekker makietie in Karel se skuur vir Bernard se verjaardag wat die klomp orals in groepies sit en gesels wat Herman, Charl, Paul, Derick, Karel, Riaan en Arno saam sit en gesels dat hulle praat oor hulle kinders en Paul en Karel kan lag oor Bernard en Larisa se nonsens 'n paar jaar terug. "Julle weet as ek nou so terugdink, dink ek tog dié twee was miskien bitterjonk en het aangejaag voor sy legal was, maar hulle het ons na daai skok nog nooit weer teleurgestel of stupid goed gedoen nie al is hul so jonk getroud. Hulle het alles beplan gehad, deurgevoer en is nou goeie Ouers." Karel lag vir Paul. "Mmm ... jy het nie daaityd so gevoel nie." Die ander lag en Herman laat almal na hom kyk. "At least het jy die knaap geken wat jou dogter so ophol gehad het, vet weet ek sal wat wil gee dat een van julle se seuns my dogter opsleep het. Nou kry ek net nie die knaap opgespoor nie, sy slip saans uit en ons worry ons dood oor haar punte, sy is al ewig in die sop by die skool. Arme Helena is menige aand in trane oor ons gefaal het in Madeline se opvoeding." Arno voel nou skuldig oor hy Callum weggestuur het, maar besluit om te hoor wat Herman dink van 'n ouer ou met sy dogter. "Wel my tweeling is net sestien en is bietjie jonk vir Madeline en Callum is een-en-twintig en dus weer bietjie te oud vir haar so ek kan nie eers sê ek kan my seuns opsteek om haar aandag te trek nie." Riaan lag en almal weet hoekom toe hy praat. "Niks fout met 'n bietjie ouer outjie nie. Sy is darem al agtien en dis nie asof Callum 'n ou hardebaard is soos wat ek was toe ek Anrie gespot het nie. Callum het darem ook al breins en hy is 'n verantwoordelike knaap en hulle ken mekaar van kleins af. As ek Herman was sou ek eerder my agtienjarige dogter saam met 'n ouer outjie soos Callum wat ek ken, gesien het. Better the devil you know ... " Herman knik. "Kyk ek stem saam met jou Riaan, maar nou is Callum so vêr in Simonstad en het jy nie gesê hy doen nog 'n klomp ander kursusse voor hy weer by my manne aansluit en dat hy nie huistoe kom nie Arno?" Arno knik en lag. "Ja dis net drie dae in die eersteweek, so res van die twee-weke gaan hy seker maar in die flat deurbring terwyl hy wag vir sy volgende duikkursus. Wil jy hê ek moet hom vra om huistoe te kom na daai 3 dae se werk, dalk kan hy bietjie sense in haar kop inpraat. Hulle was darem nog altyd goeie pelle, dalk luister sy net na hom." Herman sit meer regop. "Dink jy hy sal bereid wees om ons te help?" Arno knik. "Kom ek bel hom en vra, dan weet ons mos of julle manne die ander outjie moet vastrek en laat verdwyn iewers hier op een van die plase." Dit laat die ander skater terwyl Arno sy foon uithaal en uit die skuur stap. "Hey Callum ... nee niks fout met een van ons nie ... maar sê my het jy alweer enige kontak met Madeline gehad?" Hy hoor hoe Callum diep asemhaal aan die anderkant. "Nee Pa, ons het besluit 'n skoon break is beter. Hoekom?" Arno weet sy volgende woorde sal bepaal of Callum gaan wil help. "Het jy intussen 'n ander girl gekry?" Callum gee 'n bitter laggie. "Nee Pa ek het toe liewers nog 'n ander opleidingskursus gedoen en gegym, maar hoekom al die vrae?" Arno lag saggies en vertel Callum wat hierdie kant aangaan en Herman se woorde en versoek. Callum word stil aan die anderkant en voel of hy moet sit voor hy uitpass van verbasing. "Ek weet nie of sy na my gaan luister nie Pa, dit klink my sy het klaar aanbeweeg. Ek weet ook nie of ek daarvan gaan hou as sy my die deur wys en 'n total koue skouer gee nie. Hoe gaan ek haar nou oortuig dat haar Pa nie 'n gasket gaan blaas as ek en sy iets aan het nie? Drie maande terug het ek haar gesê ons moet stop om mekaar te sien oor haar Pa my sal laat verdwyn as hy uitvind ons gaan uit. Hoe verduidelik ek die omswaai nou?" Arno weet dit kan 'n probleem wees. "Wel jy kan vir haar sê jy voel steeds dieselfde oor haar en sy het darem nou agtien geword so jy dink julle moet kyk hoe haar Pa reageer as jy haar wil uitvat." Na nog 'n bietjie kajuitraad stem Callum in en toe Arno glimlaggend die skuur inkom sit die ander afwagtend na hom en kyk. "Callum sal kom vir die vakansie en kyk of hy kan uitvind wat haar pla, kyk of hy bietjie sense kan inpraat, maar hy belowe nie dat hy haar kan kry om op te hou met party en verkeerde vriende nie. Hy kan net try om haar besig te hou soos wat hulle almal maar vakansies saam uitgehang het in die verlede." Herman knik tevrede. "Net dalk kan hy haar beïnvloed om weer haar ouself te wees en dit is al wat ek wil hê, even al maak hy ook eventually ogies vir haar." Twee weke later is Madeline net besig om klaar te maak om saam met Chloe te gaan kuier terwyl haar Ma-hulle by die werk is, toe daar 'n klop aan die deur is. Sy maak oop en haar mond val letterlik oop. Sy en Callum het toe maar drie-maande terug besluit om 'n skoon breuk te maak eintlik omdat sy bang was hy kry iemand anders en kom sê dan hy wil uitmaak en dit sou sy nie kon oorleef nie. "Hallo Maddy ... kan ons praat?" Sy knik en hou die deur oop. "Wat maak jy hier Cal?" Hy glimlag as hy hoor sy noem hom steeds net Cal soos altyd. Sy dink weer hoe sexy lyk hy in sy jeans en t-shirt en daai dimpel glimlag maak steeds haar knieë lam. "Ek ... ek kon nie langer wegbly nie. Jy het laasweek agtien geword en ... het jy iemand anders ... of is daar nog 'n kans vir ons?" Sy kan haar ore nie glo nie. " ... ek is steeds single Cal ... ek weet net nie wat my Pa gaan sê nie. Ek is nie sy favourite op die oomblik nie ... ek het bietjie drooggemaak hierdie kwartaal." Callum vat haar hand en trek haar uit die portaal in die sitkamer in voor hy haar langs hom op die bank neertrek. "Maddy, ek gee baie vir jou om en ek het besluit ek sal tot jou Pa trotseer om 'n kans met jou te kry. Hy en jou Ma hoef nie te weet van voorheen nie. Dis net my, jou en my Pa se geheim. My Pa sal niks sê nie, hy weet hoe ek oor jou voel. Hy het net gesê ons moet eers voelers uitstoot en kyk hoe jou Ouers reageer. Ons kan 'n paar keer saam met die ander kuier en dan so stelselmatig begin voor almal hande vashou en so aan en dan sal ek hom vra om jou te date voor ek teruggaan Simonstad toe vir my volgende driemaande kursus. Ek en jy sal net moet leer hoe om 'n long distance relationship te handle en jy sal nie moet slack in jou skoolwerk en hulle rede gee om kwaad te word vir jou nie anders sê hulle dis my skuld en wel ... verbied ons om mekaar te sien." Madeline knik en glimlag. "Die ander ding is ons doen niks wat ons in moeilikheid kan bring nie. So geen saamslapery nie. Nie tot jy uit die skool uit is en begin swot het nie." Sy kyk verbaas na hom. "Maar ... um ... hoe gaan jy ... ?" Hy weet wat sy wil vra. "Soos ek al vir drie maande dit doen. Dis nie so moeilik om te abstain nie. Ek gym en ek doen elke liewe kursus wat my loopbaan kan bevorder dan dink ek nie aan sulke goed nie." Sy hoor haar foon afgaan en sy onthou nou van Chloe en hulle planne en skielik dink sy nie hulle planne is 'n goeie idee nie. "Laat ek net vir Chloe gou message. As jy wil kan ons saam met die ander gaam perdry by tannie Anrie-hulle." Hy knik en nou weet hy dit is Chloe wat die slegte invloed is. Sy is 'n wilde girl en like van parties en drink. Op die plaas is die ander bly om hulle te sien en Craig wonder dadelik of hy hier is oor sy nou agtien is. Hulle tree egter net as vriende op en vir die volgende twee weke word hulle baie saamgesien. Herman en Helena kom agter dat Madeline amper weer haar ouself is en hulle bespeur 'n blinkheid in haar oë as Callum se naam genoem word. Herman moet homself inhou om nie iets te laat blyk van sy en Arno se konkelary nie. Dis dan ook een middag dat hy diep sit en dink in sy kantoor op hulle opleidingsbasis wat Callum skielik in sy deur verskyn. "Middag oom Herman jou sekretaresse sê jy is nie besig met iemand nie, kan ek jou vinnig pla asb?" Herman glimlag joviaal en hy hoop en bid dit gaan oor Madeline. "Middag Callum, magtig ek sien jou net altyd so tussen die ander klomp. Kom sit, jy geniet seker die vakansie?" Hy gaan sit en glimlag. "Ja wat oom, enige iets is beter as die boot camps en duikkursusse. Ek het net nog een jaar se kursusse oor dan is ek hier om Oom te help" Herman knik ernstig. "Ek is regtig bly om dit te hoor, ek kan doen met nog 'n opleidingsbeampte, maar waaroor wou jy gesels het?" Callum maak keëlskoon en hoop maar net Herman blaas nie 'n gasket nie. "Wel ... um ... oom Herman dit gaan oor Madeline. Oom sien ons is al soveel jare pelle en wel sy is nou agtien en ek en sy het so bietjie anders oor mekaar begin voel oor die laaste twee weke. Alhoewel ek eerlik gaan wees en nie Oom se intellegensie gaan onderskat nie. Ekself het al laasjaar anders na haar begin kyk, maar sy was nog nie agtien nie, toe los ek dit maar net en Januarie het ek vroeër teruggegaan oor ek heeltemal te veel van haar begin hou het en nie moeilikheid wou maak so kort voor ek teruggaan nie. Noudat ek weet hoe sy oor my voel wil ek egter voor ek teruggaan Oom se toestemming hê om haar amptelik te begin date. Sy het my vertel sy het laas kwartaal bietjie aangejaag en ek het ernstig met haar oor daai Chloe meisiekind gepraat. Daai girl is moeilikheid en dit is sy wat Maddy elke nou en dan parties toe gevat het en ook sy wat die drank verskaf het. Maddy het my belowe sy sal haar vriendskap met Chloe verbreek, want Chloe is nie van plan om terug te gaan skooltoe nie. Ek het ongelukkig my mond namens Oom uitgespoel oor die Chloe situasie so Maddy weet hoe ek daaroor voel." Herman glimlag en knik sy kop. "Dit is so Callum laas kwartaal was dit nag in ons huis, ek wou haar menige dag na 'n verbeteringskool toe stuur. Nie eers boot camp by Karel het gehelp nie, daai Chloe is bad news en ek het nie eers geweet dis sy nie en ook nie dat sy nie teruggaan skooltoe nie. Ek het gedink dis 'n kêreltjie wat haar so kom oplaai en parties toe vat. Dank Vader jy het sense in Madeline se kop gepraat. Ek dink ek gaan jou toestemming gee om my dogter te date, maaar daar sal reëls wees. Jy moet onthou sy is net agtien, sy moet skool klaarmaak en sy wou nog altyd gaan swot het, hopelik voel sy steeds so. Ek hoop net julle twee hou kop as jy terug is hier. Jy is al een-en-twintig maar jy beter mooi werk met my dogter, moet ook nie dat sy jou ompraat om saam te slaap nie asb. In hierdie geval is jy die adult en ek verwag dat jy verantwoordelik sal optree. Wanneer jy terug is hier onthou my dogter het 'n curfew van 11 uur saans al is dit vakansie, tensy ons almal saam braai en kuier. As dit 'n show of laat fliek is reël jy vooraf met my. As dit karprobleme is wat julle laatmaak bel jy my. As haar punte sleg lyk stop ek dit dat jy haar sien. Indien julle steeds uitgaan teen sy universiteit toe moet gaan en sy ons nie in hierdie jaar moeilikheid besorg het nie, sal ons die reëls bietjie hersien. Verstaan ons mekaar?" Callum glimlag en knik. "Ek verstaan Oom en ek het niks minder verwag as dat jy vir my reëls sal neerlê nie. Ek is fine met dit dankie Oom." Herman is verlig. "Nou goed, ek en tannie Helena sal in elk geval vanaand ook met Maddy praat voor die braai by Anrie en Riaan en vir haar die reëls neerlê dat sy presies weet hoe ons voel en wat die consequences gaan wees as sy nie saamwerk nie. Dankie Callum dat jy die Chloe-ding ook met haar aangespreek het. Dis dalk 'n goeie ding, want ek dink sy sal eerder vir jou luister. Vir my mag sy haar dalk net opruk en daar sal slegte gevolge wees." Callum en Herman gesels nog 'n bietjie voor hy vertrek en sy Pa bel om te sê hoe het dit gegaan. Dan ry hy reguit na Maddy toe en kry haar langs die swembad met 'n storieboek. "Hallo Maddy, hoe voel die water?" Sy lag en kom regop om haar t-hemp sommer oor haar kostuum aan te trek. "Hallo Cal, die water is fantasties, maar jy het nie 'n swembroek aan nie. Is jy oppad êrensheen?" Hy vat haar hand en trek haar in sy arms in en soen haar. "Nee, ek sal nou-nou gaan aantrek, maar eers moet ons twee gesels." Sy gaan sit onder die sambreel met hom terwyl hy steeds haar hand in syne hou. "Maddy ... jy weet hoe ek oor jou voel en ek weet ons gaan nou vir 'n lang ruk mekaar weer nie sien nie, maar sal jy asb. weer met my uitgaan?" Sy glimlag skaam en knik. "Jy weet ek sal, want ek like jou hopeloos te veel om jou vir enige ander girl te gun. Ons sal cope al is dit long distance." Hy gee haar hand 'n drukkie. "Jou Pa het vir my 'n klomp reëls neergelê en ek is fine met dit, maar ek wil jou ook mooi vra asb. Maddy leer hard en kry daai punte op. Moenie dat hulle vir ons 'n vinger kan wys nie. Hou by jou Pa-hulle se reëls en om liefdeswil bly weg van Chloe af, sy is bad news. Ek weet dis nie lekker om net te leer en nie saam met die ander te party nie, maar dis vir jou eie beswil. Los die drank en parties. Ek belowe as jy eers op universiteit is, sal ek jou self na 'n paar ordentlike parties toe vat en ons kan gaan clubbing doen en dans tot die son opkom en uiteet en duisende plekke saam ontdek. Maar vir nou leer, neem deel aan skoolfunksies en aktiwiteite, gaan ry perd en gym eerder en bly uit die moeilikheid uit." Sy bloos en kyk skaam na hom. "Jy weet net nie hoe goor en skaam voel ek oor my simpel optrede van laas kwartaal nie. Die onnies gaan my seker steeds 'n hardetyd gee as die skool begin, want nou het ek my naam klaar weggegooi. Hoe gaan ek almal jou inkluis wys ek sal my nonsens stop?" Hy glimlag bemoedigend. "Deur net weer jou ou lovable self te wees. Jy gaan jou gedra in die klasse en oplet en nie meer uithang met die Chloe-groepie nie al is hulle misluk en al maak hulle aanmerkings. As hulle jou 'n harde tyd gee, praat met tannie Bernice of Mnr Johny. En jy gaan leer en weer vrek goeie punte kry en jy gaan my en jou ouers trots maak op jou soos altyd." Hy leun nader en soen haar saggies. "Ons begin oor en al het ek en jy al bietjie aangejaag ons gaan dié keer kophou en niemand enige rede gee om te glo ons doen enige iets illegal nie. Vanaand is daar die braai by tannie Anrie-hulle oor daai onhebbelike tweeling van hulle gevra het of ons nie 'n lekker braai kan hou voor ons almal teruggaan skool en universiteit toe nie en ek het jou Pa gevra of ek jou kan kom oplaai so by sesuur se kant. Hy en jou Ma sal seker voor dit ook met jou praat oor ons." Na hulle klaar gesels het gaan trek hy sy swembroek aan en hulle swem gou 'n rukkie voor hy groet en belowe om haar sesuur te sien. Natuurlik kry sy die preek van haar lewe by haar Ouers en sy belowe plegtig om saam te werk en dat sy en Callum by die reëls sal hou. Craig is die eerste een om te sien toe Callum die deur vir Madeline oopmaak en haar hand vat en met haar aangestap kom. Natuurlik kan Nita en Ally nie hulle monde hou nie. "Ooeeee ... check dit uit. Callum en Madeline hou handjies vas, wil julle vir ons sê Callum het by oom Herman verbygekom?" Callum lag en Madeline bloos effens. "Natuurlik Nita-tjie. Dink jy vir een oomblik ek sal met sy dogter uitgaan sonder sy toestemming. Ek is nie dom of mal nie hoor." Hulle word lekker gespot en Craig sien op 'n stadium die kyk wat Callum en Madeline deel en hy weet die twee is smoorverlief. Victoria is klaar heeltemal deel van die groep en waar Rayan saam met die ander kuier sien hy dat Craig sorg dat sy eet en drinkgoed het en orals saam met die ander speletjies speel, alhoewel hy nie aan haar hang of skuur nie. Die seun het maniere lyk dit hom. Arno sit en kyk na die kinders toe Riaan langs hom kom sit. "Ek is bly om te sien Callum en Madeline kliek so lekker. Ek hoor hy het Herman gevra om haar te date. Ek het mos gesê ek dink dis 'n goeie idee. Ek het in Desember gesien hoe kyk hy na haar en gewonder of sy weet hoe hy voel." Arno glimlag. "Ek het dit ook gesien Desember en hom gewaarsku om te wag tot sy agtien is en toe ons daai ander aand by Karel gebraai het, het ek maar voelers uitgesteek om te hoor wat Herman dink. Gelukkig het jy ook toe gehelp om Herman se kop te smokkel. Dis ook hoekom ek aangebied het om Callum te bel. Nou is ek bly ek het dit gedoen." Riaan lag. "Genade ons kan darem almal wilde planne uitdink, maar lyk my jou Daniël en Cyanne is nie meer sulke groot vriende nie." Arno vertel vinnig vir Riaan wat gebeur het tussen die twee en Riaan lyk skoon geskok. "So klein merrie. Ek sou vir haar meer moeilikheid gemaak het as dit my seun was. Sy is te groot vir haar skoene en laat my al te veel aan Derick dink toe hy 'n jong rookie was en dan kom daai wulpse gene nog van Yvonne se kant ook. As ek net dink hoe daai sussie van haar aan my try hang het jare terug gril ek skoon." Arno lag. "Ja die liewe Sally. Sjoe sy was darem maar agter jou aan. Anrie het haar niks gelike nie." Riaan lag nou kliphard. "Ek dink sy like haar steeds niks nie. Sy het mos eendag na ek en Anrie al verloof was vir Anrie vertel ek het by haar gekuier terwyl Anrie geswot het en in Bloem was. Ek het Anrie net daar opgelaai toe sy my dit vertel en apteek toe gery en die ding gaan uitsort. Sy het na dit nooit weer met my of Anrie gepraat nie. Selfs as ons by Derick-hulle kuier en sy is ook daar vermy sy ons heeltemal, natuurlik tot groot vermaak van Anrie." Riaan beduie na Arno se jongste tweeling wat weerskante van Victoria sit op die kant van die swembad. "Hoe lyk dit my Craig en Daniël vry nou na dieselfde girl?" Arno lag. "Nee ek dink nie Daniël sal in Craig se slaai krap nie. Craig en Victoria is ook gelukkig nog nie heel ernstig nie. Hulle is eintlik lekker pelle alhoewel ek seker is Craig like haar baie meer as wat goed is vir hom. Hy is mos maar altyd nog die skugtere een as dit by girls kom. Daniël het dalk 'n vieslike les met Cyanne geleer en hy weet Victoria is veilig want sy like vir Craig so dis dalk vir hom lekker om saam met hulle uit te hang." Die ander mans voeg hulle by Riaan en Arno en hulle praat nie verder oor die kinders nie tot Dr. Ron Mckinnes ook by hulle aansluit en hy en Riaan praat oor sy seun Darryn wat nogal goeie vriende met Nita van Riaan is. Dan sien hulle hoe die magistraat Mike Thornton se seun Kyle ook heeltyd saam met Ally rondhang. Daar word vreeslik gespot met Riaan en sy groenkoring op die land. Intussen geniet die klomp jonges hulle gate uit. Victoria sien dat die pragtige vyftienjarige rooikop Kiara Mckinnes ietwat eenkant sit en sy staan op en gaan praat met haar. "Hey, vir wat sit jy so eenkant Kiara? Kom sit daar by ons op die swembad se kant." Kiara glimlag skaam en stap saam met Victoria. "Jy is Victoria nê jy is graad 10 saam met my broer Darryn en die ander?" Victoria knik. "Ja ek is Victoria, maar jy is welkom om by ons te sit hoor." Sy beduie vir Kiara om sommer langs Daniël te gaan sit en hy hou dadelik sy hand na haar uit om plegtig blad te skud. "Hallo Kiara Mckinnes van Dr Ron en tannie Annelie, ek is Daniël van Arno en Shevon le Clerq, ek is die mooi een van die tweeling, hiedie een anderkant Victoria is Craig hy is ... " Craig steek sy hand uit en skud haar hand maar val Daniël in die rede. " ... die slim een van die tweeling. Bly te kenne Kiara. Moenie dat die mal spul jou afskrik nie, hulle kan vinnig beskaafd raak as die Ouers hulle stemme dikmaak." Sy lag vir die koddige tweeling want hulle lyk presies eenders so daar is nie sprake van een wat mooier as die ander een is nie. "Bly te kenne Daniël en Craig." Sy is nogal 'n petit meisietjie nes Victoria en Daniël vra haar dadelik uit. "Sê my Kiara kan jy perdry?" Sy glimlag skaam. "Ja al kom ons uit die stad kan ek darem perdry. Ek het rylesse gehad tot so laasjaar wat ons hiernatoe getrek het. Hoekom?" Hy lag. "Nee ek vra maar, dan weet ons om jou saam te vra as ons oor naweke en soms in die week ry. Jy weet die perdestoet is maar 'n familie-ding en ons almal werk in die stalle en ry die perde." Craig vertel haar meer oor die perde en so tussen al die vertellings raak sy meer tuis saam met hulle. Sy vergeet vir 'n oomblik sy is net vyftien en hulle almal al sestien. Toe daar geroep word om te eet spring Daniël op en hou sy hand na haar uit om haar op te help en sy is skoon verbaas. "Komaan slow poke, ek byt nie. Ek help jou op en dan moet ons vinnig maak anders vreet die rawe al die lekkerste vleisies eerste op." Sy gee haar hand en hy trek haar op maar los dadelik haar hand en begin aanstap. "Kom roer jou Kiara." Ron glimlag en skud sy kop. "Wow Arno jou seun het definitief 'n slag met die skonergeslag. Kiara is vreeslik menssku en sy sukkel steeds om maats te maak en dit na 'n hele kwartaal in hierdie skool. Dis die eerstekeer dat ek sien sy praat met ander kinders. Rayan jou sussie lyk darem vir my heelwat beter en nie so depressief nie." Rayan knik en glimlag. "Ek dink daai tweeling van Arno is altwee puik met die skonergeslag want Craig het Victoria tot haar vrees vir perde laat afskud en sy kan nie wag om te gaan ry elke middag nie. Sy het Nita en Ally nou die dag tot uitgedaag vir 'n wedren. Ek is net dankbaar sy is okay na ons Ouers se dood. Ek was nie seker of die move hierheen regtig sou help nie. Gelukkig sien sy so nou en dan vir Monique van Charl en dit lyk of die terapie en die perdryery help." By die kos hou Daniël 'n bord na Kiara toe uit. "Kry vir jou kos dan gaan sit ons saam met Vicky die Viking en Craig die slimste daar onder die sambrele. Net-nou brand ons ons velle alles af." Hulle skuif onder die sambreel in en Craig vang Daniël se oë en hy vernou syne, maar Daniël glimlag en skud sy kop effens. Nadat hulle geëet het volunteer die seuns om vir hulle koeldrink te gaan kry en Daniël trek Craig gou eenkant toe. "Ek weet ... jy hoef niks te sê nie, ek is nie mal nie en ek sal my gedra... Sy is net vyftien en ek sal nie weer so droogmaak soos met Cyanne nie. Ek dink nie sy het in die hele kwartaal al 'n enkele maat gemaak nie. Ek het haar al 'n paar maal in die bib raakgeloop en ek sien haar nooit saam met enige iemand nie." Craig knik. "Dis fine as jy 'n pel vir haar is, maar asb. Daniël hierdie girl is 'n softy en sy gaan maklik seerkry, sy is nie Cyanne se kaliber nie. Sy is ook nie haar broer Darryn nie." Daniël vat koeldrink en gee vir Craig aan. "Ek weet en ek sal versigtig wees. Ek belowe ... net vriende ... " Victoria kyk vraend na Craig maar hy skud sy kop en toe Kiara kleedkamer toe gaan en Daniël gou deur die swembad duik saam met die ander fluister hy vir haar. "Ek het hom gewaarsku om mooi te werk met Kiara, sy is nog nie eers sestien nie en sy is effens sku en nie Cyanne se kaliber nie. Ek wil nie hê hy moet haar rondvoeter nie. Hy het egter belowe om mooi te werk met haar. Hy voel so bietjie jammer vir haar oor sy klaarblyklik nog in die hele kwartaal nie een pel by die skool gemaak het nie. Hy sien haar altyd alleen iewers dwaal of sit in die bib." Victoria knik. "Ek weet, ek het dit ook gesien en was verbaas dat sy wel saamgekom het vandag, maar dalk het haar Ma-hulle haar net eenvoudig gedwing om te kom. Ek hoop regtig Daniël dink mooi voor hy enige iets simpels doen." Kiara kom sit 'n ruk later weer by Victoria-hulle en Daniël is nie lank daarna weer by hulle nie. "So hoekom noem die tweeling jou Vicky die Viking?" Victoria lag en vertel die storie van die slang en Kiara kyk met groot oë na haar. "Wow, jy is braaf gewees. Ek dink ek hol my bene stompies." Daniël begin lag en hulle kyk almal na hom. "Ekskuus ek moes nie gelag het nie, maar ek het dit nou geimagine, jou bene is klaar so kort en toe sien ek hoe word dit nog kleiner soos jy hardloop ... "Dit laat die ander ook lag. Kiara geniet haarself vir die eerstekeer vandat hulle hierheen getrek het. Sy gaan nogsteeds alleen wees in haar klasse, maar ten minste het sy nou kinders wat sy ken in die skool.
YOU ARE READING
Rosendallers Boek 5 Onmoontlike tweelinge
RomanceDie Rosendallers het seker geen bekendstelling nodig nie. Hierdie vyfde en laaste boek van hulle gaan amper oor al die jonger kinderkarakters, tienerliefde en dinge