Hoofstuk 8

8 1 0
                                    

Victoria is vroeg by die stalle. Sy sit plat op die grond teen die muur en kyk na waar die son enige oomblik moet opkom, toe Craig om die stal geloop kom en langs haar neersak. Hy kyk na haar en leen oor sonder om te dink daaroor voor hy haar saggies soen. Vir 'n oomblik vergeet hy van alles en almal en soen haar met mening. Die oomblik toe hy sy koplig kom die son net oor die horison en verlig haar hare in'n bloedrooi halo om haar kop. Hy kyk af in haar mooi gesiggie en begin grinnik toe hy sien sy laat haar oë skaam sak. Hy vat haar ken en lig haar gesig op na hom toe voor hy haar weer soen. Sy fluister skaam teen sy lippe. "Ons mis die sonsopkoms... " Hy lag saggies. "Mmm... dis die die beste manier om van 'n sonsopkoms te vergeet, of het jy nie geweet nie?" Sy lag ook nou. "Jy is vreeslik slim vanoggend nê?" Craig kyk vinnig na die opkomende son en dan na haar. "Ek dink ek hou meer van die uitsig langs my as voor my. Jy is tien maal mooier as die son en ek sal nie waag om die son te soen nie." Sy bloos en kyk weg, maar hy sien die glimlag voor sy wegkyk. Dan vra sy die vraag wat haar heelaand gepla het. "Hoekom wou jy my so vroeg hier hê, ons chores begin dan eers agtuur?" Hy sit nou met sy arms om sy bene en draai sy kop na haar. "Ek wou jou vir 'n rukkie net vir myself gehad het, want ons moet praat." Sy kyk nou ernstig na hom. "Nou maar praat, ek luister." Hy draai na haar toe en leun met sy skouer teen die muur. "Ek weet ons is jonk en ek weet jou broer gaansekerlik stuipe kry, maar Vicky ek wil jou vra om met my uit te gaan. Ek voel allerhande goed vir  jou en ek wil hê die wêreld moet weet jy is myne. Ek voel soms weird en simpel as ek naby jou is en dinge gebeur met my en... " Sy sit haar vinger oor sy lippe en hy sien hoe pienk is haar wange en dis vir hom skielik die mooiste gesig ooit. "Sjuut Craig... jy hoef nie te verduidelik nie, ek voel net so. Jy laat my soms voel of ek op wolke loop en of ek kans sien vir enige iets... selfs slange en leeus... "Sy leun vorentoe en soen hom, wat hom onkant vang, maar dan ruk hy by en trek haar nader en sit sy arms om haar voor hy haar ordentlik soen en op sy skoot optrek. "Ek neem aan dit is dan 'n ja..." Sy lag en knik. "Ja Craig en weet jy wat, my broer gee nie om as ek jou date nie, maar hy sê ons moet dit lig hou en wegbly van onmoontlike emosionele situasies." Hy glimlag stout. "Jip dit was my Pa se woorde ook. So ek moet jou seker dan liewers nou van my skoot aftel voordat die situasie heeltemal hande uitruk nê?" Sy besef nou eers sy sit op sy skoot en bloos nog meer voor sy van sy skoot af skarrel toe sy voel hoe hy op haar nabyheid reageer. Hy lag vir haar blosende wange, maar hy kan homself skop dat hy haar in so ongmaklike posisie geplaas het. "Ek is jammer Vicky ek moes gedink het so iets kan gebeur... dis net... " Sy hou haar hand op. "Moenie Craig, ons is nie heeltemal dom nie en dis maar net goed wat gebeur. Kom ons gaan werk liewers dan bly ons uit die moeilikheid uit." Hulle staan vinnig op, maar Craig trek haar vinnig nader en soen haar weer. "Ek moes net... " Sy lag en wys vir hom vinger. Hulle is lankal besig in die stalle toe die staljongens, Daniël, Ally en daar aankom. Daniël lag en stamp aan Craig toe hy hom alleen in die tack room kry. "Mmm... lekker skelm nê. Jy het haar klaar warm gevry voor ons hier aangekom het. Ek het gehoor toe jy uitgeslip het vanoggend." Craig glimlag en knik. "Jip, warmgevry, na die sonsopkoms gekyk, toe haar gevra om met my uit te gaan, toe haar ordentlik gesoen en toe het ons besluit dis dalk beter om te kom werk dan bly ons uit die sop uit." Daniël lag vir Craig se eerlikheid, maar hy is ook verbaas. "Jy is ernstig, jy trek nie my been nie?" Craig gaan staan stil en kyk ernstig na Daniël terwyl hy knik. "Ek is doodernstig Daniël, ek jok nie." Daniël klop hom op die rug. "Ek is bly vir jou, regtig ek is. Hou net kop en moenie aanjaag soos ek gedoen het nie. Ek weet nie of ek ooit weer my naam gefix gaan kry na Cyanne nie. Ek is mal oor Kiara maar ek dink haar Pa slag my af as ek haar nou al try date, al is sy net 'n jaar jonger as ek." Na die stalle skoon is en al die perde versorg is, roep Riaan die kinders vir 'n welverdiende glas limonade op die ou huis se agterstoep. Ally sak in een van die stoele neer en kyk dan vraend na Daniël. "So waar is Kiara dan vandag, ek dog julle twee is 'n siamese tweeling?" Dit laat die ander lag, maar Daniël trek net sy skouers op. "Man sy is nie vas aan my nie, sy het seker iets andersom vandag te doen of die leeu-ding van gister het haar afgeskrik van die plaas af." Nita skud haar kop. "Nee wat Kiara is nie 'n bangbroek nie, ek het gisteraand met haar gepraat. Sy moes vanoggend gaan dat hulle die draadjies van haar tande afhaal. Sy het gesê sy kom na ete saam met ons perdry en swem by die dam." Daniël haal sy foon uit sy sak en sien daar is 'n boodskap van Kiara. "Hey ek het nie vergeet van vanmiddag se swem en perdry nie, ek moet net atlast die drade van my tande laat afhaal vandag. Sien later." Hy glimlag en Nita begin lag. "En daai is definitief 'n boodskap van haar af nê. Kyk hoe smile hyn ou julle." Daniël bloos sowaar en dit laat die ander eers lag. Riaan kom uit die huis en beduie na binne. "Daar is eetgoed in die kombuis, as julle klaar is maak julle skoon nê." Die ou plaashuis word deur die staljongens gebruik vir hulle etes en die kleedkamers noudat Riaan se skoonma en skoonpa oorlede is. Riaan gebruik die huis ook as 'n kantoor vir die perdestoed en plek waar hulle voornemende perdekopers onthaal en vergaderings hou. Die kleinkinders kom swem nog in die swembad, maar ook in die dam op die plaas en hulle ken die reëls hier op die plaas goed. Hulle antwoord dus in 'n koor. "Dis reg Oom Riaan." Hy lag terwyl hy uitstap en sien Anrie net by die stalle instap. Hy glip vinnig agter haar in en binne oomblikke is hulle in 'n vurige omhelsing. "Hel Anrie, ek voel steeds soos jare terug as ek jou hier in die stal warmgevry het." Dit laat haar saggies lag terwyl sy met haar arms om sy nek staan. "Mmm... en dis steeds lekker om skelm te vry. Nou moet ons net pasop dat die kinders ons nie vang nie. Ek dink ek en jy moet huistoe gaan vir lunch... " Dit laat hom lag. "Dink jy nie ons moet hier bly om ons groenkoring op te pas nie. Ek dink Kyle en Darryn het ook nou al aangekom vir die swemmery in die dam en die perdryery." Sy skud haar kop. "Nee wat ek dink hierdie klompie sal hulle gedra al vang hulle 'n ligte vryery so onder mekaar." Anrie en Riaan is soos blits weg huistoe terwyl die klomp kinders soos wolwe eet in die huis. Kiara stap die huis in 'n rukkie later en almal wil net haar tande sien tot sy begin lag en keer toe Nita haar mond wil oopmaak. "Wag nou julle, genade mens sal sweer ek is 'n perd wat bekyk word om gekoop te word. Dis net draadjies wat afgehaal is, niks weirds nie." Daniël druk Nita en Ally eenkant toe, vat Kiara aan die hand en trek haar langs hom by die tafel neer. "Wel dan kan jy sekerlik nou iets saam met ons eet." Sy lag en vat vir haar 'n bordjie. "Ja dankie ek was so bang iets sit in die draadjies vas voor ek tandarts toe is dat ek nie eers ontbyt gehad het nie. Ek is so honger ek sal 'n perd kan opeet." Nou lag Vicky kliphard en beduie met haar hande. "O gaats nee Kiara Tannie Anrie kry stuipe, los tog liewers net die perde, eet liewers van hierdie lekker broodjies en vleise." Onder groot gelag eet hulle en maak die kombuis agter hulle skoon voor hulle swemklere aantrek en die perde opsaal, By die dam jol hulle en speel speletjies tot Craig en Vicky moeg op die gras op hulle handdoeke gaan lê en sê hulle gaan eers rus. Craig lê op die naat van sy rug met sy oë toe en Vicky op haar maag met haar gesig na hom toe gedraai. "As jy nie ophou om so vir my te kyk nie Victoria Mckinley gaan ek jou voor almal soen." Hy hoor haar sagte laggie. "En sal dit so groot sonde wees?" Hy maak sy oë oop en draai sy kop om haar reguit in die oë te kyk. "Nee seker nie 'n te groot sonde nie, tensy my lyf my weer verraai en vir almal wys hoeveel ek van jou hou." Dit laat haar bloos en haar kop op haar arms sak. Craig kom half regop en draai op sy sy, voor hy nader leun en haar kop lig om haar te soen. Dis 'n sagte ondersoekende soen en toe hy haar laatgaan draai hy eenvoudig net om op sy maag en gaan lê met sy kop op sy arms maar sy gesig na haar toe gedraai. Hulle praat nie een nie, maar hulle kyk net droomverlore na mekaar tot Daniël naby hulle praat. Hulle maak altwe hulle oë toe en Daniël lag toe hy dink hulle slp. Hy skop Craig teen die voet. "Nope, jule kan nie lê en slaap nie. Dis tyd dat ons stalle toe teruggaan en die perde versorg voor ons huistoe gaan." Craig sug en kom stadig regop, dan trek hy Vicky aan die hand op en hulle skud hulle handdoeke uit. "Ai net toe ek lekker sleg word." Die ander lag vir Vicky se treurige gesiggie. By die perdestalle versorg almal hulle perde en is net reg om te gaan toe 'n bulderende Riaan by die huis uitkom. "Nee nie so haastig nie, julle kan maar eers hier kom en julle gemors kom skoonmaak. Wat die donder het in julle ingevaar om die kombuis net so te los na julle geëet het?" Dis Nita wat kop skud en voor haar Pa gaan staan hande in die sye. Riaan sien haar houding en hy is lus en looi haar net daar. "O nee Pappa toe ons hier uit is het ons alles blinkskoon gelos. Tot ons bordjies afgedroog en gebêre en die oorbly kos in die yskas gesit." Riaan wys na die deur. "Nou gaan in en kyk hoe dit lyk dan sê jy my hoe dit so gekom het." Die kinders gaan in en staan verstom oor die gemors. Daar lê tot stukke kaas en kouevleis op die vloer onder die tafel. Daar is vier vuil grootborde op die tafel en taai limonade kolle op die tafel en vloer en vier vuilglase. Craig skud sy kop. "Nee dis nie ons nie Oom Riaan, ons het almal kleinbordjies gebruik. Ons is boonop agt kinders wat geëet het en ons het al ons bordjies en glase skoongemaak. Hier was ook nie vuil of taai kolle op die tafel of vloer nie. Hierdie lyk of 'n trop varke hier geëet het. Dis jammer hier is nie kameras in nie, want dan kon ons bewys dis nie ons nie." Riaan staan hande in die sye en kyk na die kinders se verstomde gesigte. Hulle lyk beslis nie skuldig nie, eerder verbaas dat alles so gemors is. "Nou goed ek gaan bietjie rondvra by die stalle. Iemand moes iets gesien het." Nita wil borde begin bymekaar maak. "Ons sal skoonmaak, maar dit was nie ons nie." Riaan keer en neem eers 'n klomp foto's. "Nee wag, dalk is hier vingerafdrukke op die borde en glase. Ek gaan Oom Herman inkry met sy span, hier moet iemand in die bek geruk word." Hy boender die kinders uit en sluit die deur agter hom. Terwyl hy wag vir Herman se crime tech span, vra hy die staljongens uit. Dit is die oudste van die staljongens Lesley wat vorentoe staan. "Luitenant, hier was ander kinders as jou kinders en hulle maats. Twee meisies en twee seuns. Ons het gedink dis maar ook van die vriende en familie se kinders oor hulle sogemaklik gelyk het hier en een van hulle was Juffrou Cyanne wat altyd hier saam met Daniël gekom het. Hulle het egter perde gevat en gery, want ek het nou net op die bord gekyk en gesien hulle het nie op die bord geskryf nie. Toe ek en Steve gaan eet het nadat hierdie kinders daar weg is, was die kombuis silwerskoon, maar ek het nie gaan kyk na die ander vier daar in was nie." Riaan gee 'n lelike knoop en draai na die kinders agter hom net toe Herman, Karel, Derick en twee crime techs daar stop. "En nou swaer as jy die tech team hier soek, wat is fout?"Riaan draai na Karel en groet almal. "Man ek is nou so de donder in ek sal kinders se nekke breek en almal die plaas in die toekoms belet tensy dit onder volwasse toesig is. Hierdie agt het vandag soos altyd vir my stal gewerk en toegaan ry en swem in die dam. Hulle het egter middagete hier in die huis geëet en soos hulle weet skoongemaak voor hulle gaan swem het. Nou sê Lesley hier was vier kinders na dit en hy het gedink dis maar nog van hulle pelle of van die familie se kinders oor hulle so eie was om in die huis te gaan en perde te vat en gaan ry het. Hy het egter nou eers gesien hulle het nie op die bord geskryf nie, so hy het geen idee waarheen hulle gery het nie. Ek het die deur net gesluit, ek wil vingerafdrukke hê van die borde en glase, ek soek bewyse dat ek hulle en hulle ouers kan konfronteer. Niemand kom net op hierdie plaas en maak wat hulle wil nie. Almal van ons vriende en familie weet hier is reëls wat gevolg moet word en daar is goeie redes daarvoor." Karel skud sy kop. "Jy weet dis sulke twak wat my laat rooi sien. Weet ons glad nie wie die kinders is nie?" Riaan kyk na Derick en dan na Karel. "Die een dogter is deur Lesley uitgeken as Cyanne... " Derick lyk of hy 'n aar wil bars. "Laat ons perde opsaal, jy moet dalk net enige karwats in hierdie stalle vandag vêr weg bêre, anders sit ek vanaand met my gat in die tronk." Riaan wys vir hulle hoe diekombuis lyk en Herman se twee techs maak die borde en glase bymekaar in evidence bags en pak dit in hulle bakkie. Die ander het perde opgesaal en Riaan kyk na die kinders wat daar rondstaan. "Okay waarheen dink julle sal die vier gery het. Is daar 'n plek waarheen julle klomp gewoonlik gaan?" Nita beduie na die grootwindpomp se kant toe. "Pappa jy weet ons ry gewoonlik net groot windpomp toe en dan waarheen jy ons gewoonlik stuur om perde aan te jaag. Ek weet nie van die ander nie." Sy kyk na Craig en Daniël. Craig skud sy kop. "Nee dis ook waarheen ek gewoonlik ry. Ek vat Vicky ook nooit enige pad wat sy nie ken nie. Sy ry nog nie so lank perd nie, so ek bly weg van die moeilike trails af met haar. Dis net gister toe ons die leeus gekry het wat ons 'n ander trail gery het vir jou Oom Riaan." Daniël se wange is effe rooi maar hy weet hy beter iets sê. "Daar is een ander plek waarheen Cyanne hulle dalk sal vat en dit is die jagtershut." Almal weet dit is vêr en hulle weet ook hoekom Daniël se wange so rooi is. Dis een van die plekke waarheen hy en Cyanne sekerlik gegaan het toe hulle gedate het. "Nou goed julle agt ry vir my groot windpomp toe en ook na die rivier toe. Julle het fone, bel my as julle hulle sien en sê vir hulle ek kry hulle by die stalle soos in gister." Die kinders saal vinnig op en Riaan keer Derick toe hy wil perd vat. "Ek dink jy moet dalk net hier bly vir as hulle terugkom." Derick wil eers stry maar Karel knik. "Ek dink hy is reg, want Karel gaan solank ry om die evidence vir Paul-hulle te vat en dan is hier niemand om hulle te keer om die pad te vat en almal op te stry nie." Derick knik en gaan sit op 'n bankie teen die een stal se muur in die koelte. Hy is woedend en besluit om vir Yvonne te bel. Intussen ry die kinders windpomp toe en bespied die wêreld om hulle vir die ander vier maar sien niks nie. Riaan en Karel vat kortpad deur die veld na die jagtershut toe en sien die perde voor die hut in die son staan. Daar is nie water in die krip nie en die perde is wit van die salpeter. Riaan weet dus, hierdie perde is hard gery en toe hy mooi kyk sien hy een van hulle is 'n merrie wat naby aan vul is. Dit maak hom eers woedend. Hy en Karel storm die hut binne en word tot stilstand geskok toe hulle die vier kinders poedelnakend in die sitkamer op die bank kry. Cyanne giggel toe sy hulle geskokte gesigte sien. Sy kyk uitnodigend na Riaan en toe na Karel waar een van die seuns steeds tussen haar bene lê en net eenvoudig voortgaan waarmee hy besig is. "My my, het julle besluit om ons te join. Ek het nog nooit 'n orgie gehad nie, maar dit klink meer opwindend as hierdie foursome. At least gaan julle weet wat om te doen en hoef ek julle nie te instruct nie." Riaan vergeet homself en haal sy belt af en moker die seunskind 'n hou oor sy kaalboude terwyl hy hom van Cyanne afruk en Karel die ander twee ook stop waarmee hulle besig is. "Kry vir julle klere aan voor ek myself vergeet en julle dood donder." Riaan vat sy foon terwyl hy wegdraai van Cyanne se uitdagende kyk. Hy sien die naalde en wit poeiers op die kombuiskaslê en hy sidder. "Derick bring die groot jeap asb. hier na die hut toe. Die kinders is hoog ek weier dat hulle my perde ry." Hy en Karel loop altwee uit en gaan staan buite om vir Derick te wag. Karel kyk oor die veld en skud sy kop."En ek wou stuipe kry toe Bernard met Larisa aangejaag het, at least was sy agtien. Genade ek is bly Derick het nie op dit in geloop nie, of selfs die ander kinders." Riaan kyk om na die deur en wil net terugloop maar Derick stop daar met spoed en 'n helse stofwolk. Hy loop op hulle af en Riaan beduie. "Hulle trek aan, jy kan hulle maar gaan aanjaag. Daai gesig was eenkeer te veel vir my." Hy bel vir Nita. "Nita, julle kinders kan vir my teruggaan en julle perde versorg dan gaan julle huistoe asb. Laat Craig-hulle net hulle Ouers bel en sê hoekom hulle laat is. Hulle kan ook maar huise toe gaan. Kry Mamma by die stal, hierdie perde gaan haar nodig hê. Ek kom stadig met hulle huistoe." Craig stap eers saam met Vicky huistoe omdat dit al skemer word. Rayan maak die deur oop en kyk vraend na hulle. "Skuus Rayan ons moes Oom Riaan gou help soek het na ander kinders wat met sy perde die veld in is." Rayan knik en draai om. "Dankie dat jy saam met haar huistoe geloop het Craig, lekker aand vir jou. Victoria ek is solank in die shower, sluit die deur as Craig weg is asb." Hy stap weg en Craig glimlag stout terwyl hy Vicky nader trek. "Kom sê my bye, voor Daniël my kom soek en ek jou nie kan soen nie." Hy soen haar en wanneer hy haar laat gaan fluit Daniël hier kort agter hom. "Jeez julle twee sal in die sop land met daai soen. Kom Craig, net-nou voeter Rayan jou. Nag Vicky." Hy draai om en Craig soen haar vinnig weer voor hy haar by die deur instoot en die deur agter hom toetrek. "Sluit die deur Vicky." Hy hoor hoe sy lag deur die deur. "Ja baas ek sluit die deur." Hy loop fluit-fluit agter Daniël aan, klim op hulle bikes en gaan huistoe. Derrick kry die skok van sy lewe toe hy die hut instorm. Cyanne hang half aangetrek oor die bank se agterkant met 'n outjie kaal voor haar op die bank en een agter haar met sy broek op sy voete. Haar vriendin Irene wat gr 9 is, lê kaal op die vloer en giggel terwyl sy sukkel om haar klere aan te kry. "Cyanne! Jy beter klere aan jou gat kry. Beweeg!" Sy kyk op sien haar Pa maar registreer nie met wie sy praat nie. "Ag nee man nie jy oki, elke kee voo Pieter kan klaarmaak word ons onderbreek. Gee onsh net sho tien minute ag toeman, moet nou nie sho wesi." Hy sien die spuitnaalde en die drankbottels en hy pluk die seun los van sy dogter af en voor sy mooi weet wat aangaan trek hy haar oor sy skoot en slaan haar vier houe met die plathand oor haar kaal boude. Sy skree soos 'n maer vark, maar hy gee nie om nie, hy is verby kwaad nou. Hy ruk haar orent en pluk haar hemp behoorlik oor haar lyf. Karel kom ingestap met vier komberse. Hy gryp Irene op die mat en rol haar toe in die kombers en gooihaar oor sy skouer en dra haar jeep toe. Daar pas Riaan haar op tot hy een van die seuns ook so deposit in die jeep. Derick kom uit met Cyanne en prop haar in die jeep. "Julle beter doodstil sit, ek laai julle vir die leeus af vandag." Karel bring die Pieter ou al skoppende uit en druk hom in die jeep langs die ander seun in. "Sit en jy beweeg nie voor ek so sê nie." Riaan beduie vir Karel jeep toe. "Ry jy saam Derick om hulle te beheer. Ek bring die perde, maar ek gaan stadig terugkom, hierdie merrie is te hard gery en sy is naby vul." By die stalle staan Yvonne en Irene se Ma Shelby en is geskok toe hulle, hulle dogterss ien. Yvonne kyk vraend na Derick en sy sien vandag is hier kuikenmoord. "Bel vir Ron en sê hy moet ons by die hospitaal kry. Ek weet nie presies wat hulle in het nie, maar ek het die naalde en drugs gebring en hulle het vodka en brandewyn saam met dit gedrink. Ek ken ook nie die twee seuns nie, so ek weet nie wie ek moet laat weet van hulle nie." Hy prop vir Pieter en Cyanne by hom en Yvonne in die kar en die ander twee by Shelby in haar kar. Hulle is daar weg met spoed. Anrie staan en kyk sonder 'n woord na die verdwynende karre. "Goeie hel, is ek bly ek is nie daai ouers nie." Karel lag vir haar verdwaasde gesig." Weet jy wat skoonsus,.. ek is blyer ek is nie daai kinders nie, Die Pieter-ventjie het sommer so twee keer pakslae gekry. Eers met Riaan se belt waar hy bo-op Cyanne gelê het en toe weer na Riaan hulle gesê het om aan te trek, toe loop Derick op hulle in en die Pieter staan agter Cyanne waar sy oor die bank leun met haar hander al oor die ander outjie en Pieter besig is om... " Anrie maak hom stil deur haar hande op haar ore te sit. "Nee sjuut man ek wil nie dit hoor nie, want dan bly daai beeld in my kop. Liewe hemel ek maak my tweeling self dood en maak twee ander, ek sweer." Karel skud soos hy lag en dan sien hy vir Riaan aankom met die perde. Anrie draai om en toe sy die merrie sien wat moet vul is sy woedend. "Ek sal daai klein bliksems dood maak, Kyk hoe lyk my stoetmerrie nou. As sy hierdie vul verloor omdat sy te moeg is om geboorte te gee, sweer ek die een wat haar gery het se Ouers sal betaal wat ek vir hierdie vul op skou sou gehaal het. En as ek my merrie verloor is dit tickets met daai vier kinders." Sy word dadelik die stal in gevat en Anrie begin haar roskam en spuit haar 'n ligte kalmeermiddel in want die arme merrie is senuagtig verby. Die volgende oomblik kom Victoria die stal binne en begin sonder 'n woord vir Riaan help om die ander perde te versorg vir die nag en te kyk dat hulle okay is. Riaan glimlag as hy hoor hoe Victoria met die perde gesels. Anrie is na aan trane as sy sien hoe die arme merrie verniel is en sy is bly Derick het die kinders hier weggevat voordat sy die merrie gesien het. Rayan kom 'n rukkie later stal toe en Riaan vertel hom waarop hulle afgekom het. Hy weet egter nie Victoria kan alles hoor nie. Sy luister geskok na sy vertelling en wonder wat met daai vier gaan gebeur. Intussen is Karel huistoe en vertel vir Bernice van die hele petalje. Sy skud haar kop, maar toe hy vertel hoe Riaan belt ingelê het lag sy heerlik. By die hospitaal word die drugs getoets en die kinders word opgeneem en behandel. Ron hoop en bid net dat sy twee kinders Darryn en Kiara sal kophou, want hy weet nie of hy so iets soos die sal oorleef nie. Hy sal sweerlik 'n hartaanval kry. Derick kon darem die twee seuns se ouers se besonderhede uit die twee kry met 'n helse gesukkel en nou wag hulle in die wagkamer vir die ouers om op te daag. Yvonne kyk na Derick en wil huil. "Wat maak ons nou Derick? Ek bedoel as die koshuis haar nie eers in toom kan hou nie,wat gaan haar in toom hou?" Derick vat haar hand en sit so met haar terwyl hy diep dink. "Ek weet nie Vonne, ek weet so wragtig nie meer wat om met haar te doen nie. Sy het meer detensie gesit van sy in die koshuis is as in al die vorige jare van skool. Sy het glo vir Karel en Riaan ook nog genooi vir 'n orgie saam hulle vier. Ek kry so skaam ek weet nie of ek my makkers weer in die oë sal kan kyk nie. Yvonne ek het ingekom en gesien hoe my dogter seks het met twee otjies gelyk, dis nie iets wat enige Pa wil sien nie, en sy sê wragtig vir my ag nee man moenie ons pla nie, gee ons nog so tien minute dat ons kan klaarmaak. Ek was stomgeslaan maar ook so geskok en kwaad soos nog nooit in my lewe nie. Toe Riaan op hulle afkom was die twee ook besig en hy het letterlik die klein gemors van haar afgetrek en hom met die belt bygedam." Yvonne huil nou en Shelby is besig om vir haar man te verduidelik wat gebeur het, toe die tweeseuns se Ouers en die Ron inkom. "Nou goed, laat ek nou maar eerlik wees met julle almal. Julle kinders het ecstacy gebruik, dagga gerook en brandewyn en vodka gemeng en gedrink. Ons het hulle mae gepomp, hulle behandel vir die dwelms, maar ek moet vir julle sê hierdie kinders kon dood gewees het. Een van die seuns het my vertel dat hulle nog oxi ook gehad het wat hulle nog by wou gemeng het. Pieter sê hy sal sê waar hy dit gekry het as Cyanne se Ouers nie hom laat charge vir verkragting nie. Ek het vir altwee die dogters die morning after pil gegee, maar julle moet hulle maar dophou vir die volgende vier tot ses weke. Hulle is nie net van vandag af seksueel aktief nie." Ron kry hierdie Ouers jammer maar hy dink ook hulle moes die kinders beter beheer het. Hy het darem al 'n hele klomp stories oor die wilde Cyanne gehoor en haar tannie Sally is nie veel anders nie. Dank Vader dis nie sy Kiara wat so wild is nie. Hy hoop nou maar net die wilde Daniël le Clerq het sy nonsens laat staan, hy het gehoor hy was ook maar 'n wilde lighty so paar maande terug saam met Cyanne le Roux.

Rosendallers Boek 5 Onmoontlike tweelingeOpowieści tętniące życiem. Odkryj je teraz