Hoofstuk 2

11 1 0
                                    

Die volgende middag gaan hy na die plaas toe om te gaan perdry. Daniël het vir Cyanne gaan haal met sy bike, maar hy wil nie derdewiel aan die wa speel en saam piekel nie, hy gaan dus vooruit plaastoe met sy bike. Hy stap stalle toe en sy oog vang die beweging in die verste ring daarom stap hy vinnig nader. Dis een van die merries wat moet vul en hy sien vir Victoria staan met 'n stok in haar hand. Nita het hom egter vertel Victoria is vrek bang vir die perde. Nou staan sy egter baie na aan die merrie met haar rug na die merrie toe. Sy swaai die stok en hy kan sien sy het iets by haar marine broer geleer. Hy is nou naby genoeg om te sien sy is vreesbevange maar vasberade. Dan sien hy die groot rinkals voor haar in die sand wat reg op die pasgebore vulletjie afpeil. Victoria slaan die slang net toe hy pik en hy lyk bedwelmd. Sy slaan hom weer en weer terwyl sy kliphard met hom praat. "Jou gemors, nou wil jy arme onskuldige babas opvreet. Wyk jou satan se ding." Sy slaan hom 'n helse hou en dan druk sy met die stok sy kop vas in die grond. Die slang wriemel, maar sy los nie. "Ek hou nie eers van perde nie, maar ek like jou nog minder. Kyk nou hoe dwing jy my om my lewe by 'n dekselse perd te waag." Die slang se hele kop is vermorsel en toe Craig oor die paalheining spring kyk sy op. Hy sien hoe bang sy is en hy weet hoekom. Die merrie het belangstellend nader aan Victoria beweeg. Hy vat die stok uit haar hand en skiet die slang onderdeur die paalheining deur. "Vicky die Viking gee vir my daai stok. Die slang is dood." Hy trek haar aan haar hand by die paalheining se hek uit. En dan sien hy hoe sy bewe en hy trek haar teen sy bors aan en sit sy arms om haar lyf. "Sshhh ... Vicky moene so huil nie asb? Jy is veilig en jy was vrek braaf." Sy lig haar kop en daar gebeur 'n ding met Craig toe hy na haar natgehuilde gesiggie kyk. Hy vergeet van die hele wêreld en dat enige iemand hulle kan sien. Hy laat sak eenvoudig net sy kop en hy soen haar. Sy stoot hom nie weg nie, maar soen hom terug en haar hande rus op sy bors. Hy hoor die dreuning van Daniël se bike en hy laat haar gaan, maar hulle kyk altwee ietwat verdwaas na mekaar. "Ek ... jy ... um wat het jou by die perd laat ingaan?" Sy kyk eers weg en dan loer sy na die perde. "EK het die vulletjie gesien en hulle is vir my altyd so mooi, maar ek ... um ... " Hy help haar uit. " ... is bang vir perde. Ja ek weet, maar dis net omdat jy nie met hulle groot geword het nie. Kom ek wys jou daar is niks om voor bang te wees nie." Hy vat haar hand en trek haar terug na die ring toe en binne-in gaan hy naby die merrie staan. Hy gee vir Vicktoria 'n blokkie suiker uit sy sak. "Hier hou jou hand oop met die blokkie daarop. Sy sal jou nie byt nie, sy gaan in jou hand snuf en die blokkie met haar lippe vat." Hy hou haar hand op syne na die perd toe uit. "Kom Amalie, Vicky wil jou graag ontmoet." Hy klik met sy tong en Amalie kom nader en snuf na Victoria voor sy die blokkie suiker vat met haar lippe. Vicktoria lag. " Dit kielie, kan ek aan haar vat?" Hy knik. "Ja sit jou hand so oor haar neus dan voel jy hoe sag is sy." Sy vryf oor Amalie se neus en op tussen die oë en verkyk haar aan die perd se lang wimpers. "Sy ... sy lyk amper salig as ek haar so vryf." Sy vryf ook oor haar nek en dan gewaar sy die klein vulletjie wat onderdeur die Ma loer. "Ag my moeder is hy nie pragtig nie." Craig haal sy foon uit. "Ek het vergeet ek beter tannie Anrie bel, sy sal moet kom kyk of alles reg is met die twee." Hy bel haar en tien minute later stop Anrie daar. "My magtig Amalie jou stouter, ek dog dis eers volgende week. Hallo Craig my skattebol en hallo Victoria ek is bly om te sien jy is oor jou ergste bang vir die perde." Craig lag en beduie na die slang. "Nee wat tannie Anrie ek dink sy het vergeet van bang wees. Daardie rinkhals het die klein juffroutjie try vang, maar Vicky die Viking het met hom klaar gespeel sommer met daai stok." Anrie kyk bewonderend na 'n blosende Victoria. "My magtig nê. Dankie Victoria hierdie kleine juffroutjie is ons oudste stoetperd Royal se vyftiende baba en ook derde een by Amalie. Sy moes eintlik eers volgende week gevul het." Victoria begin uitvra na die stoetery en die perde en sy vind dit alles verskriklik interessant. Anrie sien Craig se glimlag en sy weet die kleinneef van haar like vir Victoria sommer baie. Hy is altyd so stil en loop draaie om die stuitige meisiekinders soos hy hulle noem. Hierdie is die heel eerstekeer wat sy hom saam met 'n meisie sien gesels en interact. Sy doen die ondersoek terwyl sy alles vir Victory verduidelik. Victoria voel eers effens skaam oor die hele storie, maar sy kom agter Craig dink niks daarvan nie en sy vind uit hy is perdmal. Hy ken alles van die stoetery en antwoord baie vrae nog voor Anrie kan antwoord. Dis dan ook waar Rayan hulle kry. Hy is skoon uit die veld geslaan toe hy sien Victoria lei die perd na 'n stal toe terwyl Craig seker maak die vul volg. Anrie sien Rayan se gesig en sy lag. "Hallo Rayan, nie gedink jy gaan jou sussie by die perde aantref nie nê. Sy doen goed en Craig is naas my, Riaan en Landi die enigste een wat werklik alles van die stoetery af weet. Jy moenie te veel worry oor haar nie, sy pas goed aan. Ek het vandag met Bernice ook gepraat, sy sê Victoria is super slim en sy sit in meeste klasse langs Craig. Ek hoop nie jy gaan 'n probleem daarmee hê nie, maar dit lyk my die twee het geclick." Rayan glimlag effens hartseer. "Ek is net bly dat sy wel aanpas. Ek was so bang hiedie move is die verkeerde een, maar die sielkundiges het gesê ek moet daaraan dink om haar weg te vat van die dorp af waar die ongeluk plaasgevind het. Toe ek dus die pos by Herman sien het ek gespring daarvoor. Monique sê ook dit is die beste ding wat ek vir Victoria kon doen. Gelukkig ken ek vir Riaan, Herman, Charl, Helena en Monique al vir 'n langtyd van ek rookie was. Selfs die feit dat ek in Riaan se ou huis hier kon intrek lyk my is 'n bonus. Ek weet altyd sy is veilig al is ek nie hier nie. Ek is net bly sy het haar vrees vir die perde bietjie afgeskud." Anrie vertel hom van die slang en toe hy die slang met die stok optel kom Victoria by die stal se deur uit saam met Craig. "Hallo Rayan daai slang is Vicky die Viking se trofee wat jy so oneerbiedig behandel." Rayan lag vir Craig. Hy weet Craig is die stil een van Arno se jongste tweeling. "Hallo julle. So Vicky die Viking nogal, wat 'n bynaam." Craig lag. "Wel as jy gesien het hoe swaai sy daai stok en moker daai slang dat hy skuins kyk sal jy die bynaam verstaan. Sy het soos daai Viking vrouens op daai series gelyk, sy het net die shield en knuppel en daai velklere nodig gehad dan kon ons, ons eie Viking series begin het." Die ander lag maar Victoria sit haar hande in haar sye en kyk kwaai na Craig. "En wat van jou Mnr. Viking? Dink jy nie jy sal eerder vir een van die Vikings kan deurgaan nie. Ek is nie naastenby so Vikingrig soos jy nie." Dit laat hom lag. "Seker maar die Franse-Noorweegse bloed wat by ons le Clerqs deurslaan. My oer-oer-oer oupagrootjie was van Noorweë af en sy vrou was 'n Franse meisie." Rayan lag vir die twee. "Nou het jy darem nou al perd gery Victoria?" Sy skud haar kop. "Nee daar was nie kans om te leer vandag nie, die slang het alles bevark." Craig dink vinnig. "Wel dis nog nie te laat om te gaan ry nie. Kom ek saal vir my 'n perd op dan vat ek jou vir 'n vinnige rit. Môre as ons tyd het dan kan jy jou eie perd vat. Dis nou as dit okay is met Rayan." Hy kyk vraend na Rayan en Rayan knik. "Ja wat ek dink dis 'n plan, dan kry sy die gevoel van die perd en môre gaan dit dalk makliker as sy self begin ry." Craig begin wegstap toe Anrie met hom praat. "Vat sommer vir Royal hy het nog nie vandag uitgegaan nie. Moet net nie jaag nie." Hy knik en toe hy met die groot swartperd uitkom is Victoria baie senuweeagtig. "Sjoe dis 'n moerawiese perd." Anrie lag. "Hy het my gekies toe ons hom gaan koop het en nie ek vir hom nie. Hy is eintlik al baie rustiger as toe ons hom gekry het, maar hy hou nogal van die vroumense. Staan net stil en ontspan dat hy jou gewoondraak" Royal staan effens vorentoe en rek sy nek. Dan ruik hy aan Victoria se hare en druk sy neus in haar nek voor hy proes en runnik wat Anrie laat lag. "Daai was sy goedkeuring hoor." Craig klim op en hou sy hand na Victoria toe uit. "Trap met jou voet bo-op myne, ek sal jou optrek. Hy swaai haar met gemak agter hom op en kyk oor sy skouer na haar. "Hou maar vas Royal hou van 'n lekker draffie." Sy sit haar arms om sy lyf en hy klik met sy tong vir Royal. Hulle stap eers en toe hy voel hoe sy ontspan teen sy rug gee hy Royal 'n bietjie meer teëls. "Kom Royal ons vat Vicky vir 'n lekker rit. Gedra jou nê." Craig voel hoe Victoria automaties in die ritme inval en hy glimlag. Sy sal vinnig regkom. Hy ry 'n draai by die naaste windpomp en stop terwyl hy oor sy skouer na Victoria kyk. "En ... ?" Sy lag. " Ek kan nie glo ek was so bang nie. Dit voel fantasties. Dis of jy vry word van alles om jou. Hel ek gaan sukkel om weg te bly by die stalle nou." Hy lag en toe Royal weer begin stap sien hy vir Daniël en Cyanne opstaan uit die gras anderkant die dam. En hy sien hoe sy haar hemp aantrek en Daniël staan en broek vasmaak. Liewe hel, is hy van lotjie getik, oom Derick maak hom dood. Craig draai die perd weg op 'n ander paadjie, hy wil nie nou in Daniël en Cyanne vasloop nie en hy hoop maar net Victoria het hulle nie gesien nie. Sy hoop is egter van korte duur, want toe hulle by die stalle stop en hy Victoria laat afklim, kyk sy blosend na hom en fluister want sy sien haar broer, Anrie en Riaan staan en gesels. "Het ek reg gesien, was dit Daniël en Cyanne en ... " Craig loer na die volwassenes daar naby. "Ja ... en ... kom ons los dit net, dit het niks met ons uit te waai nie. Wil jy hom koudlei dan raak jy sommer meer bekend met die prosedures as ons klaar gery het?" Sy knik. "Is reg gee hom vir my. Ek belowe ek sal niks sê nie. Dis soos jy sê dis nie ons sake nie." Riaan kyk na die twee en hy glimlag innerlik. Hulle pas nogal mooi bymekaar. Blond en Strawberry bymekaar. Craig lyk ook vir hom anders, dalk doen die twee mekaar goed as die hormone net nie moleste maak nie. Craig is baie geduldig met Victoria en Rayan hou hulle so uit die hoek van sy oog dop. Hy is nie vatterig of al oor Victoria nie en Rayan sien hoe gemaklik is sy met Craig as sy arm verby haar gaan. Sy koes nie vir sy aanraking nie en sy het nie daai behoedsame kyk in haar oë nie. Hulle twee lag oor iets en Riaan sien Rayan loer na hulle. "Ek sien jy hou die twee ook dop. Dis nogal weird om die stille Craig so te sien lag. Hy sit gewoonlik iewers met 'n boek of hy is besig om te skryf. Hy het op laerskool 'n kinderboek geskryf wat Arno vir hom laat publiseer het. Natuurlik is hy baie gespot maar hy skryf steeds en hy is kunstig." Rayan knik. "Ja ek vind dit vreemd dat sy so gemaklik en eie is met hom. Ek bedoel ons was Desember al hier, maar sy het nie so baie met die ander nog te doen gehad nie. Dis nou maar eers na die skool begin het 'n week terug. Sy maak nie maklik maats nie en ook sy is meer doenig met haar boeke en sketse. Ek hou nogal van wat ek van hom sien hy is nie vatterig of al oor haar nie, hy laat haar goed vir haarself doen." Riaan lag nou. "Jy weet wat sê hy altyd as sy tweelingbroer hom terg oor die girls wat so al agter hulle lê. Hy het nie tyd vir bakvissies en giggelendes nie. Hy is altyd baie behoedsaam rondom die girls. Dis die een groot verskil tussen hom en Daniël." Praat van die duiwel en daar kom Daniël en Cyanne met hulle perde aangejaag. Sy is windverwaaid en Riaan se oë vernou dadelik. Hy is nie 'n nat agter die ore lighty nie en hy kan net dink die twee het 'n vry gevang êrens. Dan tel hy die kil kyk op wat Craig vir Daniël gee en hy weet hier is 'n Arno-Anrie ding aan die kom. Die eens identiese tweeling is besig om elkeen sy eie karakter duidelik ten toon te stel. Hy sal bietjie 'n woordjie met Arno moet hê. Van tweelinge ken die familie goed en selfs hy en Anrie se twee Nita en Ally het ook elkeen sy eie dingetjies wat hy en Anrie raakgesien het. Maar die kyk tussen Craig en Daniël voorspel groot moeilikheid tien teen een vir Daniël en nie Craig nie. Hy kan dit sien deur die verskillende maniere wat hulle twee die twee meisies by hulle hanteer. Daniël raak kort-kort aan Cyanne en hy skuur teen haar verby waar Craig wag dat Victoria eers uitkom voor hy inloop by die staldeur. Wat hom egter meer pla is die feit dat Cyanne nog meer teen Daniël skuur en haar oë suggestief oor hom laat gaan. "So het julle tweetjies die rit so op een perd geniet?" Craig kyk koel na Daniël terug oor sy skouer. "Ja Rayan sê dit mag haar dalk gemakliker maak met die perde as sy eers een of tweekeer saam my gery het. Ons sal later in die week sien hoe gaan dit met 'n eie perd. Ons het nie vanmiddag tyd gehad vir regte les nie. Vicky die Viking het eers klaargespeel met 'n rinkhals daar waar Amalie vroeër as wat sy moes gevul het." Daniël se oë rek. "Wow, Vicky die Viking nogal. Ek wens ek kon dit sien." Craig kyk vir Victoria en lag vir haar verleë gesiggie. "Man dit was skouspelagtig sê ek vir jou." Hy draai om en kyk na Riaan-hulle. "Ons is klaar oom Riaan. Royal is koudgelei, geroskam, kos en water gegee en ek en Vicky het die ander perde se water en kos ook gecheck. Ek gaan nou groet en by die huis kom voor my Pa my kom soek." Riaan lag en klop Craig op die blad. "Dalk kan ek nog van jou 'n stalmeester maak, ek moet jou net nog bietjie bearbei. Dankie Craig en Victoria, ek waardeer julle hulp vanmiddag en Victoria ... jy kan solank dink oor 'n naam vir Amalie se vul. Jy het haar van die rinkhals gered. So die voorreg is joune. Praat met tannie Anrie as jy reg is dan skryf julle dit in die naamboek." Victoria se mond hang oop. "Regtig oom Riaan?" Hy knik en glimlag. "Ja regtig." Craig groet vir Rayan met die hand en kyk vinnig na Victoria voor hy na sy bike toe stap en oor sy skouer met haar praat. "Sien jou by die skool Vicky, bye almal ... " Hy ry heel besadig weg en kies dan koers veldlangs deur tot by hulle kleinhoewe. Hy is net geshower en in sy kamer toe Daniël in sy deur verskyn. "Jy het ons gesien nê? Nou gaan jy seker by Pa klik?" Craig kyk op vanwaar hy sy hare droog vryf. "Dis jou sake, dit het niks met my uit te waai nie. As jy so aanhou sal Pa vinnig daarvan uitvind as julle twee in die sop land." Daniël lag. "Ek is nie so nat agter die ore soos jy nie, ek weet mens moet voorsorg tref." Voor Craig iets kan sê vra Arno agter hom. "Voorsorg tref vir wat?" Daniël kan op sy voete dink en sy antwoord kom vinnig, amper te vinnig. "As mens in die veld met jou bike gaan ry Pa. Water saam vat en die regte klere dra en so aan." Arno sien Craig kyk weg en sê niks nie, hy weet dus hier is 'n rot. Craig haat dit om te jok en daai ongemaklikheid van hom sê Daniël jok alweer oor iets. Sy foon lui en hy stap uit toe hy sien dis Riaan. Hy gaan sit gemaklik agteroor in sy studeerkamer en glimlag toe Shevon inkom en op sy skoot kom sit. Hy luister na wat Riaan sê en beduie vir Shevon om die deur toe te maak. "Okay wag Riaan ek sit jou op loudspeaker dan kan Shevon ook hoor." Riaan is nie seker of hy die regte ding doen en hoe Arno gaan reageer nie. "Okay ek weet julle gaan my tien teen een haat hieroor maar ek voel as ek stilbly en julle nie sê nie het ons 'n situasie soos met jou, Freda en Anrie en ook Landi en Nico." Arno word yskoud. "Praat Riaan, as ons iets aan 'n probleem kan doen help dit nie ons word kwaad vir jou nie. Ek neem aan dit het iets met een van my ongoddelikes te doen?" Riaan sug kliphard. "Ja vanmiddag het die seuns kom perdry en Craig het met Anrie en Rayan se toestemming vir Victoria vir die eerstekeer op Royal gevat vir 'n vinnige draai. Sy het net voor dit 'n rinkhals met 'n stok dood gemoker, maar dis nie Criag en Victoria wat my pla nie. Ek het hulle dopgehou en Craig het selfs 'n paar maal kliphard gelag. Hulle twee het vir my die perde kos gegee en als. Die probleem het gekom toe Daniël en Cyanne van Derick-hulle hier aankom met hulle perde. Hulle het nie saam met Craig hulle gery nie en ek het nie eers geweet hulle is hier op die plaas nie. Sy was windverwaaid, klere was nie heeltemal in plek nie en definitief warmgevry. Wat vir my weird was, was toe Craig vir Daniël 'n baie kil kyk gegee het en die onweer was duidelik in daai paar grys oë van hom. Hy het egter nie 'n woord vir hom gesê nie. Toe kom Daniël en vra so ewe of hulle tweetjies en dit was sy presiese woorde die ritjie alleen op een perd geniet het. Die intonasie in sy stem het alles gesê wat hy dink en ek is jammer om dit te sê maar ek het 'n jong Arno voor my gesien toe jy so ass met Anrie was. Craig het egter net koelkop gebly met geen emosie op sy gesig nie en gesê ja dit was lekker en Rayan het gedink dis 'n goeie idee om Victoria se vrees vir die perde te help wegkry. Ek sien 'n ding hier tussen jou twee seuns wat moeilikheid kan veroorsaak. Ek wil nie inmeng nie Arno maar as Daniël weer twee perde vat sonder om op die bord te skryf om met 'n girl iewers op die plaas te verdwyn gaan ek hom die stalle belet." Arno is woedend, maar bly Riaan het gepraat. "Dankie Riaan ek is bly jy het my gesê. Ek het gesien die laaste paar weke is daar iets wat broei, want Craig en Daniël doen al hoe minder dinge saam. Lyk my elkeen het nou maar sy eie karakter begin uitleef van hulle sestien geword het na Nuwe Jaar. Ek kan onthou dit was ook maar die tyd wat ek in 'n ass verander het en Anrie se lewe hel gemaak het. Ek gaan egter nie toelaat dat Daniël dit met Craig doen nie. Ek het net voor jy my gebel het so halwe gesprek tussen hulle gehoor en opgetel dat die twee haaks is. Ek sal Daniël aanvat, want Derick maak hom dood as hy net effe skeeftrap naby Cyanne." Na aandete roep Arno die twee seuns om saam met hom te stap na die skuur toe waar hy hulle op twee bale laat sit. "Sit daar ons moet praat." Hy stap een of tweekeer op en af en sien uit die hoek van sy oog Craig sit heel rustig agteroor met sy rug teen die agterste bale, maar Daniël lyk bekommerd en vroetel rond. Dan gaan staan hy stil voor hulle. "Nou luister dié is nou een talk wat ek dink nie een Pa like om met sy seuns te hê nie. Julle is nie stupid nie en julle word op die plaas groot. Julle ken van diere en paring en elke ding, maar die mens is so ietwat anders. En ek weet julle weet presies wat en hoe mense voortplant, maar daar is een ding wat julle dalk nie goed verstaan nie. Elke Pa wil sy dogter beskerm so vêr hy kan en geen Pa wil weet sy dogter word warmgevry by die skoolsokkie of fliek of iewers op 'n plaas as hulle veronderstel is om perd te ry nie. So wil die Pa van 'n sestienjarige seun ook nie weet sy seun is daai klein swernoot wat die girl agter die mure en om die hoekies bevat en bevoel en beskuur nie. Ek weet ek was ook sestien en ek het aangejaag en daarmee weggekom tot ek agtien was en op negentien Pa geword het oor my ore in my dinges gesit het. Ek weet ook dinge gebeur en die hormone hol met jou weg en as jy weer sien het nie een van julle klere aan nie en dinge het te vêr gegaan om te stop. Ek wil julle vanaand vra om asb. nie stupid te wees nie. As jy net dink aan so iets doen, gaan draf, of ry perd, dit is natuurlik alleen dit help nie jy vat jou probleem saam met jou nie of gaan gym. Julle het 'n moerse gym waar julle al julle frustrasies kan gaan uithaal. Ek wil nie 'n girl se Pa voor my deur hê oor my seun homself nie kon intoom hou nie. Ek het 'n verskriklike harde les geleer en ek bid dat julle nie op daai manier sal leer nie. Dit was absolute hel en eventually het ek alleen kind grootgemaak. Dit was nie maklik om te swot en alleen kind groot te maak nie. Onthou ook net kondome kan ook fail en daarvan kan ek getuig. So moenie te selfversekerd wees oor jy kondome gebruik nie. Los dus liewers daardie dinge vir eendag as jy 'n volwasse man is wat die verantwoordelikheid vir sy dade kan vat. Want ek gaan jou laat kind grootmaak as daar so iets gebeur. Jy sal skool gaan en kind grootmaak hoor vir my mooi. Dan is daar iets anders. Ek is een van 'n tweeling en ek ken al die tweeling dinge. Met Kelsi en Callum het ek nie regtig agtergekom hulle word anders hier by sestien nie, maar hulle het en elkeen het sy eie karaktertrekke ontwikkel. Julle twee is egter soos wat ek en Anrie was. Ek bespeur 'n nydigheid en hakerigheid tussen julle waarvan ek nie hou nie. Dis nie hoe ons julle grootmaak nie en ek wil nie nodig hê om weer met julle daaroor te praat nie. Julle is elkeen 'n eie individue en ek wil nie hê een van julle moet die ander een kritiseer, afkraak, slegmaak of slegpraat nie. Gun mekaar die groei en veranderings. Kompetisie is goed, maar moenie so kompetisie hou dat julle mekaar en ander mense in die proses seermaak of te na kom nie. Moenie kompeteer om te kyk wie kan 'n girl die maklikste beïndruk of in die bed kry nie, dit is nie die moeite werd nie. Ons is ewe lief vir julle altwee met al julle verskille en eie karaktereienskappe wat nou begin uitpop. Ek wil hê julle twee moet vanaand mooi gaan dink oor wat julle wil hê ander mense in julle karakters moet sien. Wil jy hê hulle moet praat van o daai klein ass van die jongste le Clerq tweeling, daai klein gomgat cassanova wat al deur die hele skool se girls gedraf het, daai klein onverantwoordelike wetter wat my dogter in die shit gedrop het of wil jy soos ek hê hulle moet sê wow daai klein le Clerq is 'n agtermekaar lighty, slim kêreltjie, man my dogter kan enige tyd saam met hom uitgaan, verantwoordelike kêreltjie daai. Hanteer alle vrouens oud en jonk asb. met soveel respek as wat julle julle Ma, Landi en Kelsi hanteer. Hou jou hande tuis. As jy aan haar vat doen dit met respek, om haar hand vas te hou of haar even te soen is heel aanvaarbaar, maar moet haar nie beklou of bevoel nie, dit bring net moeilikheid wat julle nog te jonk is om reg te kan hanteer. Julle hormone is nou in overdrive en die gevoelens en bodily changes wanneer in die geselskap van die teenoorgestelde geslag kan julle of in die skande steek of in die sop laat land. Riaan het gekla julle gee nie julle samewerking in die stalle nie. Julle vat nie 'n perd as julle nie op die bord skryf nie. As julle oortree gaan hy julle die stalle belet. Julle sleep ook geen girl die vlaktes in sonder dat julle op die bord skryf watter roete julle ry nie. Indien julle seerkry gaan ons nie weet waar om na julle te gaan soek nie. Moenie die lewe vir almal moeilik maak omdat jy selfsugtig is nie. Onthou ook altyd dat as jy drooggemaak het en jy het hulp nodig, kom praat met my of julle Ma dat ons kan kyk hoe ons kan help. Moenie iewers gaan party en dronk op die pad klim nie, bel my liewers 2uur in die môre wakker om jou te kom haal as wat jy jou of ander mense se lewens verwoes deur dronk op die pad te klim. Verstaan ons mekaar mooi vanaand?" Altwee seuns knik. "Ja Pa ons verstaan." Arno besluit om later 'n one on one met elkeen te hê. "Nou goed gaan slaap en dink oor wat ek gesê het." Hy gaan eerste na Craig toe terwyl Daniël in die shower is. "Ek het nie met jou gepraat oor die stalle nie, ek weet jy en Victoria het Riaan gehelp. Al die ander goed wil ek egter hê jy moet in die agterkop hou. " 'n Rukkie later glip hy by Daniël in en sien die love bite op Daniël se kaalskouer waar hy sonder sy hemp op sy bed lê met sy foon. Hy gaan sit onder op die bed en kyk eers net stip na Daniël en hy kry 'n koue gevoel oor hom. Daniël en Craig lyk die meeste na hom van al die kinders naas Landi met haar blonde hare en blou oë. Daniël is egter die een van die jongste tweeling wat meeste na hom trek. Craig se oë is gryser. Daarby sien hy Daniël se hele houding sê sestienjarige Arno le Clerq en dit maak hom bang. Hy moet nou mooi dink hoe het sy Pa-hulle hom hanteer en hoe het hy uitgedraai, want hy gaan iets heeltemal anders met Daniël moet doen as hy nie wil hê hy moet skelm raak en rebelleer soos hy gedoen het en toe in die stront getrap het nie. "Daniël jy weet hoe voel ek oor leuens nê?" Hy kyk na sy Pa en sit sy foon neer voor hy kruisbeen regop gaan sit. "Ja Pa ek weet. Het Craig by Pa geskinder?" Arno skud sy kop. "Nee, moes hy dan? Hy het geen woord met my oor jou gepraat sedert hy vanmiddag hier by die huis aangekom het nie. Ek was nou in sy kamer by hom en ek het met hom gepraat oor Victoria en wat ek presies van hom verwag en nie verwag nie. Is daar iets wat hy vir my moes gesê het?" Daniël weet sy Pa gaan 'n gasket blaas, maar hy ken sy Pa en hy is seker sy Pa weet wanneer enige een van hulle jok en as hy attitude gee is dit tickets met hom. "Ek weet nie Pa, ek is nie seker hoe om die situasie te hanteer nie. Sien ek like vir Cyanne, maar dinge het net eenvoudig tussen ons gebeur en as ek nou vir haar sê ons moet stop gaan sy tien teen een vir die hele skool dinge vertel. Sy kan geniepsig wees as sy kwaad word, maar ek kan nie help om van haar te hou nie. Dis nogal 'n ding om met 'n girl soos Cyanne uit te gaan, die ander ouens gaan my definitief beny." Arno knik. "Ek verstaan wat jy sê Daniël maar bedoel jy dis so soort van 'n prestige om Cyanne as jou girl te hê?" Daniël knik en is bly sy Pa is so slim. "Ja Pa sy is super gewild en almal try haar uitvra. Ek het net gedink as ek vinnig speel is sy my girl en eers het ons Desember net skelmpies hande vasgehou as ons almal saam gaan fliek het en hier en daar gesoen as ons die kans gekry het, maar Ou-Jaarsaand het ons mos daai bon-fire op die plaas by tannie Anrie-hulle gehad en wel ons het in een van die stalle ingesluip en die een ding het na die ander gely en ... ons het ... Pa weet ... " Arno kyk stip na Daniël en moet op sy hande sit om die kind nie te skud nie. "Met ander woorde julle het seks gehad in die donderse stal van alle plekke. My donder Daniël wat het julle besiel, julle is altwee net vyftien gewees en eintlik is sy steeds nog nie eers sestien nie, sy word eers Mei sestien. Ek weet al die tieners op skool vry maar hier en daar om die hoekies, maar om all the way te gaan en julle is nog nie eers sestien nie, dis net 'n bietjie te erg. Weet enige iemand dat julle so vêr gegaan het?" Daniël skud sy kop. "Nee ek dink nie so nie, tensy sy een van haar vriendinne vertel het. Ek dink egter Craig het so idee gehad en hy en Victoria het ons vandag gesien daar agter die ou dam ... " Arno skud sy kop spytig. "Ek kan nie glo jy hou aan om dit te doen, al weet jy dit is verkeerd nie. Het julle ten minste elke keer kondome gebruik?" Daniël is bloedrooi en skud sy kop terwyl hy kop onderstebo sit, wat Arno amper 'n hartaanval gee. "Nie die eerstekeer nie, dit was nie beplan nie ..." Arno is woedend. "Kyk vir my as ek met jou praat Daniël." Hy wag tot Daniël opkyk. "Ek was in my hele lewe nog nooit so teleurgesteld in jou nie. Verdomp man ek het meer van jou verwag. Nou goed jy sê sy kan geniepsigraak as jy die seks stop. Bedoel jy sy sal met jou uitmaak? Is dit een van haar vereistes as julle uitgaan?" Daniël trek sy skouers op. "Ek is nie seker nie, sy kan ook vir almal vertel ek is nie goed in bed nie of ek is nie bedeeld genoeg nie, al is niks van dit waar nie. Sy het dit al in gr 9 gedoen met iemand anders wat nie meer in ons skool is nie. Hy het gelukkig getrek." Arno sit 'n oomblik en dink. Hy sal aan 'n plan moet dink want Derick is nie verniet 'n ex-marine nie. As hy moet uitvind is Daniël dieper as knie-diep in die moeilikheid. "Luister Daniël die besluit lê steeds by jou oor hoe jy wil optree en hoe jy wil hê ander moet jou sien. Dis 'n keuse wat 'n mens doen om die verkeerde pad te stap. Ons het jou op 'n sekere manier grootgemaak en aangesien jy nie op die regte pad gebly het nie, gaan daar gevolge wees. Ek en jou Ma sal daaroor dink en dan teen môre aand vir jou sê wat gaan jou straf wees. Jy kan nie skotvry hiervan af wegstap nie. Ek straf jou eerder nou en jy is vies vir my as wat jy oor 'n paar maande kom sê sy is swanger. As jy nie wil saamwerk nie of ons attitude gee kan ons natuurlik ook daaraan dink om jou Betlehem koshuis toe te stuur of selfs Ficksburg toe. Jy kan steeds met Cyanne uitgaan, ek sê nie drop haar net nie, maar dit is jou plig om haar op die regte pad te kry of anders moet jy wegstap van haar af terwyl jy nog kan. Moenie julle altwee se lewens opmors nie."

Rosendallers Boek 5 Onmoontlike tweelingeDove le storie prendono vita. Scoprilo ora