Hoofstuk 5

6 1 0
                                    

Daniël weet presies uit watter klas Kiara gaan kom toe eerstepouse aanbreek en hy staan teen die pilaar voor haar klas en wag terwyl hy al 'n toebroodjie eet. Hy sien duidelik die verbasing op haar gesig en hy lag openlik vir haar. "Nou toe slow poke, pouse is net soooo lank en ek het nog baie te eet." Sy lag kliphard en die ander standerd sewes kyk verbaas na die stil en stemmige Kiara McInnes. "Nou waarheen is jy oppad Daniël? Jy eet dan alreeds." Hy trek haar aan haar arm agter hom aan en dit laat haar klasmaats wonder en vraend na mekaar kyk, veral toe hulle Daniël se woorde hoor. "Maar natuurlik daar na die veld toe Kiaratjie. Die ander wag al en as ons te lank draai dink hulle dalk ek het jou ontvoer of iets." Sy loop maar agter hom aan, sy het elk geval nêrens anders om na toe te gaan nie. Sy bied hom een van haar muffins in haar kosblik aan en hy ruil haar vir een van sy chicken mayo broodjies. Craig sien hulle aankom en hy glimlag by homself. Hy het lanklaas sy tweelingbroer so suutjies om 'n meisie sien optree. Daniël draai gewoonlik die sjarmekraan dadelik full throtle oop, maar met Kiara is hy versigtig. "Hallo Kiara, kom sit hier by my, dat ek en jy kan skinder." Ally tik langs haar op die bankie onder die boom en Kiara groet die ander terwyl sy tussen Ally en Nita gaan sit met Victoria oorkant haar. Die meisies begin gesels oor modes en wat wie gaan aantrek vir die skool se modeparade wat gehou word vir fondsinsameling. Craig stamp aan Daniël waar hulle teen die boom staan. "Sy het nie eers teengestribbel toe ek haar saamsleep nie. Sy het regtig geen ander vriende nie, wat is fout met die standed sewes?" Craig skud sy kop. "Nee ek weet nie, ek dink hulle is 'n klomp stupid goed, maar is daai Irene meisiekind wat die standerd sewes so rule nie in haar klas nie?" Daniël knik. "Jip die einste Irene neus-in-die-lug Verwoerdt. Jy moes sien hoe val haar mond oop toe Kiara net lag en saam met my begin wegstap. Ek hoop nie sy gee haar twak na pouse nie." Craig frons en knik. "Sy sal dalk want sy het al lank 'n ding vir jou." Na pouse loop Daniël saam tot by Kiara se klas en dan aan na sy eie klas, maar hy kyk oor sy skouer en wys vir Kiara vinger terwyl hy lag. "Selfde plek tweedepouse en moenie dat ek jou kom soek nie." Sy lag net en knik voor sy die klas instap. Sy sit egter skaars toe Irene op haar bank kom sit. "Jy mik hoog nê Kiara McInnes, jy dink verniet omdat jou Pa 'n dokter is Daniël sal vir jou ass gaan. Cyanne kon hom nie eers hou nie en sy het darem die looks gehad." Kiara kyk verveeld op na Irene en die ander is verbaas dat sy nie wegkrimp voor Irene se venynigheid nie. "Ek voel vere wat jy of enige een sê Irene. Ek is vriende met Daniël en dit het niks met jou of enige een te doen nie. My Pa se titel bepaal nie met wie ek vriende is nie en looks is nie alles nie. Klim van my tafel af ek wil my boeke uitpak." Bernice kom die klas ingestap en sien dadelik die click by Kiara se tafel en sy hoor ongelukkig Irene se laaste woorde waar sy steeds sit. "In hierdie klas maak ek die reëls en dit sal beter wees vir jouself as jy dit volg. Die le Clerc tweeling is vir jou verbode." Bernice se koue stem is duidelik bo die klas lawaai en almal raak doodstil. "En jy mej. Verwoerdt beter besef in hierdie klas maak ek die reëls en jy beter baie vinnig van daai bank afklim en by jou bank uitkom. Die le Clerc tweeling is ook nie jou besittings nie. Dit staan enige een vry om met hulle te praat en vriende te wees. Gee jy liewers meer aandag aan jou slegte punte anders sal jy my genoodsaak om jou Ouers te kontak." Irene is vies en gee Kiara 'n vuilkyk. Bernice besluit net daar om Johnny Perez haar swaer te praat. Hy is die dissiplinêre hoof en hy kan die ander onderwysers daarop attend maak dat Irene en haar click in die bek geruk moet word in al die klasse. Kiara steur haar nie aan Irene se agteraf fluisteringe nie en ook nie die stampe wat sy en haar click haar gee as hulle verby haar stap nie. Net toe pouse aanbreek gaan sy vinnig kleedkamer toe en terwyl sy in die toilet is hoor sy die praatjies by die wasbakke. "Ek is seker sy slaap saam met Daniël. Hy en Cyanne het saamgeslaap, sy het dit self vir my vertel en as Kiara en Daniël nog nie saam geslaap het nie, sal hy dit verseker nog doen en haar dan skielik los. Hy like dit om girls te gebruik, maar hy is glo vreeslik bedeeld volgens Cyanne en fantasties in die bed, jy weet so Christian Grey tipe." Sy hoor hoe hulle uitstap en sy was vinnig haar hande en stap af veld toe, maar onder die boom gaan sit sy by die tweeling en Victoria en ignoreer Daniël heeltemal. Sy wonder nou oor sy vriendskap met haar en sy kan hom nie in die oë kyk na daai gesprek wat sy gehoor het nie. Liewe land die meisies is voor-op-die-wa en die goed waaroor hulle praat ... Victoria sien Kiara se pienkerige wange en sy kyk vinnig na Daniël maar hy en Craig is besig om te praat en hy kyk nie eers vir Kiara nie. Toe die klok lui val Daniël langs Kiara in en sy maak of sy hom nie sien nie. Hy kom egter agter daar is fout, maar hy sê niks nie, groet haar net toe hulle altwee wegloop na hulle onderskeie klasse toe. 'n Week later is dit duidelik soos daglig dat Kiara vir Daniël ten alle koste vermy, sy het baie verskonings om nie by die ander te sit nie en tot twee pouses weer bib toe gegaan en daar gaan wegkruip met 'n verskoning van navorsing vir huiswerk. Craig en Daniël is in die kleedkamers toe hulle die klomp standerd sewe seuns hoor praat. "Tommy ek sê jou Irene sal nie lieg nie. Sy sê Kiara is 'n lekker girl want Daniël le Clerc het haar klaar deurgedraf. Dis hoekom sy ook nie meer pouses by hulle sit nie, kan hom natuurlik nie in die oë kyk nie. Hy is glo nogal goed in die bed volgens Cyanne. Irene het haar ook gewaarsku teen Daniël, maar sy het haar mos high en mighty gehou met Irene." Daniël storm uit die toilet en gryp vir Helgardt voor die bors en lig hom teen die muur op. "Waar die donder hoor jy daai stront wat jy nou net gepraat het? Wie praat sulke snert van my en Kiara?" Helgardt se oë is so groot soos pierings en hy hakkel. "I ... Ire ... Irene het gesê ... " Daniël los hom dat hy op die grond val toe Craig Daniël aan die arm vat. "Los hom Daniël, ek sal vir Mnr. Johnny kry om hierdie snert uit te sort. Julle mannetjies beter nie hierdie stront-storie verder loop en versprei nie. Kiara is nie so girl nie. As ek enige stories verder hoor kom ek julle soek en ek weet presies wie is julle. Julle kan aangekla word vir beswaddering van mense se goeie name. Skoert ... " Hy vat Daniël en stoot hom uit by die kleedkamer. "Kom ek het gesien Oom Johnny is nog in sy klas." Daniël is so kwaad hy sê nie 'n woord nie, maar volg Craig net. Craig is die een wat alles vir Johnny verduidelik en Johnny kyk opsommend na Daniël. "En jy sê niks hiervan is waar nie?" Daniël se wange is rooi toe hy reguit na Johnny kyk. "Ek het nie aan Kiara geraak nie Oom Johnny, ek sweer. Jy kan haar maar vra. Ons is ... of was vriende tot iemand nonsens begin versprei het. Sy vermy my al die hele week so ek dink sy het die stories ook gehoor. Die stories van my en Cyanne is egter waar, ons het aangejaag toe ons uitgegaan het, maar dis iets wat tussen my Ouers en Cheynne se Ouers uitgesort is en Cyanne was deur haar Pa verbied om enige stories oor my te versprei. Bel my Pa Oom Johnny, hy sal jou die hele gemors verduidelik. Ek is ook nie van plan om Kiara bed toe te sleep nie, ons is regtig net vriende ... gewees ... "Johnny skud sy kop. "Plaas almal mekaar net uitlos en liewers aandag gee aan hulle skoolwerk ... ai ... okay julle kan gaan. Ek sal al die betrokke partye aanspreek en die ding try uitsort." Daniël stap dadelik bib toe. Hy kry Kiara waar sy haar boeke uitteken en hy wag haar in die voorportaal in waar hy haar aan die pols vat en trek haar al protesterend agter hom aan tot agter die bib waar niemand hulle kan sien of hoor nie. "Regtig Daniël wat se nonsens is dit nou, ek ... " Hy val haar in die rede. "Nee dis ek wat moet vra wat se nonsens is dit dat jy my vermy?" Sy kyk weg en hy vat haar aan die ken en draai haar gesig na hom toe, maar sy bloos geweldig en ruk haar gesig uit sy hand en probeer wegloop, maar hy gryp haar aan die pols en trek haar terug tot tussen hom en die muur en versper so haar ontsnaproete. "Ek sweer ek hou jou hier al lui die klok, maar praat gaan ons praat. Antwoord my net dit Kiara. Het ek al ooit iets ongehoords met jou aangevang?" Sy bloos en skud haar kop maar kyk af op sy bors hier voor haar. "Nee ..." Hy lig haar ken weer. "Ek het ook geen verkeerde bedoelings met jou nie. Jy is 'n pragtige meisie en ja ek sal nie lieg en sê ek wou jou nie al gesoen het nie, maar ek sal nooit iets doen om jou goeie naam te beswadder nie. Ek is doodseker na die stories wat ek gehoor het, is dit hoekom jy my vermy. Dis Cyanne en Irene wat 'n klomp snert opgemaak het en dit nou versprei uit jaloesie." Kiara kyk nou in sy oë al bloos sy. "... maar jy het met Cyanne uitgegaan ... " Hy knik. "Ja ek sal nie stry nie ons het gedate van Nuwe Jaarsdag af en ja ek is jammer om dit te erken ons het saamgeslaap tot my spyt." Kiara kyk vinnig weg maar sy hou nie rekening met sy hand steeds op haar ken nie en hy draai haar gesig terug na hom toe. "Ek was dom Kiara en toe ek dit wou stop het sy gedreig om lelike stories oor my te versprei en haar Ma het dit gehoor. Ek was in my lewe nog nie so skaam oor enige iets wat ek gedoen het nie en Craig het my gewaarsku. Wel ons Ouers het ons laat sit en die hele gemors uitpraat en sy was gewaarsku deur haar Pa Oom Derick en my Pa dat sy nie enige stories oor my loop en vertel nie anders sal haar Pa-hulle haar straf. Ek het nie met iemand daaroor gepraat nie en ek weet my Ouers en Craig sal nie daaroor praat nie. So dit kan net Cyanne wees wat dit vir Irene vertel het en Irene is jaloers oor jy met my vriende is en dis hoekom sy jou lewe nou vergal. Ek is reg nê ... sy maak jou lewe moeilik in die klas?" Kiara knik. "So bietjie ja." Daniël trek Kiara in sy arms in en gee haar 'n drukkie voor hy haar wegstoot. "Ek is jammer Kiara... regtig ... ek het nie gedink Cyanne en Irene sal sulke stories oor ons vertel nie. Ek is nie seker wat jy alles gehoor het nie, maar wat ek gehoor het, laat my bloos." Kiara sien vir Mnr. Johnny om die hoek stap en haar oë rek en sy word bleek, maar sy woorde stel haar gerus. "En ek is 'n ou getroude man en daai meisiekinders het my laat bloos. Kom julle twee gou na skool na my kantoor toe dat ons hierdie stories vir eens en altyd in die kiem kan smoor. En Daniël ... moenie weer met Kiara om die hoekies verdwyn nie. Gelukkig vir julle het ek julle op die kameras gesien en geweet waaroor dit gaan. Kom pouse is amper om." Hy draai om en begin wegloop en die twee kinders volg hom dadelik. Hulle stap saam op die stoep en Daniël gaan staan stil wat Kiara vraend na hom laat kyk. "Asb. Kiara moenie die groep ooit weer vermy oor ek daar is nie. Ek like jou heeltemal te veel om jou van jou nuwe vriende te ontneem. As jy stories hoor kom vra my liewers direk. Ek het wel aangejaag met Cyanne, ek ontken dit nie, maar ek is nie die ou wat hulle jou try wysmaak het nie. Ek kyk nie hoeveel girls ek kan bed toe sleep nie. Cyanne was my eerste girl en ek was uiters stupid in my optrede met haar en ek het my les geleer. Ek is jammer jy moes nou by my nonsens ingetrek word." Kiara knik en glimlag verleë. "Ek is ook jammer ek het alles dadelik geglo en jou nie vertel van die stories nie. Ek het net so ... skaam gekry ... daai stories was vreeslik beskrywend en ek was te skaam om jou daaroor te vra." Daniël se wange kry 'n pienk kleur en hy knik. "Ek verstaan en ek is nie kwaad oor jy dit geglo het nie. Ons sal na skool hoor wat Mnr. Johnny beplan of uitgerig het." Na skool toe Kiara die kantoor instap sien sy haar Ma, Oom Arno, Oom Derick, Cyanne, Irene en haar Pa en Ma. Sy groet almal en gaan sit op die enigste oopstoel langs Daniël en wag vir iemand om iets te sê. Mnr. Johnny val weg met die hele storie, maar gelukkig gee hy nie die eksplisiete detail soos in die stories nie. Hy sê wel dit was eksplisiet. Oom Derick kyk na Cyanne. "Wel Cyanne was gewaarsku om nie stories te versprei nie. Sy het dus haar kant van die ooreenkoms verbreek en dus sal ek en haar Ma haar dienooreenkomstig straf. Sy sal môre kom boeke ingee en ons soek haar oorplasingsertifikaat en als gereed. Sy gaan Graaff-Reinette koshuis toe. Ek is jammer Arno, Daniël, Kiara dat jy nou betrokke is in die gemors." Kiara luister na Irene se Ma en Pa se omverskonings ook en Irene word aangesê om Kiara en Daniël omverskoning te vra en die skinderstories ten alle koste stop te sit anders sal sy in Cyanne se voetspore volg koshuis toe. Sy kry ook detensie vir die res van die kwartaal. In die kar oppad huistoe kyk Arno na Daniël en begin lag. "Jy het maar benoud gelyk daar in die kantoor." Daniël glimlag en skud sy kop. "Jissie Pa daai meisiekinders het my amper my vriendskap met Kiara gekos. Gelukkig het ek en sy pouse gesels en ek het haar maar liewers die waarheid oor my en Cyanne vertel. Ek moet egter bieg ek het soos bollie gevoel." Arno lag. "Wel ek hoop jy het jou les geleer. Handjies vashou en ligte soentjies is alles goed en wel, maar ander dinge is taboo op skool, dit bring net moeilikheid en 'n slegte naam. Daniël jy moet asb. onthou dat Kiara nog nie eers sestien is nie. As jy met haar vriende wil wees moet dit net dit wees ... vriendskap sonder enige seksuele voordele. " Daniël weet sy pa is reg en hy belowe homself om nooit weer in so gemors te beland nie. "Pa weet ek hou regtig baie van Kiara... Sy is nie soos ande meisiekinders nie. Sy en Vicky is baie dieselfde en ek sien hulle twee is darem goeie vriende ook. Ek hoop regtig Kiara se Pa draai nie my nek om nie, maar ek wil haar vra vir die einde van die kwartaal se sokkie. En voor Pa iets sê, nee ek sal nêrensheen met haar verdwyn nie en ek sal my hande tuishou... o en natuurlik haar Pa se toestemming vra ook." Arno glimlag. "Dit is reg, solank jy met Dr. Ron self praat oor die sokkie, maar Danël net 'n tip... moet niks vir hom van die ordeal met Cyanne sê nie. Los dit nou maar in die verlede. Dis water onderdeur die brug soos hulle sê. Kiara weet daarvan en as sy steeds vriende met jou bly, sê dit darem jy het haar nog nooit rede gegee om bang te wees vir jou nie, hou dit asb. so." By die huis sit Craig langs die tafel saam met sy Ma en toe Arno en Daniël instap kyk hy op en sien Daniël glimlag darem, so dalk is dinge nie te sleg nie. "Hallo Ma, sjoe Craig is daai Cyanne nou in groot bollie. Sy kom môre boeke ingee. Sy gaan koshuis toe en Irene moes vir my en Kiara omverskoning vra en as sy nie in haar spoortrap nie sê haar Pa volg sy in Cyanne se spoor koshuis toe." Shevon glimlag effens en Craig grinnik voor hy ernstig na Daniël kyk. "En Kiara, ek het gesien julle praat pouse...?" Daniël grinnik nou ook. "Ek was eerlik met haar so sy weet van my sotlike optrede met Cyanne, maar ons het dit uitgepraat en sy is steeds vriende met my." Craig knik. "Dankie tog, want sy is lekker vriende met Vicky, Nita en Ally en dit sou dinge pouses beduiwel het as sy jou ass nie gelike het nie." Hulle lag altwee en Shevon skud haar kop, maar sy sien Arno is rustig en hy lyk happy, so sy weet alles is nou weer darem in plek in hulle huis. Sy haat die ongelukkigheid en oorlog. Later kom staan Daniël in Craig se kamerdeur en sien hy vat sy helmet. "Mmm... kan seker nie wag om te gaan perdry saam Vicky die Viking nie. Ek dink jy moet haar maar nou net uitvra en klaarkry. Almal kan sien hoe die windwaai tussen julle. Vra haar sommer vir die sokkie die einde van hierdie kwartaal voor 'n ander lat jou voorspring. Ek gaan kyk dalk kan ek Dr Ron oorreed dat Kiara saam my gaan..." Criag kyk na Daniël en hy grinnik. "En weet jy wat dink ek? Los jy vir my en Vicky doodstil uit en moenie Kiara se hart breek nie. Sy hou klaar te veel van jou bakkies as wat goed is vir haar." Dit laat Daniël lag en uitloop. "Wag vir my, ek ry saam perde toe." Hulle skree vir hulle Ma waarheen hulle gaan toe hulle die kombuis uitloop skuur toe vir hulle bikes. Op die plaas by die perdestoetery staan Nita, Ally, Kiara en Vicky saam met Kiara se boetie Darryn en hulle ander pel Kyle. Almal is besig om perde op te saal en Oom Riaan staan armsgevou en kyk. Hy glimlag toe hy die tweeling weer soos altyd heel gemeensaam sien aankom waar hulle, hulle bikes onder die boom by die huis gelos het. Hy hou die ander dop en hy sien onmiddelik Vicky se glimlag en dan vang sy oog vir Kiara wat effens bloos toe sy na die tweeling kyk. Hy wil lag, maar hy hou sy pose. Girls julle twee is gedoem met daai twee blikskottels wat glimlag dat jy net dimpels sien. Hulle groet Riaan en hy maak of hy Daniël om die nek gryp. "Haai nee oom Riaan jy hoef my nie vandag te strangle nie. Ek sal op die bord skryf en skoonmaak as ek terugkom. Hallo julle, het julle beoog om sowaar sonder ons te gaan perdry?" Darryn lag en beduie na die ander. "Ek sou natuurlik, maar die verdomde meisiekinders wil nie ry sonder die mooi tweeling nie. Vicky wou nou net vir Craig gebel het, sy wil nie sonder Mr Charmer ry nie." Craig wat uitkom met Royal hoor dit en kyk vinnig na 'n blosende Vicky, maar Nita try Vicky red. "Ag Darryn, dis jy wat dink die tweeling is mooi en charming, lyk my daar is fout met jou oë." Darryn lag saggies. "Toemaar Nita ek weet jy is baie mooier as jou twee neefs, jy hoef nie jaloers te wees nie." Nita klap na hom. "In your dreams sucker." Die ander lag lekker vir die twee se kastige oorloggie, want hulle almal weet die twee kan nie genoeg van mekaar se geselskap kry nie. Craig het Royal klaar opgesaal en staan reg langs Vicky. Hy is lank so hy kan haar mooi sien bo-oor Aurora se rug. Hy sien net haar hare en voorkop en toe sy opkyk kan hy net-net haar oë sien en hy knik vir haar wat haar vinnig haar kop laat sak want sy weet sy bloos alweer. Verdekselse ligte vel van haar. Hy staan nader aan Aurora en vryf haar oor die nek. Nou kan hy mooi afkyk op Vicky en hy verstar vir 'n oomblik toe hy reg in haar t-hemp se v-nek kan afsien. Hy kyk vinnig na haar gesig en sug verlig. Gelukkig het sy nie gesien waar sy oë was nie. Sy kyk egter nou op en vol in sy oë. Hy begin grinnik en fluister oor Aurora se rug. "Dit help nie jy kruip vir my weg agter Aurora nie. Ek is lank genoeg om jou mooi te kan sien. Hallo Victoria Mckinley... " Sy bloos steeds en kyk skaam na hom. "Hallo Craig le Clerq. Ek kruip g'n weg nie, ek saal my perd op." Hy glimlag breed toe hy op Royal klim. "Laat ons weg wees julle, die son trek water. Vicky is jou buikgord ordentlik vas?" Sy knik. "Jip Meneer die Stalmeester nes jy my geleer het." Dit laat die ander giggel, maar Craig is onverstoorbaar. Vicky klim op Aurora en Daniël lag skielik kliphard en beduie na Vicky en Kiara se perde. "Julle is seker die twee girls met die kortste bene wat ek nog gesien het. Julle het amper nie stiebeuls nie." Kiara trek vir hom skewebek. "Ja wel almal kan nie so lank soos 'n skip se maspaal wees nie, daar moet ongelukkig drommels wees wat die agterhoede onderlangs kan dek." Die kinders skater en Riaan dink hoe lekker klompie onbesorgde kinders hulle is. Hulle ry daar weg onder 'n gelag en geskerts om 'n uur later terug te kom in net so goeie gees. Craig versorg vir Royal en kyk hoe Vicky vir Aurora versorg en toe sy help kos en water gee, vat hy vinnig 'n kans en soen haar toe sy by die een stal instap. Sy soen hom egter terug en toe hy haar laatgaan staan hulle vir 'n oomblik na mekaar en kyk voor sy blosend wegdraai en die stal uitstap. Hy bly 'n oomblik staan en toe hy opkyk sien hy Daniël se glimlaggende gesig by die deur. "Jy moet versigtig wees Craig, iemand gaan julle sien." Craig trek sy skouers op. "Dit was net 'n soen Daniël, moenie te opgewonde raak nie." Daniël lag net en stap weg. Hy gaan staan in Anuscka se staldeur en kyk na Kiara wat net wegdraai van die voerbak af. "Het jy die rit darem geniet saam met ons plaasjapies? Seker nou nie so beheerd soos in die stad se ryskole nie nê?" Sy glimlag en knik met haar kop. "Baie lekkerder as daai gery al in die rondte in die ring. Daai is sieldodend hoor." Riaan staan doodstil agter die stal en hoor elke woord wat hulle praat en hy wil eers wegstap maar besluit om Daniël so bietjie op te check. "Gee vir my die emmer dan kry ek Anuscka se water. Ek dink nie jou dun armpies gaan die emmer kan dra nie." Sy stamp hom met die emmer in die maag. "Jy moet pasop hierdie maer armpies kan hard slaan hoor, maar dankie Hulk dra jy dan maar die water aan." Daniël lag kliphard. "Jy weet net nie hoe vinnig kan hierdie Hulk hol nie. Jy sal my eers moet vang om my te slaan Shorty." Sy mik na hom en hy hol. Sy wag dat hy water ingooi voor hulle saam-saam uitstap. Riaan sug verlig. Dankie tog hy het nie nodig gehad om sy stem dik te maak nie. Dalk is daar tog hoop vir Daniël. 

Rosendallers Boek 5 Onmoontlike tweelingeWhere stories live. Discover now