Hoofstuk 9

9 2 0
                                    

Die storie van Cyanne en Irene en hulle eskapades het uitgelek en dit gons behoorlik in die dorp. Derick-hulle het nou maar besluit om Cyanne te laat home school, so Yvonne en Derick tutor haar self. Gelukkig is Derick goed met wiskunde. Cyanne is egter vol draadwerk en hulle sukkel om haar aan die werk te hou. Sy stel net nie belang om saam te werk en te leer nie. Daar is dae wat Derick klippe kou. Sy ex-marine buddies praat moed in en Monique van Charl sit ure om met Cyanne in haar kantoor. Sy is'n fantastiese sielkundige en altyd so goed met die kinders, maar tot sy sê vir Derick-hulle dat sy nie hond haaraf maak met Cyanne nie. Sy is depressief en daarby ongeskik en onverskillig. Arno is laat een middag oppad van Graaff-Reinette af huistoe met Craig en Daniël by hom, toe hy Derick se gefrommelde BMW teen die brug sien. Hy voel hoe hy koud word terwyl hy foon teen die oor nader hardloop en die nooddienste in kennis stel, maar toe hy en die seuns by die kar kom gaan sy hart amper staan. Agter die stuurwiel sit Cyanne en in die passasierssitplek sit Irene met haar kop agter teen die headrest. Craig is by Irene se deur en druk sy hand deur die ruit om haar pols te voel, maar hy kry geen pols nie. Hy kyk na sy Pa oor die dak en skud sy kop wat Arno wil laat huil. Daniël staan net doodstil en kyk na Cyanne en dan gaan haar oë oop en sy prewel iets wat hom nader laat leun. Sy steek haar hand uit en hy vat haar bebloede hand in syne terwyl hy langs die kar op sy hurke gaan sit."Ek is so jammer Daniël... so baie jammer oor alles... " Hy kom nie eers agter hy huil nie. "Sjhh Cyanne, hulp is oppad. Byt net bietjie vas." Sy kry 'n effense glimlag op haar gesig en vryf met haar duim oor sy hand. "Hou my hand net nog 'n rukkie vas asb. Ek is nie meer lus vir baklei nie, sê net jy vergewe my, ek kan nie gaan sonder jou vergifnis nie." Daniël vee met sy hand oor sy wange en snuif kliphard. "Ek het jou lankal vergewe Cyanne, let bygones be bygones." Sy glimlag een van haar glimlaggies wat hy altyd so gelike het. "Dankie Daniël, ek het jou nooit werklik laatgaan nie. Jy was daardie een outjie wat my hart nog altyd vinniger kon laat klop. Dankie vir jou vriendskap en liefde, belowe my jy sal nooit weer aanjaag nie, veral nie met Kiara nie. Maak 'n sukses van jou lewe... belowe my... asb... " Hy knik. "Ek belowe ek sal op die regte pad bly Cyanne, maar jy gaan hier wees om dit te sien... " Sy maak haar oë vir 'n oomblik toe en hy sien hoe rol die trane oor haar wange en dan gaan haar oë oop en sy glimlag vir hom. "Ek is lief vir jou, nog altyd... moenie my nou alleen los nie asb. Hou net my hand tot... nog so rukkie... " Sy glimlag steeds terwyl hy die trane van haar wange afvee met sy hand. Hy hoor die serenes in die verte en hy hoop hulle is betyds. Dan word haar oë vreemd en glasig en hy hoor die roggel van haar asem en hy voel hoe haar hand wat syne 'n oomblik terug nog vasgeklou het slap word in syne. Hy sit net so en laat sak sy kop teen die deur langs hare en hy huil snikkend. Arno druk haar oë toe en help Daniël op en loop met hom 'n ent weg. Hulle wag langs sy kar tot die nooddienste daar is en dan gee hy en die seuns vinnig hulle verklarings vir die jong konstabels wat kom help het. Arno gee Derick en Yvonne se besonderhede en bevestig wie die twee dogters is. Ongelukkig het hy nie Irene se Ouers se nommers nie, maar Craig kan hulle huisadres nie vêr van die skool af nie, vir hulle gee. Daniël staan net verdwaas teen die kar en kyk na die toneel voor hom. Craig draai om en sit sy arm om sy tweelingbroer en hou hom so vas vir 'n oomblik. "Hoekom moes sy so roekeloos lewe, hoekom gebeur hierdie dinge?" Craig kyk na Daniël en skud sy kop. "Ek weet nie, niemand weet nie. Dinge gebeur en mense verander en soms kan ons hulle nie help nie, want hulle wil nie gehelp wees nie. At least het jy en sy vrede gemaak voordat..." Daniël gee 'n laggie."Jy kan dit maar sê Craig, voordat sy gesterf het. Ek weet ek moenie vra waarom en hoekom nie, maar ek wonder tog en ek weet hierdie is reality en ons kan niks daaraan doen nie. Jy weet ek is nie hartseer soos in omdat sy my girl was eens op 'n tyd nie. Ek is hartseer as ek dink so mooi jong lewe is verby en haar arme Ouers... hoe gaan hulle dit vat." Arno kom aangestap en sien die tweeseuns vee albei trane af. Dit was tog 'n skoolmaat al het sy hulle so goor behandel na sy en Daniël uitgemaak het in Gr10. Hy haal die bottel water en die wetwipes wat Shevon altyd in die kar los uit en begin Daniël se hande skoonmaak en dan boender hy hulle in die kar. "Julle weet jare terug het ek nie gehuil oor Freda dood is in die kar ongeluk nie, ek het gehuil oor die babatjie wat sy al voor haar dood weggegooi het. Ek het gehuil vir daardie kind wat nooit moederliefde sal ken nie. Daai dag het my lewe totaal en al verander,maar dit was alles ten goede. Vir vyfjaar het ek vir Landi alleen groot gemaak en nooit gedink ek sal ooit weer kan liefhê nie tot julle Ma oor my pad gekom het. Julle Ma het Landi soos haar eie behandel. Die dag toe ek en Shevon vir Landi vertel ons gaan trou het sy opgespring en weggehardloop en julle Ma was vreeslik hartseer, maar sy het na 'n rukkie teruggehardloop gekom met 'n skoenboks wat sy vir haar gegee het. Sy sê toe dan kan ek hierdie nou vir jou gee tannie Shevon. Dit was al die moedersdaggeskenkies wat sy elke jaar vir vierjaar by die kleuterskool moes maak vir 'n Ma wat sy nie geken het nie en wat haar in die eersteplek nie wou gehad het nie. Later het ek haar na haar Ma se graf gevat voor ons troue en sy het haar Ma vertel dat sy nou vir tannie Shevon gaan kry as 'n Ma en dat dit nie meer saak maak oor sy haar nie wou gehad het nie. Kinders het die manier om te hoor wat grootmense sê al dink ons nie so nie." Hulle luister in stilte na hulle Pa en toe hulle by die huis stop sien Shevon daar is fout toe sy aldrie se rooi oë sien. Die seuns het haar net gegroet en kamers toe gegaan. Arno het haar egter in sy studeerkamer gaan vertel van Cyanne en Irene se dood en die gesprek tussen Cyanne en Daniël. Die seuns was stillerig vir 'n paar dae en met die begrafnisse het hulle weer saam met die ander skoolkinders gehuil. Daniël het Kiara se hand gevat en met haar deur die grafte geloop. "Ek is so jammer Daniël... " Hy het geglimlag. "Sy het my lewe verander, eers na 'n roekelose klein ass en toe laasweek toe sy met haar hand in myne haar laaste asem uitgeblaas het. Sy wou net weet ek het haar vergewe en ek het en ek was eerlik met haar. Sy het my laat belowe dat ek die straight en die narrow sal loop en ek het belowe ek sal. Ek wil nie die oorsaak wees van enige een se trane met my optrede nie... nooit nie." Kiara het sy hand 'n drukkie gegee en by hom ingehaak. "Kom ek dink ons Ouers wil ry." Arno het met sy hande in sy sakke saam met Landi van 'n ander graf af aangestap gekom en Daniël het geweet dis waar Landi se regte Ma begrawe is. Landi het net eenvoudig na die graf gekyk en aangestap waar hulle Ma en Nico vir hulle gewag het saam met Dr. Ron. Landi het hulle Ma omhels en styf vasgedruk. Haar woorde en hulle Ma se trane het Daniël laat dink oor die lewe lank na hulle by die huis gekom het. "Dankie Ma, vir alles... " Derick en Yvonne se trek is reeds oppad na die Kaap waar hy sy eie sekuriteits maatskappy gaan begin. Hulle sien nie kans om hier te bly na Cyanne se dood nie. Hier lê vir hulle te veel hartseer en verdriet in Rosendal. 

Rosendallers Boek 5 Onmoontlike tweelingeWo Geschichten leben. Entdecke jetzt