Liewe Lesers
Ek het besluit om boek 5 van die Rosendallers aan te pak na baie private msges van my lesers. Ek het lank gedink hieroor en sjoe toe ek gaan sit en kyk na al die karakters raak ek skoon bang. Dis baie karakters om te onthou en ouderdomme wat aangepas moet word en iemand moet die hoofkarakter wees en ja. Dis 'n geweldige taak so "bare with me" soos die engelse sê. Soos altyd 'n waarskuwing dat ek taboe onderwerpe aanpak, daar baie keer geswets word, daar sprake van mishandeling en geweld in my boeke is en natuurlik 'n seksuele ietsie tussen-in. (Van my engelse boeke is deur wattpad as mature gedeclair, alhoewel ek dit reeds as mature opgesit het en almal in die begin van my boeke daaroor waarsku) Ek skryf baie 'slang', en alles in my boeke is imaginary goed. Nie al die beroepe, plekke en algemene sosiale reëls is soos wat ek skryf nie. Die mense is fiktiewe karakters alhoewel ek so helse verbeelding het dat hulle amper regtig vir my bestaan.
Ek is nog nie seker oor die storielyn nie, maar dit sal sekerlik aankom soos ek skryf. Heel moontlik doen ek so paar karakters se wel en weë en nie net twee hoofkarakters nie.
Ek het nog nie die boek ge-edit nie, so foute gaan daar wees. Ek tik in Word en sit dit dan op Wattpad, so een of ander duiwel gaan en voeg baie woorde saam of wel, wipe die spasies tussen woorde.
Blessed be
Mamba44
Daniël en Craig le Clerq is nie verniet 'n identiese tweeling nie. Hulle het nog altyd letterlik alles saam gedoen en nou hier waar hulle in die klas sit en kyk na Mnr. Johny Pérez se ernstige gesig weet hulle hier kom moeilikheid, want hulle tweeling niggies ook identies Nita en Ally du Pont is weer besig met hulle streke. Mnr. Johny is wel hulle Oom, maar hy gaan nie nonsens van hulle duld nie. Nita en Ally het stoele geruil toe hulle instap en alhoewel Craig en Daniël hulle kan uitmekaar ken weet die ander in die klas nie wie is wie nie. "Ally sal jy nou stilbly asb?" Nita kyk fronsend na haar Oom. "Ek is nie Ally nie Mnr. Sy is Ally." Ally kyk nou verbaas na Nita. "Maar jy jok mos nou. Ek is Nita en jy is Ally." Nita skud haar kop. "Is nie ek sal mos weet wie ek is, ek is Nita en jy is Ally." So stry hulle tot Mnr. Johny met sy vuis op die bord slaan. "Julle twee soek 'n dragslae, bly stil ek worry nie wie is wie nie. Ek wil net hê julle moet stilbly en oplet. Hierdie wiskunde is nie maklik nie en môre oormôre vertel julle vir julle Ma ek kan nie wiskunde verduidelik nie en ek wil nie aan julle Ma se verkeerde kant wees nie." Nita en Ally weet hulle het nou lekker tyd gemors en Mnr. gaan nie tyd hê om na die vorige dag se huiswerk te kyk nie. So hulle het hulle doel bereik en dis al wat tel. Craig skud sy kop. Hy en Daniël is ook onhebbelik maar hulle try nie sommer vir Mnr. Johny nie. Hy slaan 'n bielie van 'n hou met 'n rottang of selfs daai mini krieket bat. Daniël kyk vir Craig, trek groot oë en fluister. "Die twee het alweer nie huiswerk gedoen nie, ek wonder wanneer gaan tannie Anrie hulle vasvat, seker na die Oueraand as Mnr. Johny haar sê van hulle streke." Craig glimlag effens. "Of hy vertel net-nou vir tannie Bernice in die personeelkamer, dan draf die twee verseker vanmiddag alweer huistoe." Bernice het hulle 'n paar keer marine style uitgesort vir Anrie, soos Landi dit genoem het. Hulle het Juffrou Swanson se stoel met gom gesmeer laasjaar omdat sy vir hulle Pa ogies gemaak het in die kafee en daardie middag na die kabaal het tannie Bernice hulle laat huistoe draf in hulle skoolklere met hulle tasse op hulle rûe. Oom Karel en oom Riaan het hulle kruppel gelag toe die twee belhamels moeg en bloedrooi in die gesig by die huis aangekom het. Oom Karel het tannie Bernice een van daai movie soene gegee en gesê nou kom jy reg my vrou. Die tweeling was daarna bietjie op hulle plek en Oom Riaan het nie eers nodig gehad om hulle te straf nie. Maar nou is dit in die eerste week van gr 10 en hier gaan hulle al klaar weer. Hulle kry huiswerk net voor die klok lui. "Julle ander het net hierdie tien somme, maar ek is seker Nita en Ally het nou twee middae se huiswerk. Julle tweetjies beter julle sokkies optrek of ek sê vir julle Ma." Daniël en Craig was as kleuters al 'n rustige tweeling. Hulle het net aangejaag as al die niggies en nefies bymekaar gekom het. Hulle ouer broer en suster, Callum en Kelsi ook 'n tweeling was absoluut ongoddelik stout en hulle arme Ma Shevon het menige dag gesweer hulle is in die hospitaal omgeruil. Saam met Ally en Nita se ouerbroer Rohan en hulle neef Bernard het hulle baie nonsens aangejaag en gewoonlik gespeel hulle is Marines tot groot konsternasie van tannie Bernice en hulle Ma Shevon want al die niggies en ook die tannies en Ma's het gewoonlik deurgeloop onder hulle streke. Craig en Daniël is altwee net so blond soos hulle Pa Arno en definitief twee charmers en baie gewild onder die meisies. Daniël is so bietjie meer outgoing as Craig en dis byna al manier hoe jy hulle uitmekaar ken. Dis dan ook Daniël wat teen die muur by 'n groepie meisies gaan aanleun terwyl Craig eenkant teen die pilaar gaan staan met sy arms gevou oor sy bors. Hy kyk na almal om hom en dan sien hy die nuwe girl Victoria McKinley wat alleen eenkant staan. Sy is vrek kort vir 16. Hy is lank soos sy Pa en staan 1.8m in sy kouse en hy is seker sy is niks langer as 1.5 nie. Tannie Bernice is so 1.6 en hy het gedog sy is kort, maar die girl sal moet opkyk vir Tannie Bernice. Haar hare is strawberry blond soos Tannie Anrie sy Pa se tweeling suster s'n en vrek lank. As haar pony so hoog is en die onderkant van die pony hang net onder haar middel, kan hy net dink hoe lank is dit as dit los is. Toe sy opkyk reg in sy oë sien hy haar groot groenoë en dis asof iemand hom 'n hou in die maag gee. Sy is popmooi soos Callum sal sê. Craig staan net doodstil en kyk na haar wanneer Nita skielik langs haar gaan staan en hulle begin gesels. Hy weet haar broer Rayan McKinley werk vir Oom Herman. Hy is 'n opleidingsbeampte saam met Bernard, Rohan en Callum. Hy en sy sussie Victoria het in Oom Riaan se ou stalmeestershuis op die plaas ingetrek laasjaar in die Desember skoolvakansie. Hulle Ouers is vroeg laasjaar in 'n karongeluk dood en hy is haar guardian. Hy maak egter ogies vir Mnr. Johny Pérez se dogter Esmeralda. Sy is Oom Herman se sekretaresse en met haar pikswart hare en sjokoladebruin oë is sy stunning of so het Craig altyd gedink. Nou herdink hy die storie, want 'n strawberry-blond is darem baie mooier as die donkerkop. Nita het Craig se kyk gesien en sy besluit om vir Victoria beter te bevriend. "Hey Victoria, hoe ervaar jy sovêr die skool en Rosendal?" Victoria glimlag dat jy net dimpels sien. "Hey Nita, ek neem aan jy is Nita, Ally het mos die merkie bo haar oog? Ag dis soos alle ander skole, hier ken almal net mekaar beter wat dit lekker maak." Nita lag guitig. "Jip jy is oplettend nê, moet net nie die ander leer hoe om ons uitmekaar te ken nie, dan is al ons pret daarmee heen." Victoria lag saggies en beduie haar lippe is geseël. "Ek kan my mond hou as ek moet. Sê my hoe ken julle julle tweeling neefs uitmekaar want die twee lyk net so eenders." Nita kyk na Craig en vang sy oë op hulle. "Wel dis maklik. Kyk na daardie een by die girls, dis Daniël, hy is baie meer outgoing, die ladiesman en sy paadjie in sy hare is aan die regterkant. Hy skryf ook regs, maar Craig daar teen die pilaar is 'n lefty, en sy paadjie is dus ook aan die linkerkant. As jy baie mooi kyk sal jy sien Craig se oë is ook gryserblou as Daniël s'n wat soms meer blou as grys lyk. En hoe bedonnerder Craig word hoe gryser word sy oë amper deurskynend as hy nou regtig sy shit verloor. Daai neef van my het 'n humeur aan hom baie soos sy suster Landi. Daniël sê altyd Craig sulk as hy êrens met 'n boek gaan sit. Hy is vrek goed met opstelle en stories uitdink, waar Daniël eerder 'n video game sal speel of n stryery met iemand begin. Ek dink daai is oom Arno se prokureur-streek wat hy geërf het. Craig aard daar meer na tannie Shevon. Sy hou ook van lees en stories skryf. Hulle ander tweelingbroer en suster Callum en Kelsi is net so. Kelsi is soos Daniël en Callum en Craig is baie dieselfde. Kelsi swot vir prokureur en Callum is mos 'n opleidingsbeampte vir Oom Herman. Dis net Landi wat in die military was. Sy het 'n paar tours gedoen en 'n vieslike ondervinding of twee in gevangeningskap opgedoen, sy werk nou as Maatskaplikewerker en terapeut vir Oom Karel by die rehabilitasie sentrum op die plaas. Jy was mos al daar?" Victoria knik. "Ja ek vind dit alles facinating. Mens kan nie glo dit het alles by net 'n plaas begin nie. Eers julle oom Karel wat die jeugkamp begin het en nou is dit al so groot rehabilitasie sentrum waar menige van julle familie werk of soms net uithelp. Ek wil natuurlik so graag leer perdry, dat ek dalk ook kan uithelp by die sentrum met die jonger kinders maar ek is vrekbang vir perde en julle Ma nooi net elke week ek moet kom perdry saam met julle." Ally wat hulle gesprek gehoor het klop haar op die rug. "Ag toemaar jy moet net 'n paar middae kom dan raak jy eers die perde gewoond. Dan kry ons vir jou die makste perd en begin jou in die ring leer ry." Victoria knik. "Ek dink dit is wat ek moet doen ja. Dalk moet jou Ma my net eers tranqualize met daai goed wat sy vir die perde gebruik." Hulle lag vir haar en Ally knik vir Nita oog en beduie na Craig wat steeds eenkant teen die pilaar staan, maar nou 'n boek en pen in sy hand het. Nita verstaan wat Ally vir haar beduie en glimlag ingenome. Hulle het 'n plan. In die Afrikaanse klas is Nita en Ally baie bedeesd en Victoria kry groot lag vir hulle. Hulle Tannie Bernice sal hulle iets aandoen as hulle nie behave in haar klas nie. Bernice het dadelik 'n klaslys en skud haar kop. "O nee, ons sal 'n skuif moet maak en sommer vinnig ook. Daniël le Clerq kom sit jy aan hierdie kant van die klas langs Cyanne le Roux. Craig le Clerq daar links agter langs Victoria Mckinley. Nita Meyer regs voor langs Darryn Mckinnes en Ally Meyer regs agter langs Kyle Thornton. Dankie, dan weer ons sommer dadelik al die streke af. Nou goed kinders hier is die klasreëls, gaan deur dit maak seker julle ken dit en pas dit toe. Daar is nie tyd vir speletjies nie voor julle sien is dit tyd vir eksamen. Ek weet julle het nie lus vir die voorgeskrewe boeke nie, maar lees dit maar jy sal nie spyt wees nie. Hier is die eerste kortvrae vir Kringe in 'n Bos. Begin daaraan werk. Dit moet volgende Vrydag klaar wees." Craig sit vir 'n oomblik tjoepstil voor hy sy kop draai en vaskyk in Victoria se groenoë. "Het jy al die boek gelees?" Haar vraag vang hom onkant maar hy knik. "Ja seker tweekeer al en jy?" Sy knik en glimlag effens wat haar dimpels nog meer wys. "Ja ek ook. Ek het nogal daarvan gehou. Ek het die fliek ook al gesien, maar die boek is beter." Hy is verbaas dat sy met hom praat want normaalweg gesels die meisies nie met hom nie, eerder met Daniël as hulle eers weet wie is wie. "Ek het ook die fliek gesien, maar ek haat dit om die boek te lees en dan die fliek te kyk want dan het ek klaar my eie idee van hoe die karakters lyk en dan is die karakter vir my verkeerd en foes die hele boek vir my op." Sy lag en begin van die vrae in haar boek antwoord. Hulle werk so rukkie in stilte toe sy skielik met hom praat. "Soos watter boeke en karakters in die flieks het jy nie gelike nie?" Hy sit met sy pen in sy mond en dink vir so oomblik. "Moenie lag nie, maar dit het vir my begin by fairytales. Soos sneeuwitjie, my boek het gesê sy het pikswarthare gehad en rooi wange en 'n vel so wit soos sneeu en daar kom hulle en maak 'n fliek met 'n blonde sneeuwitjie. Ek glo ook vas Rooikappie moet 'n donkerkop wees en die fliek maak haar blond. Aspoestertjie is vir my 'n blond en in daai fliek is sy 'n brunette. The little Mermaid moet 'n koper-rooikop wees en hulle maak haar 'n donker auburn. Die fliek fifty shades is Christian Grey vir my so patetiese ou, ek het 'n man met muscles verwag, 'n lyf waaroor vrouens sal droom." Sy kyk na hom maar haar wange verkleur. "Weet jou Pa-hulle jy het daai boek gelees en die fliek gesien?" Hy lag stout en sy oë flonker geamuseerd as hy haar rooi wange sien. "Nee hulle weet nie en dit is nie 'n boek en 'n fliek nie, maar al die boeke en al die flieks." Sy gaap hom aan en kyk dan vinnig op haar boek voor haar, maar sy sê niks verder nie. "En jy Victoria? Het jy die boeke gelees en die flieks gekyk?" Sy bloos pienker en hy lag saggies toe sy knik. "En weet jou broer dit?" Sy skud haar kop. "Nee en jy beter nie 'n woord vir enige iemand daaroor sê nie." Hy maak of hy sy lippe seël en die sleutel weggooi. "En wat het jy van die karakters gedink of is jy ook mal oor Christian Grey?" Sy glimlag nou. "Ag dit was nie slegte boeke nie, maar jy is reg ek het ook 'n ander tipe man in die fliek verwag, eerder iemand soos een van jou Ooms of die ander Marines wat vir Oom Herman werk, selfs jou sussie Landi se man Nico sou 'n baie beter Christian Grey gemaak het." Craig lag. "Nê, ek dink Nico sal gevlei voel as hy dit moet weet. Gaan jy Saterdag saam met ons kom perdry, jy is tog op die perseel of gaan jou broer die piep kry as jy met die onhebbelike du Ponts en le Clerqs meng?" Sy lyk dadelik op haar hoede en effens senuweeagtig. "Hy sal niks sê nie, hy is nie so nie. Hy mind nie met wie ek vriende is nie, hy wil net altyd weet waar ek is. Ek sal sien of ek tyd het Saterdag." Craig sit in die Kunsklas later in die dag en is nie verbaas om te sien Victoria het ook kuns saam met hom, Nita en Ally nie. Daniël haat kuns en kon nie wag om dit te los nie. Hy het nou Ekonomie saam met Darryn, Kyle en Cyanne. Dit is dus die eerstekeer wat Daniël en Craig nie in dieselfde klas is nie en dis vir hom effens weird, maar hy weet hulle moet dit gewoond raak. Tannie Bernice gee vir hulle elkeen 'n werkstasie waar hulle elke keer moet sit en toe hy opkyk sien hy Victoria sit regoorkant hom en hy glimlag so by homself. Na skool is Daniël en Craig haastig oppad huistoe, want hulle Ma het belowe hulle kan gaan perdry as hulle huiswerk gedoen is. Shevon stop skaars by die huis toe spring die tweeling uit en sy lag. Die twee is heeltemal anders as Callum en Kelsi was. Genade sy en Arno was byna elke dag by die skool met die ander twee oor al hulle nonsens saam met Bernard en Rohan. Dat daai twee nie doodgeslaan is deur Karel en Riaan nie is snaaks. Aan tafel vertel Daniël van Nita en Ally se nuutste truuks en Shevon skud kop. Hel sy is bly dis nie haar kinders daai nie. "Mams moet net sien hoe stunning lyk Cyanne van tannie Yvonne se hare. Sy het dit so skouerlengte gesny en wow nou sien mens haar gesiggie eers mooi. Dink ek moet haar vra vir Valentines ball by die skool dié jaar. Sy is nou vir jou 'n vangs." Shevon lag. "Alles goed en wel maar pasop maar vir oom Derick, hy draai jou nek kort duskant jou stuitjie om as jy skeeftrap met sy laatlam." Daniël lag net. "Ag Mams ek is nie simpel nie, ek sal my gedra, maar weet Mams wat sien ek gister en vanmiddag by die skool? Jou darling Callum wat by die werk moet wees hang rond by die skool en laai toe mos vir Madeline Brody op. Oom Herman gaan sy velle aftrek. Sy word nou eers agtien dié jaar en Callum is mos al een-en-twintig." Shevon se oë rek. "O gaats, ek sal jou Pa moet sê van die storie, ons wil nie met Herman en Helena moeilikheid hê nie. Hy het nog twee opleidingskursusse oor en hy kan nie nou alles opdonder nie. Jou Pa breek sy nek." Shevon kyk na Craig, haar stilste kind van die hele spul. Sy wens soms sy kon sy gedagtes lees. "En jy Craig, jy is stil vanmiddag, is daar fout?" Hy kyk na sy Ma en skud sy kop terwyl hy nog 'n hap van sy toebroodjie vat. Daniël skop onder die tafel aan hom en begin lag. "Ek dink Mams se stilste het 'n girl in die oog en sê net niks oor sy sy hartjie vinniger laat klop nie. Ek het hom dopgehou vandag. Hy en Mejuffrou Victoria Mckinley het vandag al te lekker gesels in Afrikaans en hulle sit amper in elke klas langs mekaar of agter mekaar. Hulle het tot saam kuns." Craig kyk op en sy oë is gryser as 'n paar oomblikke terug, Shevon weet hy het hom vir Daniël vervies. "Ag man Daniël dis nie te sê as 'n mens met 'n girl gesels jy dink so oor haar nie. Sy is nuut en ken nog nie regtig almal nie en sy is at least nie 'n giggelende bakvis nie. Sy kan sense praat sonder om heeltyd oor hare en make-up te praat. Verskoon my asb. Mams, ek het huiswerk en ek wil nog gou gaan perdry en my stalwerk doen." Shevon kyk kwaai na Daniël. "Van wanneer af spot jy met jou ander helfte? Verbeel ek my of is daar iets wat haper tussen julle?" Daniël trek sy skouers op. "Ag ek weet nie, hy het weird geraak vanoggend na Wiskunde. Ons het buite op die stoepe rondgestaan en gewag vir tannie Bernice vir Afrikaans. Ek het met die ander gechat, maar hy het net daar teen die pilaar gestaan en na Victoria geloer. Toe 'n boek uitgehaal en iets geskryf. Seker daai storie waaraan hy steeds werk. Hy was egter stiller vandag as ander dae, het nie eers pouse saam ons bal geskop nie, net eenkant teen die muur gaan sit met 'n boek. Dis asof ek hom nie meer verstaan nie." Arno wat intussen ingekom het sit sy tas neer en groet vir Shevon. "Daniël jy weet ek en tannie Anrie het soos dag en nag verskil. Ek was 'n party animal en sy het haar nie veel aan al die skool parties gesteur nie. Dit moet egter nie maak dat julle mekaar go oor julle elkeen 'n eie individu is nie. Respekteeer jou broer se andersheid soos hy ook joune moet respekteer. Hy sê niks as jy elke week liries raak oor 'n ander girl nie. Julle het nog altyd alles saam gedoen en selfde gedoen, maar julle word nou groter en dinge gaan begin verander veral as daar begin girls betrokke raak. Victoria het 'n harde tyd met haar Ouers wat oorlede is en sy is dalk baie alleen want Rayan het nie 'n nine-to five job nie. Ek kan jou sê al is ek so oud, is dit steeds vir my moeilik om te glo my Ma en Pa is so vinnig na mekaar oorlede. So as sy aanklank vind by Craig los hulle asb. moenie hom terg nie. Gee hom sy spasie en die ding met sy boek ... hy is vrek talentvol met woorde op papier, los hom dat hy doen wat vir hom lekker is. Hy kritiseer jou nooit oor jou aktiwiteite nie." Daniël kyk skuldig na sy Pa. "Ek weet Pa dis net bietjie vreemd om nie meer altyd te weet wat hy dink en so aan nie. Dis ook nie dat ek vir hom lag oor hy Victoria like nie, dis baie weird om te sien hy sien actually iets anders as sy boeke of perde raak. Hy steur hom mos nooit aan die girls nie, nie eers die wat in sulke stringe agter ons aanloop nie." Arno glimlag vir Daniël se aanvaarding dat hulle twee gewilde seuns onder die meisies is. Callum kom die aand net-net voor ete in en hardloop eers om te shower voor ete. Aan tafel sit hy net soos sy twee jonger broers in 'n drafbroekie en t-hemp en hy lyk nie veel ouer as hulle nie. Hy is net bietjie langer en breër gebou as hulle, alhoewel hulle twee goed oppad is om hom in te haal. Hulle gym elke dag en het vir die laaste vyf jaar al gekyk wie het die grootste spiere. Daniël wil dit net nie weet nie, maar Craig het hom verbygevat. Arno kyk nou mooi na sy seuns en hy sien homself in hulle al drie, behalwe vir geaardhede natuurlik, maar looks kon dit hy wees wat nou op sestien hier gesit het. Callum en Daniël se geaardhede neig meer na hom as Craig. Hy is sy Ma se kind al lyk hy nes die ander twee. "Callum wat hoor ek dat jy met Madeline Brody in die dorp rondflenter?" Callum kyk op van sy kos af en gee dadelik die tweeling 'n vuil kyk, maar Craig eet net voort terwyl Daniël beterweterig smile. "Um ... Pa sien ek het belowe ek sal haar leer bestuur voor ek weggaan vir daai volgende kursus. Ek is nog twee weke hier so ek het tyd en oom Herman het nie nou tyd nie." Arno knik maar Shevon sien die prokureur na vore kom en sy glimlag innerlik. "So en weet oom Herman jy leer haar bestuur en dat jy haar by die skool opgetel het?" Callum lyk skuldig en hy weet hy moenie jok nie. Sy Pa het 'n broertjie dood aan 'n gejokkery. Kelsi se laat inkoms gee hom so vinnige reprieve en hy dink vinnig wat om te sê sonder om te jok. Kelsi is windverwaaid en haar hare is erg deurmekaar en Shevon se geligte wenkbroue terwyl sy na Kelsi kyk laat Arno stilletjies glimlag. Daai kyk sê genoeg. "Um ... skuus ek is laat ek en Ethan het bietjie van die tyd vergeet en heeltemal te vêr gery met die perde." Shevon kyk vir Arno en hy knik vir haar oog. "Jy is vanaand verskoon Kelsi, maar moenie 'n gewoonte daarvan maak nie asb?" Sy trek vir Callum skewe gesig oor hy vir haar lag en toe Arno na hom kyk begin sy glimlag. "Callum jy was besig om te sê van oom Herman voor jou sussie so ongeskik ingewals en in jou sop geval het?" Callum kyk vinnig na sy Pa. "Nee oom Herman weet nie, sy wil hulle verras met haar learners voor sy agtien word." Kelsi glimlag nou breed en toe sy en Callum vir mekaar kyk weet Arno hulle kommunikeer soos net 'n tweeling dit kan doen. Na ete en skottelgoed wil die kinders verdwyn kamers toe maar Arno keer vir Callum af studeerkamer toe met net 'n kopknik in daai rigting en Shevon beduie met haar kop vir Kelsi na haar studeerkamer toe. "Kelsi ek weet jy is nou een-en-twintig en ek weet jy kan jou eie besluite neem, maar asb. jy en Ethan moet kophou. Julle het altwee nog 'n klompie jare om te swot, moet dit nie nou opfoes nie." Kelsi bloos effens. "Ons het gedink om saam in te trek as ons nou teruggaan uni toe. Dit sal goedkoper wees as die dorm rooms of twee woonstelle. Mams ons gaan nou al 'n hele jaar lank uit ... ons um ... " Daar gaan 'n lig aan vir Shevon. "Kelsi slaap julle saam?" Haar dogter se blosende gesig sê vir haar genoeg en sy weet ook daar is niks wat sy daaraan kan doen nie. "Nou goed jou gesig sê vir my alles. Gebruik julle ten minste beskerming?" Kelsi knik. "Ja Mams ons is nie heeltemal dom nie. Gaan jy my nie belet om hom te sien nie of saam met hom in te trek nie?" Shevon skud haar kop. "Nee want ek weet dit gaan nie help nie. Ek dink net jy moet met jou Pa praat, hy ken 'n klompie eiendomsagente in die Kaap. Hy kan dalk vir julle 'n goedkoper plekkie kry. Weet tannie Helena en oom Herman hiervan?" Kelsi knik. "Oom Herman was eers bietjie moeilik toe Ethan met hulle gepraat het en hy het gesê Ethan moet niks agteraf doen nie, hy moet vir julle kom sien so gou as moontlik. Hy wil eintlik môre aand kom ... " Shevon knik. "Nou goed ek nooi hom en sy Ma-hulle Sondag vir ete, dan kan ons na ete gesels." Kelsi kan nie glo sy het so lig daarvan afgekom nie. Intussen kry Callum die riot act oor Madeline Brody. "Callum ek is nie tien nie, ek weet jy en Madeline kan nie net vriende wees nie. Ek het groot nonsens aangejaag aan die begin van my swottery. Jy weet self ek het dit nog nooit vir julle weggesteek nie. Julle weet Landi is julle halfsuster en julle ken die geskiedenis. Madeline is nog nie eers agtien nie, dis verdomp illegal om net op enige ander manier as vriendskaplik na haar te kyk. Ek weet wat nou deur jou kop gaan en ek belowe jou ek verstaan eintlik regtig hoe jy voel. Jy voel dit het niks met my uit te waai nie, maar ek wil voorkom dat julle, julle self in die voet skiet. Gevoelens kan jou maklik in die moeilikheid laat beland. Moet om liefdeswil nie saam met haar slaap nie." Callum se skuldige gesluk en sy pienker wange is die antwoord wat Arno nie wou hê nie. "My goeie donner Callum kan jy nie met iets anders as jou wat se naam dink nie. Sy is 'n minor en jy gereken as 'n adult. Herman en Helena kan jou laat toesluit vir statutêre verkragting." Callum is nou self lekker omgekrap. "My hel Pa dis nie asof ons gevra het om so te voel oor mekaar nie. Dit het net gebeur. Dis ook nie asof sy nie willing was nie. Ek was ook nie heeltemal so onverantwoordelik nie, ek het voorsorg getref as Pa dan moet weet." Arno hou sy hand op. "Stop net daar. Ek wil dit nie regtig weet nie, maar dis goed om te weet jy kan darem nog soms dink met jou brein. Dit maak dit egter nie beter nie Callum, sy is nog steeds minderjarig en dit bly verkeerd al het sy tien maal consent gegee. Volgens wet kan sy nog nie consent gee nie." Callum gooi sy hande in die lug. "En as dit gebeur het na sy agtien geword het, dan sou Pa nogsteeds 'n bohaai daaroor gemaak het? Of sou dit dan kastig toelaatbaar gewees het?" Arno staan op agter sy tafel en Callum weet nou is sy Pa kwaad. Sy Pa skree nooit op hulle nie, maar as die spier in sy kakebeen spring is dit tickets met jou. "Luister baie mooi Callum want ek is nie jou speelmaat nie en jy praat nie so met my nie. Dit is nie ek wat sê dis illegal nie dit is die wet. Jy behoort van beter te weet. Ek vra dus dat jy wegbly van Madeline af tot sy ten minste uit die skool uit is. Jy het gesien oom Paul het Bernard se gal behoorlik vir hom gewerk toe Larisa nog nie eers legal was nie en hy gaan staan en saam haar slaap het. Wat is dit met julle, is dit iets in die gene, want vet weet elkeen wil alewig 'n te jong girl hê. Selfs oom Riaan en Anrie het na mekaar gevry toe sy nog op skool was. Rohan het dieselfde met Allegra gedoen en Nico en Landi het maar ook die wa voor die osse gespan. As dit te moeilik is om weg te bly van Madeline af pak jou goed en gaan vroeër terug Simonstad toe voor jou kursus. Verduidelik vir haar hoekom julle moet wag, ek sê nie ghost haar net en breek haar hart nie, want dan gaan ek en oom Herman jou opdonder. Jy skuld haar 'n verduideliking, jy is die adult in hierdie geval. Fix jou gemors soos 'n adult." Callum is lus en skree, maar hy weet sy Pa sal hom dalk net in die kar laai en by oom Herman gaan drop en dan is dit tickets met hom. Hy knik dus net. "Sorry Pa, ek sal dit fix." Arno kyk geskok na Shevon toe sy hom van Ethan en Kelsi vertel. "Het ons kinders dit nou wragtig verloor of wat? Ek was lus en moker Callum toe hy bevestig hy en Madeline het saamgeslaap. Ten minste is Kelsi en Ethan altwee legal. Ek het so gehoop na Landi en Nico se gemors sou die res van ons kinders nie so moeilik wees nie." Callum stuur vir Madeline 'n boodskap en sê hy sal haar na skool optel hulle moet praat. Na skool stap sy twee blokke waar hy vir haar wag in 'n systraat. Hy koop vir hulle kos en dan ry hy na 'n plek langs die rivier op hulle kleinhoewe buite die dorp waar hulle in stilte eet. "Maddy, my Pa het uitgevind van ons en hy het my omtrent soos bollie laat voel. Ek weet wat ek doen is verkeerd want jy is nog nie eers agtien nie en ek het reeds 'n paar wette met jou oortree al was dit nie teen jou wil nie." Sy lyk hartseer en sy knik. "Moet niks verder sê nie asb. Cal. Ek verstaan ek is net 'n kind, maar ek is nie een oomblik spyt oor wat tussen ons gebeur het nie." Hy vat haar hand in syne en gee hom 'n drukkie. "Ek ook nie alhoewel ek spyt is ek het nie gewag tot jy at least agtien was nie. Ek gaan vroeër terug en gaan jou dus nie met die bestuurdery kan help nie, maar Kelsi het my belowe sy sal jou help. Sy en jou broer Ethan gaan saam intrek as hulle teruggaan oor drie weke. Lyk darem of hulle dinge vir hulle gaan uitwerk. Ek kan nie hier bly en van jou af wegbly nie Maddy, daarom gaan ek eerder terug Simonstad toe. Ek voel te sterk oor jou. Ek weet nie hoe jy voel oor long distance relationships nie, maar ons kan mekaar text en bel as jy sou wou. Anders maak ons uit en doen elkeen ons eie ding en as jy sou wou uitgaan met iemand anders staan dit jou vry." Sy glimlag deur die trane vir hom. "As jy steeds wil kontak hou met my is dit fine, ek sou graag jou girl wou gebly het, maar asb. as jy iemand anders ontmoet moenie my aan 'n lyntjie hou nie. Sê my en laat my gaan." Callum trek haar in sy arms in en voel hoe sy bewe en sukkel om die emosies in toom te hou. "Ek vra dieselfde van jou Maddy. As jy moeg raak vir wag en jy ontmoet iemand anders moenie huiwer om my te sê nie, maar intussen bly jy my girl." Callum soen haar 'n laaste mal voor hy haar by haar huis gaan drop. Gelukkig is niemand tuis nie en sien niemand die trane toe sy die huis inhardloop nie. Callum is lus en slaan sy vuis deur die ruit van frustrasie. Hy ry huistoe, pak sy tasse en laai alles in sy kar, ook soveel van sy persoonlike goed as wat hy kan inkry. Hy is lus en ry net, maar sy Pa sal hom nooit vergewe as hy so weggaan sonder om sy Ma at least te groet nie. Hy besluit dus om die volgende oggend vroeg te ry. Hy is stil aan tafel en na ete loop hy sy Pa se studeerkamer in. "Ek is gepak Pa, ek gaan net die ander groet vanaand en dan maar môre oggend ry terug Kaap toe. Moet ook nie worry oor my en Maddy ... Madeline nie. Ons het 'n skoon break gemaak. Ek het dinge vir haar verduidelik en sy verstaan alles." Arno knik. "Dankie Callum dat jy die verantwoordelike ding gedoen het hier. Ek is jammer oor als." Callum skud sy kop. "Nee Pa dis ek wat jammer is oor die gemors." Hy groet vir Daniël en Craig en dan vir Kelsi wat nou ook tranerig is, maar dit goed wegsteek. Vieruur staan hy op en verdwyn stilletjies die huis uit. As hy nie nou ry nie, gaan hy iets onverantwoordeliks doen of soos 'n baba aan die grens gaan. Craig is wakker en hy het eergisteraand sy Pa en Callum se gesprek gehoor. Hy weet dus waaroor dit gaan. Hy kry vir Madeline en Callum jammer. Dit kan nie maklik wees om weg te stap van die een persoon wat jou hart vinniger laat klop en jou verstaan nie.
ESTÁS LEYENDO
Rosendallers Boek 5 Onmoontlike tweelinge
RomanceDie Rosendallers het seker geen bekendstelling nodig nie. Hierdie vyfde en laaste boek van hulle gaan amper oor al die jonger kinderkarakters, tienerliefde en dinge