Hoofstuk 10 Einde

7 2 1
                                    

Oor die laaste sewejaar het die kinders almal klaargemaak met skool en gaan leer. Nita het arbeidsterapie gaan swot en Ally het verpleging gedoen. Kyle en Daniël is vyfde jaar regte en hulle swot in die Kaap en deel Riaan se ou woonstel met Nita, Ally en Darryn wat medies swot, Craig het onderwys in Bloem geswot en Victoria het veeartseny ook in Bloem gaan doen. Hulle het in Anrie se ou woonstel ingetrek op Bloem en net gesê basta met almal se besware teen saambly. Craig het ook so pas sy derde kinderboek gepubliseer, eintlik sy vierde as jy die een by tel wat hy as kind geskryf het. Nita en Ally het besluit om by die hospitaal in die Kaap aan te bly tot Darryn en Kyle klaar geswot het. Dan wil hulle almal graag terug kom Rosendal toe. Kiara het die jaar na al die ander klaar gemaak en besluit om nie te gaan swot nie. Sy het net 'n tweejaar kursus gedoen in Administrasie en toe'n Yoga teaching kursus en haar eie klein yoga studio oop gemaak. Sy sien Danië lnet vakansies en hulle het deur die jare maar net best buddies gebly. Natuurlik het hy haar na elke skoolfunksie toe vergessel en haar warm gevry tot hy gaan swot het. Nou sal hy in vakansies haar net soen en haar hand vashou, maar die laaste vakansie was dit vir haar vrek moeilik toe hy hier was. Sy voel al jare vir hom meer as net vriendskap en sy verstaan van Nita en Ally daar is 'n jong nurse by die hospitaal wat vir hom ogies maak. Sy weet dus nie as hy nou huistoe kom vir die kersvakansie of hy 'n vriendin gaan saambring nie. Sy sal maar moet wag en sien. Craig en Victoria is klaar geswot en Victoria begin van volgende jaar af vir Anrie werk by die perdestoet. Haar broer Rayan is toe met Esmeralda Perez getroud en hulle seuntjie Victor is nou drie en hulle dogtertjie Rosaley is nou so maand oud. Hy het 'n stukkie grond gekoop en vir hulle'n huis daar gebou langs Arno en Shevon. Craig was so gelukkig om sy eerste pos by Rosendal hoërskool te kry. Hy en Victoria het besluit om Anrie en Riaan se aanbod om in die ou Stalmeestershuis van Riaan en toe Rayan en Victoria in te trek. Craig was al die huis in, maar Victoria het eers met Anrie gestaan en gesels. Nou dra hulle bokse in en as Victoria in die gang afstap sien sy die roosblare in die gang lê. Eers net een, dan twee en dan drie en so word dit meer tot sy in die slaapkamer tot stilstand kom in 'n hartjie vorm van roosblare. Craig staan eers doodstil en dan tree hy vorentoe en vat die boks uit haar hande en sit hom op die grond uit die pad neer voor hy net binne die rooshartjie kniel. "Victoria Rose Mckinley ek het dit al baie gesê, maar ek dink nie jy het my ernstig opgeneem nie. Ek is lief vir jou, ek beskou jou as myne, wel vandag wil ek wee beskou jy jouself ook as myne, want as jy doen wil ek weet of sal jy met my trou?" Die trane loop oor haar wange en toe hy opstaan en haar hand vat knik sy. "Craig le Clerq, ek is al lief vir jou vandat jy my die eerste keer daar in die ring by Amalie gesoen het. Jy is my hele wêreld en ek is joune van jy my vir jouself toegeëien het daar by die stal en my geleer perdry het. Ek kan nie wag om jou vrou te word nie." Craig soen haar nadat hy die ring aan haar vinger gesteek het. Hulle staan 'n hele ruk so in mekaar se arms tot hulle altwee terug tree en begin lag. "Ons het nog so baie om af te pak en hier staan ons asof die wêreld so pas gaan stilstaan het." Wat hulle nie weet nie is dat Daniël nie eers huistoe gegaan het soos altyd nie, maar in Rosendal gestop het. Hy sit 'n oomblik in die kar en kyk deur die venster na haar. Sy is beeldskoon en deur die jare het hy dit vrek moeilik gevind om haar nie net eenvoudig bed toe te sleep nie. Hy wou egter vir sy Pa en Ma en ook al die ander, maar veral vir Kiara wys hy is nie 'n onverantwoordelike playboy nie. Hy het begin verander toe hy Kiara leerken het na hy en Cyanne se gemors, maar miskien was dit ook meer na Cyanne se dood. Die mense het vreeslik geskinder en hy het Oom Derick en tannie Yvonne vreeslik jammer gekry en besluit hy sal nooit sy ouers so iets wil aandoen nie. Nou klim hy stadig uit die kar en staan oor die kar se dak na haar en kyk waar sy hopelik haar laaste klas vir die dag begin groet. Hy stap stadig oor die pad met sy hande in sy sakke en die oomblik toe sy hom sien verstil sy en kyk na hom deur die venster. Hy wag tot die laaste persoon uit is voor hy die deur oopstoot. Sy dink dadelik hoe jammie lyk hy in daai donker charcoal pakklere en dan is sy lus en skop haarself. Sy kyk vinnig na sy kar oorkant die pad en sien niemand wat vir hom wag nie, maar dalk is sy reeds by sy Ma-hulle se huis. Sy staan dus net doodstil na hom en kyk. Hy grinnik toe hy nader stap en sy arms wyd vir haar oophou. "Is dit hoe jy my groet na 'n hele semester Kiara Mckinnes?" Sy glimlag huiwerig en stap vorentoe en die oomblik toe hy haar in sy arms toevou is sy lus om te huil. Hoekom doen sy dit aan haarself, sy gaan net seerkry. Sy wil hom wegstoot maar hy hou haar net stywer vas en fluister bo haar kop, maar sy hoor hom duidelik. "Nee wag ek wil jou net nog so bietjie langer vashou. Damm ek het jou gemis... so vrek baie gemis..." Dan laat hy haar effens gaan maar hou sy arms om haar. Sy lig haar gesig en verstaan nie die emosies wat oor sy gesig speel nie en probeer die oomblik effens verlig. "En as jy so uitgevat dorp toe kom. Jy is dan met vakansie?" Hy lag saggies. "Ek was nog nie by die huis nie, ek het eers hier gestop, ek kon nie langer wag om hierdie popgesiggie van jou te sien nie. Vrek Kiara, ek sweer jy word net mooier." Sy lag en bloos, maar stoot hom weg. "Nee wat, dis net oor jy my so lanklaas gesien het. Ek is maar net dieselfde ou Kiara. So wat is nuus uit die Kaap, jy lyk darem of die Kaap en sy mense jou goed behandel?" Hy staan en kyk net na haar en sy kyk vraend terug. Dan stap hy direk op haar af waar sy begin om haar goed op te pak. "Ek wil nie oor die Kaap of sy mense praat nie, ook nie oor die ander klomp daar wat vir jou groete stuur en ook oppad hiernatoe is nie. Ek is moeg Kiara... " Sy val hom in die rede. "Nou maar gaan huistoe en gaan rus Daniël, niemand het gesê jy moet eers hier stop nie." Hy hou aan stap en sy retireer tot hy haar in die klein gangetjie voor haar kantoor teen die muur vasdruk. Hy sit sy hande weerskante van haar kop teen die muur en leun effens af dat hy in haar oë kan kyk. "Ek is moeg Kiara, moeg draaie geloop om jou. Ek wil jou hê, al vir jare lank loop ek soos 'n lost puppy agter jou aan en nou is ek klaar daarmee." Hy sien vir n paar sekondes die hartseer op haar gesig en die seer flits in haar oë voor die ou masker van onverskilligheid weer oor haar gesig is, maar hy gee haar nie kans om iets te sê nie. Hy leun vorentoe en soen haar met mening en toe sy ophou struggle word die soen sagter en ondersoekend. Hy lig sy kop en verkyk hom aan haar slaappop oë toe haar oë stadig en behoedsaam oopgaan. "Ek is verdomp lief vir jou Kiara McKinnes en ek wil jou mev-dr Kiara le Clerq maak in die afsienbare toekoms, maar ek het nog tweejaar om te leer voor ek by my Pa kan inval hier op Rosendal." Sy kyk geskok na hom en lyk effens ongemaklik wat hom saggies laat lag vir haar. "Moenie so verbaas wees nie Kiara, jy moes tog al agtergekom het hoe ek oor jou voel." Hy kyk dan bekommerd na haar. "Moenie vir my sê daar is iemand anders nie Kiara, vrek ek het net aangeneem jy is steeds single en dat jy dieselfde oor my voel." Hy staan nou terug en lyk of hy gaan loop toe sy hom aan die pols gryp en terughou. Hy kyk nou verbaas na haar. "Moenie loop nie... ek... daar is... daar is niemand anders nie. Ek bedoel daar is niemand anders as jy nie Daniël le Clerq, dit was nog net altyd jy... " Hy trek haar vinnig nader en soen haar weer passievol voor hy in sy baadjiesakvroetel en dan op sy knie gaan met die ringdosie in sy hand. "Trou met my Kiara, asb ek vra mooi en nederig groot asb. help my uit my missery uit?" Sy glimlag maar die trane loop oor haar wange. "Ek is lief vir jou, jou dom mansmens. Al van jy my so gesoen het by die skoolsokkie daai eerstekeer. Jy was my eerste date ooit, my eerste soen en wel dan ook my eerste en enigste verloofde... " Hy steek die ring aan haar vinger. "Ons gaan egter ons plannemooi moet maak, gaan dit werk as ek so ver is vir nog tweejaar en jou net vakansies sien tussen semesters?" Sy lyk onseker. "Ek weet nie Daniël, ek sal nie op jou cheat nie as dit is waaroor jy worry." Hy skud sy kop. "Nee ek weet jy is nie so nie en wel ek het nog nie eenkeer 'n ander girl uitgeneem nie. Nie eers vir die sokkies en valentynsballe en kampus dinge nie. Ek gaan gewoonlik alleen, gesels hier en daar, drink dalk 'n bier of glas wyn en dan vertek ek alleen terug flat toe. Vra die ander maar. Ek wil net nie nog tweejaar sonder jou wees nie." Kiara glimlag en trek hom by haar glas cubicle kantoor in. "Wat jy nie weet nie is dat ek tweemaal 'n maand 'n reeks klasse vir drie dae in die week in die Kaap gaan gee. Ek sê net nooit ek gaan soontoe nie, want ek weet julle is almal besig en ek wil nie pla nie en wel ek was bang ek... ek het nie geweet of jy dalk 'n girl het daar en dan veroorsaak ek probleme nie." Hy trek haar in die stoel op sy skoot neer. "Jy weet ek het lus en gee jou 'n dragslae. So jy is vir ses dae in 'n maand onder my neus in die Kaap gewees en jy sê niks nie. Waar het jy dan gebly? En wil jou Pa nie stuipe kry as jy so vêr alleen ry nie?"" Sy trek haar neus op 'n plooi. "Ag sommer in 'n goedkoop 2 stêr hotelletjie net buite Simonstad en nee my Pa het baklei daaroor, maar ek het hom oortuig ek is nie onverskillig nie en ek laai niemand op nie en my tazer is altyd by my vandat Victoria my daai les geleer het." Daniël lyk steeds suur daaroor. "Wel as ons dan moet vir nog tweejaar wag voor ons kan trou, dan kan jy net sowel tweemaal 'n maand by my oorbly." Sy glimlag en knik. "Kan werk, as die ander nie gaan mind nie, onthou jy share 'n woonstel." Hy lag. "Ja ek share 'n woonstel met my mal niggies, wat ook jou beste vriendinne is. Hulle gaan glad nie mind nie. Ally het my juis eergisteraand 'n piece of her mind gegee oor ek so treurige vryer is en jou deur my vingers gaan laat glip deur te wag." Kiara staan op en vat haar sweetpaktop en rugsak. "Nou kom ek is klaar vir vandag. Ek gaan nou huistoe en jy moet seker by jou Ma-hulle uitkom." Daniël help haar alles sluit en kyk dan vraend na haar toe sy bly staan by die trappe langs die studio. "En nou waar is jou kar?" Sy lag. "In die motorhuis hier agter. Ek bly hier bo die studio in my eie woonstel van so twee maande terug af al." Hy glimlag nou stout. "Wel dit is fantastiese nuus. Dan hoef ek nie skelm by jou venster in te slip vanaand nie. Wys my jou woonstel?" Sy lag en klim die trappe na bo. Haar woonstel is lig en hy hou van die dekor. Dis so Kiara. Sy sit skaars haar goed neer voor hy haar in sy arms neem. "Ek kan jou nie genoeg vashou en soen nie. Ek wil hê jy moet shower en aantrek dan wil ek eers by jou Ouers draai en dan by my Ouers." Sy knik, maar voor hy haar weer kan soen lui sy foon. Hy kyk en sien dis Craig so hy antwoord. "Hallo my anderhelfte moenie my sê jy is al by die huis nie." Craig lag in sy oor en hy kan hoor sy broer is baie happy. "Nee, ek is wel in my eie huis. Ek en Vicky het vanoggend in die ou stalmeesterhuis in getrek. Sy begin Januarie by tannie Anrie werk en ek het sowaar die pos by Rosendal gekry. Is jy by die huis?" Daniël lag nou lekker. "Hel geluk man, ek is bly vir julle. En nee ek was nog nie by die huis nie. Maar dis nie hoekom jy my bel nie nê?" Craig glimlag en gee 'n sagte laggie. "Nee man, ek wou vra of jy nie vanaand by Ma-hulle gaan braai nie. Klink my almal wat almal is gaan daar braai, maar by the way waar is jy as jy nie by Ma-hulle is nie?" Daniël weet Craig het 'n idee waar hy is. "Ek is by Kiara... ons sal daar wees vanaand, moenie worry nie." Kiara kom uit die kamer en kyk skaam na Daniël. "Ek het vergeet van die braai by jou Ma-hulle en eintlik was ek nie van plan om te gaan nie. Ek het nie geweet of jy dalk die nurse wat Ally sê wat so om jou draai saamgebring het nie." Hy skud sy kop. "Sy het nog nooit'n kans gestaan nie en ek het haar dit duidelik gesê. Daar is net een vir my en dis jy Kiara. Ons moet jou Pa-hulle vang voor hulle ry na my Ma-hulle toe. Ek wil nie daar voor almal Ouers vra nie." Sy knik. "Dan moet jy dalk jou tasse inbring en gou hier shower." Hy grinnik. "Het jy vir een oomblik gedink ek gaan by my ma-hulle bly nadat ek aan jou verloof geraak het. Ek trek hier in of jy my hier wil hê of nie. Dit gaan erg genoeg sonder jou wees gedurende die semesters." Sy glimlag skaam. "Ek sou dit ook nie anders wou hê nie." Hy hou haar terug toe sy wil loop. "Net dat dinge duidelik is tussen ons... ek wil kinders hê... in die toekoms, maar tot dan sal ek voorsorg tref en Kiara... ek is nie van plan om jou te bespring soos 'n maniak nie. Ons vat dinge stadig en as dinge gebeur tussen ons dan gebeur dit. Asb. moenie gepressure voel of heelaand worry oor wat gaan gebeur as ons vanaand hier terugkom by die flat nie. Niks sal gebeur tensy jy wil hê dit moet gebeur nie. So ontspan en geniet die aand ek het 'n gevoel dit gaan 'n feestige aand wees." Daniël sug van verligting toe hulle in die kar klim by Kiara se Ouerhuis. Dit maak haar lag. "Jy was geworried nê?" Hy kyk na haar en gee 'n laggie. "Jip, ek was nog net eenkeer in my lewe so bang en dit was toe ek met Cyanne aangejaag het baie jare terug. Oom Derick was 'n ex-marine en jy foes nie rond met 'n marine se dogter nie. Vanaand was egter iets baie meer angswekkend vir my." Hulle ry na sy Ouers toe en toe hulle stop is dit reg langs Craig en Victoria. Almal is nou al gewoond aan Craig en Vicky wat hand aan hand êrens aankom, maar toe Daniël om die kar loop en Kiara uithelp is die oë op hulle. Daniël en Craig omhels mekaar en dis vir almal steeds 'n mooi gesig om die identiese tweeling saam te sien. Hulle twee gesels en beduie en waar Arno na sy seuns staan en kyk is hy 'n baie trotse Pa. Vicky en Kiara omhels mekaar ook en gee drukkies oor en weer. Dan draai die tweeling na die twee jongvrouens toe en alvier bars uit van die lag. Daniël vat Kiara se hand en Craig Vicky s'n en hulle begin aanstap waar almal sit. Die seuns groet eerste hulle Ma dan hulle Pa, dan vir Landi, Nico, Neil, Mira en laaste vir Callum, Madeline, Kelsi en Ethan voor hulle die ander mense groet. Na die groetery trek Daniël en Craig hulle Pa en Ma gou eenkant. "Ons twee het iets om te vertel." Shevon begin glimlag. "Ek dink ek weet wat dit is. Julle gaan Ouersvra." Craig lag. "So iets Ma. Ek het vanmiddag klaar bloedgesweet daar by Rayan en Esmeralda. En wel Daniël het sy beurt by Dr. Ron-hulle ook vanmiddag gehad. Ons twee het egter nie geweet die ander een gaan Ouers vra nie. Dit was maar seker net 'n tweeling-ding." Daniël knik. "Ons gaan darem nie 'n dubbel troue hê nie, Ma kan dus relax. Ek en Kiara gaan eers oor tweejaar trou wanneer ek by Pa inval, ons sal intussen maar bietjie oor en weer pendel." Craig vryf oor sy nek en kug. "Ek en Vicky wil teen April volgende jaar trou. Ons voel ons bly in elk geval al jare saam, so hoekom wag. Ons is klaar geswot en het albei werk en soos julle weet het ons in die ou stalmeesterhuis ingetrek vanoggend." Arno en Shevon knik en beduie terug na die gaste toe. "Nou toe doen julle aankondiging." Terug by die gaste vat die twee vir Kiara en Vicky en stap tot op die kant van die stoep waar Daniël 'n fluit gee wat almal na hulle laat kyk. "So ja net dat almal weet. Ek en Kiara het vanmiddag verloof geraak... " Craig begin lag. "En ek en Vicky ook." Die klomp mense skater en cheer.  Ally en Nita val hulle behoorlik om die hals. Ally en Kyle is al tweejaar verloof en Nita en Darryn 'n jaar. Die groepie vriende kom al 'n wyle saam en elkeen se lief en leed is vir die ander belangrik. Ally staan later alleen by Kiara. "Ek het jou mos gesê die vorige vakansie al hy is gek oor jou, maar jy wou my mos nie glo nie. Ek kon net nie glo dat julle nog nooit saamgeslaap het nie. Ek bedoel Daniël was nie die soetste ou op skool nie." Kiara glimlag skaam. "Wel ons het nie gejok nie, ons het nog nooit saamgeslaap nie. Ja natuurlik het ons hier en daar op skool skelm gevry, maar van hy gaan swot het, het ons mekaar net vakansies tussen julle klomp gesien. Daar was net nooit 'n geleentheid om dinge verder te vat nie. Ek sou nie eers vanaand braai toe gekom het nie. Ek was bang daai nurse waarvan jy my vertel het kom dalk saam hom huistoe en ek dink nie ek sou dit oorleef het nie." Ally lag nou saggies. "Kom ek vertel jou van die petalje by die hospitaal. Daniël kom mos laasweek gou saam Nita en Darryn eet by die hospitaal se kaffeteria. Wel toe wurm die Elize haarself ook daar in en Daniël sit mos toe mooitjies agteroor en vra haar of sy daar is vir geregtelikeraad. Sy frons toe glo vreeslik en sê nee dommie, ek het gekom om bietjie tyd saam met jou deur te bring, want jy is vreeslik skaars deesdae. Nou moet ek jou sê as sy by ons woonstel opdaag is Daniël altyd oppad uit. Ons het al begin dink hy het 'n girl êrens tot Kyle hom een of twee aande gevolg het. Hy stap gewoonlik sommer net af strand toe en sit daar vir ure op 'n bankie onder een van die lampe en leer of in een van die internet kaffee's wat nie so erg raserig is nie. Hy sê toe vir haar net daar in die kaffeteria sy moet ophou om haar tyd te mors om so agter hom aan te draf, hy het 'n girl en hy stel regtig nie in haar wat Elize is belang nie. Sy was glo soos 'n deflated ballon en het net so daar uitgewarrel en hom nog nie weer lastig geval of by ons woonstel aangekom nie." Kiara giggel en sit haar hand oor haar mond om die lag te stop. "Jy weet ek sien nou hierdie girl in my gedagtes wat soos 'n ballon wat jy skielik los daar uit trek." By die woonstel veel later kom Kiara uit die badkamer in 'n kort somers nagrokkie met 'n japon. Sy gaan sit op die kant van die bed en Daniël weet sy is huiwerig om by hom in die bed te klim. Hy staan dus op, loop om die bed, tel haar op en sit haar in die oopgemaakte bed neer en maak haar weer toe. "Daar ontspan, ek het aangeneem daardie is jou kant oor die boek op die bedkassie toe klim ek maar die kant in." Sy sit vir 'n oomblik doodstil voordat sy haar kop draai en na hom kyk. "Jy weet ek het nog altyd gedroom van hierdie aand en nou weet ek nie wat om te doen nie." Hy trek haar sonder seremonie in sy arms in en hou haar so teen hom vas. "Ek is bly dat jy darem gedroom het oor ons twee so saam in een bed, maar daar is niks wat jy nodig het om te weet nie. Alles wat jy dink jy moet weet, sal vanself kom. Ontspan net en geniet die oomblik in my arms." Hy speel met haar hare om sy vinger en voel hoe sy ontspan terwyl hy haar snaakse goed van die kampus en sy twee niggies vertel. Later begin hy haar soen en sy vergeet van haar skaamheid en onkunde en soen hom net so passievol terug. Die volgende oggend lê hy lank na haar gesiggie hier teen sy bors en kyk en hy kan steeds nie glo Kiara Mckinnes is at last syne nie. Sy maak haar oë stadig oop en bloos bloedrooi toe sy in Daniël se oë en stoute grinnik vaskyk. "Mmm... jy lyk soos 'n slaappop as jy wakker word." Sy lag skaam, maar hy gee haar nie kans om skaam te wees nie en voor sy kan keer gooi hy haar oor sy skouer en stap met haar na die badkamertoe. "Nou gaan ons shower en dan gaan ons breakfast eet by Craig en Vicky, dat ons kan hoor wat hulle vir hulle troue van hulle best man en brides maid wil hê." 

Rosendallers Boek 5 Onmoontlike tweelingeWhere stories live. Discover now