Dis 'n jolige vakansie want die kinders kuier amper elke dag op die stoetplaas, waar hulle in die rivier en dam swem en perdry. Hulle werk net so hard vir Anrie en Riaan in die stalle en met die perde. Craig het al 'n paar maal die powere eerste soen van hom en Vicky reggestel en elke keer lag sy as hy sê nou is daai eerste soen uitgewis. Daniël keer Kiara elke nou en dan in die stal vas en soen haar. Hy hou dit egter net by soen en soms hou hy haar net styf vas asof hy haar nie wil laat gaan nie. Riaan hou 'n oog oor die kinders maar omdat hy niks ongeoorloofs sien nie, maak hy nie kapsie op die gesteelde soentjies nie. Hy besluit om die kinders te stuur om vir hom die perde in die verste kamp teen die hoofpad te gaan aanjaag. Daniël en Craig gee glad nie om nie, want dit beteken hulle is bietjie uit onder die oog van die ander staljongens en Oom Riaan. Riaan roep hulle egter eers almal bymekaar. "Luister nou mooi vir my manne. Julle gaan nie die girls daar in die gopse warmvry en van die tyd vergeet nie. Dit is 'n klomp jonger perde en julle gaan julle storie en sit in die saal moet ken. Julle bly aan die buitekante van die trop en laat die girls die binnekant van die agterhoede dek. Is julle selfone gecharge?" Hulle kyk almal vinnig gou na hulle selfone, maar dan skud Riaan sy kop. "Nee wag, vat die vier tweerigting radios. Myne in my kantoor is aan ek sal hoor as julle roep. Miskien moet julle sommer julle kos wat julle gebring het saamvat. Eet daar terwyl julle die trop deurkyk en besluit hoe julle hulle gaan bymekaar kry, maar moet asb. nie ure draai nie. Dit word reeds vroeër donker, die seisoen het klaar begin draai." Die kinders knik en kry hulle perde reg om te ry. Craig is stiller as normaal en Victoria kyk bekommerd na hom. "Jy okay?" Hy glimlag effens want hy besef Vicky is slimmer as die meeste ander, sy het reeds sy verandering in mood agtergekom. "Jip, alles okay." Sy kyk vies na hom. "Jy kan dalk vir die ander jok Craig le Clerq maar ek dink ek ken jou darem bietjie beter as wat jy dink." Dit laat hom grinnik. "Mmm... dalk is jy so slim soos almal sê Victoria Mckinley. Ek is okay, ek het net 'n weird onrustige gevoel wat ek nie kan verklaar nie. Kom ons ry en kry hierdie ding oor en verby voor donker." Daniël trek sy perd langs Craig in en kyk vraend na hom. "Jy het ook hierdie weird gevoel nê?" Craig kyk vinnig na Daniël en knik. "Ons sal versigtig wees en ons oë moet oophou, dis maar al." Die ander klomp lag en gesels terwyl hulle ry, maar Daniël, Craig en Victoria is maar stillerig. By die hek waar hulle moet deurry in die groot kamp in sien Craig die groot spore op die grond en hy stop. Daniël draai terug en kyk waarna Craig so aandagtig kyk. "Hel dis 'n moerse spoor. Lyk na 'n groot kat." Craig kyk op en bespied die gras. "Kry die girls bymekaar en hou julle oë oop. Ek gaan Oom Riaan radio." Hy haal die radio uit sy saalsak. "Alpha 1 kom in vir Bravo 1." Daar is die gewone static en dan kraak die radio voor Riaan opkom. "Bravo 1 stuur." Craig kyk om hom terwyl hy praat. "Alpha 1 hier is groot katspore voor die kamp se hek in die sand. Baie duidelik en lyk of die kat oor die hek gespring het na binne. Die spore aan die anderkant is effens dieper asof die dier se gewig die spore dieper getrap het toe hy land anderkant die hek." Riaan se hart gaan amper staan, maar dan skop sy marine training in en hy is kalm as hy met Craig praat. "Bravo 1, kry die ander kinders daaruit. Beweeg terug kamp toe. Ek kry hulp, julle kom stalle toe." Craig kyk oor sy skouer die kamp in en word yskoud as hy die jong leeu agter die ander in die gras gewaar. "Alpha 1 dis te laat bring back-up, leeu het ons gewaar." Nou weet Riaan ten minste dit is 'n leeu, hy wonder net waar kom die leeu vandaan. Niemand hier rond het leeus op hulle plase nie. "Bravo 1 retreat steeds, moenie die leeu aanvat nie, julle is ongewapen." Riaan hoor net static en stilte. Hy is op die radio na sy oud makkers toe en binne sekondes is hy en Rayan op hulle eie perde, elk met sy geweer oor sy skouer. Anrie sien hulle en haar oë word groot, maar Riaan se opdrag terwyl hy wegjaag laat haar dadelik luister sonder enige vraag. "Alle perde op stal nou. Leeu los op plaas. Hou jou geweer by jou Anrie." Sy gryp haar eie geweer en perd en die staljongens hardloop in alle rigtings soos sy bevele uitroep. Sy het meeste van die perde op die werf en in hulle stalle toe die bakkies met die ander ex-marines stop. Sy sien vir Karel en is vir 'n oomblik weer verbaas om te sien hoe vinnig hy beweeg met sy prostese. "Riaan en Rayan is klaar weg grootkamp toe. Craig, Daniël, Darryn, Kyle, Vicky, Kiara en jou tweeling is in die grootkamp, hulle moes die groot trop jongperde gaan aanjaag het en het op 'n leeu afgekom." Die manne vlieg oor die plaas in die bakkies dat die stof staan. Intussen praat Craig streng met die ander. "Bly stil... hou julle perde so stil as moontlik." Die ander sien sy oë is agter hulle terwyl hy van sy perd afklim en sy lysels vir Victoria gee. Die perde het die leeu geruik en raak nou onrustig. Craig beweeg weg van die perde af en kan dadelik sien dat die leeu hom ook gewaar het. Hy tel 'n dikkerige stok op en lug hom bo sy kop. Daniël druk met sy eie perd die ander meer hek se kant toe en die verskrikte perde gaan gelukkig vinnig deur die hek. Daniël draai om en sê oor sy skouer vir hulle. "Ry en moenie omkyk nie." Kyle skud egter sy kop. "Daar is nie 'n manier wat ek julle hier alleen los nie. Die girls kan ry, maar ek bly." Darryn en die ander skud ook koppe. Nita beduie na Craig en die leeu. " Ons bly om te help." Victoria kyk benoud na Craig en dan onthou sy dat sy altyd die tazer wat Rayan vir haar gegee het saam met haar ry in haar saalsak. Sy grou hom uit en sit hom aan. Sy weet nie of dit gaan help nie, maar sy kan nie dink aan enige iets anders nie. Sy klim af en gee die twee perde se teëls vir Nita en Ally. "Hou vas... "Sy staan langs hulle maar skuifel stadig weg van die perde af in Craig se rigting. Die leeu het gaan lê in die gras en sy kan net sy ore sien wat effens twitch. Craig kyk egter nie weg van die leeu af nie. Hy staan doodstil want vanwaar hy staan kan hy die leeu duidelik sien. Sy stert kwispel en Craig wat baie lees en allerhande diereprogramme kyk kyk vir die tekens dat hy gaan spring. Hy weet Vicky is iewers aan sy linkerkant skuins agter hom. Hy verstaan net nie hoekom sy nie saam met die ander terug beweeg nie, maar hy kan nie nou sy oë van die leeu af vat nie. Dan hoor hy haar sagte stem dieselfde oomblik wat die leeu sy lyf regmaak om te spring. "Ek het my tazer en hy is aan..." Craig kan amper nie glo wat hy hoor nie. Wil sy regtig die leeu aanvat met 'n tazer. Hy beweeg sy linkerhand na agter en hou sy hand uit na haar en sy plaas dadelik die tazer in sy hand. "Bly doodstil staan Vicky en as hy spring vir my hol jy vir jou perd en ry... hy gaan..." Hy het nog nie sy sin voltooi nie toe spring die leeu. Nita, Kiara en Ally gil kliphard en toe die leeu Craig reg voor die bors tref druk hy die tazer tussen hom en die leeu op na bo. Alles gebeur blitsvinnig en die leeu val slap bo-oor Craig. Vicky is dadelik by en begin om die leeu af te stoot van Craig af. Kyle, Daniël en Darryn is oombliklik by en hulle rol die leeu van Craig af. Vicky gryp die tazer en druk hom in Kyle se hand. "pasop hy is aan en reg om weer te taze, as daai leeu roer taze jy hom dadelik." Sy en Daniël begin dadelik vir Craig ondersoek en dis toe hy begin lag dat Vicky hom met die vuis op die bo-arm slaan. "Dis verdomp niks om oor te lag nie le Clerq, jy kon dood gewees het en dan moet ek dit vir jou familie gaan vertel en arme Daniël sou sy ander helfte verloor het en..." Hy gee haar nie kans om iets verder te sê nie. Hy trek haar aan haar arm nader, kom regop en soen haar net daar voor almal. Sy bly sit met verskrikte oë toe hy haar laatgaan en dan rol die trane oor haar wange. Hy skud sy kop vir Daniël se bekommerde gesig. "Relax, ek is fine, maar ek dink sy ly aan skok." Hy trek haar nader en druk haar teen sy bors vas en staan nog so met haar toe hulle die eers die perdepote en toe die voertuie hoor. Vicky lig haar kop en druk Craig effens weg terwyl sy weer na hom kyk. "Jy is g'n fine nie. Hier is bloed op jou..." Daniël kyk dadelik na Craig en dan sien hulle die lang hale waar die leeu se een poot vir Craig teen die nek en op die bors getref het. Dis darem nie groot oop nie, maar dis dieperige skrape wat skoongemaak sal moet word. Riaan en Rayan gee die kinders 'n kyk en dan pluk Riaan 'n inspuiting uit sy sak. "Ek neem aan hy is net katswink, ek gaan hom spuit en julle kinders sorg dat julle by die stalle uitkom. Karel jy en die ander kan die perde asb. bymekaar maak en aanjaag huiskampe toe asb. Craig laat Anrie daai skrape skoonmaak en bel jou Pa om jou by die dr. te kry. Weg is julle, ons sal later praat." Die kinders praat nie teë nie en toe Kyle die tazer afsit en vir Victoria gee begin Rayan lag tot almal se verbasing. "Is dit wat ek dink gebeur het?" Victoria knik. "Jip ons het die leeu getaze. As hy vir mensaanvallers kan werk moet hy mos 'n leeu kan stop." Die mans begin almal lag en Victoria laat die tazer in haar saalsak glip voor sy opklim en hom 'n verontwaardige kyk gee. "Dis jy wat gesê het dra hom altyd saam met jou, moenie my nou verbaas aankyk nie." Sy klap haar tong en ry weg asof niks gebeur het nie. By die stalle maak Anrie dadelik die wonde skoon, maar voor sy klaar is stop Kyle se Pa dr.Ron daar met sy dokterstas. "Nou toe laat ek sien of die veeartsie weet wat sy doen." Anrie lag en staan terug. "Sjoe is ek bly om jou te sien Dok, lyk vir my nie te erg nie. Niks diep genoeg vir steke nie, maar kyk jy maar." Hy kyk na Craig wat op 'n baal buite een van die stalle sit sonder 'n hemp aan. Vicky en die ander versorg die perde en wag vir Riaan hulle. Karel-hulle het 'n krat gebring waarin hulle die bedwelmde leeu mee aanry. Dit is nie lank nie toe stop die eienaar van die natuurreservaat heeltemal aan die anderkant van die dorp op die werf met sy eie veearts. Anrie groet hom want sy het al saam met hom gewerk en die eienaar Wessie is heeltemal stomgeslaan toe hy hoor Craig het die leeu getaze en dat dit die fraaie Vicky se idee was. "Sjoe ek het al gehoor die le Clerqs en du Ponts is wilde kinders, maar lyk my julle maats is net so erg. Ek is vreeslik jammer hieroor en ek is bitter bly julle kon hom uitsort sonder dat julle te seergekry het. Hierdie jong mannetjie bly deurbreek, ek dink ek sal hom verskuif na my ander plaas toe, hy is 'n moeilikheidmaker." Dr. Ron plak net Craig se wonde toe en gee hom 'n voorskrif vir Antibiotika en pynpille voor hy groet en sommer vir Darryn, Kiara en Kyle saam met hom vat. Hy het elkeen van die kinders sommer ook 'n check-up gegee en vir hulle elk 'n ligte kalmeerinspuiting want hy sê hulle almal ly maar aan skok. Karel vat vir Nita en Ally saam met hom huistoe en Riaan wil net vir Daniël en Craig huistoe vat, toe Arno daar stop. "Genade en ek dog julle is my rustigste kinders en nou hoor ek julle gaan jag leeus met 'n tazer." Almal lag en daar word weer'n keer vertel wat gebeur het. Victoria staan met haar rug teen die stal se muur langs die baal waarop Craig sit en toe hy sy kop draai kyk hulle reg in mekaar se oë. "Hy grinnik en sy weet oombliklik dat hy ook aan daai soen voor almal dink en sy bloos 'n mooi pienk wat hom eers laat lag. Die ander staan 'n entjie verder en Daniël is besig om die hele storie te vertel met 'n gearmswaaiery en beduiery wat die ander laat skater. "Ek is nie jammer ek het jou gesoen nie, ook nie eers omdat dit voor almal was nie, net jammer ons was nie alleen nie, want dan het ek jou beter gesoen." Sy giggel. "Jy moenie dat my broer hoor van die soenery nie. Hy voer jou vir daai einste leeu." Dit laat hom saggies lag. "Nee wat, ek weet wie sal my kom red met haar tazer..." Dit raak skielik stil om hulle en as hulle na die ander kyk, staan almal vir hulle twee en kyk en Arno se woorde laat die ander weereens lag. "Julle twee lyk my is gevaarlik saam." Anrie skud haar kop. "Nee dis hierdie wilde Vicky die Viking wat slange met stokke en leeus met tazers aanvat. Sjoe Rayan waar kom jy aan hierdie onverskrokke sussie of is dit maar in julle bloed?" Rayan lag as hy na Vicky se blosende wange kyk. "Wel ek dink dis dalk iets in die bloed. Onthou my Pa was 'n marine, my Ma was ontvangsdame vir 'n Admiraal en ek was 'n marine. Ek is net nie seker waar het Vicky hierdie braafheid nog al die tyd weggesteek nie." Craig kyk spekulerend na Vicky. "Ek is nie seker of sy so braaf is en of sy net dom-astrant is nie. Maar as dit nie was vir haar nie, het ek nie so lig daarvan afgekom nie. Ek is vrek diep in die skuld by haar na vandag." Arno knik, tree vorentoe en gee Vicky 'n stewige druk. "Ja jy is reg, ons skuld haar big-time. Dankie Victoria dat jy vir Craig van 'n veel erger fate gered het." Sy bloos en skud haar kop. "Ag dis regtig niks nie Oom Arno. Ek is seker enige een van die ander sou aan iets gedink het om te doen as ek nie aan die tazer gedink het nie." Craig staan op van die baal af en sit sy arm nonsjalant om haar skouers en gee haar 'n soen op die wang. "Nee my Pa is reg, ek skuld jou big-time, dankie Victoria Mckinley dat jy my alie gered het vandag." Sy glimlag blosend en kyk op na Craig met groot onskuldige oë. "Dit was sommer 'n groot plesier Craig le Clerq." Arno sien die verering vir mekaar in hulle oë as hulle so na mekaar kyk en hy kyk vinnig na Rayan, maar Rayan glimlag net en knik oog vir Arno. Hy sal maar net weer met Craig praat en hom herinner dat hulle altwee nog te jonk is vir enige iets anders as soen enhande vashou. Dit lyk darem of Daniël se skrik met Cyanne hom twee keer laat dink om enige girl bed toe te sleep. Later die aand by die huis het Craig net klaar gestort toe sy Pa in sy kamerdeur verskyn met die noodhulptassie. "Nou toe leeujagter sit dat ek gou goed aansmeer aan daai skrape en dit weer toeplak. Jy moet onthou om daai antibiotika te drink." Craig knik en gaan sit op die bed langs sy Pa. Terwyl Arno werk loer hy na Craig en besluit nou is so goeie tyd soos enige. "Ek sien dinge raak bietjie ernstiger tussen jou en Victoria... jy moet om Vadersnaam asb. kophou met haar." Craig kyk reguit na sy Pa. "Ek weet Pa moenie worry nie. Ons hou regtig net hande vas en ja ek het haar al paar maal gesoen, maar ek is nie heeltemal simpel nie, net so bietjie." Sy laaste woorde laat Arno lag. "Jy noem dit simpel, ek het na julle gekyk, ek noem dit smoorverlief." Craig bloos effe en kyk dan ernstig na sy Pa. "Ek het hierdie weird gevoel Pa, ek weet nie hoe om te verduidelik nie, maar ek voel die heeltyd of my borskas te klein is as ek na haar kyk. Ek wil haar heeltyd beskerm teen alles en almal, ek het nog nooit so gevoel oor enige een nie." Arno grinnik. "Ek sê mos smoorverlief... ek verstaan wat jy sê Craig al is ek so oud. Ek het nog altyd so gevoel oor jou Ma vandat ek haar die dag met Landi op die gras sien sit en speel het. Ek het haar geken, ek bedoel sy het 'n paar keer by tannie Monique hulle gekuier en ek het haar geken. Maar daai dag toe ek om die huis gestap kom en Landi sit feitlik op haar skoot en ek sien haar glimlag was dit tickets met my. Ek het alles gedoen om haar lewe makliker te maak en ek was smoorverlief al het jou Ma 'n gewigsprobleem en slegte selfbeeld gehad. Ek het goed gedoen om haar uit haar dop te laat kruip, wat ek nie gedink het ek ooit vir 'n vrou sal doen nie. My eerste vrou was nie die vrou wat ek gedink het sy is nie. Sy het my gecheat met my beste vriend onder my neus en ek het gesweer geen vrou sal ooit weer my hart besit nie, maar jou Ma... jou Ma het my voete onder my uitgeslaan en toe sy vir Landi so sagkens behandel en uit haar pad gaan om Landi by die skool en klas te laat inskakel... wel toe was dit eers tickets met my, want ek en Landi was 'n package. Ek mind nie as jy met Victoria uitgaan nie, maar ek wil hê jy moet haar altyd met die grootste respek behandel. Ek weet... ek was ook sestien, 'n regte klein ass en 'n cassinova en ek weet wat ek aangevang het op sestien. Ek weet ook hoe vinnig dinge kan skeefloop, ek bedoel kyk nou vir Daniël en Cyanne. Ek wil nooit hê een van my kinders moet deur sulke nonsens gaan soos waardeer ek is nie. Landi het reeds seergekry en ek is vandag so bly dat sy en Nico darem eventually bymekaar uitgekom het, daarom vermaan ek julle ander so baie." Craig knik. "Ek weet Pa en ek probeer regtig om Victoria met respek te behandel... dis net soms... soms wil ek haar vashou en soen en ag ek weet nie. Sy laat my net anders voel en sy behandel my nie weird omdat ek hou van skryf en kuns en sulke goed nie." Arno knik en glimlag. "Ek weet regtig wat jy bedoel Craig, hou net altyd kop. Ek en jou Ma hou baie van Victoria en ons is bly as sy jou talente soveel waardeer soos ons. Kom eet en dan drink jy jou pille. Jy gaan dalk bietjie lyfseer wees môre, daai leeu was nie klein nie en hy het jou met force voor die bors getref." By Rayan en Victoria se huis is hulle ook besig met aandete nadat sy gestort het. Rayan kyk ondersoekend na Victoria en toe sy opkyk trek sy haar wenkbroue vraend op. "En nou as jy my so kyk?" Hy glimlag en skud sy kop. "Jy verbaas my dis maar al. Jy was altyd so stil en in jou dop gekruip, nou... wel nou vat jy perde, slange en leeus aan. Jy maak ogies vir 'n kêreltjie met amper sulke groot spiere soos ek en ek is nie seker of ek bekommerd moet wees na ek daai kyk by die stalle tussen julle gesien het nie." Sy lag, maar haar wange word ook 'n mooi pienk. "Ek... um... ek is nie seker van wat se kyk jy praat nie, maar ek moet bieg, ek verbaas my ook self elke liewe dag meer. Ek geniet skool vir 'n verandering, ek het geleer perdry en ek doen glad nie sleg op skool nie. Ek het hope meer selfvertroue en... ag ek weet nie ek voel overall net happy en het lus om te sing en dans." Rayan begin lag en sit sy mes en vurk neer. "Weet jy wat my liewe sustertjie. Jy is verlief, smoorverlief en ek dink Craig is net so head over heels vir jou. Julle moet asb. net kophou. Julle is te jonk om nou al te ernstig te word. Hou dit by hande vashou en soentjies steel. Los die heavy goed vir die over twenty-ones. Emosioneel is julle nog nie reg vir saamslaap nie, so bly weg van dit af." Victoria bloos bloedrooi. "Regtig, ek dink nie jy hoef met my daaroor te praat nie, ek weet wat ons mag en nie mag nie en ek moet bieg Craig behandel my altyd met die grootste respek. Ek dink egter ek moet 'n talk met jou hê. Moenie dink ek het nie gesien dat jy die mooie mej. Esmeralda Perez in die stalle intrek anderdag nie. Mnr. Johny sal jou afslag, marine of the not. Sy is ons jongste onnie by die skool en sy het nie tyd vir muisneste nie." Rayan bloos en lag skuldig. "Okay okay jy het my uitgevang. Ek belowe jou egter ek sal ook kophou. Ek slaap nie saam met haar nie, ons gesels nog net oor en weer. Ek date haar nog nie eers nie." Victoria gooi haar kop agteroor en lag kliphard. "Sjoe maar jy kan verskonings maak. Toemaar wat julle doen is julle saak. Julle is darem oor een-en-twintig en ek like juffrou Esmeralda vreeslik baie. Ek glo ook darem nie meneer Johny of Juffrou Rita gaan omgee as jy vir hulle dogter ogies maak nie, julle verskil wel ses jaar, maar jy is darem 'n ex-marine en lyk my in hierdie valley tel dit baie dis amper soos om dr of ds voor jou naam te skryf." Dit laat Rayan ook lag en hulle eet al geselsend verder. Victoria kan nie help om haar foon vinnig te vat toe sy later in die kamer kom nie. Sy sien daar is 'n boodskap van Craig en sy glimlag. "Hey Vicky die Viking. Hoe lyk dit gaan jy my vir sonsopkoms agter die stalle kry? Ek en jy moet ernstig gesels." Sy wonder fronsend waaroor wil hy gesels maar sy stem dadelik in. "Hey leeujagter, ja ek dink darem ek sal so vroeg kan op wees, maar waaroor wil jy so ernstig gesels?" Sy sien hy is besig om 'n voicenote te record en sy kan nie wag om sy stem te hoor nie. "Mmm... jy is nuuskierig nê. Jy gaan maar net moet wag tot môre oggend. Jy moet lekker slaap. Bel my as jy nagmerries het, dan gesels ons maar oor die foon. Jy moet lekker slaap." Sy glimlag by haarself en besluit om 'n nagsê te record. "Jy weet ek is nuuskierig so dis pure moedswilligheid dat jy my nie wil sê nie, maar dis fine ek sal maar wag tot môre. En dis jy wat gaan nagmerries hê, so jy moet my maar bel dat ek jou kan troos. Lekker slp."
YOU ARE READING
Rosendallers Boek 5 Onmoontlike tweelinge
RomanceDie Rosendallers het seker geen bekendstelling nodig nie. Hierdie vyfde en laaste boek van hulle gaan amper oor al die jonger kinderkarakters, tienerliefde en dinge