Craig sit agter die stalle teen die muur toe iets hom teen die skouer tref. Hy kyk op en sien die rooiblonde hare bo die kraal se muur uitsteek en hy tel suutjies 'n klont van sy eie op en net toe sy loer gooi hy haar reg voor die kop. Victoria spring op en storm op hom af. "Jou pes jy het presies geweet waar is ek." Hy lag kliphard. "Mens kan nie Vicky die Viking se hare bo die kraalmuur mis nie. Jy moes nie geloer het nie, dan het ek nie jou wegkruipplek gesien nie. Is jy hier om my te kom pla of saam met my te gaan perdry?" Sy lag en gaan sit plat op haar boude langs hom op die grond. Soos hy het sy 'n jean en t-hemp aan en sy is net so gemaklik op die grond as op 'n stoel. "Ag ek weet nie, as jy te besig is kan ons dit los. Ek sal jou nie pla met 'n gepraat nie." Sy sit en kyk oor die krale maar sê niks nie en sien nie eers Craig sit vir haar en kyk nie. "Moenie dink jy gaan so maklik uit perdrylesse kom nie Miss Vicky the Viking. 'n Viking moet darem weet hoe om perd te ry. En jy pla my nie as jy praat nie. Kom ons gaan kry vir ons perde." Hy hou sy hand uit om haar op te trek en sy vat sy hand sonder om twee maal te dink. Hy los egter nie haar hand nie en sy kyk vinnig na hom, maar hy trek haar net vinnig nader en soen haar vol op die mond voor hy vinnig haar hand los en om die stalle begin stap. "Hey jy kan nie dit doen en dan net omdraai en loop nie." Hy lag oor sy skouer vir haar. " ... maar ek het en daar is niks wat jy daaraan kan doen nie. Jy moet opskud die son trek water." Hy sit sy boek en potlood net binne die stal se deur op 'n tafel en kyk op die bord. "Okay ek sien Amalie se sussie Aurora is op stal en sy is mak genoeg vir jou, sy is 'n tweejaaroud." Hy vat haar na 'n baie ligte palmino perd toe. Haar vel lyk amper soos Victoria se hare so mooi rooiblond. "Mmm ... ek dink dié een is jou perd. Julle pas bymekaar. Kry jou saal daar en kom dan wys ek jou hoe om haar op te saal." Hy help haar die saal opsit want sy is bietjie kort, en wys haar wat om te doen terwyl hy sy eie palmino merrie opsaal. "Anuscka hier is bietjie ouer as Amalie se driejaaroud, sy is nou al vyfjaaroud en sy is ook Aurora en Amlaie se suster of halfsuster as jy nou presies wil wees. Hulle het almal dieselfde Ma maar Anuscka se Pa is 'n volbloed palmino. Aurora en Amalie se Pa is 'n spierwit hings wat iemand nie wou hê nie en toe gevra het of oom Riaan hom wil oorkoop." Riaan kom die stal in en lag terwyl hy oor Aurora se nek vryf. "En ek is nog nie eendag spyt gewees hy is nou myne nie. Hy het my al vier vulletjies besorg." Hy hou Craig dop en sien hy skryf op die bord, en dis 'n veilige en redelike gelyk pad wat hy Victoria gaan laat ry. "Jy het 'n foon by jou nê Craig?" Craig knik. "Ja Oom, ons het altwee ons fone en dit is aan. Ek gaan haar net agter die ou stalle deurvat en daai stiller pad ry dat sy die gevoel vir die perd kan kry. Ons sal by die middelkamp se windmeul omdraai. Ek wil haar nie te lank laat sit nie, net-nou kan sy nie môre loop nie en ons het atletiek uitdunne." Riaan knik tevrede en sien toe Craig langs Victoria gaan staan. Hy wys haar hoe om haarself op te trek en toe sy sit stel hy die stiebeuels vir haar en lag. "Ek gaan vir jou hierdie saal eenkant sit met jou naam op. Dan is die een met amper geen stiebeuels nie joune, daar is nie nog iemand hier met sulke kortbene nie." Sy gee hom 'n kwaai kyk. "Pasop nê, hierdie kort bene kan skop, moenie lag vir my nie. Almal is nie so lank soos 'n paal met bene wat kilimeters aanmekaar loop nie." Hy lag net en klim op sy perd en beduie met sy eie teëls vir haar. "Nou goed dit werk so. As jy die stiebeuels stilhou gaan sy net vorentoe stap. Bietjie na links en sy gaan links gaan en regs dieselfde. Gee haar vrye teuels en sy gaan begin versnel, hou haar in so, dan gaan sy stadiger of doodstop. So hierdie is soos jou power steering, werk versigtig daarmee, hulle monde is gevoelig en dis seker waar die spreekwoord vandaan kom as jy praat van die perd in die bek ruk." Sy is senuagtig en Craig trek sy perd nader aan hare voor hy haar aan die arm vat. "Stop, kyk vir my." Sy draai haar kop en sien sy ernstige gesig en dan glimlag hy bemoedigend. "Relax Vicky, haal diep asem en laat gaan heeltemal ... jy moet een word met Aurora. Moenie dink aan enige iets wat jou gespanne maak nie. 'n Perd is baie soos 'n hond, hulle voel jou mood aan. Dink aan iets wat jou happy maak. Aurora like jou en sy is 'n rustige perd so ontspan. Jy kan perdry of like of haat. Wat gaan dit wees?" Sy haal diep asem en ontspan doelbewus. Sy sien sy effense glimlag en sy dink hoe gelukkig is sy om 'n outjie soos hy vir 'n pel te hê. Hy is darem maar wow. "Okay dis beter, nou laat haar stap." Hulle stap rustig aan tot buite die stalle se gronde dan is hulle deur die hek en waar Rayan by Riaan staan glimlag hy. "Vrek ek is bly dis hy wat haar moet leer, hy het hope meer geduld as ek." Riaan lag en knik. "Craig is eintlik 'n fenominale kind. Ek dink sy sal okay wees by hom." Victoria geniet dit en toe Craig vir Anuscka laat draf gaan sy automaties saam met hom. Sy het klaar die ritme van die perd en sy lag kliphard. "Wow dis ... so bevrydend, dis even beter as toe ons op Royal was. Ek kan nie glo ek doen dit self nie." Craig glimlag. "Jy kom goed reg, jy moet net asb. nog nie dink om alleen te gaan ry nie al skryf jy op die bord. Tot oom Riaan nie sê jy is reg daarvoor nie, ry jy net saam met my, hom, jou broer of tannie Anrie." Victoria knik. "Ek verstaan en ek sal nie sommer alleen gaan ry nie. Ek ken ook nog nie die plaas nie so dit sal dom wees." Hulle draf nog vir so kilometer voor hy Anuscka vrye teuels gee en sy lekker begin hardloop. Victoria sit hom agterna, maar bly so entjie agter hom tot hy Anuscka intrek. "Okay hier draai ons om. Dié is die pad wat ons vir 'n paar dae gaan ry tot jy meer selfvertroue met Aurora het, want dis die stilste pad. Kom ons laat hulle terug draf." Hulle kom die stalgronde op 'n draffie in en toe sy haar broer sien lag sy en waai. "Ek het dit gedoen Rayan, kan jy glo?" Sy stop voor die stalle en glip uit die saal soos 'n pro. "Ek sien Sus en jy lyk gemaklik in die saal." Sy glimlag. "Ek was vrek senuagtig, maar Craig het gesê ek moet net diep asemhaal en dink aan iets wat my happy maak en toe voel ek beter. As ons tyd het kan ons môre middag weer ry?" Sy kyk na Craig en hy knik glimlaggend. "Ja wat as ons nie een te veel huiswerk het nie, maar kom ons is nie klaar nie. Lei vir Aurora koud en roskam haar dan check ons dat hulle kos en water het en hulle stalle skoon is vir die aand." Victoria lag en salute hom. "Hi-hi Captain." Sy en hy begin die perde koudlei en werk so saam in absolute stilte tot hulle alles klaar gedoen het. Net voor hulle by die stal uitloop stop hy Victoria met sy hand op haar pols, trek haar terug en soen haar weer vinnig vol op die mond voor hy 'n pot salf in haar hand druk en fluit-fluit uitstap en oor sy skouer groet. "Bye Vicky, sien jou môre. Gooi 'n handvol van die perdesalf vanaand in jou badwater, lekker warm badwater. Anders gaan jou spiere môre styf en seer wees, veral jou boud- en binnebeenspiere." Victoria se mond hang oop en sy kyk van haar hand na Craig se verdwynende rug. Wow, dis nou die derdekeer dat hy haar soen. Craig klim op sy bike en ry weg met 'n glimlag op sy gesig.
![](https://img.wattpad.com/cover/361687262-288-k589902.jpg)
VOUS LISEZ
Rosendallers Boek 5 Onmoontlike tweelinge
Roman d'amourDie Rosendallers het seker geen bekendstelling nodig nie. Hierdie vyfde en laaste boek van hulle gaan amper oor al die jonger kinderkarakters, tienerliefde en dinge