"Kom, Kom, Kom." Word ek en Ralph wakker gemaak deur my pa. Koffie en beskuit staan klaar reg op die tafel. My pa is reeds besig om die visstokke op die boot te laai en seker te maak alles is reg vir 'n dag van visvang.
Ons is uit op die meer net toe die son sy kop oor die duin agter ons uitsteek. Ons het so bietjie navorsing gedoen oor die manier van visvang en waar is daar goeie visvang kolle op die meer.***
Na die derde vis in twee ure is ons gereed om 'n behoorlike ontbyt te eet, wat uit meer as 'n beskuit bestaan...
Nadat ons 'n lekker eier en stukkie wors geëet het hoor ons die gedreun van niks anders as Ralph se pa se Toyota Bakkie.***
Ons help gou vir Ralph se ouers om hulle karavaan op te slaan en vir Karli (Ralph se sussie) en Marné (My sussie) om hulle twee se tent op te slaan. Almal se tente en karavane is nou opgeslaan en reg vir die volgende twee weke.
***
Nadat ons eers almal 'n lekker middagete agter die rug het span ons weer die visstokke in en gaan uit op die meer vir 'n tweede sessie van visvang.
***
"Jakes, het jy al die vuur aan die gang?" hoor ek my pa se stem uit die karavaan. "Ja, pa die kole is amper reg vir die vis!"
Na 'n wonderlike aandete en vars vis is ons almal reg om in te gaan kruip en bietjie te lees of sommer net te gaan slaap.
BẠN ĐANG ĐỌC
Vakansie op sy beste!
Phiêu lưuIs die kampterrein so veilig soos wat dit lyk? En sal Jakes en Karli vir Ralph kan opspoor voor dit te laat is? Sou dit nie beter wees om eerder na 'n ander oord toe te gaan nie?