Ek word wakker, en sien Ralph is ook besig om so stadig maar seker op te kom uit die bed uit.
Ons almal eet gou 'n eiertjie en 'n stukkie van gisteraand se vleis wat oor gebly het. Terwyl ons nog so kou-kou sê my pa dat ons vandag bietjie gaan snorkel. Ons spring almal dadelik op en gaan kry ons paddavoete en swembrille.***
Ek, Ralph, Karli, en Marné is in die water en daar gaan ons, opsoek na iets opwindend, in die helder ligblou water. Nie lank nie of ons sien ons eerste vissie, ons is so geïntereseerd dat ons nie eers kyk waarheen vat die stroom ons nie. Ek kyk op en sien dat ons besig is om baie vinnig, baie ver van die land af te dryf. Ek maak die ander drie dadelik bewus van ons probleem, en gelukkig het my pa my geleer dat as jy deur 'n seestroom ingetrek word, jy net moetkalm bly want dieselfde stroom gaan weer iewers anders baie naby aan die strand verby gaan.
Ons vier probeer net kalm bly en nie dink oor die haaie wat onder ons op die oomblik is nie.
Dit was nie lank nie en daar sit ons almal bietjie geskrik maar ook 'n storie om te vertel daar op die strand.***
Na 'n avontuur van 'n dag gaan sit ons weer om die kamptafel en speel 'n rondte kaart. Die keer het die ouers voorgestel dat ons die kos ook moet maak. Ek en Ralph braai die vleis en wors terwyl die meisies die slaai maak.
YOU ARE READING
Vakansie op sy beste!
AdventureIs die kampterrein so veilig soos wat dit lyk? En sal Jakes en Karli vir Ralph kan opspoor voor dit te laat is? Sou dit nie beter wees om eerder na 'n ander oord toe te gaan nie?