Deur die bos.

249 6 0
                                    

Ek en Karli is nogsteeds besig om ons weg deur die donker bos te vind. Gelukkig is ek en Karli goeie vriende en ken mekaar al van kleins af so ek weet dat sy die heeltyd reg agter my behoort te wees.

Die volgende oomblik hardloop ek in 'n oop stuk in veld in en ek kom agter dis die deel langs ons kampplek, ek kyk en ek sien Karli is ni agter my nie... Ek draai dadelik om en gaan weer die bos binne opsoek na Karli. Ek het geen idee hoe ver terug op die pad Karli sal wees nie. Ek wil nie roep nie want dalk hoor die ouens wat Ralph gevat het my.
Ek kom op Karli af sy lê in die middel van die paadjie en ek sommer sien sy't seer... "Karli, wat het gebeur?", vra ek saggies. Sy sê toe dat sy nie kon sien wat gebeur het nie maar toe sy haarself kon kry lê sy op die grond, en haar been is baie seer. Ek stel toe voor dat ek haar dra terug kamp toe en dan kan ons ook sommer uitvind waar is my pa.
By die kamp gekom en daar staan my pa en 'n paar ander ouens wat naby ons kamp. Ek vertel toe my pa die hele storie, en hy sê dat ons dadelik begin met 'n soektog vir Ralph

Vakansie op sy beste!Where stories live. Discover now