My horlosie wys 01:26, ek weet nie waarvan ek wakker geskrik het nie maar iets is nie pluis nie. Die volgende oomblik hoor ek hoe word die ritssluiter van ons tent oopgaan en hoe daar drie figure in die deur veskyn...
Ek kry dadelik my Gopro en begin record, al weet ek dat mens nie die mans se gesigte kan sien nie, maar mens sal kan hoor wat hulle sê. Ek draai op my ander sy en hoop die ouens wil niks aan my doen nie. Die sweet begin 'n dam op my kussing maak en ek hoor hoe hulle iets fluister en dan hoor ek voel hoe iemand my omdraai en met 'n flits in my gesig skyn. Die ou fluister weer iets maar ek maak of ek slaap en dan los hulle my en gryp vir Ralph.
Ek weet nou iets is verkeerd en ek gryp my Gopro vat dit vir Karli. Ek sê vir haar sy moet haar pa wakker maak en die video(klank) vir hom speel en luister of hy nie weet wat hulle sê nie.
Ek gaan maak my pa wakker vat sy flits en "tazer" en trek vir my sweetpak aan en kry my selfoon in my tent. Soos wat ek uit die tent klim staan Karli voor my en vra of sy kan saamgaan? Ek sê vir haar dis gevaarlik en sy moet weet sy gaan baie stil moet wees en sy moet ook nie by my kom kla dat sy bang is nie.Ons twee vat toe die pad opsoek na Ralph, ek stap voor en Karli reg agter my. Aangesien dit nog donker is loop ons maar stadig en probeer so stil as moontlik beweeg. Ek sien skielik 'n flits in die pad wat weg van ons af skyn en ek maak vier figure uit, en weet dadelik dis Ralph. Ek bekyk die mans een vir een en kom agter een van hulle loop met 'n geweer.
Ek sê vir Karli dat daar nou nie 'n manier is dat daardie ouens met Ralph gaan wegkom nie. Ek bel ook my pa en sê vir hom hulle moet die bakkie vat en stadig in die pad af ry ons sal vir hulle wag in die pad. Ek sê ook dat hulle 'n paar van die ander kampeerders moet vra om saam te ry want die een man het 'n geweer by hom.Ek en Karli beweeg stadig aan sodat ons die heeltyd vir Ralph kan sien. Die volgende oomblik skyn 'n lig reguit van voor af op my en Karli, ek gryp haar en ons twee duik hier langs ons in die bos in, en spring dan dadelik op en hardloop so gou as moontlik deur die bos.
YOU ARE READING
Vakansie op sy beste!
AdventureIs die kampterrein so veilig soos wat dit lyk? En sal Jakes en Karli vir Ralph kan opspoor voor dit te laat is? Sou dit nie beter wees om eerder na 'n ander oord toe te gaan nie?