Ek, Ralph, Karli en Marné kry toestemming by my pa om met ons bakkie bietjie te gaan rondry. Ek bestuur terwyl Ralph langs my sit en die meisies agter. Ons ry al langs die strand af op een van die baie tweespoor-paadjies.
Ek draai af, wat lyk na 'n groter pad, maar soos wat ek om die draai kom sien ek daar staan 'n trok oor die hele pad. Ek begin omdraai, die volgende oomblik klap daar net skote! Karli en Marné begin te skree en Ralph soek sy selfoon om sy ouers te komtak maar weens die ligging is daar nie juis sein nie. Ek trap die bakkie nou plat maar die skote kling nogsteeds in my ore.
Die skote klink vir my na baie en onophoudelik. Ek ry nou so vinnig as moontlik weg, ek sien net hoe gaan die bakkie se "speedometer" al hoe verder en verder. Ek kyk in my tru-spieëljie en sien daar is 'n wit Mahindra wat ons volg.Ek sê vir die ander drie dat hulle nou enige moontlike ding in die bakkie moet reghou as 'n wapen. Ralph kry 'n BB-Gun onder sy sitplek, Marné kry 'n mes wat tussen die sitplekke gelê het en Karli sit agter my en sy kry 'n ysterpaal wat onder haar sitplek lê. Ek ry nou op 'n tweespoor-paadjie wat lyk of hy terug kamp se rigting lei, volgens die GPS.
Die volgende oomblik voel ek net 'n harde slag en daar rol ons! Die Mahindra het my van die pad af gestamp en toe slaan ek 'n hobbel. Ralph en Marné is op slag weg en ek sien Karli het baie pyn. Ek help haar uit die bakkie en tel haar op my rug. Ek vat die GPS en volg dit in die kamp se rigting. Ons het nie ver gevorder of ek hoor net die gedreun van 'n enjin en die volgende oomblik kom dieselfde wit Mahindra as vroër op ons afgejaag! Ek suik uit die pad uit en gelukkig het Karli nog die stuk yster by haar en ek vat dit en lê teen Karli op die grond. Ek sien hoe die Mahindra stop en dan weer terugkom vir ons! Ek gryp vir Karli en duik weer net betyds uit die pad uit, maar die keer stop die Mahindra reg langs ons.
Ek sien daar is twee mense in die kar, en die bestuurder maak sy deur dan oop gryp my en Karli en gooi ons op die agtersitplek. Karli is nou baie bang, sy lê op my skoot en ek voel hoe nat is my been van al die trane. Ek sê toe vir haar dat sy nie moet bekommer nie, ek het 'n plan. Ek som die twee ouens op wat voor ons sit en sien as ek die een ou 'n oordentlike hou met die yster gee is dit een teen een.
YOU ARE READING
Vakansie op sy beste!
AdventureIs die kampterrein so veilig soos wat dit lyk? En sal Jakes en Karli vir Ralph kan opspoor voor dit te laat is? Sou dit nie beter wees om eerder na 'n ander oord toe te gaan nie?