Verandering van planne.

194 8 2
                                    

Ons het almal na gister se skok besluit dat ons eerder af sal ry met die kuslyn en daar by 'n kampterrein sal stop en die res van die tyd daar sal deurbring.
Die opslaan van die tente en karavaan het nie te lank gevat nie, en dit was nie lank nie en daar gaan ons.
Ek en Ralph ry toe saam met my ouers in ons kar en Marné en Karli ry in die ander kar.

***

Aangekom by ons volgende bestemming, en die keer besluit ons dat ons sommer almal saam op een staanplek kamp wat naby die see is en bome het wat windweerstand bied.
Ek en Ralph stap toe see toe elk met 'n visstok in die hand. Ons geniet die res van die middag daar op die strand en vang genoeg vis om die aand te braai.
Terug by die kamp geniet ons 'n rondte kaart en dan elk 'n stukkie vis.

***

Die volgende oggend vroeg maak Karli my wakker en sê sy wil vir my iets wys. Ek volg haar toe tot op die strand en daar het sy 'n mandjie met toebroodjies en koeldrank. Ek vra haar toe wat is die nou. Sy gee my 'n groot druk en sê dat sy net vir my wil dankie sê dat ek haar gehelp het om Ralph te kry en dat sy ongelooflik bly is sy het so wonderlike vriend waarop sy kan vertrou. Ons geniet toe die sonopkoms oor die see en 'n klein ontbyt.
Terug by die kampplek en die ander is stadig maar seker om wakker te word, nadat almal op en wakker is sê my pa vir ons almal dat ons hierdie vakansie net moet geniet, en dat ons sommer net hier rustig onder die bome gaan ontspan elke dag.

Vakansie op sy beste!Where stories live. Discover now