Ek vorder vinnig op die sandpad en soos wat ek stadig oor die volgende heuwel kruip sien ek vir Ralph en nou maar net een ou wat saam met hom loop. Ek weet nou tenminste daar is 'n kans dat ek hierdie ou kan platvat.
Ek loop toe so saggies as moontlik tot reg agter die ou en haal my "tazer" uit en skok hom tot hy lê. Ek help vinnig vir Ralph, wat teen die tyd so moeg en seer is, om die tou om sy hande los te maak. Ons vat toe die tou en bind die man vas wat nog op die grond lê van die skok. Ek tel toe vir Ralph op my rug en ons loop terug na die bakkie toe wat gelukkig nou enige oomblik voor ons behoort te verskyn.
Karli spring uit die bakkie toe sy my en Ralph sien en omhels vir Ralph wat nou so moeg en seer het, dat hy skaars kan staan. Ek help hom vinnig in die bakkie op die agtersitplek sodat hy kan lê. Karli spring voor in en bel dadelik haar pa en vertel hom die nuus. Ek ry nou vinnig terug kamp toe sodat Ralph versorg kan word.***
By die kamp aangekom sit die ouers almal om die tafel en wag vir ons, ek help Ralph vinnig tot op een van die kampstoele en kom eers nou agter dat Ralph 'n goeie hou weg het op sy skouer. Sy ma versorg hom en sit 'n verband oor die wond.
YOU ARE READING
Vakansie op sy beste!
AdventureIs die kampterrein so veilig soos wat dit lyk? En sal Jakes en Karli vir Ralph kan opspoor voor dit te laat is? Sou dit nie beter wees om eerder na 'n ander oord toe te gaan nie?