Nadat ons almal 'n stewige ontbyt gehad het, pak ons elkeen 'n sak wat ons wil saamvat strand toe. Ek vat 'n handdoek en my bodyboard.
***
Aangekom by die strand, help ons almal om die gazebo op te slaan. Ek, Ralph, Karli en Marné vat ons bodyboards en hardloop die see binne. "Ek hoop ons kry vandag lekker golwe" sê Ralph, en ons almal stem saam.
Na 'n half-uur van heerlike bodyboarding gaan lê ons almal op ons handdoeke en kuier sommer net so bietjie daar op die strand.
Teen middag-ete haal my ma vir ons 'n kosblik uit met hotdogs in, en ons almal eet een.***
Na 'n rustige dag op die strand speel ons weer bietjie kaart terwyl ons ouers die kos braai en braaibroodjies maak..
Almal geniet 'n vullende eet en daarna gaan kruip ons almal in 'n snoesige bed in en gaan kuier bietjie in droomland.
YOU ARE READING
Vakansie op sy beste!
AdventureIs die kampterrein so veilig soos wat dit lyk? En sal Jakes en Karli vir Ralph kan opspoor voor dit te laat is? Sou dit nie beter wees om eerder na 'n ander oord toe te gaan nie?