Ma

42 5 5
                                    

Nota: Met liefde aan Mamma op Moedersdag.

Iewers in die winter
Het Ma alles opsy
Geskuif vir my
Die pyn was so bitter.

En in die herfs
En somers daarna
Het Ma my eensaamheid weggedra
My met twee bederfs.

Ma was nog altyd
My grootste held
Ma se liefde wat vir elkeen geld
Wen elke keer die stryd.

Hoeveel woorde kan ek neerpen
Om genoeg dankie te sê?
Ma wou nooit iets terughê
My net veilig gehou in die den.

My woorde is nie genoeg
Vir elke dag en elke daad
Vir elke druk en al die raad
En in tye van nood, al die gewroeg.

'n Duisend woorde skend
Die opregte dade
En al die genade
Van 'n ma wat haar alles tot haar kind wend.

As die Skemer toesakWhere stories live. Discover now