Blind

25 1 0
                                    

Hulle sê ek is blind
Hulle sê dis nie reg
Iewers moes ek gesien het
Die skoonheid van liefde
Hoe wonders kan gebeur

Maar ek het
En soos 'n olifant kan ek nie
Vergeet
Want dit was mooi vir 'n sekond
Voor dit omdraai en my wond

Elke keer hoop ek
Dis anders
Maar dit bly konstant
Ek val
En donder neer

My knieë is nerfaf
My hande bloei
En wanneer ek opstaan
Is my bors weer oopgevlek
En die gat waar 'n hart eens was

Skeur verder oop
En ander lag en koggel
Soms vra hul om verskoning
Soms verdwyn hul net
En ek sit met die oopgekapte wonde.

As die Skemer toesakDove le storie prendono vita. Scoprilo ora