Lank loop

39 1 0
                                    

Daar is 'n Struggle
Diep binne my
Want na sweet en bloed
Word ek nog nie gehoor nie
En so baie bloed het geloop

Trane dreig vandag
As ek dink aan hierdie dag
Op 16 Junie
So baie kinders het geloop
En so baie bloed het geloop

Vir vryheid in ons skole
En regverdige opleiding
Het kinders in Sharpeville geloop
Maar niemand wou hoor nie
En so baie bloed het geloop

Long walk of freedom
Hulle noem dit 'n gedenk-gebaar
Vir die kinders wat geloop het
Tog, met al die wildcats en bidgroepe op kampus
Gaan ons nog lank loop

En nog baie bloed gaan loop...

As die Skemer toesakحيث تعيش القصص. اكتشف الآن