'n Donker weg

40 2 2
                                    

In die donker
Bad ons in kookwater
Leer ons onder kerslig
Kook ons kos met gas of vuur
En fluit ketels weer.

In die donker
Spaar ek my selfoon battery
Eggo my voetstappe in die huis
Al is dit vol
En wens ek vir n flits.

In die donker
Keer ons terug
Na stories om 'n kampvuur
Klere met hande was
En vroeg gaan slaap.

In die donker
Vreet vrees ander kinders
Loer oë vir hulle uit hoeke
In laatnag besoeke
En hardloop verbeeldings weg.

In die donker
Gaan ek op my knieë
Al ken ek nie al Sy weë.

As die Skemer toesakحيث تعيش القصص. اكتشف الآن