Winter

36 0 0
                                    

Die skrillende, skreeuende blou lug,
Die vaal, vervelige, dooie gras,
Die halfkaal-bome met halfgroen, halfgeel blare,
Die voëls wat weier om te glo dis winter

Is 'n veel beter sprokie

As een met helderblou lug
Spierwit gesneeude dakke,
Toegegooide, onsigbare grond
En gevriesde swanemere.

A/N: Hierdie gedig het ek so twee jaar terug geskryf toe ek begin het met dig. Dit was een van my bestes.

As die Skemer toesakWhere stories live. Discover now