Vergete

25 1 0
                                    

Wat was daai blink goedjies daar bo?
Hulle het so helder geskyn!
En ek wou hulle opraap.

Minute, ure
Tyd was onmeetbaar
Ek kon nie ophou staar
Na die goed in die donker

Hulle het nooit geflikker
Of verdof
Maar eendag was hulle
Nie meer bereikbaar nie

Ek kan nie meer met my vinger
Hulle raak en patrone trek nie
Ek kan nie meer kyk
En wonder sien nie

Want ek is nou langer
En die sterre, vergete.

As die Skemer toesakWhere stories live. Discover now