1:28

128 9 4
                                    

Dis te laat
Donker en tog lig
Jy is vas aan die slaap,
Of dis waarvoor ek hoop.

Soms wens ek
Ek het nie weggegaan nie
Maar dit sou niks verander
Die laaste dag was die dag

Wat die pad gevurk het
Jy het een rigting gekies
En ek die ander
Dit kon nie anders.

En nou is al wanneer ek jou sien
Wanneer ek my oë toemaak
En drome droom van dit wat
Kon, sou en moes, dit wat ek wou.

Iets krap teen my vensterruit
Iets klap in my boks rekenaar
Die horlosie tik-tik tik
Dis 'n versadigende vrees wat die geluide vergesel

Maar ek wil nie luister nie —
Wou nie
“So you're running away,” het jy gesê
Nie gevra nie, eerder beskuldig

Ek het seer gestry en probeer verduidelik
Ek hardloop nie
Ek wil net op my eie die wêreld durf
Maar dit was lieg en jy't geweet.

Sewe maande later
Nou is ek jammer
Dis 1:28
En dis te laat.

As die Skemer toesakWhere stories live. Discover now