> > > 3 < < <

161 6 1
                                    

"Nou toe, ek dink dis tyd dat ons by die huis kom. Dis al môre. Dankie vriend, ons maak gou weer so." My pa skud oom Schalk se hand en dan staan almal op.

Dylan sug langs my toe hy opstaan. "Waar daardie sug val sal niks weer kan groei nie, Dylan."

"'Skies, dis net dat ons nou so lekker gekuier het. Dit voel of ons skaars by alles uitgekom het."

"Ons sal maar net weer iets moet reël."

"Beslis en nog vinnig ook. Daar is so baie om nog op te vang."

"Kom, julle tweetjies," onderbreek my pa ons en ek tel my handsak van die vloer af op.

Almal is al by die voordeur uit en ek en Dylan besluit maar om hulle beeld te volg. Hy hou die deur vir my oop om deur te stap.

Sonder om om te kyk loop ek op Jaydon af. Ek moet myself net vroulik hanteer met die feit dat ek net Dylan se groot t-hemp aan het. Ook net om ingedagte te hou dat dit slegs tot in die middel van my bo-been kom. "Baai, Jaydon." Ek het net beplan dat hy vir my 'n glimlag moet stuur, maar hy verras my. Hy gooi sy hande om my bene en druk my styf vas. Ek druk hom dadelik terug.

"Sal jy eenkeer na my gimnastiek kom kyk, Marlie?"

"Natuurlik, ek sal dit vreeslik geniet. Dankie." Hy glimlag die keer vir my en beweeg aan na die volgende een
om gegroet te word.

Ek soengroet vir oom Schalk en tannie Sam wat my byna nie kan laat gaan nie. Hulle sê aanhoudend sterkte vir my belangrike jaar en dat ek vinnig weer moet kom kuier. Ek moes ingee met die belofte dat ek vinnig sal.

Laaste, maar alles behalwe die minste, kom ek voor Dylan tot stilstand. Die wêreld rondom ons gaan staan stil en binne 'n oogwink is dit net ons twee wat oorbly.

"Ons moet seker groet, neh?"

Nee, wou ek antwoord, maar ek het maar my in gehou. "Ja, seker."

Ek steek my hand na hom toe uit om te skud, terselfde hou hy sy arms vir my oop. Oh vrek! Dis die eerste gedagte wat deur my kop gaan.

Vinnig verander ek my hand ook in 'n druk posisie, waar hy aan die ander kant sy hand na my toe uitsteek.

Moedeloos laat val ek my arms langs my sye. Dylan krap agter in sy nek met sy een hand en lag amper asof hy senuweeagtig is. "Kan ek jou maar druk?" vra hy skaam.

"Natuurlik." Sy arms vou om my middel en ek rus my kop vir 'n sekonde teen sy bors. Hy ruik nog na chloor van vroeër se swem, maar sy naskeermiddel kom steeds sterk deur.

Hoe is dit moontlik om so veilig te kan voel? En dit net in een omhelsing.

"Okay, toe nou julle twee." My pa klim haastig in die kar en sonder om enige iets verder te doen, klim ek agterin die kar. My pa skakel die kar aan en ons trek weg.

"Marlie?" My ma loer vir my oor haar skouer.

"Ja, Ma?"

"Is alles reg daar agter?"

"Ja, Ma. Hoekom sal dit nie wees nie?"

"Ek vra maar net." Kan sy moontlik my gedagtes lees? Weet sy dalk wat hier binne in my aangaan? Weet sy dat my hart bollemakiesies slaan en dat my bloed teen twee-honderd kilometer per uur op en af deur my are jaag?

Moet nie simpel wees nie, Marlie. Sy weet beslis nie wat binne jou aangaan nie. Niemand weet nie. Niemand sal ook verstaan wat ek voel nie. Nie eens ek self weet wat die gevoel is wat in my oproer nie. Niemand gaan 'n logiese rede kan gee vir die skommelings in my maag nie. Hulle sal tien teen een vir my die kontakbesonderhede van die skool sielkundige aanbeveel.

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now