> > > 4 < < <

128 8 3
                                    

"Hi, nig."

"Hallo, Marlie." Ek druk my niggie en ons gaan sit by een van die tafels in die verste hoek van almal af.

"Goeie môre, my naam is Nala en ek sal julle vandag bedien. Kan ek vir julle solank iets te drinke kry?" vra die kort kelnerintjie met 'n blou pakkie aan.

"Ek sal 'n cappuccino met skuim vat, asseblief."

"Maak dit twee," antwoord ek en Nala knik voordat sy verdwyn om die bestelling te gaan inhanding. "Hoe gaan dit met jou terapie?"

"Baie goed! Ek geniet elke liewe oomblik daarvan. Dis harde werk, maar ek gee glad nie om nie. Dis wat ek wil doen, Li. Ek het dit nou besef."

"Dis fantasties, Jes. En die seuntjie waarvan jy my nog wou vertel het?"

"Oh ja! Sy naam is Johnny. Hy's die dierbaarste kindjie op die aarde. Sy middeloor gee probleme en so deur die jare het hy moeilikheid begin kry met sy spraak. Hy is net so cute. Hy sukkel om die 's' klanke korrek uit te spreek. Jy moet sien hoe hy sit en so hard konsentreer om sy tongetjie op die regte plek te plaas. Ag, dis die beste. Ek kan nooit help om vir hom te glimlag nie."

My niggie blom. Dit is werklik iets waarvoor sy lief is. Sy kon nog nooit uitgepraat raak oor haar kursus nie. Sy is nou 'n tweedejaarstudent, maar sy het twee keer 'n week prakties waar sy kinders moet evalueer en vir hulle terapie moet gee. Sy studeer Spraak- en Taalterapie. Dit is baie interessant net om te luister na alles wat hulle moet doen.

So van interessant gepraat. Dit was nog altyd vir my interessant hoe ons verhouding werk. Ons was nog altyd onafskeibaar van mekaar. My ouma noem ons die twee musketiers. Ons sal alles saam doen en kere soos as ons wildtuin toe gaan het ons elke dag een of ander missie. Een dag was ons opdrag om elke boom waarby ons verby loop, 'n drukkie te gee. Omdat ons in die wildtuin was kan jy net alklaar by jouself dink. Dit het in 'n gemors opgeeïndig toe ons onsself in die haak-en-steek boom gekoek het. Om dit erger te maak het ons histeries gelag, dit het net laat ons meer koek.

Ons het altyd die beste herinneringe op die vreemdste maniere. Ek kan nie my lewe sonder haar indink nie. Sy is my rots en my energiebron. Sy is dalk twee jaar ouer as ek, maar ons is op dieselfde vlak. Ons persoonlikhede verskil ook soos dag en nag. Sy hou daarvan om met die menslike liggaam te werk, ek hou van die omstandighede en besigheid van die mense. Haar gunstelling kleur is groen en myne is pers. Sy het bruin hare en ek is 'n natuurlike blond. Ons is so anders, maar tog so dieselfde...

"Ek's so bly vir jou."

"Jap en hoe gaan dit met jou?" Nala bring ons koffie.

Ek vat 'n groot sluk van die warm koffie voordat ek dit waag om te antwoord. "Ag jy weet, dit gaan seker okay."

"Dit klink nie baie oortuigend nie, Marlie. Wat gaan aan?"

"Ek het net baie om te doen met skool en alles, en..."

"En wat?" Ek kyk skaam af. "Marlie?" Sy was nog altyd die nuuskierige een en ek kon nog nooit iets vir haar wegsteek nie. Dit maak dit moeilik vir my en ek dink sy raak verskriklik geïrriteerd met my partykeer. Sy is die een mens wat my soos 'n boek kan lees.

"Nee, dis okay. Dit maak in elk geval nie saak nie. Dis dom."

"Marlie, alles maak saak. Kom nou, jy weet mos jy kan my vertrou." Ek weet sy gaan dit op een of ander manier uit my uittrek.

"Ek vertrou jou met alles in my, maar jy gaan dink ek is mal."

"Marlie, jy is nog jou hele lewe lank al mal. Toe, uit daarmee."

Ek sug en rol my oë. "Ag okay, dis Dylan."

"Oh genade, okay?" Sy sit regop in haar stoel, wagtend vir meer inligting.

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now