> > > 15 < < <

141 6 10
                                    

"Dylan?"

"Hello, Marlie. Dis goed om jou weer te sien." Dis tannie Samantha wat antwoord. "Ons het jou gemis, veral Jaydon. Hy smeek elke keer dat jy moet kom kyk, maar sekere mense het geweier."

Dylan kyk weg en neem sy sitplek in. Ek kyk af. Wat op aarde is hier aan die gang?

"Um, ek sal nou terug wees." Ek skuur haastig verby die mense. Party mense gluur my aan en ander sug net. Ek maak vinnig onverskoning en beweeg net alhoe vinniger.

Ek loop deur die skare mense, haastig op pad na die uitgang van die stadion. Ek kort vars lug. Ek begin hardloop. Ek kry nie asem nie.

Buite val ek op die muurtjie neer. Uitasem hap ek na lug. Daar's iets wat swaar op my bors druk. Ek gaan sit op die vloer met my rug teen die muur. Ek trek my bene tot teenaan my bors en vou my arms daar om. My kop rus op my knieë en ek probeer my hartklop onder beheer kry.

Die son brand op my nek. Ek kan hoor hoe hulle die eerste deelnemers aankondig. Klink darem of hulle eers die jonger deelnemers laat gaan. Ek neem aan Jaydon neem ook deel vanaand as Dylan-hulle hier is. Dit gee my dan tyd om te herstel voordat dit Jaydon se beurt is. Hy sal my nooit vergewe as ek hier is en hom mis nie.

"Marlie?" My kop ruk regop. Ek sê niks nie. Dylan kom sit langs my teen die muurtjie. Daar is 'n stilte voordat hy weer praat. "My ma het blykbaar vir Jessica raakgeloop 'n paar dae gelede. Hulle het blykbaar ook albei gekonkel oor hoe ons altwee af is die laaste paar maande en dat ons nie onsself is nie." Ek kyk net na hom. "So hulle het besluit om die saak in hulle eie hande te neem en het ons toe hier gekry. So hier sit ons nou."

"Wat wil hulle hê moet ons doen? Dis duidelik dat ons altyd opeindig om te baklei. Wat sal vandag anders wees?"

"Vandag gaan ek doen wat ek al jare lank wou doen. As ek net nie so onnosel was om dit vroeër te doen nie sou dit alles net makliker gemaak het."

"Jy hoef niks te doen nie, Dylan. Ek verstaan dat jy my sien as jou suster en dat ek meer vir jou voel as wat jy ooit vir my sal voel."

"Ek dink dis waar ons altwee die fout gemaak het, want ek het dieselfde gedink. Juis die punt, ek sien jou nie as my suster nie."

Ek's stom geslaan. "Wat bedoel jy?"

"Marlie, daardie dag toe julle by ons huis opgedaag het vir die braai, het ek dadelik geweet dat alles gaan verander. Ja ons ken mekaar al jare lank, maar daardie dag het die verlede nie meer saak gemaak nie. Toe gooi ons jou in die swembad in en dit was die beste tyd wat ek in 'n lang tyd gehad het.

"Toe was daar daardie aand wat jy in die middel van die storm was. Letterlik en figuurlik. My hart het gebreek vir jou. Ek wou jou net verewig vasdruk. Ek was so kwaad, want wie kon jou ooit seermaak. Ek moes myself keer of ek ry tot voor Jessica se huis en doen iets aan haar. Daarna het ek net geweet dat ek jou weer moes sien. Die boom was die perfekte idee wat ek op die ingewing van die oomblik mee vorendag kon gekom het.

"Ek het myself probeer bluf, maar tot my familie was mal oor jou, is nog steeds mal oor jou. Ek was amper jaloers op my eie broer, want hy kon nader aan jou kom as wat ek ooit sal van kon droom. Net so terloops, hy was baie onsteld met my omdat ek en jy nie meer kontak gehad het nie. Dit het weke gevat om van daai koue skouer ontslae te raak." Hy bly vir 'n oomblik stil.

"Dyl-"

"Ek's nog nie klaar nie."

"Ma-"

"Nee, laat ek eers klaar maak. Met die funskie daardie een aand was alles perfek. Jy was perfek. Ongelukkig het Albert ook so gedink. Weereens was ek so jaloers op hom. Julle het dadelik net goed oor die weg gekom en hy het verder gekom as wat ek in jare kon kom. En toe los jy die bom oor Potch en dit het my eers laat wonder of daar ooit 'n kans sal wees.

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now