> > > 11 < < <

98 4 0
                                    

"Jou sonroom? En muskietgoed? Jy moet onthou om baie water te drink en asseblief moet nie jou hoed vergeet nie."

"Ja, Ma. Alles is in." Ek zip my tas toe en dra dit tot voor my deur. Genade, Marlie. Jy gaan 'n naweek weg, raas my gewete met my. Maar as daar water betrokke gaan wees dan moet ek tog voorbereid wees. 'n Mens weet nooit wat kan gebeur nie.

Ma gaan sit op die punt van my bed en kyk my aan met 'n vreemde uitdrukking op haar gesig. "En nou, Ma?"

"Jy en Dylan is baie na aan mekaar deesdae?"

"Toevallig, ja. Ons beplan dit amper nooit nie. Soos nou die dag toe daar die storm was en toe kry hy my langs die pad. Toe besluit hy dae daarna om my uit te vat. Daarna was dit die funksie en toe kry ons mekaar by die gimnastiek."

"Dink jy nie dis 'n teken nie?"

"'n Teken dat ons dagboeke moet kry en beter moet beplan? Of dat die wêreld teen ons is?" My ma lag en skud haar kop.

"Nee, 'n teken dat julle... Ek weet nie hoe om dit te stel nie... Dat julle, jy weet, saam moet wees."

"Ma!"

"Wat! Jy praat nie met my oor die goed nie, so ek weet nie waar staan julle met mekaar nie."

"Ons is net vriende, Ma."

"Maar dit lyk tog of julle baie goed oor die weg kom."

"Ja, ons is vriende." Ek rol my oë en gaan aan om my laaste goed bymekaar te kry.

"Hoe voel jy oor hom?"

"Ma!" Ek bloos.

"Oh! Jy bloos! Jy hou van hom."

"Is nie."

"Is."

"Nie."

"Marlie, jy is verlief op Dylan en jy weet dit."

"Marlie is verlief op wie?" My pa kom ingestap en ek grom uit frustrasie.

"Dylan," antwoord my ma vining.

"Ma!" Sy trek net haar skouers op.

"Dylan? Soos Dylan Dylan?"

"Ja, Schalk se Dylan. Dink jy nie dis oulik nie?"

"Oulik? Hy beter net weet dat ek nie nonsens gaan vat nie. As hy met my dogter gaan mors gaan ek hom skiet en van hom biltong maak. Dis juis nou jag seisoen."

"Kan julle asseblief nou ophou? Dis nie snaaks nie. Ek is nie verlief op Dylan nie." Net toe lui my foon.

Ek staar na my foon. "Wie is dit?" vra my ma.

"Dylan."

"Bel julle mekaar nou al?" Dis Pa.

"Waarvoor wag jy? Antwoord die kind."

"Bly dan asseblief stil." En ek antwoord, "Hi."

"Hoekom vat jy so lank om te antwoord? Moet nie vir my sê jy het nog nie gepak nie."

"Nee, ek's amper klaar. 'Skies, sekere mense karring aan my." Ek kyk na my ouers wat oplet na elke woord wat ek sê.

"Wil ek weet?"

"Nee, ek dink nie so nie. Hoekom bel jy?"

"Oh ja, ek gaan nou ry. Ek gaan net vinnig by 'n winkel stop om 'n paar goedjies te kry. Is daar iets wat jy kort wat ek nog kan kry?"

Ek frons. Van wanneer af vra hy my of ek iets kort, sodat hy dit vir my kan koop? "Um, nee. Ek dink nie ek kort nog iets nie, maar dankie."

"Oh, okay. Wat is jou gunsteling sjokolade?"

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now