> > > 10 < < <

95 4 0
                                    

Twee ure later laai my ma my voor die gimnasium af. Daar is vreeslik baie karre voor die gebou en die mense stroom by die deure in.

Ek volg maar die stoom tot in 'n saal met pawiljoene. Die pawiljoene is al redelik vol en ek soek rond vir bekende gesigte.

"Marlie?" Ek swaai om.

"Dylan? Wat maak jy hier?"

"Ek kom na my broer se gimnastiek kyk. Wat maak jy hier?"

Natuurlik het hy, dis sy broer. "Ek kom dieselfde doen. Hy het my gevra of ek ook kan kom kyk vandag."

"Oh." Hy frons en knik sy kop. "In daardie geval, ons sit die kant toe."

Hy draai om om te loop en ek volg hom. Ek sien sy ma en pa daar sit met 'n spasie oop langs hulle. Toe hulle my sien staan hulle dadelik op. Ek druk hulle en oom Schalk soen my op my voorkop.

"Ons is bly dat jy dit kon maak, Marlie. Jaydon smeek al die afgelope weke dat hy net wil hê dat jy moet kom. Dylan moes amper smeek vir sy aandag, maar hy was maar min gespin oor sy ouboet se bywoning," sê oom Schalk en knipoog vir my.

Dylan maak sy keel agter my skoon en gaan sit. Hy kyk stip na die vloer onder hom. Ek gaan sit tussen hom en sy ma.

"So hoe gaan dit met jou?" vra tannie Samantha.

"Heel goed, dankie." Ek bloos alweer sonder 'n rede. "En met tannie-hulle?"

"Ag ons kan nie kla nie. Die kinders hou ons besig." Sy kyk na Dylan en rek haar oë. Ek kyk na Dylan en hy doen presies dieselfde vir sy ma.

Toe hulle besef ek kyk vir hulle hou hulle op. "Die kinders hou ons altyd besig," herhaal sy vinnig. Wat weet hulle wat ek nie van weet nie?

Net toe begin die afkondiger praat. Hy kondig kind vir kind aan. Die kinders is ongelooflik. Nie eens ek kan daarvan droom om sulke toertjies te kan doen nie. Hulle beweeg en buig op soveel maniere dat dit my opgewonde maak net deur om na hulle te kyk.

Ek voel soos 'n kind wie se ouers hulle in 'n lekker fabriek gelos het. Ek raak bewus van oë wat op my brand en draai na Dylan toe. Hy is sowaar besig om my van kop tot tone dop te hou.

"En nou?" vra ek toe hy aanhou staar. "Dylan? Hallo, wat doen jy?" Hy knip sy oë 'n paar keer.

"Huh?"

"Huh? Maniere. Wat kyk jy so?" Ek vryf oor my gesig vir ingeval daar iets is wat nie daar behoort nie.

"Nee, ek dink net."

"Oor?"

"Oor hoe jy straal wanneer jy na die kindertjies kyk en hoe jy jouself inleef in die danse in."

"Ja, wel, ek het belangstelling in die tipe van goed. Ek sou nie gesê het ek sal kom as ek nie van dit gehou het nie, glo my. Ek sou tien teen een een of ander dom verskoning uitgedink het, maar ek's hier. So, ja. Ek geniet dit." Ek haal diep asem. Ek's skoon uit asem uit van al die opwinding.

Dylan se mond trek op in 'n skewe glimlag. "Dan's ek bly jy het gekom. Ek sou dit net waardeer het as ek geweet het jy gaan kom."

"Ek was op kort kennisgewing laat weet. Ek het nie kans gehad om twee keer hieroor te dink nie. Nie dat ek omgee nie, die huis sou my in elk geval net vasgedruk het en my mense sou my vanaand mal gemaak het en-"

"Marlie!" sny hy my kort. "Haal asem." Ek weet nie hoekom ek nou so baie en vinnig praat nie. Hoekom klop my hart dan nou so vinnig en jaag my hartklop met my weg?

"Jammer."

Dylan lag en skud sy kop. "Jy moet nie so opgewonde raak oor sommer enige iets nie. Ek wonder hoe jy lyk as jy eers adrenalien in jou are kry."

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now