> > > 13 < < <

91 4 2
                                    

Later sit ons almal om die vuur. Daar is 'n koue windjie in die lug en ek klou aan my baadjie vas. Dit was nie baie slim van my om die blou rokkie vanaand aan te trek nie, maar beauty is pain. Dylan het ook daarvan gehou. Hy het gesê blou is my kleur. Vlinders het natuurlik weer in my binneste begin vladder.

Dylan kom nader gestap met komberse in sy hande. Hy gooi een op my skoot. Die ander ene gooi hy plat op die grond. Hy val daarop neer en beduie dat ek langs hom moet gaan sit. Toe ek langs hom is gooi hy die ander kombers oor ons bene.

Die ander ooms kom ook nader, elkeen met 'n drankie in die hand. Hulle is steeds gesellig soos wat hulle al die hele dag lank is.

"Het jy dit darem geniet?" vra Dylan ewe skielik langs my.

"Ek het dit vreeslik geniet. Ek is bly dat julle my gevra het om te kom, dankie."

"Nee, ek is bly dat jy gekom het. As jy nie hier was nie, sou ek net met die mans opgeskeep gesit het en oor sportmotors gepraat het."

"Nou dat ek weet hoe om vis te vang kan ons die beslis weer doen."

"Solank daar nie weer modder betrokke is nie." Hy vryf oor sy gesig. "Ek dink ek het nog modder op plekke waar ek nie gedink het modder sal kan wees nie."

Ek lag. "Ja, ek dink ek het ook. Darem is ons velle nou effens gladder. Of myne is, ek weet nie van joune nie."

Dylan vat my hand en sit dit op sy wang. Rillings rol oor my liggaam. Sy wang is warm teen die palm van my hand. "Is dit?" vra hy.

Ek vryf met my duim oor sy wangbeen. Ek kan nie help om daarna te staar nie. My hand smelt teen sy wang vas. "En?" vra hy.

"J-" my stem kraak. Dit steek in my keel vas. "Ja, ek sal modder vir jou aanbeveel."

Ek vat vinnig my hande weg. Dankie tog dis donker, dink ek by myself. Ek vang oom Schalk se oog. Daar is 'n groot glimlag op sy gesig. Hy knipoog vir my en ek skud my kop.

"Dylan die marshmallows is agter jou op die stoel. Die stokkies is ook daar iewers. Braai vir julle 'n paar."

Dylan gee vir my die pak aan en draai weer om om die stokkies agter hom raak te vat. Ek maak solank die pak oop en toe hy die punte van die stokkies na my toe hou, druk ek 'n marshmallow op elkeen.

Dylan gee een vir my aan en ons altwee rus dit rustig bo-op die vlamme. Dit vat nie baie lank voordat die pienk 'n bruin skynsel rondom dit begin kry nie. Ek haal dit van die punt af en druk dit net so in my mond.

"Hmmm, njum," kreun ek van die lekker kry.

Dylan se lyf ruk effens langs myne  "Is dit lekker, Blondie?"

"Soos 'n droom."

"Nou kry dan nog ene."

Ons braai die hele pak op ons eie op. Ek weet nie of die ander mans wou gehad het nie, maar as hul wou dan is dit nou te laat.

"Nou goed, julle twee," sê oom Schalk, wat nou opgestaan het. "Ons het nie soveel energie soos julle jongmense nie. Ons gaan nou maar nag sê."

"Lekker slaap." Ons groet almal en dan loop hulle na hulle kamers toe.

Dis net ek en Dylan wat agter bly. Net die vuur klap voor ons, verder is dit doodstil. Iewers ver in die donker nag hoor ek 'n uil en daar anderkant roep jakkelse na hul maats.

"Wat 'n lekker aand," kondig Dylan aan. Toe ek na hom toe draai is sy kop agteroor gegooi en sy oë toe.

"Ja, dit is."

Die volgende oomblik gaan lê hy op sy rug. "Jy moet hier kom lê. Die sterre is asemrowend vanaand."

Ek gaan lê in die vou van sy arm. Hy is reg, die naglug dans in die hemelruim. Sterre skitter helder in die donker lug.

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now