> > > 6 < < <

113 8 11
                                    

"Ek weet nie van jou nie, maar ek is nou rasend van die honger. McDonalds?"

Ek lag en knik. "Klink vir my goed."

Dylan glimlag en ek draai die radio se volume op. Sam Smith se stem bulder deur die wit masjien en om dit te kroon sing ek uit volle bors saam. "No won't you, stay with me! 'Cause you're all I need." Ek stamp liggies aan die liggaam langs my wat net na die pad staar. "Hi, hierdie is 'n goeie liedjie."

Dylan staar steeds voor hom en registreer nie dat ek met hom praat nie. Ek draai die musiek sagter en kyk vraend na hom. Sy gesig is in 'n frons getrek en dit lyk asof hy baie hard probeer dink.

Na 'n rukkie raak hy bewus van die stilte tussen ons en hy draai naderhand na my. "En nou?"

"Nee, dis wat ek ook wil weet. Jy het vir 'n oomblik daar bietjie verlore geraak."

"'Skies, ek het effens in my gedagtes verdrink."

"Waaroor dink jy so diep? Dit het nie vir my baie goed gelyk toe ek na jou gesigsuitdrukking gekyk het nie."

"Ag ek dink sommer maar net. Kom ons vergeet daarvan. My volle aandag is terug by jou." Hy glimlag vir my, maar dit bereik nie sy oë nie. Ek kan sien dat daar iets agter sy oë is waarmee sy gedagtes worstel.

"Okay..."

"Jy weet, onthou jy daardie dag by ons pa's se twintigste reunie? Daar was so dom treintjie dingetjie waarop ons gery het. Hy het elke keer in dieselfde sirkel gery, maar dit het ons nie afgeskrik nie. Ons het nog gemaak asof ons iewers heen op pad is." Hy bly vir 'n rukkie stil. "Ons het gemaak asof ons 'n gesin is. Ons het elke keer afgeklim en na ons 'huisie' toe gestap waar ons vir die kinders, wat jou boetie en 'n paar ander vreemde kinders was, kos gemaak het. Ons het hulle skool toe gevat en weer die trein gevat werk toe. Later weer terug met die trein en so het elke dag aangegaan."

Ek glimlag aan die herinnering. "Ek het dit nooit onthou nie, maar dit kom nou terug."

"Ek weet nie hoe dit ons vir agt ure lank besig gehou het nie, maar dit het. Ek dink tot vandag toe dat dit net jy kon wees wat met sulke vreemde idees vorendag kan kom."

"Ek? Ag, asseblief. Jy was net so skuldig daaraan soos wat ek was. Jy het dit meer as ek geniet en jy weet dit."

"Ek het nooit gesê dat ek dit nie geniet het nie, Blondie en as ek dit nie geniet het nie sou ek dit nie tot vandag onthou het nie. Tog, wie sou nie van dit gehou het as jy 'n blonde meisie se hand vas kon hou nie."

My gesig slaan rooi en ek kyk by die teenoorgestelde venster uit. "Nee, ek weet ook nie."

Hy lag langs my. "Nou ja, hier's ons nou."

"Dankie tog, ek kan nou 'n koei opeet." Voordat hy iets kan sê wip ek uit die bakkie, net sodat hy nie my rooi gesig kan sien nie en omdat ek ook ’n bietjie vars lug nodig het.

Buite die kar haal ek diep asem totdat ek die klap van die deur agter my hoor. "Kom jy?"

Ek knik en ons stap McDonald's binne. Toe ons uiteindelik voor kom vra die man by die rekenaar, "How can I help you?"

"Wat soek jy?" vra Dylan vir my.

"Um, verras my." Hy knik vir my en ek gaan kry solank vir ons 'n tafel. Laat hy maar besluit wat ons moet eet.

Na 'n paar minute later kom hy aan met twee pakke kos. "Daarsy," sê hy toe hy voor my neersak.

"Genade, het jy al die kos gevat? Gaan hulle ons nou hier uitjaag omdat hulle wil vroeg chaila?"

"Nee, natuurlik nie. Jy het gesê jy sal nou 'n koei kan opeet, so toe neem ek aan dat ek 'n koei se voorraad bymekaar moet maak."

"Dit was net 'n sê ding, Dylan! Al wil ek soveel McDonalds eet, kan ek nie."

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now