> > > 12 < < <

89 4 0
                                    

"Marlie, bring asseblief daardie emmer daarso." Ek maak soos hy sê en neem die blou emmer na die water toe.

Hy vat een stok vanaf die staander af en begin om die vislyn in te ryg. Ek hou sy elke beweging dop. As ek dit nie nou gaan snap nie gaan ek later my naam met 'n plank slaan. Dis erg genoeg net om my konsentrasie op die stok te hou.

"Kyk nou, neh." Ek knik en hy verduidelik presies elke beweging deeglik.

"Dis nie so moeilik nie," kondig ek aan toe hy die stok na my toe uithou.

"Marlie, ons het nog nie eens begin visvang nie."

"Ek kon dit self uitpluis."

"Nou toe, kom ons gaan staan daardie kant waar ons nie aan ander ouer ouens se lyne gaan koek nie."

Ons stap om die dam na die heel ander kant toe. Ons is die enigstes aan die kant van die dam. Ons slaan ons stoele op en alles waar ons dit vinnig gaan kan bereik.

Dylan beduie dat ek nader moet staan. Hy het een stok is sy hand. Ek sit my hoed op my kop en hippel opgewonde nader.

"Oh genade, ek kan alklaar sien hoe ek myself gaan hak en onderstebo gooi."

Dylan lag vir my en skud sy kop. "Ek gaan jou help, moet nie so bekommerd wees nie. Maar ek moet bieg, as jy my gaan hak dan is daar moeilikheid."

Hy probeer 'n grappie maak, maar ek lag nie. "Okay, ek's reg. Kom ons doen dit. Wat doen ek?"

"Jy gaan eers die gevoel van die ingooi moet kry. So staan daar- Marlie wat doen jy?" Ek stop in my spore. "Draai om. Die dam is daardie kant."

"Oh- ek dog jy gaan eers demonstreer." Ek wil myself skop. Sy lyf is so naby aan myne dat ek skaars kan dink.

"Sit jou een hand hier en die ander ene hier," beduie hy vir my. My rug skuur teen sy bors en sy stem is baie naby aan my oor. "Bietjie opper. Hier." Sy hand gaan lê op myne en sy ander ene vind my ander een ook. "Ek gaan my hande hier hou totdat jy dit het. Okay, draai net nog so effens." Hy verduidelik vir my hoe alles werk en wat ek moet doen.

"So ek gooi dit basies net met krag in?"

"Ja, is jy reg om dit te probeer?" Ek knik en saam gaan ons arms agtertoe. Hy tel tot drie en dan ruk ons arms vorentoe en die lyn skiet in die water in.

"Is dit al?" vra ek verbaas.

"Dis al. Nou wag ons net totdat iets byt en dan katrol jy hom in. Hou net asseblief dan die stok vas en moet dit nie laat gaan nie, anders verloor jy nie net die vis nie, maar my stok ook."

"Dis nie te moeilik nie."

"Niemand het gesê dit is moeilik nie." Ek kyk om in sy twee blou oë vas. Sy gesig is net 'n paar sentimeters weg van myne af. My hande lê steeds onder syne. Sy oë beweeg van myne af na my lippe. Selfbewus lek ek my lippe af. "Stop dit," sê hy sonder om weg te kyk.

"W-wat?" My stem bewe en my bene is swaar in die grond. Water spoel oor ons water stewels en trek dan weer stadig in.

"Jy byt jou lip vas. Los jou lip uit, Marlie."

"Ek- uh- um..."

"Ma-" Daar word aan die stok geruk en ons altwee se aandag verskuif na die water.

"Dylan! Wat doen ek nou!" Adrenalien skop deur my en Dylan se hande verstyf weereens om myne.

"Moet nou net nie los nie!" Sy asem blaas warm in my nek. Ek sukkel om my aandag op die sport te hou. "Katrol in, Marlie!"

Ek draai die wieletjie so hard as wat ek kan. My vangs beweeg al hoe nader en nader. Ek hoor die ander mense aan die ander kant van die dam juig.

My vissie lig uit die wat uit en Dylan los my om hom met die net te vang. Tevrede hou ek die stok stil terwyl hy die hoek uit die vissie se mondjie haal.

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now