HOOFSTUK 3

111 3 0
                                    

Die volgende dag se routine word weer herhaal. By die werk sit ek en werk op die rekenaar toe my foon lei met n nommer wat ek nie eens ken nie.

"Kristine. Kan ek help." Antwoord ek.

"Goeie dag Kristine. Dis ek Lukas. Bernard het uitgevra oor jou en Kristie en my soort van vas gevra maar hy dink darem dat ek Kristie se pa is maar dat sy nie mag weet ensovoorts nie." Hoor ek hom.

"Uhmmm okay. Wat van as Kristie uitvind en rerig dink jys haar pa?" Vra ek half geregtig.

"Dan laat sy so dink. Dis te se as jy dit so verkies."

Is die real? Want dis definitief nie n droom nie.

"Natuurlik. Ek hoop net nie dit verniel ons vriendskap nie." Se ek openhartlik en sit terug in my stoel.

"Nee man. Dit sal nie. Dankie Kristine, jy laat my darem soos n pa voel vir n meisie kind wat ek nooit sou kon he nie." Dank hy my. Okay ek admit dit. Ek en hy is vrek baie close en goeie pelle maar dis hoe dit gaan bly. Eks gewoont aan die lewe met geen man in die ronde.

"Jy weet seker dat dit vas gaan steek in haar kop dat ek en jy so te se iets aan die gang gehad het neh." Giggel ek soos n stoute tiener.

"Hey it's all worth it." Lag hy en ek kan my sommer slaan met n plank. "Sien jou vanaand."

"Okay. Lekker daggie verder he." Eks amper freaken veertig en ek gaan aan soos n bleddy tiener.

"Jy ook. O ja en Kristine, moenie warrie oor Bernard nie. So dra hy weet dat jy beter af sonder hom is sal hy terug gaan." Sy stem bly asemrowend.

"Dankie Lukas. Bye."

Ek hoor hoe hy die foon in my oor dood druk. Watte hel. Flirt die onnie met my of ek met hom? Want elke keer na n gesprek lyk ek rooier as n tamatie.

Die dag het vinnig verby gevlieg en ek het sommer hoender pasty in die oond gegooi. Daar was n klop aan die deur en toe ek kyk, was dit Lukas met n rooi roos.

"N rooi roos vir die een wat so vinnig bloos."

Ek voel hoe ek hom gryp en soen maar dis alles in my kop. Ek vat die roos en nooi hom in.

"Hallo meneer." Groet Kristie soos sy in kom by die kombuis.

"Hallo pikkewyn." Groet hy terug en doen n ander handshake. Baie anders as gestir aand sin. Dit eindig gou en ek sien verbasende gesigte na my staar asof ek some sort of retart is.

"So, wie's honger?" Vra ek en stap na die oond toe met twee hongerrige bere wat in stem om nou te eet.

Ons al drie sit om die tafel besig om te eet in stilte.

"So wanneer gaan daai amerikaner terug?" Ek kyk op na Kristie en dan na Lukas.

"Binne kort. Hy wil lyk my nog n projek doen met die skool leerders maar eks nie seker of ek dit gaan toelaat nie." Antwoord Lukas.

"Hy creap n mens inelk geval uit." Sy hou haarself gefokus op haar kos.

"Hoe bedoel jy?" Vra ek so n klein bietjie bekommerd.

"Die manier hoe hy na n mens kyk. Lyk of hy jou uit jou kleure uit trek."

Ek sit agter toe en sit my firk neer in my bord. Lukas doen dieselfde en ons sien hoe sy op kyk na ons.

"Kyk hy asof hy planne het of wat?" Vra Lukas met kokende bloed. Yho maar hy kan cute lyk as hy kwaad is.

"Eks nie seker nie. Ek het hom gevang oog knip vir my en toe dit my beurt was om te praat oor hoekom ek oorsee toe wou gaan toe vra hy of ek daarna toe sal wil gaan. Ek het nee gese want net nou kidnap hy my en dan sien ek julle nooit weer nie."

Ek sit my kop in my hande en voel hoe my bloed deur my liggaam vloei.

"Ek bel hom more en se hy moet terug gaan van waar hy kom." Se Lukas met woede.

"Ek het hom inelk geval nie gelike toe ek hom die eerste keer gesien het nie." Mompel ek en kyk na hulle.

"Eks rerig jammer ek bring dit nou eers op maar julle moet aseblief verstaan dat dit nie maklik is nie."

"Dis nie jou skuld nie pikkie. Ons verstaan." Troos Lukas. Kristie gee n klein glimlag.

"Ek gaan n bad vang as dit reg is." Se sy en skyf haar lee bord vorentoe.

"Go ahead." Glimlag ek en sien hoe sy weg loop.

"As ek dit geweet het het ek hom in die begin al weg gestuur." Se Lukas en kyk af.

"Maar jy het nie." Troos ek en sit my hand op syne.

"Hoe het julle inelk geval ontmoet?" Vra hy in a fluister. Ek gee n klein laggie en kyk af.

"Wel, eks mos n admin klerk by daai carrier. Ek moes glo n pakkie optel en vir hom vat en ekt hom gesien as die goeie engelse amerikaner en hyt my hart gesteel. Hy was n flirt en hyt ook oog geknip en ek was simpel genoeg gewees om te dink hys lief vir my en n dag nadat hy gekry het wat hy wou he verklaar hy dat hy gaan trou." Vertel ek. Dis net die basics en dis al wat ek gaan se.

Ek kyk weer op na hom en met eensklap is altwee my hands in syne.

"Eks jammer."

"Moenie wees nie." Ek sien hoe hy nader skuif en hoor hoe die stort aangesit word.

"Watse soort perfuum dra jy want dit ruik heumels?" Vra hy. Ek glimlag en maak my nek oop dat hy kan ruik.

"Dis my geheim." Glimlag ek soos hy vorentoe leun en ruik aan my nek.

"Dit kan n vampier mos vinnig lok." Lag hy en sit terug. Ek giggel soos n bak visie en sit al die borde op n hoopie eenkant. "Jys so n great mens."

"Met baie simpel voute." Lag ek en staan op en vat die borde.

"Maar dis mos iets wat ons almal maak." Lag hy en vat die glasse agter my aan na die wasbak.

Ons sit dit op die tafel soos ek omdraai en kyk na hom wat staar na my asof ek n potret is.

"Pertykeer wens ek net ek kon terug gaan in tyd en voute regmaak maar...dis onmoontlik." Ek kan nie glo ek staan voor een van die sexieste onnies in die skool met trane in my oe nie.

"Hey. Bernard was die vout. Nie jy of Kristie nie." Troos hy en sit sy hand op my wang. Ek trek n glimlaggie oor my gesig en voel hoe hy my intrek vir n drukkie. Ek voel hoe ruik hy nog aan my perfuum. "Dit ruik nogsteeds vir my so lekker."

Ek manage om te lag maar so gou as wat ek ophou lag druk ek my gesig diep in sy bors en begin huil.

"Hey. Dis oraait. Huil dit maar uit." Hoor ek hom.

Ek klou soos n borslys aan sy hemp met sy arms om my. Oh please tell me this is reality.

Ek vat my kop weg van sy bors en vee dadelik af my trane en lag n bietjie.

"Is jy reg?" Vra hy met sy hand op my skouer. Ek kyk op en weer na hom.

"Moet seker maar wees." Ek gee n effense glimlag en kyk hoe hy nader kom met sy gesig. Ek staan defintief nie stil nie!

Net toe ons wou soen hoor ons n glas breuk wat ons uitmekaar trek. Ons kyk by die venster uit en sien dis weer die bure wat bekly.

Ek lag en stap na die toonbank toe met Lukas agter my. Sou ons gesoen het as ons nie weg getrek het nie? Of course ja.

Die moeitewerd?... (Afrikaans)Where stories live. Discover now