HOOFSTUK 7

70 3 0
                                    

Die volgende ogend het ons, ons eerste stop by die skool afgemerk. Ek en Kristie stap na Lukas se kantoor en verwag dat dit toe is maar eintlik is hy in die kantoor besig om by die venster uit te staar. Ek hoor Kristie haar keel skoon maak en sommer dadelik sy volle aandag trek.

"More, wat maak julle so vroeg hier?" Vra hy verras.

"Ek mag seker vir my pa kom hallo sê. Mag ek nie?" Glimlag Kristie. Lukas kyk op na my in skok soos ek my kop knik met n glimlag.

"Natuurlik mag jy." Sê hy trots. Hy en Kristie doen hulle vriendskaplike handskud storie.

"Ek gaan julle twee nou alleen los en na my vriende gaan. Lekker daggie mamma. Totsiens." Het Kristie na die handskud storie gesê en uit gestap nadat sy my n drukkie gegee het.

Ek kyk na Lukas soos hy die deur toe maak agter Kristie nadat sy uit geloop het.

"Hoe het jy haar die waarheid vertel?" Vra hy soos ek nader aan hom stap.

"Kom ek sê ek was maar net nie so stupid gewees nie." Glimlag ek trots en kyk op na hom.

"Was sy kwaad of iets?" Vra hy desperaat.

"Glad nie. Sy was heel op haar gemak." Beantwoord ek hom en sien hoe sy hande na my heupe toer. "Wat doen jy?"

"Mag ek nie so n bietjie tyd spandeer met my dogter se ma nie?" Vra hy tergend.

"O so jy was net vriende met haar om by my uit te kom." Lag ek en stap met my rug teen die deur reg om uit te glip.

"Bingo." Fluister hy en staan my byna vas teen die deur.

"Vuur meneer De Bruin. Vuur." Waarsku ek tergend.

"Moenie maak asof jy nie weet wat ons laas saam gedoen het nie." Hoor ek hom fluister soos hy sy gesig in my nek plaas. Ek giggel soos n skooljarige en glip onder hom uit die kantoor. "Waarna toe gaan jy?"

Ek kyk na hom wat in die kantoor se deur ingang staan en wag.

"Werk toe." Antwoord ek en sit my glimlag weg op daardie oomblik. Hy lyk so aantreklik en dit voel of ek hom uit die wêreld kan beduik dat ek hom vir myself kan hê.

"Wel, geniet jou dag by die werk engel." Glimlag hy. Ek gee n bloos glimlag en stap weg en hoor hoe hy die deur toe maak.

***
Daai aand sit en ek Kristie om die eet tafel in doodse stilte en eet. Ek sit my furk neer en kyk op na haar.

"Jys so stil. Is alles reg?" Vra ek bekommerd. Sy kyk op na my en knik.

"Alles is reg mamma." Laat sy haarself sê. Sy sit terug en lê haar furk neer. "So vertel my wat nou gaan gebeur nou dat ek weet wie my pa is."

"Wel, dit verander niks tessun ons twee nie. Jy kan besluit wat jy wil he. Dalk n tydjie saam jou pa spandeer en dan met my kom praat." Glimlag ek en sien hoe sy haar arms vou.

"Mamma, iemand weet dat ons skoolhoof my pa is en nou loop dit oral rond. En dit net in n dag se tyd." Sê sy so n bietjie ontsteld.

"Wie kon uitvind?" Vra ek haar aan.

"Monique. Sy het my so n glimlag van wraak gegee toe ek uit die gang stap reeds van male af." Beantwoord sy my vraag asof sy dit klaar uitgewerk het.

"Los die meisies jou darem uit?" Vra ek vraend reg om oorlog te maak.

"Ja, hulle is verbied om weer hulle pote op ons skoolgronde neer te slaan." Hoor ek haar so n klein bietjie geiereteerd sê.

"Kristie, laat die brommers praat. Jys die gelukkigste meisie om n pa as n skoolhoof te he oukei?" Bespreek ek haar soos sy haar kop n klein knik gee. Sy kyk af en weer op na my met n glimlag.

"Om eerlik te wees dink ek dat mamma hom n kans moet gee. Dis nie asof hy al my skoolkonserte gemis het nie." Glimlag sy. Ek gee haar n trotse kyk met my oë skrefies getrek.

"Ek hou baie daarvan as jy net na die blink kant kyk." Komplimeneer ek haar.

"En as daar nie n blink kant is nie soek ek na een of ek maak een." Voltooi sy my kompliment. Ek gee n rowwe glimlag en sien hoe sy weer afkyk na haar kos en verder klaar eet.

Dis maar n moeder se trots om haar kind so te sien groot word en na alle moeilikheid nogsteeds so hartstelend is. Wel, volgens navorsings is daar geen sterker vriendskap as n ma en dogter sin nie. In my oë is dit verby die waarheid.

Die moeitewerd?... (Afrikaans)Where stories live. Discover now