Ek het alles perfek beplan. N romantiese ete saam my dogter se pa. Ek sien uit. Vars gebakte hoender gaar uit die oond met artapels, reis en groente.
Ietsie spesiaal om te dra. N stywe rokkie en hak skoene. Ek dra dit nie gereeld nie, net vanaand. Ek het dit as geskenk gekry en nooit gedra nie.
Ek het ekstra moeite gedoen aan my hare en grimering. Ek kon skaars myself erken.
Ek sit aan die tafel en wag vir n klop. Die horlosie slaan op die kop ses uur. Hy moet nou enige tyd hier wees. My hart klop uit my bors uit en ek kan nie wag om hom te sien nie.
Na wat vir my soos n lang oomblik gevoek het kyk ek na die horlosie. Half sewe. Hy kom nie. Ek kan nie glo ek het so n groot fool van myself gemaak nie.
Ek kyk na my foon om te kyk vir n boodskap of n oproep tenminste. N knop klim in my keel en trane vorm in my oe. Ek kan nie glo hy doen dit nie. Dis die eerste keer mar die ooreenkoms was dat as hy kom gaan ons praat. Ek wil si graag probeer.
Ek dog hys lief vir my. Hierdie was alles vir niks. Ek het alles gedoen vir myself.
Hy is net my dogter se pa. Niks meer.
Ek oorreageer seker maar nou maar ek voel baie teleurd gestel. Ek wil hom so graag net sien maar tog wil ek hom nooit weer sien nie.
Ek staan op en bere die kosse alles in bakke in die yskas. Ek sit af die kombuis lig en dan die sikamer. Af in die gang sit ek die gang lig af en al die ligte oppad bed toe.
Nooit ooit weer gaan ek so voel nie. Ek gaan seker maak daaroor.
Nooit weer nie.
YOU ARE READING
Die moeitewerd?... (Afrikaans)
RomanceEkt nooit gedink die waarheid sal so uitdraai nie... Ek is veronderstel om beter keuses te maak en alles reg te kies. *** Kristine is n enkel ma wat haar hele lewe geglo het sy weet wie haar enigste dogter, Kristie se pa is. Maar hoe hanteer jy dit...