HOOFSTUK 5

108 3 0
                                    

Die volgende ogend skrik ek waker met die geraas van iemand se alarm buite. Ek sweer ek moes wens ek kon terug gaan na laas nag maar wat my hart uit my bors laat spring het. Dis toe besef dat ek nie alleen is nie. Kristine, lig jou bas en hardloop badkamer toe. Jou morning breath sal n klomp beure weg jag en veerlose voels leer om te vlieg sonder vere. Soos in daai vliek van Meryl Streep en Alec Baldwin it's complicated gryp ek n klomp kussings en hol badkamer toe besig om my nakende lyf te beskerm. Ek weet nie of hy nog slaap of wat nie maar as hy waker was sou hy my versekerlik gekeer het of ek sou hom hoor lag.

Ek voel skoon simpel toe ek besef eks in die badkamers bedek met kussings sonder drabare kleure. Ek sien net my grys kamer jas wat hang oor die stort se muurtjie.

Nadat ek my kamerjas aangetrek het stap ek terug in die kamer in en besef dat ek werklik alleen in die kamer is maar hoor die ketel raas in die kombuis. Sonder enige skaamte stap ek kombuis toe en sien hoe hy staan en koffie maak.

Ek voel beindruk en laat my wembrou boontoe toer. Met eensklap kyk hy na my en gee n groot glimlag terwyl hy na my toe gestap kom.

"Goeie more Meryl Streep." Terg hy my met n klap soen op my lipppe terwyl ek myself half koud skrik. Hy was waker nog al die tyd. Ek voel skoon skaam.

"More." Groet ek terug en stap na die yskas toe vir iets om te eet. Ek besluit maar om twee koue mikrogolf pies uit te haal. Ek steek dit in die mikrogolf en draai die knop vir so ongeveer twee minute.

"So wanneer praat ons met Kristie?" Hoor ek hom vra. Ek draai om en kyk na hom met my oe gestrek soos borde. Kristie! Sy gaan omplof. Ek kan nie dit toe laat nie.

"Dalk moet ons dit maar liewer stil hou." Beantwoord ek. Ek kan so selfsigtig wees en dit slaan my altyd as dit byna te laat is en boonop maak ek dit nie eens reg nie want ek wil net die beste vir Kristie he.

"Kristine, ons sal haar een of ander tyd moet vertel." En voor ek kon keer het Lukas se foon begin ly. Hy kyk na die naam en weer bekommerd na my terwyl hy die groen kant skyf na die regter kant op sy samsung en bring dit na sy oor en antwoord met n growwe stem. "Hallo?"

Hy kyk geskok op na my. Ek kan voel dat daar iets verkeerd aan die gang is en my gedagtes skop onmiddelik na Kristie toe.

"Waar is jy?" Vra Lukas en vryf sy hande na sy hare toe terwyl hy na my toe gestap kom. "Okay bly daar. Ek kom."

Ek sien hoe hy die foon weg vat van sy oor en doodruk en in sy sak steek.

"Wat gaan aan?" Vra ek bekommerd toe hy niks se nie.

"Ek sal nou terug wees. Maak drie koffies maar een baie sterk aseblief." Beantwoord hy hastig en gryp sy kar sleutels. Ek sien hoe hy uit die voordeur skiet en na sy voertuig toe hardloop.

My mentaliteit se my om agter hom aan te hardloop maar my normaliteit moedig my aan om te doen wat hy my gese het om te doen.

Wat vir my amper gevoel het soos vyftien minute het my stress levels gestyg en ek het begin bekommerd raak omrede ek niks hoor nie. Ek hoor Lukas se motor intrek by die ry ingang voor my huis en in gestorm kom Lukas en Kristie.

"Wat het gebeur?" Vra ek bekommerd en hardloop na hulle. Ek gooi my arm om Kristie se skouer en laat haar sit op die stoel terwyl ek haar n sterk koppie koffie aan gee. Haar oe is sop nat gehuil haar lippe is donkerig verkleurd van die koue.

"Ek het haar gekry halfpad buite die dorp." Het Lukas my ingelig. Ek skrik half en gaan sit langs haar met my hand op haar rug.

"Hulle het n game op my gespeel mamma." Snik sy. Ek kyk bekommerd na haar. Sy gooi haar gesig in my skoot en krul haar vingers in my kamerjas in.

"Watse game?" Vra ek en vleg my vingers in haar hare. Sy kyk op na my met n huilende gesig en trekende lippe soos n baba sin.

"Cindy het gese haar kerel gaan ons kom haal na twaalf want hy wil ons ietsie pragtigs gaan wys. Toe vat hulle my uit die dorp in die veld. Die volgende oomblik toe val daar n klomp ligte op my in die middel van nerens. Hulle het my begin vrae vra tot ek speechless was omrede ek n crush het op een van die outjies by skool. Toe los hulle my daar nadat hul my erg sleg gese het." Huil sy. Eks geskok en ek druk haar kop in my skouer in soos Lukas sy hand op haar rug plaas.

"Kristie, ek wil he jy moet al die name neer skryf dat hulle ouers geskakel kan word oraait." Het Lukas voorgestel. Ek sien hoe sy weg trek en op kyk na Lukas.

"Jammer ek moes meneer bel. Mamma se foon was af gewees." Hoor ek haar gebreukte stemmetjie.

"Moenie daaroor bekommer nie." Ek sien Lukas gee haar n oog knip en kyk weer na my.

"Gaan vat n stort. As jy terug af kom kan ons gesels." Ek laat my hand van haar rug af gly soos sy haar kop knik en uit die kombuis stap. Toe sy uiteindelik weg is staan ek op en sien hoe Lukas na my toe kom.

Eks so geskok oor wat gebeur het dat ek my hoof op Lukas se bors laat val.

"Ons kan haar nie nou se nie. Syt te veel om nou deur te werk." Fluister ek en voel hoe sy arms op my rug neer sleep.

"Ek stem saam." Hoor ek hom en ek voel hoe ek in n stort verander. Maar gelukkig huil ek nie alleen nie.

Die moeitewerd?... (Afrikaans)Where stories live. Discover now