Ek kon nie n glimlag dra na werk maandag nie. Ek kon net nie. Ek was bekommerd oor my kind en niks anders nie. Hoe kan mense so lewe? En hoekom juis my kind van aller ander mense wat dit verdien? Nie dat enige een dit verdien nie maar soos die regte terte wat juis dieselfde doen.
My gedagtes was heeldag op Kristie neergelê. Ek weet Lukas sal haar beskerm en dat niks nou kan gebeur nie maar nogsteeds, dis net onverwerkbaar. En nogmals moet sy een of ander tyd uitvind haar gunstelling meneer is haar pa. Ek voel ek kan my hare uit my kop uit ruk, so skaam kry ek.
Op n manier het ek maar my moed bymekaar geskrap en aangegaan met die dag sodat dit net kan verby gaan.
"Haha ja ek kan dit self nie glo nie. Syt haar beeldjie agter op die toilet bak in die badkamer vergeet." Kom een van die dames lag-lag in gestap en gesels met een van die ander klerke.
"Goeie dag." Groet ek haar soos sy haarself op n stoel voor my tafel neer smuit.
"Haai. Het jy geweet dat toe Meryl Streep haar eerste beeldjie toekenning gekry het vir Kramer vs kramer het sy dit vergeet agter op die toilet bak." Lag die vroumens dat die hanne kraai. "Wys net dat Hollywood akteurs ook nie so volmaak is soos hulle voor gee nie."
Ek het n laggie af geskei en sommer dadelik geweet dat ek darem ietsie interesants vir Kristie sal kan se dat dit haar roof van die pyn.
So dis wat ek gedoen het toe ek en sy weer alleen was. Ons sit om die tafel en eet aandete in dood se stilte.
"Het jy geweet dat Meryl Streep beeldjie wat sy gekry het vir haar rol in kramer vs kramer agter op n toilet vergeet het?" Steur ek die stilte. Sy kyk op na my en glimlag.
"Ja wel daar was eens verklaar dat sy en Jack Nicholson n affair gehad het." Glimlag sy breed.
Ek lyk beïndruk en kyk weer na haar.
"Daars so baie wat ek wens ek kon jou gee my kind..." het ek begin.
"Ek weet mamma." Keer sy my voor en le haar hand neer op myne. "Ek gee nie om wie my pa is of wat de hel mamma sondig nie. Ek bly veraltyd lief vir mamma."
Ek gee n glimlag en hardloop deur my besluite om haar vanaand die waarheid te vertel.
"Kristie, daars iets wat jy moet weet. Al die tyd het ek gedog jou pa is iemand wat ek skaars ken maar toe meneer De Bruin hier was het ons n program gevang op televisie. Ek het na die tyd nadat ons deur die belangrike dinge gewerk het besef dat Meneer De Bruin eintlik jou pa is." Se ek en trek my asem op. Sy sit daar spraakloos en roer nie eens tien persent van haar lyf nie. ń Glimlag vertrek van haar een wang na n ander.
"So mamma wil vir my se dat Meneer De Bruin eintlik my pa is?" Bevraagteken sy my onverwags.
"Kristie, ons was jonk en nog albei soort van besig om die wereld te leer ken. Ek het al die tyd gedog ek weet een honderd persent wie jou pa is tot alles weer begin sin maak. Aseblief, moenie kwaad wees nie." Smeek ek en klap my hand op my mond sodat ek my bek kan hou.
"Dis amazing mamma." Giggel sy soos n stoute tiener. "Kwaad is vir Hitler. Liefde is vir mammas so ontspan. Ek was nog nooit gelukkiger nie en ek moet dit sê."
Ek voel n bietjie deurmekaar met haar reaksies. Nie soos ek beplan het nie maar ek gaan dit versekerlik nie terug trek nie.
"Ek wil more eerste ding hom gaan hallo sê soos altyd maar mamma moet saam kom. Anders gaan hy nie kan dankie se dat mamma my gesê het nie." Stel sy voor asof sy alles beplan het.
"Uhmmm, oukei." Ek voel stom geslaan en eintlik baie verbaas dat die gesprek nie in n atoom bom verander het nie.
"Om eerlik te wees dink ek hy is mal verlief op mamma." Hoor ek haar aanspreek.
"Wat laat jou so dink?" Vra ek in n skuldige stem oor wat ek en hy die laaste aand saam gedoen het nadat ons uitgevind het van die hele vaderskap storie.
"Wel, eerstens, die manier hoe hy na ma staar, tweedens, die manier hoe hy met ma praat. Derdens, ek dink hys vriendelik met my net om by ma uit te kom en hy vra elke liewe ogend hoe dit gaan en praat omtent net oor ma. Ekt amper gedink hys n stalker maar eintlik is hy maarnet verlief." Beantwoord sy met die gewete dat sy weet waarvan sy praat.
"Wow, wie is jy? James Bond?" Lag ek. Sy lag en rol haar oë.
"O ja, daar het vandag n nuwe outjie by ons skool in gekom. Hy lyk baie net soos Dwayne Johnson, net n bietjie swakker." Onthou sy en ek kyk na haar vraend aan. "Sy naam is Roland en is baie grapig en gesels vreeslik baie lekker."
Ek kyk na haar met n glimlag en sien hoe sy aan eet.
YOU ARE READING
Die moeitewerd?... (Afrikaans)
RomanceEkt nooit gedink die waarheid sal so uitdraai nie... Ek is veronderstel om beter keuses te maak en alles reg te kies. *** Kristine is n enkel ma wat haar hele lewe geglo het sy weet wie haar enigste dogter, Kristie se pa is. Maar hoe hanteer jy dit...