Ware Liefde 01

81 1 0
                                    

(Liedjie: Drik van der Westhuizen kyk vir my (remix))

Leendra trek die skoene aan haar voete. Dis lang swart bootse met hakke wat sentimeters lank is. Sy staan voor die spieel en trek haar wit denim broek op wat styf op haar lyf sit. Sy trek die zip op van haar leurbaadjie. Haar lang bruin hare maak sy bymekaar en borsel dit op om dit te maak in een eenvoudige bokstert. N klein bietjie grimering laat haar op n manier nog baie anders lyk. Grimering kan baie wonders doen.
Sy loop af by die trappe wat n laag mat op het om die geraas te verhoed. Haar gelukkige by word vertraag toe sy oor n boks triep. Haar ma, Anelle sit haar arms op haar heupe en kyk af na haar dogter met n glimlag. Sy lyk anders as haar dogter. Anders as Leendra, het sy lang krullende blonde hare en hou van lang rokke dra.
"Is jy gereed om skool toe te gaan?" Wil Anelle weet. Sy is n enkel ma. Ja, as daar een ding is wat sy nie vir Leendra kon gee nie, is dit haar biologiese pa. Anelle is baie antreklik, baie mans het al tevore hulle luck met haar probeer maar Anelle sit haar dogter voor en vind dit moeilik om verlief te raak. Maar as jy al duisende kere tevore seer gekry het sal jy jou hart ook in ys laat verander.
"Seker maar." Antwoord Leendra en staan op. Sy gee haar ma n groot glimlag wat na haar staar met n Mona-lisa glimlag op haar porselein gesig. "Ek hoop ek sal in pas."
"Al doen jy nie, sal jy altyd volgens my in pas." Glimlag Anelle baie trots en gee haar dogter n drukkie. Leendra gee n warm glimlag en druk haar ma terug. Hulle laat gaan mekaar om in die pad te val.
Gelukkig vir Leendra en Anelle, het Anelle swanger geraak met haar lank nadat sy haar eerste hofsaak gewen het. Ja, sy is n prokureer en was n rowwe pop gewees, maar nou is dinge anders. As jy kinders kry moet jy volle verantwoordelikheid neem, dan moet die skilpad maar terug in sy dop klim.

Leendra staan effens ongemaklik voor die klas en sien hoe almal verby haar stap en hulle sitplek neem. Sy kyk na die aantreklike onderwyser, Andre Erasmus.
"More klas." Groet hy die leerders.
"More meneer." Groet hulle terug en neem hulle sitplekke.
Hy kyk met n warm glimlag na Leendra wat ook skamerig na hom kyk. Hy het see blou oe en swart kort hare wat twee sentimeter van die kopvel is wat hom meer aantreklik maak by die dag.
"Leendra Erasmus, welkom by ons. Ek hoop jy pas gou in en maak baie vriende. Jy mag maar n sitplek inneem." Hy wys haar na die klas wat beteken sy kan sit net waar sy wil. Sy kyk na die sitplek voor n meisie met blonde hare wat populer lyk en dan na n sitplek voor n meisie wat daar sit met n duk boek, brille aan haar oe en ligte bruin duk hare. Leendra besluit rofweg om na die blonde meisie se kant te stap maar stop dadelik toe n ander ou haar arm gryp.
"As jy by haar sit gaan almal jou ignoreer." Lig hy haar in. Sy knik en besluit om maar by die meisie wat lief is vir boek lees te gaan sit. Sy sit bietjie ongemaklik daar en besluit om om te draai en na die meisie te kyk.
"Eks Leendra." Wil sy haarself voorstel. Die meisie kyk op na haar en gee n helder glimlag.
"Ek weet." Giggel sy . "Ek is Tasha."
Sy gee n glimlag terug en kyk weer voor haar na meneer Erasmus wat gewag het dat sy n sitplek moet vat.
"Meneer." Steek die blonde pop, Joané haar hand op en kry die meneer se aandag na haar. In aksie en klere drag kan jy dadelik sien wie die gewildste is, wie doodnormaal is en wie etenstye moet wegkruip van boelies af. "Jy het ons nog nie vertel of jy getroud is nie. Is meneer familie van haar wat dan dieselfde van as meneer het?"
"Joané, kan jy vir my vyf drama elemente opnoem?" Vra hy en nes hy verwag het, bly sy doodstil en bepaal haar maar by haar eie besigheid. Hy glimlag en kyk na Leendra wat n sagte giggel gegee het en skamerig af gekyk het. "Leendra, ken jy die vyf drama elemente?"
"Ja meneer." Knik sy skamerig en kyk bietjie ongemaklik om haar. Sy besluit om, nes sy haarself belowe het trots te maak en raak gesien te word. "Rekwesiete, klank, beligting, kostuum en..."
"Net omrede jy nuut is beteken dit nie dat jy voorgetrek sal word nie." Rol Joané haar oe vir Leendra wat dadelik stil bly en na die meisie kyk. Half woedend kyk sy na die meneer wat dadelik instaan.
"Meisies. Moet nou nie so ver gaan nie. Los dit net." Keer hy hulle en maak dit duidelik dat hy nie kante kies nie. N onderwyser wat kante kies, behoort nie in die onderwys nie. Deesdae word meeste ander leerders voor getrek maar jy kan duidelik in meneer Erasmus se drag en persoonlikheid aflei dat hy in die middel ble weg van die damwal af.

Ware Liefde (Afrikaans) Where stories live. Discover now